Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Projekte ten bate van blanke armoede verligting  (Read 1802 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« op: December 21, 2010, 11:25:26 AM »
Aangesien Bravoland 'n kuber volkstaat is en die "inwoners" van Bravoland oor die hele Suid-Afrika versprei is , sal ons dit waardeer as ons inligting kan inkry van projekte ten bate van blanke armoede verligting .
Daar is paar voorvereistes voor Bravoland as "staat" dit sal oorweeg om betrokke te raak by die projekte in watter wyse ookal moontlik :
1.) Die projek wat voorgelê word moet alleenlik volkseie volksgenote bevoordeel ;
2.) Die projek moet in 'n groot mate selfsorgend wees , m.a.w. as Bravoland in watter wyse ookal kan hulp aanbied moet daar die sekerheid bestaan dat dit nie in 'n bodemlose put sal verdwyn nie ;
3.) Die sosiale omstandighede van die spesifieke projek sal ook tien teen een in ag geneem word met die besluitneming of Bravoland wel wil betrokke raak by die spesifieke projek of nie .
(Volksraadlede kan gerus aanvul op die punte indien ek iets gemis het )

Ook as u ernstig is om hulp te ontvang of van die burgers of van Bravoland as "staat" , sal dit voordelig wees om soveel moontlik besonderhede van die projek bekend te maak bv. goeie omskrywing van die projek self en wat die doelwitte van die projek is asook kontakbesonderhede van kontakpersone .

Afwesig kindvanafrika

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
  • Ronel
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #1 op: December 22, 2010, 06:49:37 AM »
Hierdie is my eerste bewende possie by Bravoland. Ek woon in Langley, British Columbia, Kanada. Ek lees Beeld en huil vir my volksgenote! Laas Desember was my eerste besoek terug aan SA na 18 jaar. Daar was baie trane. Elke dag dra ek my geliefde volk op aan ons Hemelse Vader en pleit vir Sy voorsiening.
Ek sal weer later meer praat op ander forums, maar wil net onder hierdie ene gou se dat my ma het 'n pragtige plasie 15km buite Pretoria, met 3 huise en moontlikheid vir meer woonstelletjies. Sy is 70 en wonder of sy nie dalk wooneenhede vir mede volksgenote kan verskaf, en haar plaas kan omskep in 'n produktiewe boerdery en heenkome vir eerlike, goddelike maar werklose mense nie. Daar is reeds landerye, 'n 200 boom appelskoosboord, ens, ens. Is daar iewers 'n groep opregte, vernuftige boere, 'n voorman, boekhouer, meganikus, bemarker, ens.. wie kan saamstaan en haar 20 akker plasie kan omskep in 'n profytmakende plekkie wat terselfdertyd werk verskaf vir blankes wie nie 'n heenkome het nie, en hulle blyplek en gemeenskap gee in ruil vir werk? Is dit moontlik? Is daar onder Bravoland mense iemand wie dit kan bewerkstellig, stel iemand in so iets belang? Bly om hier te wees!!! Ronel
Maleagi 3:7 Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #2 op: December 22, 2010, 07:43:18 AM »
Baie welkom in Bravoland, Ronel. Hopelik is hierdie eerste pos hope van baie  ;)

Weet jy, hierdie is so 'n mooi gebaar en idee. Dit kan beslis suksesvol wees.

Bravolanders, is daar iemand naby aan Pretoria wat hierop kan ingaan?
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #3 op: December 23, 2010, 03:38:28 PM »
Hallo en welkom in Bravoland Ronel . Ek persoonlik het die nodige tegniese en praktiese kennis en ondervinding om so iets te doen maar uiteraard sal so projek finansiële steun benodig om dit selfversorgend te kry .
As jy vir my meer besonderhede (adres van perseel en kontakbesonderhede van jou moeder {is sy woonagtig op die perseel?}) per epos of persoonlike boodskap kan stuur kan ek 'n paar mense kontak om te kyk wat ons kan reël ; verkieslik sal ons die perseel moet besoek om te bepaal of die projek lewensvatbaar kan wees .
As ons dan wel skenkings kan inkry sal boumateriaal ook welkom wees , want boumateriaal alleen maak al 'n groot deel van jou uitgawes uit as jy begin met so projek met in ag genome as jy behuising wil verskaf vir die mense .

Afwesig kindvanafrika

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
  • Ronel
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #4 op: December 24, 2010, 05:17:55 AM »
Hi Sanderis en Christa, my ma woon op haar geliefde plaas en het al soveel sorge gehad met huurders wat nie betaal nie en haar goedheid sommer uitbeit. Sy wonder wat om met haar plasie te maak, en het gekom met die idee dat sy dalk kan doen soos ek bo gese het. Sy is self nog 'n boer en werk haar eie plaas, maar op 70 weet sy die sandjies loop uit. Sy het reeds 'n kliente poel vir haar appelkose en het yams en ander groente ook geplant 'n paar jare terug. Ek het self op daardie plaas grootgeword. Daar is 'n baie groot garage, wat gebou was vir die 5 skoolbusse wat sy en my pa jare gelede bedryf het. Sy het nie self baie kapitaal (cash flow) nie, maar sy het die plaas wat ongeveer 1.8  - 2 milj rand werd is. Daar is goeie water en dit is reg aan die van der Hoff pad wat loop na Hartebeespoort dam. Dis nog 'n ding.. as mens dit net veilig kan doen, of manne kan dit doen? Daar is baie groot potensiaal om 'n padfront plaasstal op te sit wat dalk ook ander goedere kan verkoop. Sy sal oop wees vir so iets en is 'n besigheidsvrou, dit het net al gebeur dat mense haar misbruik, so dit sal in Christelike beginsels gedoen moet word met eerbare mense wat haar regverdig sal hanteer, vir so iets sal sy baie bly wees om te help! Ek sal haar vanaand bel (ons is 10 ure verskil nou) en hoor of sy wil praat.
Maleagi 3:7 Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer

Afwesig kindvanafrika

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
  • Ronel
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #5 op: December 24, 2010, 05:30:26 AM »
Ek dink nou ook, toe ek in Desember 2009 in SA was, het ek vir haar gese, waarom doen minder welgestelde AFrikaners nie so 'n projek saam nie: kry 'n plaas saam, beveilig dit goed en leef saam in 'n gemeenskap van volksgenote, bou eenvoudige huisies en raak selfversorgend en produseer saam iets wat bemarkbaar is? Is dit dalk omdat ons as volk nog altyd probleme gehad het om saam te staan en saam te werk? Net onlangs die geloftestorie weer opstudeer om aan my kinders oor te dra, en weereens besef hoe ons maar altyd daardie hardkoppigheid het wat maak dat ons 'n verswakte front bied teen 'n gemeenskaplike vyand?
Maleagi 3:7 Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer

Sanderis

  • Gas
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #6 op: December 24, 2010, 07:35:41 PM »
Dankie vir die epos Ronel , ek sal haar kontak vroeg in die nuwejaar om met haar 'n afspraak te maak om die plaas te besoek .


Ek dink nou ook, toe ek in Desember 2009 in SA was, het ek vir haar gese, waarom doen minder welgestelde AFrikaners nie so 'n projek saam nie: kry 'n plaas saam, beveilig dit goed en leef saam in 'n gemeenskap van volksgenote, bou eenvoudige huisies en raak selfversorgend en produseer saam iets wat bemarkbaar is? Is dit dalk omdat ons as volk nog altyd probleme gehad het om saam te staan en saam te werk? Net onlangs die geloftestorie weer opstudeer om aan my kinders oor te dra, en weereens besef hoe ons maar altyd daardie hardkoppigheid het wat maak dat ons 'n verswakte front bied teen 'n gemeenskaplike vyand?

Ronel meestal "minder welgestelde Afrikaners" leef skaars van hand na mond , dus is hul geldelike vermoëns baie skraps ; hul veg letterlik vir oorlewing dus twyfel ek of selfs 'n groep van honderd van hulle 'n plaas sal kan bekostig om te koop .
Daar is baie kere sosiale probleme ook wat verhoed dat hul uit die put van armoede kan kom soos drank- en dwelmmisbruik .

Daar is min mense wat bereid is om die ekstra myl te gaan om te kan help waar hul kan .
Net so is daar mense wat nie wil erken dat ons 'n gemeenskaplike vyand het nie en doen alles in hul vermoë om gesamentlike verset teen die gemeenskaplike vyand te kelder .
Ons moet vir ons eie sorg om hoop te bied vir die toekoms .

Afwesig kindvanafrika

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
  • Ronel
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #7 op: December 24, 2010, 08:14:28 PM »
Gesien toe ek in SA was: armoede onder ons mense sooswat ek nog nooit in my 30 jaar in SA gesien het nie. Ek hoor jou! as jy eers in daai put is in 'n land waar op jou vingers getrap word elke keer wat jy bo grond vasvat om uit te klim, alleen uitkom is naas onmoontlik. Maar, maar, daar is 'n God wat almagtig is en wat sy WOord gegee het wat ons leer om mekaar se laste te dra, en nie die arme, weduwee of wese te vergeet nie....  So maklik om net die kop weg te draai, so menslik. Hoe kan ek meer help hier vanuit die verte? Is daar 'n webwerf spesifiek oor blanke armoede in SA? JInne, ek sal graag ons volksgenote in Kanada hierop attent maak, en terselfdertyd 'n metode gereed he vir hoe hulle kan help.
Geseende Kersfees vir julle almal.
Maleagi 3:7 Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer

Sanderis

  • Gas
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #8 op: December 27, 2010, 04:22:16 PM »
Hoe kan ek meer help hier vanuit die verte? Is daar 'n webwerf spesifiek oor blanke armoede in SA? JInne, ek sal graag ons volksgenote in Kanada hierop attent maak, en terselfdertyd 'n metode gereed he vir hoe hulle kan help.
 


Ronel , kliek op die skakel  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5639.0.html en besoek die draad . Sodra ek jou moeder op die plaas besoek het en gesels het is ek van plan om o.a. Doulos te nader vir moontlike samewerking in die verband .

Solidariteit Helpende Hand Fonds is nie volkseie gedrewe nie alhoewel meer as 90% van hul skenkings van volksgenote afkomstig is ;uit persoonlike ondervinding is dit nie die moeite werd om hulle te kontak nie . Ek meen die ANK moet sy eie versorg , ons sal ons eie versorg en Solidariteit help die vyand om hul minder bevoorregtes te help met beperkte fondse wat afkomstig is van volksgenote dus sien ek hulle as verraaiers wat die geld misbruik wat in hul sorg gelaat is en daardeur 'n verswakte front veroorsaak .


Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Projekte ten bate van blanke armoede verligting
« Antwoord #9 op: December 29, 2010, 02:18:00 PM »
Volkshulp 2000 is ook 'n volksgedrewe organisasie wat definitief ook ons ondersteuning nodig het.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal