Opvoeding > Departement van Kuns en Kultuur

Weereens word Afrikaans vertrap

(1/1)

Sanderis:
Nuwe ID's stil stil hier.


2010/11/01 10:50:00 PM

Die departement van binnelandse sake het gister stil-stil begin om splinter­nuwe identiteitsboekies (ID) uit te reik.

Beeld het ’n amptelike dokument van die departement bekom waarin die nuwe ID’s van 1 November (gister) bekend gemaak word.

Die ID’s gaan voortaan net in Engels beskikbaar wees. Dit sal ook heelparty veranderings bevat om vervalsing hok te slaan.

Ou ID’s wat voor 1 November uitgereik is, is steeds geldig.

Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, wou nie kommentaar lewer op die bestaan of die uitreikingsdatum van die nuwe ID’s nie. “Die minister sal later verder uitwei oor dié kwessie.”

Van die veranderings aan die nuwe ID’s sluit in dat die foto’s nou geskandeer word en die blad met die foto en ID-nommer op, sowel as die volgende bladsy, gelamineer word.

Die bladsye waarop inligting oor rybewyse en wapenlisensies aangedui word, word vervang deur bladsye wat belangrike inligting bevat oor die ID self en hoe dit opgespoor kan word.

Daar is ook inligting wat die samestelling van die houer se ID-nommer verduidelik.

Van die grootste veranderings is egter die ultraviolet ink waarmee die woorde “South Africa Identity Document” op die eerste bladsy aangebring is. Ultraviolet ink is ook in die vou tussen bladsye gebruik. Dit sal vervalsing na verwagting in ’n groot mate uitskakel.

Suid-Afrikaners wat 16 jaar en ouer is en nie ’n ID besit nie, dié wie se huidige ID beskadig is of diegene wie se persoonlike besonderhede verander het, mag om die nuwe ID’s aansoek doen.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version