Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Geloftedag 2010  (Read 1262 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Geloftedag 2010
« op: December 09, 2010, 10:34:40 AM »
Geloftedag is om die draai en hier is nog niks oor Geloftedag geplaas vir 2010 nie.  Is daar mense wat meskien weet van Geloftedag programme en waar die feeste sal plaasvind? 
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #1 op: December 09, 2010, 11:45:17 AM »
Net in ons area alleen, kan ek 'n paar plekke noem waar Geloftefeesvierings gaan plaas neem.

Garies - Geloftefeesterrein te Groenrivier

Bitterfontein - Geloftefeesterrein te Hoedberg

Vredendal - APK Olifantsrivier in Vanrhynsdorp

Clanwilliam - Geloftefeesterrein te Zeekoevlei
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #2 op: December 09, 2010, 11:47:17 AM »
DONDERDAG, 16 DESEMBER 2010

06:00-07:00   Vroeë oggenddiens, Paardekraal Feesterrein.
                    Ds. P. Le Grange, AP Kerk ,   
                    Randfontein.

         Opneem van kollekte.


07:00-08:45         POUSE

08:45-08:55   Samesang en opneem van kollekte.
08:55-09:00   Vlaghysing en ontplooiing van vlae.
09:00-09:05   Voorlees van die 1880 Gelofte.
09:05-09:10   Bekendstelling van die Spreker.
09:10-10:00   Feesboodskap deur Ds. Sarel Celliers
10:00-10:05   Bedanking van die Spreker.

10:05-10:45         POUSE

10:45-10:55    Samesang en opneem van kollekte.
10:55-11:00    Voorlees van die 1838 Gelofte.
11:00-11:05  Bekendstelling van die Prediker.
11:05-11:50  Gelofte diens deur, Dr. J.M van Tonder
                      van die Gereformeerde Kerk, Krugersdorp Wes.
 11:50-11:55    Bedanking van die Prediker.
           11:55-12:00 Vlagstryking waarna “Die Stem van Suid-Afrika”  gesing word.

         AFSLUITING
    12:00      Voorsitter van die Paardekraal Feeskommissie

Miniatuur Paardekraal Monumente te koop: skakel die laer kamp kommandant Mnr.Sid Mann by 083-227-3260
Vir verdere besonderhede kontak die sekretaris Mnr. At von Well by  082-348-3828

Afwesig Tam

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 5
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #3 op: December 11, 2010, 11:22:05 AM »
Ek het met groot verwagtinge op hierdie onderwerp ingegaan om te kyk of daar enige iets by die Monument gereel is.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #4 op: December 11, 2010, 11:53:20 AM »
Ek het met groot verwagtinge op hierdie onderwerp ingegaan om te kyk of daar enige iets by die Monument gereel is.

Hierdie kennisgewing kom van Gert Opperman af:

Die jaarlikse Geloftediens op 16 Desember vind weer hierdie jaar by die Voortrekkermonument plaas. Die diens sal soos verlede jaar vroegoggend begin en teen 10:30 afsluit, waarna die Monument oopgestel sal word vir gewone dagbesoekers wat nie die diens bygewoon het nie. Hierdie vergunning word gemaak om soveel moontlik besoekers die geleentheid te bied om die sonstraal op die Senotaaf te sien skyn om presies 12:00.

Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal ook op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word. Gaste moet asb daarop let dat die kwaliteit van die klankprojeksie beter is in die Senotaafsaal. Hulle word vriendelik aangemoedig om eerder in die Senotaafsaal te sit as hulle beter wil hoor.

Persone wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ‘n kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om te help met die bestryding van die koste van die verrigtinge.

Die program is kortliks soos volg:

07:00   VTM hoofhekke maak oop
08:00  Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem plekke in
08:30   Samesang: Sangleier Lt.Genl. D.P. Knobel (Aft); orrelbegeleiding Tersia Knobel
08:45   Monumentdeure sluit
09:15   Opneem van kollekte
09:30   Voorlees van Gelofte
09:35   Geloftediens deur ds Thomas Dreyer – Hervormde Kerk
10:30   Afsluiting – wegpak van stoele
10:45  VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar) 
12:00   Waarneem van die son op die Senotaaf

Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom, sodat hulle reeds vanaf 08:00 hulle sitplekke in die Monument kan begin inneem. Die Monument se deure sal om 08:45 toegemaak word, waarna laatkommers onder die tentafdakke buite die Monumert geakkommodeer sal word.

Daar sal 1,100 stoele binne-in die Monument en ‘n bykomende 900 stoele buite die Monument onder tentafdakke beskikbaar wees. Persone wat verkies om buite te sit, is ook welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank sal aangelê word sodat almal die diens kan hoor.

Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeerarea van die Monument beskikbaar om bewegingsgestremde persone met die spesiale rolstoelpad na die Monument te help vervoer. Spesiale voorsiening word ook gemaak vir gehoorgestremde persone wat die diens wil bywoon, met mev Jackie Oosthuizen wat as tolk sal optree.

Die diens word aangebied in die naam van die Direksie van die Voortrekkermonument, met die bystand van die Voortrekker Jeugbeweging.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #5 op: December 11, 2010, 09:36:54 PM »
Tam,

Jy praat van "die monument" asof daar net een is. Die oudste en kultuur histories belangrikste monument in Transvaal is die Paardekraal monument. Jy is gevolglik dalk reg.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #6 op: December 13, 2010, 08:05:43 PM »
Ben, die voordeel van Paardekraal is ook dat jy verseker kan wees dat jy nie in volksvreemdes en toeriste vasloop vir wie die Gelofte niks beteken nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #7 op: December 15, 2010, 03:02:09 PM »
Of in 'n versoeningsdagpreek op geloftedag. Ken iemand die Thomas Dreyer?
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #8 op: December 15, 2010, 05:45:09 PM »
Hiers nog 'n vraag. Waarom is ons geloftedag bespreking onder kuns en kultuur en nie godsdiens nie? Is dit hoe ons dit beskou, as 'n kultuursaak? of is dit 'n glipsie?...
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #9 op: December 15, 2010, 08:40:35 PM »
Ruan, ek dink daar is so 'n fyn lyn tussen die twee wat hierdie saak betref, dat beide plekke geskik is. Ons Godsdiens en kultuur is op die ou end van die dag inmekaar verweef.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #10 op: December 16, 2010, 05:52:39 AM »
Ek hoor jou KB. Ek vra sommer so tong in die kies omdat ek sterk daaroor voel dat geloftedag vir baie mense 'n politieke dag met politieke sprekers geword het en die geloofsaard daarvan baie flou geword het.

word die eer van die oorwinning nog aan Hom gegee of kry die volk se dapper vegters dit?
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #11 op: December 16, 2010, 10:30:31 PM »
Terwyl ons nou oor Geloftedag praat, het ek gister iets baie interessants verneem. Iets waaraan ek nog nooit voorheen eers aan gedink het nie.

My broer praat toevallig eergister oor die Geloftediens wat vandag plaasgevind het. Toe vertel die bruin bediende, wat by hul werk skoonmaak, dat hulle Geloftedag al van kleins af elke jaar vier. Hulle hou ook 'n kerkdiens en braai dan agterna.

Nou ja, ek het al 'n iewers genoem dat van die bruines nogal regs kan voorkom  ;D  ;)  :D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Geloftedag 2010
« Antwoord #12 op: December 18, 2010, 07:11:24 AM »
KB, gaan lees gerus op www.bloedrivier.org Peter Hammond se artikel oor die effek van Bloedrivier se oorwinning oor die hediense godsdienste.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal