Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Jingo Afrikaners  (Read 691 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Jingo Afrikaners
« op: November 11, 2010, 12:18:45 PM »
In sterk vereenvoudigde Nederlands, feitlik al Afrikaans, skryf Eugene Marais in ‘n hoofartikel in Land & Volk in 1891 as volg:
“… die vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners – mense so lag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel as jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemener dan Engels-gesinde Afrikaner wat sy moedertaal – die taal door sy vaders gesproke – verag.”

Vandag sal ons met Eugene Marais se stelling kan saam stem. Vandag, net soos in 1891 is daar ook sulke mense. Jingo–Afrikaners. Die moderne Jingo-Afrikaners word verseker vandag net soveel verag en in sekere gevalle selfs meer. Dink maar aan die gevoel wat ‘n FW de Klerk of selfs ‘n Koos van der Merwe van die IVP by mens laat. Die term Jingo is egter gegee aan Afrikaners wat besluit het om ter wille van hulle nuwe meesters, Brittanje, te verengels. So kry mens vandag talle mense met Afrikaanse vanne, maar wat skaars twee woorde in Afrikaans kan praat. Hulle is Engels. Jingos.

Daar is nuwe Jingos ook. Dit is daardie Afrikaners wat die ANC ter wille wees. Wat verkies om hulle kinders in ‘n staatskool te sit sodat hulle kinders die ANC propaganda kan insluk. Wat selfs hulle kinders in Engelse skole sal sit, sodat hulle kindertjies tog nie moet “sukkel” om aan te pas in die “nuwe” wêreld nie. Jingos. En asof dit nie erg genoeg is nie, maak hulle ook hulle kinders groot as Jingos. Kinders van die wêreld. Humanisties, kerkloos, liberaal en verlore.

Die aftakeling begin natuurlik eerste by ons taal. So sal die ANC ‘n skool verswart juis deur die skool te verengels. Ons taal is ‘n wapen wat teen ons gebruik word, maar kan ook dien as ‘n kragtige wapen in ons guns. Dit is egter belangrik dat ons besef dat ‘n taal wat geen kommersiele waarde het, sal uit eindelik sterf. Die behoud en groei van ons taal sedert sy ontstaan was juis sy kommersiele waarde en nou gooi van ons mense dit weg sodra hulle vermoed iemand is dalk Engels. Hoeveel Afrikaners slaan onmiddelik oor na Engels sodra hulle moet besigheid doen nie? Selfs as hierdie Afrikaners kliënte is, weier hulle om aan te dring of selfs te vra om in Afrikaans bedien te word. Skandelik. Jingos? Ek hoop nie so nie. Miskien is dit daardie Boere goeie maniere wat mense dwing om oor te slaan Engels toe sodra hulle reken die ander persoon gaan sukkel in Afrikaans. Indien dit so is, is dit een stukkie goeie maniere wat ons sal moet weg gooi, as ons nog enige liefde vir ons taal oor het. Ons sal moet aandring en meewerk dat ons taal sy kommersiele waarde behou.

Die Afrikaner se laaste mag is gesetel binne sy ekonomiese krag. Werkkrag, kapitaalkrag en koopkrag. In sy koopkrag rus sy mag om Afrikaans se kommersiele waarde te behou. Dit verg ook nie groot inspanning nie, al wat dit verg is om duidelik te verklaar: My geld, praat Afrikaans.

Onlangs het die Solidariteitgroep ‘n bankverslag die lig laat sien. Hierdie verslag volg na aanleiding van hulle geveg met ABSA oor ABSA se aandringing op swartkwotas in Rugby. Die Solidariteit verslag het gefokus op die bankkostes van sekere banke en op hierdie manier die banke teen mekaar op geweeg. Kostes is egter net een faset van bankwese en in my beskeie mening amper die onbelangrikste. So byvoorbeeld is diens ‘n baie belangriker aspek. Indien ‘n onderneming se kostes hoog is, maar sy diens regverdig die koste, dan is dit regverdigbaar as waarde vir geld. Mens verwag tog nie om by ‘n een ster hotel en by ‘n vyf ster hotel die selfde prys te betaal nie. As Afrikaner is diens in Afrikaans vir my uiters belangrik. Dit wys dat die onderneming met wie ek besigheid doen respek het vir my en genoeg waardering het vir my besigheid dat so onderneming my in my eie taal sal bedien. Feitlik geen van die banke in Solidariteit se studie kan dit waarborg nie, of bied selfs aan om mens in Afrikaans te bedien nie.

Indien diens in Afrikaans aangebied deur vriendelike Afrikaners vir iemand belangrik is, is die Ko-operatiewe banke soos Oranjekas en Kleinfontein Spaar en Krediet die enigste opsie. Met die kaartstelsel en elektroniese bankdienste wat Oranjekas nou ook aanbied, het mens amper nie meer ‘n verskoning om beledig te word om in Engels gehelp te word by die “ander” banke nie. Afrikaans sal kommersieel oorleef deur instansies soos Oranjekas en ander, maar dan slegs as Afrikaners wat nie Jingos is, hierdie instansies ondersteun.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #1 op: November 11, 2010, 12:26:06 PM »
Indien diens in Afrikaans aangebied deur vriendelike Afrikaners vir iemand belangrik is, is die Ko-operatiewe banke soos Oranjekas en Kleinfontein Spaar en Krediet die enigste opsie. Met die kaartstelsel en elektroniese bankdienste wat Oranjekas nou ook aanbied, het mens amper nie meer ‘n verskoning om beledig te word om in Engels gehelp te word by die “ander” banke nie. Afrikaans sal kommersieel oorleef deur instansies soos Oranjekas en ander, maar dan slegs as Afrikaners wat nie Jingos is, hierdie instansies ondersteun.

Verstaan ek reg dat Oranjekas nou ook Internetbankdienste en outo-aftrek (debietorder) fasiliteite verskaf?

Indien dit so is wil ek so gou moontlik skuif...

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #2 op: November 11, 2010, 12:34:27 PM »
Internet bankdienste word wel gedoen deur Oranjekas.

Oranjekas doen wel aftrekorders, maar nie debietorders nie. DIe verskil is dat met 'n debietorder het die maatskappy wat jy betaal die beheer het oor hoeveel en wanneer hulle geld uit jou rekening neem, teenoor 'n aftrekorder waar jy bepaal hoeveel en wanneer jy hulle betaal op 'n gereelde basis. Natuurlik kan jy ook internet betalings doen na al die aasvoels soos eskom, telkom ens.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 132
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #3 op: November 11, 2010, 01:35:07 PM »
Ben bedoel jy "internetbetalings" via Oranjekas?

Anders bly dit ook maar nog een van die ander groot banke

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #4 op: November 11, 2010, 01:39:27 PM »
Internet betalings via Oranjekas.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #5 op: November 11, 2010, 02:37:04 PM »
Oranjekas doen wel aftrekorders, maar nie debietorders nie.

Enige rede hiervoor, of is julle nog in die proses om dit in werking te stel?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Jingo Afrikaners
« Antwoord #6 op: November 11, 2010, 03:21:29 PM »
Boo,

Die kort antwoord, dit gaan oor die ACB stelsel (betaal stelsel van SA). Om debiet orders toe te laat, moet Oranjekas opgeneem word in die betaalstelsel. Daar is 'n besluit geneem dat Oranjekas 'n eie betaalstelsel sal skep, eerder as om opgeneem te word binne die huidige stelsel. Die uitdaging is natuurlik om nog steeds poorte na die stelsel daar te stel om betalings na en van die ACB stelsel toe te laat. Na my mening is dit tot op hierdie stadium perfek reg gekry om die balans te hou. M.a.w om nie op geneem te word in die betaalstelsel nie, maar steeds toegang te he tot die betaalstelsel.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal