Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Verkenners wen Majuba wisseltrofee  (Read 757 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Verkenners wen Majuba wisseltrofee
« op: December 09, 2010, 10:53:26 AM »
MEDIAVERKLARING

VERKENNERS WEN MAJUBA WISSELTROFEE

In ‘n uitdagende, maar ook besonderse feestelike volks-kompetisie het die Pretoria Verkennersjeug die Majuba Wisseltrofee die afgelope naweek van 3 tot 5 Desember 2010 verower. Dit volg op die instelling van ‘n feestelike en opbouende kompetisie onder volksorganisasies met die uitdaging om oor ‘n betrokke naweek in ‘n bepaalde jaar hul bydrae tot die opknapping en uitbouing van Majuba te lewer. Die betrokke kompetisie staan as die “Majuba Uitdaging” bekend. Die Majuba Wisseltrofee is dan ook deur die Verkenners daargestel ten einde alle volksorganisasies wat erns met die Boere-Afrikanervolk se erfenis het aan te moedig om op ‘n positiewe en opbouende wyse ook ons erfenis vir ons nageslag uit te bou en te bewaar.

Die Pretoria Verkennersjeug was dan ook die eerste wenners van hierdie besondere en unieke kompetisie en sal met trots as die eerste wenners van die Majuba Wisseltrofee onthou word. In hul poging om die trofee te verower, het hul verskeie strukture op die terrein geverf en opgeknap. Die Pretoria Verkennersjeug het ook vir hul aanslag op die Majuba Wisseltrofee die bedrag van meer as R7000.00 vir die werk op die terrein ingesamel.

Die afgelope naweek se kompetisie vir die opknapping van die Majuba terrein was so suksesvol, dat die organiseerders dan ook voortgegaan en die naweek van 28 tot 30 Januarie 2011 as die naweek vir die 2011 kompetisie geïdentifiseer het. Alle volksorganisasies wat erns met ons erfenis het, is welkom en word ook daartoe uitgedaag om saam met ander Verkennersposte vir die Majuba Uitdaging in te skryf. Die Pretoria Verkennersjeug het ook reeds aangedui dat hulle hul posisie as houers van die Majuba Wisseltrofee met gemak sal verdedig, en daag enige ander Verkennerspos of volksorganisasie uit om die teendeel te probeer bewys.

Meer inligting oor hierdie unieke kompetisie onder volksgenote kan by Hardus Roux (082 944 8133), die organiseerder van die Majuba Uitdaging, verkry word. 

Nasionale Verkennersjeugleier:  Jan van Zyl - 072 389 5223
Voorsitter Pretoria Verkennersjeug:  Ruan Combrink – 082 456 4426
President Verkenners:  Ben Geldenhuys – 083 309 1300

Uitgereik deur:
Verkennersbeweging van SA: Hoofkantoor
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal