Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria  (Read 1459 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« op: November 28, 2010, 08:37:41 PM »
Uit die hart van 'n moeder

Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir 'n rukkie, 'n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om 'n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se dood 'n gat gelos - vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar.

Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele bestaan opgesom in 'n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed? Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers 'n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie...

Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maak die rede dood 'n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood.

Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer 'n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was 'n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis 'n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier's niks om te eet nie.

Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet - en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.

Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel "scrap metal" en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek 'n "tip" of 'n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf - al is armwees genoeg van 'n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie 'n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie.

Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak.Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie..

Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue ... doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel?

Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien. Hulle leef met 'n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie.

Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op 'n manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my "scrap metal" of "tip" my vir die karre wat ek oppas nie. Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat 'n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.

Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #1 op: November 29, 2010, 12:47:59 PM »
Hoekom herrinner dit so baie aan die konsentrasie kampe?  :'(
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #2 op: November 29, 2010, 03:57:20 PM »
Dit is hoe ek dit ook sien , die hedendaagse konsentrasiekampe . Ek kan dit amper nie glo dat hul nie warm goed gehad het vir die kleinding wat doodgegaan het a.g.v. die koue . Wys net daar is werklike volkseie behoeftiges . Ook lyk dit vir my of daar iewers 'n kommunikasiegaping/s bestaan wat oorbrug sal moet word .

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #3 op: November 30, 2010, 09:15:17 AM »
Ons het meer mense soos tannie Sally nodig. Kom ons elkeen ondersteun waar ons kan.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #4 op: December 01, 2010, 01:38:49 PM »
In reaksie op die skrywe, reageer ene Hanno Langenhoven, 'n "teoloog" as volg:

'n Kritiese tog onpopulere vraag: Hoeveel van die omstandighede wat gelei het tot die konsentrasiekampe en blanke armoede was die gevolg van swak besluite deur die blanke leiers van die tyd?

Ja die Britte moes SA nie ingeval het nie, maar hulle het. Aanvanklik was gewapende verset 'n opsie, maar later met meer Britse soldate in die land as Afrikaner mense was 'n voortgesette stryd ietwat absurd. Die laasgenoemde is een van die belangrikste oorsake van die konsentrasie kampe en verskroeide aarde beleid wat aanleiding gee tot volks trauma en blanke armoede.

As ek moet kies tussen 'n lewe onder 'n vreemde vlag, op my eie grond met 'n belastinglading of 'n lewe onder 'n vreemde vlag, sonder my eie grond met 'n belastinglading kies ek persoonlik vir die eerste. Dit is wat 'n mens van leiers verwag, om met visie en verantwoordelikheid die swaar besluit te neem wat die gemeenskap tot voordeel strek en nie met emosie en impulsiwiteit te reageer nie. Vandag kon so anders gewees het.

En vandag se blanke situasie? Is dit nie dalk ook deels die implikasie van hoe daar in die jare 40's tot 90's met ander bevolkingsgroepe omgegaan is nie? Is dit nie dalk deels agv die besluit van ons blanke leiers toe nie? Vandag kon so anders gewees het.

Maar ons kla, want die skoen is nou aan die ander voet. Ons blameer vandag se leiers, want ons wil nie erken dat "ons" leiers ietwat drooggemaak het in die verlede nie.

Infrastruktuur beplanning word nie 10 of 20 jaar voor uit gedoen nie; dit word 40 of 50 jaar vooruitgedoen. Maar as jy beplan om voorsiening te maak op 'n sekere standaard vir 5 miljoen mense en oornag maak 45 miljoen mense op dieselfde standaard aanspraak, dan het jy sisteem ineenstorting en agteruitgang van dienste. Wie is verantwoordelik?

Hierdie is 'n ietwat vereenvoudigde invalshoek, maar een wat glad nie in die gesprek verdiskonteer word nie. Ekself kan dit meer kompliseerd maak, maar ek dink tog dit lig sekere punte wat met eerlikheid bespreek moet word. As ons wil leer uit die verlede sal ons moet leer om eerlik te wees oor die verlede.

John Reader skryf in Africa: A biography of the continent: The Afrikaners [is] the white group which could have become the most closely integrated with Africa chose a destiny that made it the epitome of racism on the continent. Vandag kon so anders gewees het.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #5 op: December 02, 2010, 08:53:31 AM »
Dit is hartseer om hierdie predikant se kommentaar te lees. Ek bemerk geen liefde in sy skrywe nie. Die arm wit vrou en haar kinders wat honger is, wek geen simpatie by hierdie herder op nie. Ek kry eerder die gevoel dat hy hulle elende regverdig as "sondes van die voorvaders". Dan moet ek ook aanneem dat hy seker een van die predikante is wat "Aparte ontwikkeling" as sonde verklaar het. Daarom dat hy so gemaklik en liefdeloos hierdie mense se "straf" regverdig.

As hierdie "straf" dan goed is vir die kudde, dan is dit seker ook goed vir die herder? Miskien is dit tyd dat tiendes gegee word aan die verhongerde volksgenote, eerder as aan herders soos hierdie. Miskien as herders soos hierdie self honger word, sal ook hulle ogies oop gaan vir die waarheid.

 

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #6 op: December 02, 2010, 04:56:15 PM »
Dit is hartseer om hierdie predikant se kommentaar te lees. Ek bemerk geen liefde in sy skrywe nie. Die arm wit vrou en haar kinders wat honger is, wek geen simpatie by hierdie herder op nie. Ek kry eerder die gevoel dat hy hulle elende regverdig as "sondes van die voorvaders". Dan moet ek ook aanneem dat hy seker een van die predikante is wat "Aparte ontwikkeling" as sonde verklaar het. Daarom dat hy so gemaklik en liefdeloos hierdie mense se "straf" regverdig.

As hierdie "straf" dan goed is vir die kudde, dan is dit seker ook goed vir die herder? Miskien is dit tyd dat tiendes gegee word aan die verhongerde volksgenote, eerder as aan herders soos hierdie. Miskien as herders soos hierdie self honger word, sal ook hulle ogies oop gaan vir die waarheid.

Dankie Ben! Dit is die presiese gevoel wat ek ook gekry het oor sy reaksie! Pateties!
Ons Sal!!!

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #7 op: December 02, 2010, 08:34:13 PM »
John Reader skryf in Africa: A biography of the continent: The Afrikaners [is] the white group which could have become the most closely integrated with Africa chose a destiny that made it the epitome of racism on the continent. Vandag kon so anders gewees het.

Die vent weet duidelik nie waarvan hy praat nie. Waar is die res van Afrika se Blankes wat met die Afrikaan wou integreer? Ek hoop nie die sogenaamde teoloog sit sy voete op 'n kansel nie!

Ben, dit maak my nie hartseer nie. Dit maak my sommer net die hel in!
NS. Ek wonder of die storie van Danie Theron wat amper die predikant in die kerk bygekom het, geskoei is op waarheid? (In een van Oom Hendrik se boeke)
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
« Antwoord #8 op: December 02, 2010, 08:36:14 PM »
Die "herder" is reg oor een ding, "vandag kon so anders gewees het"... net nie in die sin wat hy dit bedoel nie.

My tiende gaan ook nie meer aan die kerk nie, my kerk se geld het weer gebrand en wat maak hulle? Hulle bou 'n groot kombuis (omdat daar TWEE keer 'n jaar vleis gewerk word en die huidige kombuis en koelkamer kwansuis te klein is) en 'n koffiekroeg vir ek weet nie wie nie, in plaas van talle noodkrete om eerder klaskamers vir 'n CVO-skool te bou.

My kerk het nog nie een sent vir behoeftiges geskenk nie, APK Gordonia sit met honderde duisende in die bank, maar bedel 'n verwarmer by die gemeente vir 'n behoeftige persoon, ek dink dis nogal skandelik. Op die bedelbriefie het nog gestaan "heater" ook.

My tiende gaan vir nou aan behoeftiges totdat die planne in plek is om ons CVO-skool oop te maak, daar sal ek meer as my tiende gee.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal