Presidensiƫle Kantore > Kantoor van die Staatspresident

Afwesige SP

(1/1)

Adri van Staden:
Bravolandburgers,

Ek wil graag twee sake aanspreek.

As gevolg van omstandighede gaan dit vir 'n geruime tyd vir my onmoontlik wees om gereeld in Bravoland te kom. Aangesien ek dus nie enige SP-pligte sal kan nakom gedurende diƩ periode nie, het ek vir ASP Karina Marais versoek om die pligte van die SP oor te neem.

Ek merk dat verskeie "gereelde" besoekers van Bravoland die afgelope tyd baie skaars tot heeltemal afwesig is. Ek versoek die Volksraad om onverwyld aandag aan die saak te gee sodat die rede vir die burgers se afwesigheid aangespreek kan word. As dit nodig is, moet daar drasties opgetree word - selfs al moet iemand betig word.

Ek groet vir eers. Hou die vryheidstrewe brandend!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version