Opvoeding > Departement van Kuns en Kultuur
Geloftedag 2010
Johan Joubert:
Geloftedag is om die draai en hier is nog niks oor Geloftedag geplaas vir 2010 nie. Is daar mense wat meskien weet van Geloftedag programme en waar die feeste sal plaasvind?
Kleinbekkie:
Net in ons area alleen, kan ek 'n paar plekke noem waar Geloftefeesvierings gaan plaas neem.
Garies - Geloftefeesterrein te Groenrivier
Bitterfontein - Geloftefeesterrein te Hoedberg
Vredendal - APK Olifantsrivier in Vanrhynsdorp
Clanwilliam - Geloftefeesterrein te Zeekoevlei
Ben Geldenhuys:
DONDERDAG, 16 DESEMBER 2010
06:00-07:00 Vroeë oggenddiens, Paardekraal Feesterrein.
Ds. P. Le Grange, AP Kerk ,
Randfontein.
Opneem van kollekte.
07:00-08:45 POUSE
08:45-08:55 Samesang en opneem van kollekte.
08:55-09:00 Vlaghysing en ontplooiing van vlae.
09:00-09:05 Voorlees van die 1880 Gelofte.
09:05-09:10 Bekendstelling van die Spreker.
09:10-10:00 Feesboodskap deur Ds. Sarel Celliers
10:00-10:05 Bedanking van die Spreker.
10:05-10:45 POUSE
10:45-10:55 Samesang en opneem van kollekte.
10:55-11:00 Voorlees van die 1838 Gelofte.
11:00-11:05 Bekendstelling van die Prediker.
11:05-11:50 Gelofte diens deur, Dr. J.M van Tonder
van die Gereformeerde Kerk, Krugersdorp Wes.
11:50-11:55 Bedanking van die Prediker.
11:55-12:00 Vlagstryking waarna “Die Stem van Suid-Afrika” gesing word.
AFSLUITING
12:00 Voorsitter van die Paardekraal Feeskommissie
Miniatuur Paardekraal Monumente te koop: skakel die laer kamp kommandant Mnr.Sid Mann by 083-227-3260
Vir verdere besonderhede kontak die sekretaris Mnr. At von Well by 082-348-3828
Tam:
Ek het met groot verwagtinge op hierdie onderwerp ingegaan om te kyk of daar enige iets by die Monument gereel is.
André Strydom:
--- Aanhaling van: Tam op December 11, 2010, 11:22:05 AM ---Ek het met groot verwagtinge op hierdie onderwerp ingegaan om te kyk of daar enige iets by die Monument gereel is.
--- End quote ---
Hierdie kennisgewing kom van Gert Opperman af:
Die jaarlikse Geloftediens op 16 Desember vind weer hierdie jaar by die Voortrekkermonument plaas. Die diens sal soos verlede jaar vroegoggend begin en teen 10:30 afsluit, waarna die Monument oopgestel sal word vir gewone dagbesoekers wat nie die diens bygewoon het nie. Hierdie vergunning word gemaak om soveel moontlik besoekers die geleentheid te bied om die sonstraal op die Senotaaf te sien skyn om presies 12:00.
Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal ook op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word. Gaste moet asb daarop let dat die kwaliteit van die klankprojeksie beter is in die Senotaafsaal. Hulle word vriendelik aangemoedig om eerder in die Senotaafsaal te sit as hulle beter wil hoor.
Persone wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ‘n kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om te help met die bestryding van die koste van die verrigtinge.
Die program is kortliks soos volg:
07:00 VTM hoofhekke maak oop
08:00 Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem plekke in
08:30 Samesang: Sangleier Lt.Genl. D.P. Knobel (Aft); orrelbegeleiding Tersia Knobel
08:45 Monumentdeure sluit
09:15 Opneem van kollekte
09:30 Voorlees van Gelofte
09:35 Geloftediens deur ds Thomas Dreyer – Hervormde Kerk
10:30 Afsluiting – wegpak van stoele
10:45 VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar)
12:00 Waarneem van die son op die Senotaaf
Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom, sodat hulle reeds vanaf 08:00 hulle sitplekke in die Monument kan begin inneem. Die Monument se deure sal om 08:45 toegemaak word, waarna laatkommers onder die tentafdakke buite die Monumert geakkommodeer sal word.
Daar sal 1,100 stoele binne-in die Monument en ‘n bykomende 900 stoele buite die Monument onder tentafdakke beskikbaar wees. Persone wat verkies om buite te sit, is ook welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank sal aangelê word sodat almal die diens kan hoor.
Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeerarea van die Monument beskikbaar om bewegingsgestremde persone met die spesiale rolstoelpad na die Monument te help vervoer. Spesiale voorsiening word ook gemaak vir gehoorgestremde persone wat die diens wil bywoon, met mev Jackie Oosthuizen wat as tolk sal optree.
Die diens word aangebied in die naam van die Direksie van die Voortrekkermonument, met die bystand van die Voortrekker Jeugbeweging.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version