Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Desember is Afrikaans  (Read 1056 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Desember is Afrikaans
« op: November 21, 2010, 03:34:26 PM »


Deelnemers aan hierdie wondelike geleentheid sal die hele Desember Afrikaans praat, lees en skryf. Gelukkige deelnemers sal ook slegs Afrikaanse musiek luister en slegs na Afrikaanse radio stasies luister.

In winkels is deelnemers in die gelukkige posisie dat hulle kan aandring om in Afrikaans hulle swaar verdiende geld te bestee.

Deelnemers het ook die geleentheid om ondernemings te versoek om amptelik hulle steun aan hierdie wonderlike, vreugdevolle maand te gee.

Nuus oor sulke ondernemings kan op hierdie byeenkomsblad gedeel word!

Laastens onderneem deelnemers om rekord te hou van elke Engelse woord wat 'n deelnemer in Desembermaand oor sy/haar lippe laat glip en aan die einde van Desember 'n Rand per woord te skenk aan blanke plakkerskampe.

http://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=163139027058030&id=679504107&ref=notif&notif_t=like#!/event.php?eid=177961178887029


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #1 op: November 21, 2010, 03:36:43 PM »
Bravolanders,

Ek nooi julle om hierdie aksie te steun. (Eintlik pleit ek). As jy nie op bakkiesblad is nie, dui asb jou steun op hierdie draad aan. Ek kan seker ook staat maak op julle ondersteuning om hierdie poging bekend te maak en steun te werf, of hoe?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #2 op: December 01, 2010, 08:48:18 AM »
Goeiemore Vriende,

Hierdie aksie het vandag afgeskop. Dankie aan almal wat dit ondersteun.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #3 op: December 01, 2010, 10:46:33 AM »
Ek moes vanoggend 'n oproep maak na Nashuamobile. Ek is pragtig in Afrikaans gehelp, al moes ek eers daarvoor vra.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #4 op: December 01, 2010, 11:03:51 AM »
Gelukkig het die betaalstelsel eers vandag ingetree, want as dit al die naweek ingestel was, sou ek erg moes opdok! Ek was die kaartleser en het seker maklik 'n 100 keer "drive", "road" en "avenue" gesê.

Maar ek tel van vandag af! Ek het gelukkig nog nie vandag baie gepraat nie...  ;)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #5 op: November 21, 2011, 10:00:05 PM »
Maak ons die jaar weer so ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #6 op: November 22, 2011, 07:45:06 AM »
Beslis!

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #7 op: November 23, 2011, 11:29:44 AM »
Sal iemand `n nuwe geleentheid op Bakkiesblad skep?

Sanderis, is dit baie moeilik om die 'log in' en 'reply' op Bravoland na Afrikaans te vertaal?

Sanderis

  • Gas
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #8 op: November 23, 2011, 12:03:38 PM »
Sanderis, is dit baie moeilik om die 'log in' en 'reply' op Bravoland na Afrikaans te vertaal?

Dit kom nog James , dit word alles in een slag gedoen , so week se werk . Ek kan net nie my draaie so lekker kry nie .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #9 op: November 23, 2011, 03:59:37 PM »
James, die geleentheid is reeds op Bakkiesblad.
http://www.facebook.com/home.php?ref=hpskip#!/event.php?eid=229431223790624

Ek het gedink dat ek die skakel op die voorblad geplaas het, maar sien ek het dit toe nie gedoen nie. Die tegnologie boul my soms nog uit!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #10 op: November 24, 2011, 08:34:24 PM »
Alwyn , nee jy het dit geplaas - so jy was suksesvol maar ek het dit verwyder ; ek was nie seker of die gebeurtenis op bakkiesblad nog aktief was nie .

Hier is die korrekte direkte skakel  http://www.facebook.com/events/229431223790624/

Ek sal dit opdateer op die voorblad .  8)

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Desember is Afrikaans
« Antwoord #11 op: November 25, 2011, 09:33:42 AM »
Dankie Sanderis. Ek het juis hierdie jaar se geleentheid se skakel geplaas, en nie verlede jaar nie. Baie dankie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal