Volksekonomie > Departement van Gesondheid

Multivitamiene

(1/3) > >>

Elmien Drent:

Sukkel jy met gebarste lippe, bros naels, sere wat lank neem om gesond te word, kroniese moegheid, frustrerende PMS-geite of enige ander simptoom wat nie erg genoeg is om by die dokter te bekla nie, maar defnitief jou lewenskwaliteit beïnvloed?
Daar is 'n goeie kans dat jy net 'n tekort het aan vitamienes!  Daardie mikroskopiese verbindingtjies wat jou liggaamselle gebruik as boustene en pleister.
Die meeste van julle sal nou vir my vertel hoe gesond jou ouma en oupa was en dat hulle albei oor die honderd jaar oud geword het en húlle het nooit sulke goed gebruik nie!  Dis waar ja, maar wat het jou grootouers geëet?  Blitsverpakte kitskos, gevriesdroogde groente, massageproduseerde vrugte?  Of het hulle karooskapies geslag, hul eie groente gekweek (winter en somer) en self die perskes van die boom gepluk wat hulle sélf in die vrugteboord teen siektes en plae beskerm het?
Dit is ongelukkig die tekens van die tye.  Ons kry nie meer ons kwota vitamines in soos die Vader dit bedoel het nie.

Nou vra jy seker:  Watter produk is die beste (teen die beste prys!)?
Dit, my vriend, is nie so eenvoudige vraag nie.  Daar is so baie preparate op die winkelrakke beskikbaar vandag, dat selfs 'n geleerde se kop kan spin daarvan!  Die belangrikste vereistes waaraan 'n vitamienaanvulling moet voldoen is:
1.  Bevat dit die hele spektrum vitamine asook minerale?
Vitamiene D, E, C, B1, B2, Nikotinamied, B6, Foliensuur, B12, Biotin,  Pantoteniensuur,  Kalsium, Fosfor, Yster, Magnesium, Sink, Jodium, Kalium, Inositol, Choline, Boron, Koper, Mangaan, Selenium, Molybdenum en Betakarotene.
2.  Het die produk 'n hoë bio-beskikbaarheid?
Dit beteken:  Kan die mikroskopiese vitamiendeeltjie maklik deur die maag- en dermwand opgeneem word?  Hoe sal jy weet?  Deur te kyk of die produk die woorde 'foodstate' of 'food matrix' of iets soortgelyk adverteer.  Dit beteken dat die vitamiendeeltjie aan 'n proteïenstring verbind is sodat die hele verbinding groot genoeg is om deur die vervoermeganismes in die maag- en dermwande 'vasgevat' te word. 
Navorsing het bewys dat die vitamien in isolasie so klein is dat dit heen-en-weer deur die 'hekke' beweeg sonder dat die 'hekwagte' hulle opmerk.  Met ander woorde, die konsentrasie wat wel in die    bloedstroom beland, kan nie gewaarborg word nie.  Die 'foodstate'    vitamiene daarenteen, is aan 'n voedselketting verbind soos wat dit in die vrug of groente sou wees, en die hekwagte het genoeg 'vatplek' om die verbinding 'in te trek' en die opneemkonsentrasie kan daarom beter bepaal word.

Dit klink na 'n uitputtende missie om so iets te gaan soek, nê!  Moenie moed opgee nie.  Die kern van die saak is dat jy wél 'n vitamienaanvulling neem.  As jy verkies om die eerste beste pakkie te gryp wanneer jy by die vitamienrak verbyloop, dan is dit ook reg.  Ten minste kry jy wel iets in!

Gesondheidswense!

Johan Joubert:
Het jy dalk iets wat help dat mens nie meer naels kou nie?

Elmien Drent:
Dis net 'n slegte gewoonte!  Daar is naellak op die mark wat net verskriklik sleg proe (dit het nie kleur nie), wat jou dan help om die gewoonte af te leer.

Johan Joubert:
Watter produk kan jy aanbeveel wat die nodige minerale vat wat redelik koste effektief is?

Karina Marais:

--- Aanhaling van: Johan Joubert op October 27, 2010, 12:51:59 PM ---Het jy dalk iets wat help dat mens nie meer naels kou nie?

--- End quote ---

Johan, my sussie het so 'n paar jaar terug vir haar dogtertjie sulke slegte naellak gekoop, en toe ek op die plaas kom kuier, toe loop ek ook sommer deur, want ek het ook die slegte gewoonte.

Daardie goed was so sleg, as jy in gedagte net jou nael in jou mond sit, bly daardie smaak die hele dag in jou mond, selfs twee weke nadat my naels nie meer geblink het nie, het ek dit nog geproe.

Maar soos met enige naelkouer, het dit nie op die lange duur gewerk nie. Ek het nie vir jou raad nie, anders sou ek dit al self gevolg het. Party mense is maar net meer senuweeagtig as ander. Ek moet sê vandat ek op die plaas bly gaan dit al baie beter.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version