Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Orania Nuusbriewe  (Read 2983 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Orania Nuusbriewe
« op: January 10, 2011, 04:27:14 PM »
Orania Nuusbrief – 10 Januarie 2011 Nommer 52

Voorspoed!

Mag die jaar wat nou nog nuut en vars voor ons almal lê, nooit vanjaar verwelk nie!

Ons wil al ons lesers ’n geseënde jaar toewens, maar in die besonder die hoop uitspreek dat elke leser vanjaar ’n tydjie sal afknyp om te kom kuier in die hartland van die Afrikaner!

Baie dankie vir al die ondersteuning wat ons in 2010 van ons lesers gekry het.  Ons is besonder dankbaar vir elke e-pos, teksboodskap en telefoonoproep. Ons is egter baie opgewonde oor die besoeke wat ons vanjaar van al ons uitwoners gekry het: 2100 persone is deur ons toergidse op 696 toere deur Orania geneem en die terugvoer en ondersteuning wat ons van die toeriste gekry het, motiveer ons opnuut!

Baie dankie aan elke besoeker wat in 2010 in Orania kom kuier het.  Maar ons wil tog sê (ook aan dié wat nie die afgelope jaar kom kuier het nie):  Kom kyk asseblief ten minste een maal per jaar wat in Orania gebeur, want die tempo van ontwikkeling versnel daagliks!

 

'n Nat nuwe jaar!

In Orania het die nuwe jaar nat en vrolik aangebreek! Die jongklomp het glad nie gestuit vir die kort-kort reënbuitjies nie en het die nuwe jaar op die sementblad van die Oewerpark ingedans!

Sedert verlede Donderdag het dit aanhoudend in Orania gereën.  Verskillende punte in Orania het reeds tussen 100 en 130mm gemeet, ’n lafenis in die somerhitte!

Die reën is egter veral welkom omdat die veld al redelik droog was en ons nou opnuut kan uitsien na ’n Karoo waar die groen binnekort orals sal uitslaan!
   

In Orania is tussen 100 en 130mm
reën gemeet

Die Vanderkloofdam in ons buurdorp loop ook al vir ’n paar dae oor en die sproeireën op die damwal is op sigself ’n belewenis. Na verwagting sal dié dam teen Dinsdag, 8 Januarie op 114% staan!

 

Een miljoen: Rand vir Rand!

Ons het dit reggekry!  Ons het R1 147 848 in die bank! Ons het die miljoenkerf reeds oorgesteek!

Baie, baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot hierdie reusepoging. Ons wil veral dankie sê dat almal enduit gehelp het en aktief gereageer het met elke versoek wat ons uitgestuur het. Na elke brief en elke e-pos kon ons sien hoe ons ondersteuners opnuut beur om dit moontlik te maak om die een miljoen Rand-doelwit te bereik.

Dit is nou vir ons moontlik om te begin dink aan behuising vir gesinne en vir enkelvroue en ons kan die kliniekspreekkamer uitbrei, ons kan ons twee skole ondersteun en hande uitsteek na mense wat op die oomblik in nood verkeer.

Ons is opreg dankbaar vir die bydraes, maar veral omdat ons weet dat ons mense ook Orania se saak in hulle harte dra. Baie dankie!

 

Orania se matrieks het geblom!

Na die lang wag is die uitslae van Orania se matrieks uiteindelik bekend.

Orania se twee skole bied kwaliteit onderrig aan en die neiging dat leerlinge van buite van ons skole gebruik maak, word al sterker.

Die Orania CVO-skool het vir 2010 vyf matrieks gehad, wat almal geslaag het. Carin van Biljon is ’n tuisskoolleerling wat Gasvryheidstudies deur middel van  die CVO-skool geneem het en het in dié vak ’n onderskeiding verwerf.

By Volkskool Orania het twee matrieks die groot eksamen geskryf en al twee het geslaag, met Joanelle Everson wat ’n onderskeiding in Lewensoriëntering behaal het.

Volkskool bied ook ’n afstandonderrigdiens aan leerlinge wat buite Orania bly, sommige tot so ver as Namibië. Van die sewe afstandsonderrigleerlinge het vyf geslaag. Hugo Lampbrechts het een onderskeiding in lewensoriëntering verwerf. Esmarie Potgieter het uitdagende omstandighede die hoof gebied. Sy is ’n Oraniër wat voltyds gewerk het terwyl sy vir haar matriekeksamen voorberei het. Sy kan spog met drie onderskeidings: in Wiskundige geletterdheid, Toerisme en Lewensoriëntering.

Carlien van Zyl is ’n Oraniër wat aan die Hoër Landbouskool Jacobsdal gematrikuleer het. Carlien is die uitblinker met ses onderskeidings. Sy het egter ’n hele paar ander prestasies op haar kerfstok. Afgesien daarvan dat sy die Landbouduxleerling van haar skool was, het sy ook ’n Landbouweekbladmedalje vir haar uitstekende landboupunte ontvang.

 

'n Pop vir Orania?

Orania se Kultuurhistoriese Museum ontvang vele skenkings en daar word moeite gedoen om al die items te bewaar en so goed as moontlik uit te stal.

Die kurators, mnre Kokkie de Kock en Doep du Preez is gesout in die geskiedenis en per afspraak beskikbaar om belangstellendes die skatte van die museum te wys.

Daar is tans’n groot behoefte aan winkelpoppe om klere uit ons vroeër geskiedenis uit te stal.

Indien enige iemand hiermee wil help, skakel asseblief vir Frans de Klerk by die Dorpskantoor by 053 2070063 of stuur ’n e-pos aan frans@orania.co.za
   

Orania se Kultuurhistoriese museum
het behoefte aan winkelpoppe om klere
uit ons geskiedenis uit te stal.

 

MA-filmstudent blink uit met sy Orania-projek

Tobias Lindner is ’n meestersgraadstudent in film- en kamerawerk aan die Universiteit van Berlyn in Duitsland.  As tema vir sy studie het hy Orania gekies en ons dorp die afgelope maande herhaaldelik besoek om genoeg filmmateriaal te versamel vir sy dokumentêre DVD.

Tobias het ook vlot leer Afrikaans praat.

Hy het die afgelope week gehoor dat die voorloper (“trailer”)van sy film gekies is om deel te wees van die gesogte Berlinale Talent Campus. Dit beteken dat hy kan deelneem aan ’n weeklange konferensie met werkswinkels by die Berlynse Filmfees 2011.

Ons wens Tobias baie sterkte toe en kan nie wag om self sy film onder oë te kry nie!
   

Tobias Lindner tydens een van sy
besoeke aan Orania

 

Orania-inwoners het ook groen vingers!

Orania het sy eie pragtuine en tydens die afgelope tuinkompetisie was daar ’n hele paar uitblinkers!

Al die tuine in Orania is outomaties ingeskryf vir die tuinkompetisie wat jaarliks tydens die Orania Beweging se vakansieprogram aangebied word.

Die beoordelaars vir vanjaar se kompetisie was mnr Pieter Steenkamp, mev Elsabé Theron en dr Zelda Theron. Hulle sê:  “ Dit was ’n wonderlike geleentheid om Orania se tuine te besoek en te sien wat die inwoners (meestal) sonder tuinhulpe vermag het!”
   

Om deur tannie Dorie de Klerk se tuin
te stap is 'n lafenis vir die gees!

Die beoordeling het reeds by die sypaadjies begin en daar is na sowel die voortuine as die agtertuine gekyk. Die beoordelaars het ook gesoek na fokuspunte en verrassings wat ’n mens nie met die eerste oogopslag raaksien nie en daar moes volgens hulle ook balans in die tuine wees.

Die algehele wenner was mev Dorie de Klerk se pragtuin aan die oewer van die Oranjerivier.  Oor haar tuin sê die beoordelaars: “Dié tuin kan met enige wenner in ons stede meeding. Dit het ’n parkagtige gevoel en ons was nooit bewus van ’n voortuin en ’n agtertuin nie. Die uitleg is baie goed beplan, bome inheems, baie kleur, skadukolle word goed benut en daar is ’n groot verskeidenheid.”

Die Kleintuinprys het vanjaar aan mnr en mev DG Ebersohn gegaan en die groottuinwenner was mev Lottie Erasmus.  Mnr en mev Pieter Kotzé het met die sypaadjieprys weggestap vir hulle sypaadjie wat kleurvol en goed versorg was.

Baie geluk aan al die wenners!

 

Vakansieprogramwenners

Verskeie kompetisies is tydens die vakansieprogram aangebied.

Die vierkamp is ’n gewilde kompetisie wat heelwat toeskouers lok.  Vier deelnemers neem per span deel  en dit bestaan uit hardloop, swem, fietsry en roei. Dit begin by die Afsaal Kafee en eindig by die Oranjerivier waar die laaste deelnemer dwarsoor die rivier en weer terugroei op ’n kajak.

Vanjaar se wenners was die Kode 05-span bestaande uit Adriaan en Daniél Mulder, Quintin Sanders en Jan-Abraham van Biljon.  Die span was verlede jaar tweede en het verlede jaar se wenspan goed opgedreun om tydens die fietsry-been die voortou te neem.  Hulle was uitgeput maar baie tevrede toe hulle die wentrofee met groot glimlagte in ontvangs geneem het.
   

Die Kode 05-span wat vanjaar die
gesogte vierkampwenners was.
V.l.n.r. Adriaan Mulder, Quintin
Sanders, Daniél Mulder en
Jan-Abraham van Biljon.
Voor kniel André Coetsee,
organiseerder van die vierkamp.

As gevolg van die heerlike reën is verskeie van die items op die vakansieprogram gekanselleer. Die Nuwejaarsmyl het egter in ‘n vrolike gees om sesuur die oggend in gietende reën plaasgevind.   

Dit is reeds tradisie dat die deelnemers die voorafgaande nag nie slaap nie. Nadat hulle byna die hele nag gedans het, wag hulle die eerste oggend van die nuwe jaar in. Dan hardloop hulle die myl en spring daarna met klere en al in Orania se glashelder swembad. Eers dan is die nuwe jaar werklik gebore!

Die Nuwejaarsmyl het van die nuwe dorpskantore af plaasgevind. Sowat 20 mans, vrouens en kinders het ’n sterk bui reën aangedurf  en tot by die dorpswembad gehardloop. Vanjaar se wenner het die wentyd met ’n volle 52 sekondes verbeter en die tradisionele oranje kopband met groot trots gedra!

Daar was ook plek om intellektuele vermoëns tydens ’n algemene kennisvasvra op Nuwejaarsaand te toon. Sebastiaan Biehl was die slimkop wat die meeste vrae kon beantwoord. Albert en Lucien van Zyl was in die tweede plek en Hugo en Marelize van Zyl het die derde prys gewen
« Laaste verandering : January 24, 2011, 08:56:36 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #1 op: January 24, 2011, 08:55:46 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - Januarie 2011
Nommer 53
Vloed rig min skade in Orania aan

 

Andre Coetzee, eienaar van die Orania Oewerpark, beskryf dit as suiwer genade dat Orania nie groter skade tydens die onlangse vloed gely het nie. Regoor die Noord-Kaap is groot skade aangerig toe die Oranjerivier weens geweldig baie reën in sy opvangsgebied in vloed gekom het. Die goeie reën in die opvangsgebied van die Vaalrivier het ook hiertoe bygedra. Die vlak van die Oranjerivier waar hy by Orania verbyvloei word deur die Vanderkloofdam, sowat 40 km vanaf Orania, gereguleer. Die Vanderkloofdam se vlak word weer bepaal deur die stand van die HF Verwoerddam (Gariep).

Na goeie reën gedurende Desember en die eerste week van 2011 het beide damme vinnig vol geword. Dit het veroorsaak dat die hoeveelheid water wat uit die Vanderkloofdam in die Oranjerivier loop vinnig toegeneem het. Die Vanderkloofdam se watervlak het met 7,5 meter gestyg. Gelukkig is die Oranjerivier redelik wyd waar hy by Orania verbyvloei en het die watervlak by die Oewerpark met 6,4 meter (wat heelwat minder is as by plekke waar die rivier smaller is) gestyg.

Volgens Andre was die afgelope vloed die ergste sedert 1988 toe die Vanderkloofdam se vlak met 10,73 meter gestyg het. Gedurende die 1988-vloed het die Oranjerivier by Orania met 8,5 meter gestyg. Na 1988 was die rivier ook in 2001 in vloed toe die water met 5,61 meter gestyg het.

Tydens vanjaar se vloed het die Oranjerivier sy hoogste vlak op 12 Januarie bereik toe 2660 kubieke meter se water per sekonde oor die wal van die Vanderkloofdam in die rivier gestort het. Die Oewerpark is besig om ‘n paal by die rivier aan te bring sodat besoekers in die toekoms sal kan sien hoe hoog die water gestyg het. Voor die vloed is die Oewer Restaurant se dek, sowel as die onderste verdieping van die Orania Rivier Spa as noodmaatreël ontruim. Daar het ook groot kommer oor die vlot met waterpompe wat water aan Orania se landbouhoewes voorsien bestaan. Heelwat werk is deur die Orania Dorpskantoor se personeel gedoen om die pompe te beskerm, maar sou die rivier met slegs ‘n verdere 300 mm gestyg het, sou die vlot in gevaar gewees het om om te kantel wat groot skade aan die pompe kon veroorsaak. Gelukkig het die watervlak net betyds begin daal.

Skade aan die Oewer Restaurant en die spa is minimaal met slegs die pale wat die naaste aan die rivier staan wat weer versterk moet word. Andre Coetzee is egter ‘n kundige op dié gebied en die herstelwerk is reeds ver gevorder. Skade is ook aan die Oewerpark se vlot berokken, maar die herstelwerk is ook reeds voltooi.

Baie boere in die Orania-omgewing het egter groot skade gelei, veral met waterpompe wat in die rivier omgeval en/of weggespoel het. In Orania funksioneer alles egter weer soos normaal en besoekers is welkom om te kom kuier. Die dorp is veral baie mooi na die goeie reën en die dorpskantoor se personeel werk hard om die gras op sypaadjies en ander openbare areas te sny.

 

Orania is ‘n baie mooi plek

 

Na die goeie reën wat Orania die afgelope maand ontvang het, blom die dorp letterlik. Besoekers aan die dorp geniet ook die geleentheid om foto’s van die mooi Karoo-landskappe om Orania te neem. Hierdie foto is op een van die plase wat deel vorm van die Orania-grondgebied geneem.

 
Orania en selfbeskikking maak weer ‘n draai in Beeld


Een van Media 24 se mees senior joernaliste, dr. Leopold Scholtz, het onlangs in ‘n rubriek geskryf dat die moontlike afstigting van Suid-Soedan ook weer die vraag oor die Afrikaner se reg tot selfbeskikking laat opduik. Hy het spesifiek in sy rubriek na Orania verwys, en hoewel skepties het hy aangedui dat Orania in sy opinie wel die geleentheid gegun moet word om selfbeskikking vir die Afrikaner te probeer verwerklik.

Jaco Kleynhans, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, het die afgelope Maandag in ‘n brief aan Beeld hierop geantwoord. Meer as 6000 mense het die brief op Beeld se webblad gelees en daar was ook honderde kommentare van mense wat Orania ondersteun.

 
Afrikaner-selfbeskikking begin ná 20 jaar in Orania vergestalt

 

Jaco Kleynhans, uitvoerende hoof van die Orania-Beweging, skryf:

Leopold Scholtz verdien ’n pluimpie vir sy bereidwilligheid om weer die kwessie van Afrikaner-selfbeskikking op die tafel te plaas in sy rubriek “Soedan en die volkstaat” (Beeld, 14 Januarie). Scholtz gee in sy rubriek ’n goeie ontleding van die historiese konteks van selfbeskikking, waar dit geslaag en misluk het en wat die slaggate is.

Wanneer daar oor Afrikaner-selfbeskikking gepraat word, is dit goed om die historiese konteks van selfbeskikking te ontleed. Die uitdaging is egter om die Afrikaner se unieke omstandighede daarmee te probeer versoen. Afrikaners is tot 1994 vir van die wêreld se groot sondebokke uitgekryt. Ná 1994 het Afrikaners met ’n klomp skuldgevoelens rondgeloop, hetsy dit regverdig is of nie, en het die ANC grootliks daarin geslaag om Afrikaners te laat verstaan dat die regstellingsproses nog lank sal duur.

Terselfdertyd het ’n groep Afrikaners begin besef dat hierdie etniese groep se voortbestaan van groter selfbeskikking sal afhang. Nou hoe vra jy vir groter selfbeskikking binne ’n eie grondgebied as die wêreld jou as ’n sondebok bestempel en jou land se regering glo dat daar eerder van jou weggevat as aan jou gegee moet word? Binne hierdie konteks het Orania tot stand gekom. Amper alles het teen Orania getel en tog kan ons vandag, 20 jaar ná sy stigting, sê dat die strewe na Afrikaner-selfbeskikking in Orania begin vergestalt.

Selfbeskikking is egter ’n dinamiese term en wat vir een etniese groep in sy tyd en plek gaan werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Tot dusver is Orania se selfbeskikkingsukses op hoofsaaklik drie dinge gegrond, naamlik eie grond, eie arbeid en eie instellings.

Dit behels dat grond aangekoop moes word, ’n nuwe ekonomie met Afrikaner-arbeid en -kapitaal tot stand moes kom en ’n munisipaliteit, skole, ondernemings, verenigings, ensovoorts geskep moes word.
Orania is vandag ’n gemeenskap met byna 900 inwoners en meer as 10 000 uitwoners of mense wat met Orania assosieer deur lidmaatskap, eienaarskap of ’n ander vorm van formele assosiasie.

By pres. Jacob Zuma se besoek verlede jaar aan Orania moes hy self opmerk dat dit vreemd is om op die platteland ’n plek te kry waar dinge goed funksioneer, byna niemand werkloos is nie en niemand na die regering opkyk vir oplossings vir hul probleme nie. Orania se sukses is ook Suid-Afrika en Afrika se sukses, veral wat doeltreffende bestuur, ekonomiese ontwikkeling en die beskerming van kulturele en etniese regte betref.

Beeld het ook ‘n brief van Sebastiaan Biehl, ‘n bekende inwoner van Orania, gepubliseer:

Soedan wys die gedagte aan ’n Afrikaner-volkstaat nie vergesog

S.M. Biehl van Orania skryf:

Leopold Scholtz se rubriek “Soedan en die volkstaat” (Beeld, 14 Januarie) het betrekking. Dit is verblydend dat Scholtz kalm en beredeneerd die volkstaat-onderwerp bespreek. Ek waardeer Scholtz se benadering, al verskil ek deels.

Daar is natuurlik groot verskille tussen Soedan en Suid-Afrika, maar wel ook ooreenkomste wat ’n Afrikaner-volkstaat nie so vergesog maak nie. Sowel Soedan as Suid-Afrika is kunsmatig koloniale skeppings van die Britse “Kaap tot Kaïro”-droom en die grense is getrek op grond van strategiese belange, nie op grond van etnisiteit, geskiedenis of geografie nie. In albei gevalle heers ’n meerderheid oor ’n etnies totaal verskillende minderheid, of minderhede.

‘n Minderheid is aan die ontvangkant en politiek magteloos. Natuurlik is die onderdrukking wat die Suid-Soedannese ervaar erger as wat die Afrikaner en ander minder­hede in Suid-Afrika tans ervaar, maar ons moenie te gerus wees nie.

Scholtz is reg dat Suid-Soedan reeds ’n etnies omlynde gebied is, terwyl vir die Afrikaner-volkstaat nog geen so ’n gebied bestaan nie. Maar Suid-Soedan se afskeidingspoging kom ’n lang pad en tot betreklik onlangs het min mense verwag dat Soedan ooit gaan skeur. Orania gaan van krag tot krag en dinge mag in die toekoms heel anders lyk. Meer mense vestig hier, meer Afrikaners ondersteun die gedagte en raak betrokke, die idee van “een Suid-Afrika vir almal” verloor sy glans.

 

Kry ‘n Klein Reus T-hemp

 

Die Orania Beweging-boekwinkel het pragtige T-hemde met Orania slagspreuke en logo’s daarop. Daar is ook Klein Reus T-hemde vir kinders beskikbaar.

 

Graad 1’s in Orania kry ook skooltassies

 

Graad 1-leerlinge in Orania het die afgelope week ook skooltassies vanaf Solidariteit Helpende Hand ontvang. Helpende Hand het vanjaar 3500 skooltassies regoor Suid-Afrika versprei. ‘n Boer van die omliggende omgewing wie se kinders in Orania CVO-skool is het vanjaar weer Orania se skooltassies geborg. Leerlinge het vanjaar ‘n rugsak vol skryfbehoeftes en opvoedkundige middele soos ‘n telraam ontvang.

 
Groot styging in leerlingtalle

 

Die aantal leerlinge wat in Orania onderrig ontvang, het vanjaar ‘n skerp toename getoon. Orania is besig om ‘n sentrum vir uitnemende skoolopleiding in die Bo-Karoo te word. Volkskool Orania het vanjaar 60 leerlinge. ‘n Verdere 34 leerlinge ontvang afstandonderrig deur Volkskool. Orania CVO-skool se leerlingtal het vanaf 154 in 2010 tot 187 vanjaar gestyg met nog geleentheid vir groei sou die skool groter bussies kan bekom om leerlinge vanaf buurdorpe aan te ry. Leerlinge uit vier omliggende dorpe word daagliks met bussies na Orania CVO-skool aangery.

 

Skolesport skop af

 

Beide skole in Orania se sportaktiwiteite het reeds afgeskop. Volkskool Orania het reeds ‘n sportdag gehou wat afgeskop het met ‘n straatmyl, gevolg deur items in die swembad en boeresport. Op 4 en 5 Februarie hou Orania CVO-skool hul huissportbyeenkoms saam met twee ander CVO-skole.

 

Selfwerksaamheid word ‘n werklikheid in Orania

 

Een van die basiese beginsels van Orania is selfwerksaamheid. Dit behels dat alle arbeid in Orania deur Afrikaners gedoen moet word. Hierdie droom word elke dag ‘n werklikheid in Orania waar munisipale dienste, bouwerk en alle werk in ons groot sektore soos landbou, toerisme en handel deur Afrikaners vervul word. Daar is tans agt bouspanne wat nuwe huise in Orania oprig en die manne se vakmanskap is van uitstaande gehalte.

 

Belangrike datums om nou al aan te teken

 

Lede van die Orania Beweging en verkose lede van ons burgerraad moet asseblief nou al die volgende datums aanteken. Orania is vanjaar 20 jaar oud en daarom wil ons deur die jaar van elke geleentheid waar uitwoners ons dorp besoek ‘n spesiale geleentheid maak. Vir hierdie doel is die jaarlikse burgervergadering vir Saterdag, 17 September geskeduleer. Dit beteken dat die burgervergadering nie meer gedurende die winter sal plaasvind nie. Om dit vir besoekers die moeite werd te maak om Orania vir die Burgervergadering te besoek is daar ook besluit om die HF Verwoerdgedenklesing die Vrydagaand, 16 September te hou. Daar sal ook op Sondag, 18 September ‘n gesamentlike erediens in die Orania Gemeenskapsaal plaasvind.

Lede van die Orania Beweging Burgerraad moet ook asseblief die twee datums waarop Burgerraadvergaderings gaan plaasvind ,aanteken. Dit is 14 Mei en 5 November.

Inligting oor die 20 jarige-vieringe sal ook binnekort bekendgemaak word.

 

Spesiale aanbod op Basta!


Dr Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, het onlangs ‘n nuwe boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika bekend gestel. Hy was gedurende Desember ook in Orania vir ‘n boekbekendstelling en meer as 100 kopieë van sy boek is reeds deur die Orania Beweging Boekwinkel verkoop. Die boek se eerste oplaag is reeds uitverkoop. Die Orania Beweging Boekwinkel het egter nog enkele kopieë van die boek beskikbaar teen ‘n spesiale prys van R95. Die boek verkoop vir tot R120 in bekende boekwinkels. Skakel ons gerus by 053 207 0062 indien u graag ‘n kopie van die boek wil bestel.

 

Spesiale aanbod vir Orania Beweging lede

 

Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa bied alle Orania Beweging-lede ’n gratis nag verblyf wanneer 2 of meer nagte bespreek word. Skakel 053 207 0016 vir besprekings en sien gerus ons webwerf: http://www.oraniahotel.co.za
« Laaste verandering : February 01, 2011, 01:13:24 AM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #2 op: February 01, 2011, 01:13:43 AM »
31 Januarie 2011

 

Beste vriend van Orania

ORANIA BEWEGING BOEKWINKEL

Afrikaners is lief vir lees! Die afgelope Desember het besoekers aan Orania hul verlustig in die groot verskeidenheid boeke wat by die Orania Beweging Boekwinkel beskikbaar is. Boeke vir oud en jonk is aangekoop om die vakansie-ervaring selfs meer aangenaam te maak.

Baie besoekers aan ons boekwinkel het versoek dat ons ‘n katalogus met al die boeke wat in ons boekwinkel beskikbaar is, moet saamstel. Baie van die boeke in die Orania Beweging Boekwinkel is nêrens anders beskikbaar nie. Afrikaanse boeke is ook meestal goedkoper in ons boekwinkel as in enige ander boekwinkel en wanneer jy ‘n boek by die Orania Beweging Boekwinkel koop ondersteun jy ook so die ontwikkeling van Orania.

Klik_hier om ‘n lys van nuwe boeke wat tans in die boekwinkel beskikbaar is af te laai. U is welkom om van die boeke te bestel deur in die katalogus die boeke wat u wil bestel te merk en dit dan terug te stuur na ontvangs@orania.co.za . Ten einde die katalogus nie te lank te maak nie, is tweedehandse boeke (waarvan baie versamelstukke is) nie hierby ingesluit nie. Ons sal die lys van tweedehandse boeke op versoek aan u stuur. Indien u opsoek is na ‘n boek wat nie op die lys is nie, kan u ook vir ons ‘n e-pos stuur en ons sal die boek probeer vind.

Daar is geen posgeld betaalbaar vir bestellings van R400 of meer nie. Vir bestellings van minder as R400 moet R30 posgeld bygevoeg word.

Skakel ons gerus by 053 207 0062 met enige navrae.

Vriendelike groete,

Jaco Kleynhans
Uitvoerende Hoof: Orania Beweging

 
Teken uit

    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    Moet asseblief nie op hierdie e-pos antwoord nie. U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #3 op: February 07, 2011, 11:09:41 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - Februarie 2011
Nommer 54

Orania Dorpskantoor goed geposisioneer vir groter groei

 

Groot dinge het die afgelope paar maande by die Orania Dorpskantoor, wat die munisipale funksie in Orania vervul, plaasgevind. Na baie jare van harde werk om ‘n vervalle plekkie in ‘n dinamiese dorp te omskep, het die dorpskantoor nou na ‘n nuwe rat oorgeskakel. Die dorpskantoor is nou reg om groter groei te fasiliteer. Die leierskap van Orania besef volkome dat die idee van Afrikanerselfbeskikking slegs sal slaag indien Orania slaag. Vir daardie rede moet Orania ‘n sukses wees en tot ‘n klein stad uitgebou word wat dan verder in die toekoms volgende nedersettings sal kan ondersteun.

Die Orania Dorpskantoor lewer tans sonder enige regeringshulp ‘n uiters effektiewe munisipale diens en selfs dienste wat in ander dorpe en stede deur die provinsiale en nasionale regering vervul word.

Die Orania Dorpsraad, wat die verkose leiers van die Dorpskantoor is, het die volgende punte as strategiese doelwitte vir die komende finansiële jaar uitgewys:

    * Die verdere uitbou van die nuwe kantoor en stelsels
    * Dorpsontwikkeling wat die uitlê en diens van nuwe erwe insluit
    * Die verbetering van Orania se infrastruktuur
    * Die verbetering en uitbreiding van Orania se veiligheids- en nooddienste
    * Die beter verspreiding van inligting aan inwoners en aandeelhouers
    * Die hersiening en verbetering van Orania se inburgeringsproses
    * Die ontwikkeling van meer werkersbehuising saam met ander Orania-instellings
    * Die verbetering van Orania se reëls en regulasies
    * Kapitaalvorming vir die ontwikkeling en uitbreiding van Orania
    * Die verbetering van die dorp se voorkoms
    * Die konstitusionele ontwikkeling van Orania en sy instellings

 

Teken van groei: Dorpsraad se begroting styg met meer as 50% in een jaar!

 

Die Orania Dorpsraad het tydens die afgelope week sy begroting vir die nuwe finansiële boekjaar bekend gemaak. As daar nog enige twyfel oor die tempo van groei in Orania was, dan het hierdie begroting dit behoorlik weerlê. Die nuwe begroting is sowat 50% groter as die huidige begroting, terwyl die meeste heffings en ander kostes wat aan inwoners deurgegee word met minder as 10% styg. Dit is veral die toename in inwoners en besighede wat die Dorpsraad se inkomste goed laat styg.

Gedurende die komende boekjaar beplan die Dorpsraad ook ‘n aansienlike kapitaalinvestering in Orania se infrastruktuur. Met die hulp van donateurs en ‘n spesiale kapitaalbegroting gaan tussen 3 en 5 miljoen rand op infrastruktuurverbeterings spandeer word.

Vergelykings met ander dorpe se begrotings toon ook dat die Orania Dorpsraad ‘n baie kleiner persentasie van sy begroting op salarisse spandeer terwyl ‘n groter deel op dienslewering aan inwoners spandeer word. In baie dorpe word ‘n groot deel van die begroting aan salarisse spandeer wat veroorsaak dat baie min geld vir dienslewering beskikbaar is. In Orania is dit die teenoorgestelde.

Met die nuwe begroting lê daar nou ‘n duidelik groeipad vir Orania voor. Hou ons dop!

 
En toe kom die volgende vloed...


Net toe almal ‘n groot sug van verligting gee omdat die vloed van 12 Januarie nie groot skade in Orania aangerig het, toe kom die volgende vloed. Na baie reën in Lesotho en die Vrystaat het die Oranjerivier twee weke gelede weer begin styg en op 30 Januarie ‘n hoogtepunt bereik waar die water sowat 1 meter hoër as die hoogste merk op 12 Januarie was. Orania was egter goed voorberei hiervoor en talle maatreëls is getref om skade te voorkom. Intussen het die rivier se vlak weer effens gedaal en alle aktiwiteite langs die Oranjerivier gaan soos normaal voort.

 
Orania is 20-jaar oud! Kom vier saam fees.

 

Orania is vanjaar 20 jaar oud en ons gaan lekker feesvier. Daar sal gedurende die jaar talle feesgeleenthede plaasvind, maar die hoogtepunt sal wees op Woensdag, 6 April. Jaarliks op 6 April vier Orania Stigtingsdag en is dit ‘n vakansiedag in Orania. Vanjaar gaan ons op 6 April ‘n groot straatete hou waar alle inwoners en besoekers saam aan een tafel gaan sit. Die tafel sal in een van Orania se grootste strate gedek wees. Talle aktiwiteite soos opvoerings en die bekendstelling van ‘n nuwe reeds Ora’s sal dieselfde aand plaasvind. Vanaf 7 tot 9 April is Orania se jaarlikse skou en tydens hierdie drie dae sal daar ook talle ander feesvieringe plaasvind. Daar word ‘n Kaalvoetkonsert vir Vrydag, 8 April beplan. Ons uitwoners word dus nou reeds versoek om plek vir 6 tot 10 April te bespreek omdat Orania uit sy nate gaan bars.

 

Suksesvolle sportbyeenkoms by Orania CVO-skool
 

Orania CVO-skool het die afgelope naweek ‘n baie suksesvolle huissportbyeenkoms aangebied met byna 300 leerlinge van drie skole wat deelgeneem het. Die byeenkoms wat op die Orania Sportgronde plaasgevind het, was ‘n toonbeeld van goeie beplanning en voorbereiding en ‘n aktiewe ouergemeenskap wat sterk deelname toon. Daar is vir twee weke voor die byeenkoms gewerk om die baan voor te berei en ‘n heerlike gees was tydens die byeenkoms aanwesig. Die byeenkoms is ook goed bygewoon deur ouers en inwoners van Orania.

Die jaarlikse huissportbyeenkoms is ook van groot waarde vir Orania omdat baie ouers van die ander twee deelnemende CVO-skole, Dankbaar CVO en Fraserburg CVO, vir die naweek Orania besoek en hier oorbly en ons plaaslike besighede ondersteun.

Ons sien reeds uit na volgende jaar se byeenkoms!

 

Orania Blog

 

Wat is Orania se grootste struikelblok?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

Orania moet ‘n sukses wees. Baie meer Afrikaners moet Orania toe trek. Hier moet groot besighede opgerig word. Ons bejaardes moenie in aftree-oorde in die stede gaan woon nie, maar moet in Orania kom aftree.

Daar is soveel rede om te glo dat Orania eenvoudig ‘n sukses moet wees. Dat ons bevolking en ons ekonomie moet groei sodat meer grond aangekoop kan word, nog groeipunte geskep kan word en die droom van Afrikanerselfbeskikking waar kan word.

Nou wat is dan die rede dat dit nie gebeur nie?

Eerstens moet ek sê dat Orania reeds as ‘n sukses beskou kan word. Die grondwerk vir iets baie groter is die afgelope jaar gelê en die vestiging van konsepte soos selfwerksaamheid, ekologies volhoubare ontwikkeling, eie ekonomie en selfstandigheid was nie maklik nie, maar vandag funksioneer Orania uitstekend met eie arbeid, eie kapitaal en eie inisiatief. Om ‘n gemeenskap vir Afrikaners uit Afrikaners te skep was in die beginjare nie maklik nie, maar vandag doen Orania dit en doen dit daarby baie goed.


Konserwatisme as lewensbeskouing

Geskryf deur Sebastiaan Biehl

Tydens ‘n skemerkelkie-gesprek met ‘n mede-Oraniër, wat polities nog soekende is, het hy my gevra wat ek as konserwatief beskou en hoekom ek dit as my lewens- en wêreldbeskouing betrag en glo dat Orania en die Afrikaner se strewe dit as fondasie behoort te hê.

Konserwatief is natuurlik, soos liberaal, ‘n woord wat verskillende betekenisse vir verskillende mense het. Dit kan vir sekere mense vertolk word as bedoelende om teen verandering te wees, om verkramp, selfs rassisties  te wees en die verlede te wil terug hê in die konteks van Suid-Afrika. Net so word liberaal in Suid-Afrika dikwels verstaan as links, ‘n gebrek aan waardes, selfs om ten gunste van losbandigheid te wees, terwyl dit in die klassieke sin ‘n redelik sentristiese beleid is, in ekoenomiese opsig selfs regs van die middel.

Daarom is dit belangrik om te verduidelik wat konserwatief vir my beteken en hoekom ek dit aanhang.

Oor konserwatisme is daar al dik boeke geskryf en dit is onmoontlik en ook nie die bedoeling nie om hier ‘n in-diepte verhandeling oor dit te gee. Dit gaan hier oor die kernbeginsel wat ek vervolgens bespreek.

Die groot beginsel van konserwatisme is nie om teen verandering per se te wees nie, maar om na die geskiedenis te kyk om te sien wat werk en waarde het, en wat onwerkbaar is en dus verwerp is.



 

Spesiale aanbod op Basta!


Dr Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, het onlangs ‘n nuwe boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika bekend gestel. Hy was gedurende Desember ook in Orania vir ‘n boekbekendstelling en meer as 100 kopieë van sy boek is reeds deur die Orania Beweging Boekwinkel verkoop. Die boek se eerste oplaag is reeds uitverkoop. Die Orania Beweging Boekwinkel het egter nog enkele kopieë van die boek beskikbaar teen ‘n spesiale prys van R95. Die boek verkoop vir tot R120 in bekende boekwinkels. Skakel ons gerus by 053 207 0062 indien u graag ‘n kopie van die boek wil bestel.

 

Spesiale aanbod vir Orania Beweging lede

 

Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa bied alle Orania Beweging-lede ’n gratis nag verblyf wanneer 2 of meer nagte bespreek word. Skakel 053 207 0016 vir besprekings en sien gerus ons webwerf: http://www.oraniahotel.co.za

 

    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    Moet asseblief nie op hierdie e-pos antwoord nie. U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #4 op: February 21, 2011, 08:41:33 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 21 Februarie 2011
Nommer 55


Verkiesingsjaar

 
'n Paar Orania-ondersteuners in 'n vrolike bui na die hofuitspraak in 2000.

In 1995 het die Orania Verteenwoordigende Oorgangsraad tot stand gekom (dmv 'n aansoek gedurende 'n fase waar "oorgangsrade" oral in die RSA gedien het) wat aan Orania 'n bepaalde vorm van munisipale erkenning gegee het. Via die OVOR het Orania dan ook verteenwoordiging gehad op die destydse Streeksdiensteraad.

In 2000 het die regering egter besluit om 'n nuwe munisipale bedeling in Suid-Afrika tot stand te bring en Orania is ingedeel by die nuutgeskepte Thembelihle Munisipaliteit (Hopetown en Strydenburg).

Die OVOR en die inwoners van Orania se standpunt was deurgaans dat Orania nie deel van Thembelihle wou word nie, maar sy eie unieke munisipale status wou handhaaf. Verskeie voorleggings is deur die OVOR aan die Munisipale Afbakeningsraad en die regering gemaak, maar dit het op dowe ore geval.

In November 2000 raadpleeg die OVOR 'n senior advokaat oor die moontlikheid van 'n hofaansoek oor sy status. So 'n aansoek word op die rol geplaas vir 4 Desember 2000 in die Hooggeregshof in Kimberley, een dag voor die landswye munisipale verkiesing. Die Regterpresident versoek die regspanne van die OVOR  en die regering om 'n aanvaarbare skikking te vind. Na oorlegpleging word die volgende 'n bevel van die hof gemaak:

1. Die aansoek van die OVOR word onbepaald uitgestel.
2. Hangende finale beregtiging van die hofaansoek oor die status van Orania behou die OVOR al die regte en verpligtinge waaroor hy mag beskik vir doeleindes van onderhandelinge en litigasie.

Op 5 Desember 2000 vind landswye munisipale verkiesings plaas. Nie 'n enkele stem word deur 'n inwoner uitgebring by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se stemlokaal op Orania nie. Elders, in die skoolsaal van Volkskool Orania, stem feitlik al die inwoners van Orania in die verkiesing van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR). Dit lok ongekende nasionale en internasionale mediabelangstelling uit.

In 2006 vind daar weer munisipale verkiesings plaas en weer verkies Orania sy eie OVR.

Die verkiesing van Orania se eie Verteenwoordigende Raad elke vyf jaar is dus 'n belangrike aspek van die dorp se selfstandigheid. Hierdeur word die bepalings van die hofbevel van 4 Desember 2000 in stand gehou en bevestig die dorp sy selfstandige munisipale status.

Tydens die vorige munisipale verkiesings is uitwoners ook die geleentheid gegun om elektronies aan die verkiesing van lede van die Orania Verteenwoordigende Raad deel te neem. Dit het nie hulle verkiesingstatus in hulle eie dorpe geraak nie. Daar word beplan om weer vir hierdie behoefte voorsiening te maak.

Die nuwe bestuur van die Orania Inwonersvereniging wat die verkiesing op Orania sal organiseer, is Woensdagaand, 16 Februarie, verkies.  Hulle is: Arthur Naudé (voorsitter), Jaco Kleynhans (ondervoorsitter) en Kobus van der Merwe (Sekretaris).

 

Prof Carel: ster in ’n DVD


Prof Carel Boshoff gesels in 'n nuwe DVD
openhartig oor sy betrokkenheid by Orania.

Daar is min mense wat Orania so goed verstaan as prof Carel Boshoff, voorloper vir die saak oor die afgelope vyftig jaar. Daar is lank reeds gevoel dat ’n omvattende DVD oor hom vervaardig moet word sodat die inligting goed gedokumenteer kan wees.

Sowat twee weke gelede het een van Orania se uitwoners en baie aktiewe ondersteuner, dr Ben de Klerk, aangebied om die vervaardiging van so ’n DVD te borg. Die Orania Beweging is getaak om die projek te hanteer.

’n Professionele kameraman, Morné Pelser, het van Johannesburg af gevlieg om die verfilming op Orania waar te neem. Die verfilming is in een van die Orania Oewerhotel se luukse, lugverkoelde kamers gedoen en John Strydom het opgetree as onderhoudvoerder.

Prof Boshoff het omvattend verduidelik hoe die Orania-idee reeds in 1966 deur ’n groep intellektueel bekommerdes tot stand gekom het. Omdat dit op daardie stadium so goed gegaan het in Suid-Afrika, het min ander mense die visie gedeel.

Daar was heelwat hobbels op die pad wat gelei het tot Orania se uiteindelike aankoop in 1991 en selfs daarna. Daar was egter ook mense wat die insig gehad het en onwrikbaar in die idee geglo het. Hulle was bereid om in Orania te kom woon of om die idee op ander wyses te ondersteun.

Op ’n vraag of Orania rassisties is en of prof Boshoff  self as ’n rassis beskou kan word, glimlag hy en sê: “Rassisme is ’n siekte wat wêreldwyd voorkom.”

Die besondere DVD word tans geredigeer en is geoormerk om op 6 April, op Orania se 20ste verjaardag, bekendgestel te word.

 
Nuwe kompetisie vir handvaardiges:


Hekel ’n melkbekerdoilie om die Helpsaamfonds  te sterk!

Haal uit die hekelpenne en gaan sit by Ouma se knieë, want dit is nou tyd om ’n allemintige prys los te hekel!

Dalk is daar ook êrens in jou kas ’n mooi melkbekerdoilie met die allerfraaiste kraletjies wat soos druppels om die kant rondomtalie.  Dalk kan jy nog onthou hoe jy in jou kleinkinddae met die mooi doilie gespeel het, verlore in die ongewoonheid van kraletjies wat tussen fyn hekelbeentjies kom nesmaak het. Dit sommer ’n bietjie op jou kop gesit het ook!  En dan het Ma skielik kwaai gesê: “Haal af, ’n mens sit nie ’n doilie op jou kop nie, dit hoort op die melkbeker!”

Mooi doilies trek altyd dr Elsabé du Plessis, ’n uitwoner en narkotiseur, se aandag en daarom het sy aangebied om ’n doiliekompetisie ten bate van die Orania Beweging Helpsaamfonds te borg.

Elsabé sê doilies het ‘n besondere plek in haar hart en sy was van kleinsaf gefassineer deur die fraai kantwerk en kraletjies soos edelsteentjies rondom. Party oumense het selfs koraalboompitte gebruik.

In ons moderne tyd is dit tog belangrik om ook  soms ‘n nuttige artikel te gebruik bloot omdat dit mooi is.

Neem gerus deel aan ons kompetisie, maar begin nou, want ’n doilie verg baie beentjies!

Melkbeker Doiliekompetisiereëls: Klik hier.

Vir verdere navrae skakel Lida Strydom by 053 2070062 of stuur ’n e-pos aan:
redakteur@orania.co.za.

 
Dozi kom kuier op Orania


Kom geniet ’n onvergeetlike aand in die Afrikanertuiste! Die sanger Dozi besoek Orania en tree op 24 Maart in die Orania Gemeenskapsaal op. ‘n Beperkte hoeveelheid is kaartjies nog beskikbaar.  Koste: Ф100 per persoon / Ф50 vir kinders onder 16. Skakel Rozanne vir besprekings: 082 497 0531.

Dozi-bewonderaars kan verblyf bespreek by die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa vir slegs Ф500 per kamer per nag, ontbyt ingesluit. Die aanbod is geldig tussen 23 en 25 Maart. Skakel Quintin vir besprekings: 076 943 2214.

 

Oraniafoto’s sedert sy babadae


Daar word kliphard gereël aan Orania se 20ste verjaardag en die finale program vir 6 April sal binnekort bekendgemaak word.

Intussen soek ons gretig na foto’s uit Orania se “baba en kleuterdae”.  Die “tienerfoto’s” neem ons self nou gereeld.

Ons soek ook na enige interessante inligting rondom Orania, sowel as staaltjies en selfs ou kennisgewings en van die vroeë koerantjies wat hier uitgegee is.

Toe het ons nog nie besef dat ons daagliks geskiedenis maak nie!

Indien jy iets uit Orania se babatyd het wat jy met ons wil deel, stuur dit asseblief na redakteur@orania.co.za  Indien jy nie wil afstand doen van jou Orania-momento’s nie, sal ons dit waardeer indien ons dalk net afskrifte vir ons argief kan maak. Gesels asseblief met ons!

Skakel gerus na 053 2070062 en praat met Lida of John.

 

Orania Blog

 

Orania: ’n Nkandla vir Afrikaners?

Pres Zuma het in 2010 'n welwillendheidsbesoek aan prof Carel Boshoff in Orania
gebring. Hier is hulle saam met Carel Boshoff (iv), President van die Orania Beweging.

Pres. Jacob Zuma het gister tydens ’n onderhoud met ‘n Afrikaanse koerant, Beeld, gesê hy het ’n diep begrip vir sommige Afrikaners se behoefte aan ’n eie tuiste. Hy het benadruk hy bedoel nie Afrikaners kan of moet ’n eie grondgebied afbaken of ’n aparte tuiste inrig nie, maar:  “Dít is wat sommige Afrikaners, op ’n sielkundige vlak, nodig het: ’n Nkandla.”

Lees die artikel hier: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Zuma-aan-Afrikaner-Daar-is-jou-tuiste-20110217

Die artikel het onmiddellik reaksie uitgelok en verskeie briewe is aan Beeld en die Oraniagespreksgroep gestuur.

Jaco Kleynhans, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, het onmiddellik ‘n mediaverklaring uitgereik: Lees die mediaverklaring hier: http://www.orania.co.za/?p=2961

Meer reaksies op Beeld se artikel

Om Ebert Terblanche, ‘n jong, professionele persoon van Orania se reaksie te lees, volg hierdie skakel:
http://www.oraniablog.co.za/die-afrikanertuiste-moet-sielkundig-wees/

Sebastiaan Biehl, ‘n politieke analis, wat op Orania woon, het ook op die berig gereageer. Lees sy artikel hier: http://www.orania.co.za/?p=2966.

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.
« Laaste verandering : February 21, 2011, 08:43:15 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #5 op: March 04, 2011, 02:59:04 PM »
NUUSFLITS
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - Maart 2011
Nuusflits



Prof Carel Boshoff, die vader van Orania, ernstig siek

Soos wat die meeste inwoners, uitwoners en ondersteuners van Orania bewus is, is professor Carel Boshoff, die vader van Orania, reeds ‘n geruime tyd ernstig siek. Prof Boshoff se gesondheid het die afgelope week versleg en daarom is sy familie tans by hom.

 In hierdie tyd dink elkeen van ons weer oor die visie en dapperheid wat prof Boshoff aan die dag gelê het om Orania vir die Afrikaner tot  stand te bring. Orania is vandag danksy hom en ander pioniers ‘n selfstandige en funksionele gemeenskap met ‘n blink toekoms.

 Ons vra in hierdie moeilike laaste dae vir u om prof Boshoff, sy kinders, kleinkinders, ander familie, maar ook Orania waarvoor hy nog altyd so lief was, in u gebede op te dra. Die Orania Beweging sal u in die komende dae van verdere verwikkelinge op hoogte hou. Daar word ook versoek dat die familie die nodige privaatheid gegun moet word om van hul vader afskeid te neem.

 Rig navrae asseblief aan:

Jaco Kleynhans
Uitvoerende Hoof: Orania Beweging
Selfoon: 083 324 5631
Werk: 053 207 0062
Huis: 053 207 0097

John Strydom
Skakelbeampte: Orania Beweging
Selfoon: 082 975 8132
Werk: 053 207 0062

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging
« Laaste verandering : March 04, 2011, 03:02:48 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #6 op: March 08, 2011, 09:02:13 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 7 Maart 2011
Nommer 56

20 jaar die droom word waar!


Soos wat alle inwoners, uitwoners en mense wat ten minste net ‘n bietjie belangstelling in Orania het, reeds weet vier ons vanjaar Orania se twintigste verjaardag. Die twintigste bestaansjaar van Orania is in verskeie opsigte belangrik. Oor die afgelope twee dekades is ‘n gehawende spookdorp wat letterlik uit mekaar geval het omskep in ‘n groeiende pioniersgemeenskap met goeie infrastruktuur, dienste, skole, kerke, besighede en ander instellings. In Orania gaan dit egter oor baie meer as net die vestiging van ‘n goedfunksionerende dorp, dit gaan oor die vestiging van ‘n groter tuiste vir Afrikaners – ‘n plek waar Afrikanerkultuur en –tradisies lewendig gehou kan word.

Ons hou op 6 April, Stigtingsdag, wat ook ‘n amptelike vakansiedag in Orania is, ons groot verjaardagpartytjie en alle inwoners en uitwoners word genooi om saam te kom partytjie hou. Neem sommer nou al verlof vir 6,7 en 8 April en kom kuier lekker saam in Orania.

‘n Volledige feesprogram vir die hele 2011 sal binnekort beskikbaar gestel word, maar die program vir 6 tot 9 April lyk tans soos volg:

Program:

Woensdag, 6 April

08:00-11:00
Rondomtalie jukskei by jukskeibane
Pieter von Rönge 053 2070 020

12:00
Plant van 20 inheemse bome deur die Orania Jeugbeweging

Toere sal deur die dag beskikbaar wees. Bespreek by Orania Beweging: 053 2070062

17:00- laat:  Straatfees begin met vrolike musiek by Gemeenskapswembad. Tafel word vir 800 mense gedek en almal sit saam aan een tafel.
17:00 Opening en verwelkoming
17:15  Geleentheidspreker
17:40 Oorhandiging van oorkondes aan eerste intrekkers, bekendstelling van DVD oor prof Carel Boshoff
18:00 Bekendstelling van nuwe Ora-reeks en veiling
19:00 Bekendstelling van sanger: Gerrie Pretorius
19:15 Braaipakkies word beskikbaar gestel. Almal braai self en kuier lekker saam.

Donderdag, 7 April

Skouveiling en gereedmaak van stalletjies
Navrae: Arnold Hugo 072 072 3300

Vrydag, 8 April

08:00              Orania Skou
                        Navrae: Arnold Hugo 072 072 3300

19:00              DJ Ossewa-konsert
                       Toegang Ф100 per persoon, kinders onder twaalf gratis.
                        Navrae: Johan Cloete 078 572 3038

Saterdag, 9  April

08:00              Orania Skou

19:00              Kaalvoetkonsert in die Gemeenskapsaal

Orania se gastehuise en verblyfplekke het aangedui dat besprekings vir die feesnaweek reeds baie goed is en dat belangstellendes sal moet gou maak indien hulle nog verblyf wil bespreek. Stuur ‘n e-pos aan ontvangs@orania.co.za indien jy graag ‘n lys van alle beskikbare verblyf in Orania wil ontvang.

 

Orania CVO op 'n kultuurtoer

   

Orania CVO se kultuurgroep het Donderdag 24 Februarie op 'n kultuurtoer vertrek wat die 24 kinders en ses volwassenes nie gou sal vergeet nie. Alhoewel Majuba sekerlik die hoogtepunt van hulle toer was, het die bus ook by die Danie Theron-monument naby Fochville 'n draai gemaak en is Paardekraal en die Voortrekkermonument ook besoek. Met hulle netjiese hemde wat vir hierdie toer gemaak is, het hulle as trotse skool hulle skoollied op Majuba uit volle bors gesing. Vir die kinders was dit ook lekker om hulle ander CVO-skool maats by Majuba te ontmoet en saam te kuier.

 
Volkskool hou reünie


Volkskool Orania hou vanaf 14 tot 17 April hul 20-jarige reünie. ‘n Fantastiese program is vir die naweek gereël. Verrigtinge skop die Donderdagaand af met ‘n opvoering van die Franse komedie, Tartuffe. Die Vrydag is daar onder andere ‘n vlotoptog, inwyding van reuse skaakbord en skaaktoernooi, ‘n pekanneutboordtoer en perderitte. Daar sal ook ‘n foto-uitstalling by die skool wees en die dag se verrigtinge word deur ‘n eenmanvertoning afgesluit.

Die Saterdag is daar die inwyding van ‘n herdenkingsmuur en die stigtingsvergadering van die bond van oudleerlinge. Saterdagaand tree ‘n musiekgroep van Potchefstroom op. Die reünie word Sondagoggend met ‘n gesamentlike erediens by die skool afgesluit waarna gaste saam sal kuier by KarooKeur Koffieteria.

 
Brief vandag in Die Burger:


Orania ’n ware Nkandla vir my

John Theunissen van Beaufort-Wes besing sy Nkandla, wat blykbaar die hele Suid-Afrika is (DB, 01.03). ’n Mens kom agter dat hy ernstig is, en jy wil so graag hê dat alles wat hy sê, waar kan wees.
Ongelukkig leef mnr. Theunissen in ’n droomwêreld. In sy Nkandla is hy nie eens in sy eie huis veilig nie. As hy uit sy huis stap, weet hy nie wanneer die misdaad-weerligstraal hom gaan tref nie. As ’n Afrikaanssprekende moet hy maar na Engels oorslaan wanneer hy by enige onderneming, bank, hotel of staatsinstelling instap. Hy sukkel om dienste van sy plaaslike munisipaliteit te kry. Eintlik voel ek baie jammer vir mnr. Theunissen.

Anders as mnr. Theunissen het ek ook ’n Nkandla waar ek van tyd tot tyd gaan afsaal – Orania. By my Nkandla is dit veilig. Daar is geen diefwering voor die vensters nie. Kinders speel tot laataand in die strate. Oral groet mense jou vriendelik in Afrikaans. Stap jy by die plaaslike hotel, spa, enige gastehuis of onderneming in, word jy vriendelik in Afrikaans gegroet. Jy kom ook gou onder die indruk van die bekwaamheid van die plaaslike munisipaliteit. Jy verwonder jou hoe so ’n vooruitstrewende dorpie so vinnig tot stand kon kom.

Ek twyfel egter of mnr. Theunissen in Orania staande sal kan bly. Hier doen elke inwoner sy eie werk. Almal dra by tot die vooruitgang van die dorp. Al is geld skaars en is daar nie veel nyweraars wat hier wil belê nie, boer die dorp meedoënloos vooruit. Oudpresident Thabo Mbeki het eens vir die mense van Orania gesê: “Skep ’n werklikheid wat ons nie kan ontken nie.” Dit was goeie raad. Niemand kan meer Orania se bestaan en vooruitgang ontken nie. Die dorp kry reeds wêreldwyd erkenning. ’n Ware Nkandla vir Afrikaners.

OLIVIER HENNING
Villiersdorp


 

Nuut op die Orania Blog


Wat doen mense dan in Orania?
deur Quintin Diederichs


Die legendariese Nasionale Pers-joernalis en professor extraordinaire van geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch, dr. Leopold Scholtz, het in ’n onlangse artikel verduidelik dat alhoewel hy skepties is oor ’n Afrikaner volkstaat, hy wel groot respek het vir Orania-leiers soos mnre. Carel Boshoff IV en Frans de Klerk. Verder meen dr. Scholtz dat “ons minstens die Orania-mense ‘n billike kans moet gee om te wys wat hulle kan doen”.

Vanjaar vier Orania sy twintigste bestaansjaar en as inwoner van die dorp kan ek getuig dat almal opgewonde is oor die feesvieringe wat deur die loop van die jaar hier gaan plaasvind. Kom ons skuif politiek vir eens opsy en kyk na die ware Orania. Wat doen ons in Orania? Wat behels die alledaagse lewe hier in die Afrikanertuiste en hoekom trek soveel Afrikaners dan na hierdie veilige Karoodorp?



 

Selfwerksaamheid: Een van Orania se belangrikste beginsels


Indien ons nie ons eie arbeid gaan gebruik nie, sal Afrikaners ook in Orania ‘n minderheid word. Oor die afgelope 20 jaar kon Orania suksesvol daarin wees om alle arbeid wat binne sy grondgebied verrig word deur Afrikaners te laat doen. Soos wat Orania groei en ontwikkel sal hierdie beginsel uitgebou moet word wat behels dat Afrikaners met die regte verskeidenheid van vaardighede na Orania moet verhuis en dat ons ook op ‘n groter skaal opleiding plaaslik sal moet begin doen.

Selfwerksaamheid is egter gereeld vir nuwe intrekkers ‘n groot uitdaging en daarom is dit belangrik dat mense voordat hulle na Orania verhuis die beginsel goed moet verstaan en hulself ook daarvoor moet voorberei.

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #7 op: March 16, 2011, 08:50:46 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 16 Maart 2011
Spesiale Nuusbrief

Orania verloor ‘n vadersfiguur met die afsterwe van prof Carel Boshoff




Professor Carel Boshoff van Orania is vroeër vandag oorlede. Prof Boshoff was die afgelope jaar siek weens kanker en sy gesondheid het veral die afgelope maand ernstig agteruitgegaan.

Prof Boshoff se begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 19 Maart 2011, om 11:00 vanuit die Orania Gemeenskapsaal waarna die teraardebestelling by die Orania Begraafplaas sal plaasvind.

Prof Boshoff het enkele dae voor sy afsterwe aangedui dat sy dood juis sal moet beteken dat Orania vorentoe moet beweeg soos ‘n baba van wie die naelstring afgeknip is. Volgens Jaco Kleynhans, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, sal Orania na prof Boshoff se dood verder van krag tot krag gaan.

“Prof Carel was ‘n vaderfiguur in ons gemeenskap, maar soms word dit juis van die kinders vereis om dit wat hul vader begin het, voort te sit en verder uit te bou. Dit was ook prof Carel se laaste wens aan ons.”

Huldeblyk aan prof Boshoff

Professor Carel Willem Hendrik Boshoff is op 9 November 1927 op die plaas Doornfontein naby Nylstroom gebore.

Hy was die tweede kind van Willem Sterrenberg Boshoff en Anna Maria Boshoff.

Prof Boshoff het in die teologie studeer aan die Universiteit van Pretoria.  As student het hy hom sterk vir sendingwerk beywer, en die feit dat hy vlot SePedi gepraat het, het tot suksesvolle werk bygedra.  In 1956 het hy uit sy gemeente bedank, om die tradisionele Swart gebiede in die ou Transvaal as sendeling te betree.  Die verwaarlosing hiervan deur die NG Kerk was vir hom ’n wesenlike probleem.  Daar het egter ’n vloedgolf van sendingywer gevolg en binne ’n dekade is tientalle NG-leraars daar georden.  Hy het in 1958 met sy gesin na Soweto verskuif, waar die nood ook groot en groeiend was.  As sendingsekretaris sedert 1963 kon hy uitbreidende sendingwerk bevorder.  In 1967 kom die Department Sending- en Godsdienswetenskap aan die Universiteit van Pretoria onder hom tot stand.  Hy het gedoktoreer met Sending in ’n tyd van sekularisasie as tema.

Binne die NG Kerk het hy hom vir institusionele eenheid beywer.  Vir hom was dit met Woordbediening en gemeentelike organisasie in kultuureie idioom versoenbaar.  Hy het ook ’n omvattende studie van Swart- en Bevrydingsteologie gemaak.  Oor die stelling dat Swart Teologie uit Amerika kom, verklaar hy:  “Swart Teologie kom uit die Bybel.” En later:  “As daar nie tot gesprek met mekaar gevorder kan word nie, kan die resultaat katastrofies van aard wees.”

In 1954 is hy in die huwelik bevestig met Anna Verwoerd, dogter van die voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika, dr HF Verwoerd. Sewe kinders is uit die huwelik gebore.

Prof. Boshoff was betrokke by verskeie teologiese- en volksinstellings en het dikwels as voorsitter gedien. Hy was onder meer voorsitter vir die NG Kerk Boekhandel (1972-1988), lid van die Raad van die Rand College of Education (1963-1979), voorsitter van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) (1972-1999), stigter en voorsitter van die Instituut vir Sendingwetenskap, Universiteit van Pretoria (1979-1988), voorsitter van die Afrikaner Broederbond (1979-1983), voorsitter van die Afrikaner Volkswag (1984-1999), voorsitter van die Afrikaanse Gereformeerde Bond (1986-1994), voorsitter van die Afrikaner Vryheidstigting (1988-2007), voorsitter van Orania Bestuursdienste (OBD) (1990-2011), Hoofleier van die Voortrekkers (1981-1989) en daarna lewenslange erelid, leier van die VF+ in die Noord-Kaap en lid van die Noord-Kaapse Wetgewer (1994-2002).
Prof en mev Boshoff het 1993 permanent na Orania verhuis. Sy eggenote het hom na ‘n beroerte in 2007 ontval. Hy is in 2008 met kanker gediagnoseer, maar kon die meeste van die tyd sy program normaal voortsit.  Wanneer hy ernstig siek was, is hy baie getrou deur sy ouer suster, mej Annatjie Boshoff, ook ’n Orania-pionier, versorg. Hy laat ses kinders en 23 kleinkinders na.
’n Gunstelingaanhaling wat prof Boshoff dikwels gebruik het is: Vryheid is ’n seën, maar dit is nie ’n geskenk nie. Dit is waarskynlik ’n spreuk wat sy lewenstaak opgesom het. Hy het sy lewe gewy aan die oorlewing van die Afrikanervolk en die bewaring van die Afrikanerkultuur.

Reeds sedert 1966 het hy saam met ander intellektuele Afrikanerleiers die kontroversiële mening gehuldig dat apartheid nie ’n volhoubare stelsel was nie. Hulle was van mening dat die meerderheid mense in die land ook stemreg moes hê, maar het terselfdertyd geglo dat dit noodsaaklik is dat minderheidsgroepe soos die Afrikaner in Suid-Afrika beskerm moes word.

Prof Boshoff het sy boerderybelangstelling soos baie ander dinge behou ten spyte van akademiese, kerklike, politieke en sosiale druk. Hy het sy mense en hulle behoeftes verstaan en gedien omdat hy ook  boer was.

Carel Boshoff was ’n mens wat alle mense met wie hy in aanraking gekom het, swart of wit, met respek behandel het. Tot aan die einde het hy hom besonder sterk uitgespreek teen rassisme.

Met ’n onlangse besoek aan Orania het president Jacob Zuma opgemerk dat die ganse tyd dat hy vir prof Boshoff geken het, hy oor dekades aan dieselfde visie bly glo het. Ander tydgenote en nakomelinge van prof Boshoff moes dikwels van rigting verander omdat die oplossings wat hulle voorgestaan het nie volhoubaar was nie. Prof Boshoff se voorstel, met die steun van SABRA se navorsing, dat die Noordwes-Kaap die ruimte vir die Afrikaner bied om te vestig en uit te groei tot ’n eie republiek, het die toets van die tyd deurstaan.

Prof Boshoff het die behoeftes van gewone Afrikaners verstaan lank voor hulle self verstaan het wat hulle in die toekoms sou verloor. Hoewel min mense die ideaal waarvoor prof Boshoff gewerk het toentertyd gesnap het, het hy onvermoeid tot aan die einde van sy lewe daarvoor gewerk. Hy het onwrikbaar geglo aan vryheid vir die Afrikaner wat bevestig moes word deur eie grond, eie instellings en eie arbeid.

Hoewel Carel Boshoff se gesig nooit op ’n vyfrandmuntstuk gepryk het nie, laat hy met Orania ’n lewende erfenis na. Die instellings wat die Orania-ideaal bevorder, is stewige strukture en die grondwerk is deeglik gedoen.

Met die afsterwe van prof Carel Willem Hendrik Boshoff word die naelstring geknip, maar Orania is ’n realiteit wat daagliks groei en steeds ‘n antwoord vir Afrikaners in Afrika bied.

 


Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #8 op: March 22, 2011, 10:25:33 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 22 Maart 2011
Nommer 57

‘n Lewe is gevier


Kleinseuns en ander helpers gooi in Orania-tradisie
self die kis toe. Selfs vyfjariges het hand bygesit.

Prof Carel Willem Hendrik Boshoff se lewe is op Saterdag 19 Maart 2011 gevier deur kinders, kleinkinders, broers en susters, vriende, politieke opponente, leiers van kultuurorganisasies en ondersteuners.

Prof Carel het na sy kankersiekte van ‘n paar jaar op 16 Maart gesterf terwyl sy kinders in ‘n kring van liefde by hom gestaan het en letterlik vir hom ‘n loflied, Ek sien ‘n nuwe hemel kom, gesing het.

Aangesien sy oudste dogter, Elizabeth van den Berg en haar man André, reeds op Dinsdag 22 Maart terugvertrek na Nieu-Seeland, is daar besluit om die begrafnis op kort kennisgewing reeds  vir Saterdag te reël.
Oraniërs het die afskeid van prof Boshoff as ‘n staatsbegrafnis beskou en ‘n paar kragtoere moes uitgehaal word om alles betyds in plek te kry.

Een van sy seuns, prof Willem Boshoff, het die gedenkdiens waargeneem. Die teksgedeeltes het gekom uit Habakuk 3:17-19, Mattheus 16:13-16 en Romeine 8:31-39. Van hierdie gedeeltes het prof Willem gesê dat dit alles geloofsbelydenisse is en dat dit net sowel sy pa se lewe kon beskryf. Tot op die heel laaste het sy pa blymoedig en dankbaar gebly en was ook sy laaste dae kenmerkend van ‘n persoon wat vrede en liefde in sy lewe het.

Sestien huldeblyke is gelewer en het verskeie godsdiens- en kultuurorganisasies, politieke teenstanders en familie verteenwoordig. Anna Maria Laäs het  roerend vertel dat sy vir haar pa kon sê hoe lief sy vir hom is en dat sy dankbaar is “dat die blomme vir hom gebring is terwyl hy nog geleef het”. ’n Kleinseun, Daniël Laäs, het gesê dat prof Carel vir hom Oupa Boshoff was, maar dat hy hom geken het as ‘n wyse mens met wie hy oor enige moeilike saak kon gesels en seker kon wees dat sy oupa genoeg tyd vir hom gehad het en goeie raad sou gee. Hy het ook gesê dat dit geen verskil gemaak het of jy vier jaar oud is en of jy ‘n man van ses en twintig jaar is nie, sy oupa het hulle altyd met ‘n hartlike omhelsing gegroet. ‘n Kleindogter van prof Carel, die dertienjarige Annali Boshoff, het spontaan ‘n huldeblyk van haar oupa gelewer en beklemtoon hoe lief sy vir hom is en dat ie mand vir wie ‘n mens so lief is, se gees sal voortleef.

Die verrigtinge het die kenmerk gedra van die nalatenskap van ‘n persoon wat baie lewens met sy lewe en positiewe voorbeeld aangeraak het. Hy is opgesom as ‘n persoon wat ander mense met liefde en respek behandel het, ‘n visionêre mens, maar ook ‘n doener wat sy drome ten uitvoer gebring het. Sy lewe is gekenmerk deur ‘n diep oortuiging van waarheen hy op pad was en hy was deurentyd daarop ingestel om die kortste pad daarheen te vind. Sy geesdrif was aansteeklik en daardeur het baie ander ook begin om te werk aan ‘n ideaal tot voordeel van die Afrikanervolk.

Sy grootste nalatenskap is juis dat hy deeglike voorbereiding gedoen het om die Orania-ideaal op koers te kry, maar ook toegesien het dat daar genoeg van die jonger geslag se fakkels brandend is om die wedloop te voltooi.

Prof Carel se nagedagtenis leef voort in Orania wat sterk op sy eie bene staan, maar veral in die harte van diegene wat hom liefhet. Daarom kon daar op Saterdag 19 Maart afskeid geneem word van ‘n geliefde persoon, maar veral kon sy lewe gevier word.

In die gees van nalatenskap en die voortgang van lewe kon prof Boshoff se jongste kleindogter, Anna Verwoerd Boshoff, dogter van Wynand en Esmé Boshoff, die dag ná die begrafnis deur haar oom, prof Willem Boshoff, gedoop word. Sy is drie weke voor haar oupa se dood gebore.

‘n Fotobeeld sal mettertyd op die webwerf geplaas word. Die familie het versoek dat daar in plaas van kranse eerder donasies in die Anna en Carel Boshoff Onderwysfonds gemaak word. Die fonds het ten doel om die volgende ideale na te streef: moedertaalonderwys, vermoë tot selfrekenskap van die Afrikaner in sy geskiedenis, die hoogste standaarde van roeping en toerusting, toerusting vir die lewe om ‘n lewenswaardige bestaan te maak, die vaslegging van ‘n stewige geloofsgrondslag en kwaliteitonderwys in Orania.

Bankbesonderhede: Laäs Doman Ingelyf Trust
Verwysing: Anna en Carel Boshoff Onderwysfonds
ABSA Bank, takkode 632005, Rekeningnommer 405 348 1605
Faks bewys van inbetaling na: 012 346 0453
Of stuur bydraes na:
Anna en Carel Boshoff Onderwysfonds
Posbus 199
Orania 8752

 

Dozi keer terug na sy wortels op Orania


Die bekende Afrikaanse sanger, Dozi, kom kuier op 24 Maart by die pragtige Orania Oewerhotel en Spa.

Dozi keer terug na sy “wortels” met sy splinternuwe album Terug by die begin wat hy op 24 Maart tydens ’n vertoning in die Orania Gemeenskapsaal gaan bekendstel. Idols-finalis, Jamie Lee, kom kuier saam en ons sien uit na ’n paar uitstaande duette van hierdie kunstenaars.

“Ek was nog nooit op Orania nie en sien baie uit daarna om te kom kuier,” het Dozi tydens ‘n geselsie op Radio Orania gesê.

Dozi (44) vertel dat hy nou baie gelukkig is. “Ek is op my gelukkigste wanneer ek sing. Dit gaan hoegenaamd nie vir my oor hoeveel CD’s ek verkoop, hoe bekend ek word of vir hoeveel mense ek sing nie. Of ek nou vir twee mense sing - soos ek destyds in die pubs gedoen het - of vir 4 000 mense, dit is nie vir my belangrik nie. Solank ek net kan sing. Musiek is my lewe en ek wil nooit iets anders in my lewe doen nie.”

Worsbroodjies en koeldrank gaan by die konsert by Orania CVO-skool se stalletjie te koop wees. Na Dozi se vertoning verskuif die partytjie na die Vaatjie toe, waar ons tot laataand die offisiële heropening van Orania se lekker kuierplek gaan vier.

Daar is nog ’n paar kamers beskikbaar by die Oewerhotel gedurende Dozi se besoek. Ons bied graag een nag gratis verblyf wanneer gaste twee of meer nagte bespreek tussen 22 en 27 Maart. Kaartjie en ontbyt is ingesluit vir slegs R 300 per persoon per nag. Meld net “Dozi” wanneer julle bespreek!

Besprekings: info@oraniahotel.co.za / 053 207 0016

Besoek gerus ons webwerf vir inligting en baie foto’s: http://www.oraniahotel.co.za

 
Kom werk in Orania!


Vakante pos

Bestuurder: Gousblom (Edms) Bpk en Elim Arbeidsentrum

Oor die maatskappy
Gousblom (Edms) Bpk is ‘n maatskappy wat ‘n paar jaar gelede deur die Orania Beweging Helpsaamfonds geskep is. Die maatskappy bestuur eiendom soos die Elim Arbeidsentrum, Kleingeluk Kuierstoep en Nerina-woonstelle. Al hierdie projekte is daarop gefokus om behuising en ekonomiese geleenthede vir minderbevoorregte Afrikaners in Orania te skep. Gousblom beplan om in die toekoms ‘n groter rol in die ontwikkeling van behuisingsoplossings vir arm Afrikaners in Orania te skep.

Oor die pos
Die bestuurder van Gousblom sal daarmee getaak wees om die maatskappy operasioneel te bestuur. Dit sluit in:

    * Die bestuur van die maatskappy se finansies
    * Die daaglikse bestuur van Elim Arbeidsentrum
    * Plasing van Elim-inwoners by werkgewers
    * Beplanning en bestuur van instandhouding van verskeie fasiliteite
    * Hantering van debiteure en krediteure
    * Die hantering van kontrakte, geskille en algemene ooreenkomste

Vereistes van die suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:

    * ‘n Bestuursverwante naskoolse kwalifikasie of 10 jaar+ ervaring in bestuur
    * Ervaring in die bestuur van ‘n klein maatskappy of ander instelling
    * Ervaring in basiese finansiële bestuur
    * Baie goeie rekenaarvaardighede
    * Ervaring in die hantering van sosiale sake, veral op gemeenskapsvlak
    * ‘n Bestuurslisensie en eie vervoer is ‘n voorvereiste
    * Aansoekers moet verkieslik getroud wees en oor meer as 10 jaar werkservaring beskik

Die volgende eienskappe sal ‘n aansoek komplementeer:

    * Kennis van arbeidsverhoudinge
    * Ervaring in die bestuur van ‘n verblyffasiliteit soos ‘n koshuis
    * Uitstekende sosiale vaardighede, veral met persone met maatskaplike probleme

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag, 25 Maart 2011 by die Orania Dorpskantoor ingedien word. Skakel Willie du Plessis by 053 207 0064 vir navrae. Aansoeke moet verkieslik per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-posaansoeke aan willie@orania.co.za. Salarisbesonderhede is op aanvraag beskikbaar en posaanvaarding sal so gou moontlik wees.

 
Volkskool Orania: “Wen ‘n jaggeleentheid”



Waar? In Orania

Prys sluit in:  Een swartwildebees (of rooihartbees), twee dae se verblyf vir jagter en een niejagter, jagtog en slagfooi (of help self slag en maak jou eie biltong en wors!).   Jag in Julie/Augustus 2011.  Indien verkies, kan die bok namens die wenner geskiet word.

Koste: R100.00 per kaartjie

Sluiting: 28 April 2011

Trekking: 29 April 2011

Navrae: Wanda Jonck: 073 392 5861 of Volkskool Orania: 053 207 0161         

Fondse gaan om Volkskool Orania se rekenaartoerusting op te gradeer  -  help om 'n verskil te maak!

 
Orania 20-jaarviering


Program:

Vrydag 1 April

19:00              Kaalvoetkonsert: Orania van kaalvoetkind tot . . . !
                        Orania Gemeenskapsaal.
                        Toegang: Volwassenes Ф25, skoliere Ф10, voorskools gratis.
                        Navrae Lida 082 8818 354

Saterdag 2 April

18:30              Trevor Nasser-musiekkonsert
                        Oewerhotel
                        Toegang:  Ф100 per persoon, kinders onder 16, Ф50
                        Navrae: Rozanne 082 497 0531.

Woensdag 6 April: Fokuspunt van vieringe

Begeleide toere sal deur die dag beskikbaar wees. Bespreek by Orania Beweging: 053 2070062 of 084 4041904 of 082 975 8132

08:00-11:00 Rondomtalie jukskei by jukskeibane
                       Pieter von Rönge 053 2070 020

12:00              Boomplanting deur Orania Jeugbeweging
                        Orania Sportterrein
                        Navrae: Jaco Kleynhans 053 207 0062

16:00 tot laat:  Straatfees begin met vrolike musiek by Gemeenskapswembad

Kaartjies vir die straatfees is beskikbaar by Lorraine Schmidt by Orania Poskantoor, skakel 053 2070073 of by die Orania Beweging by 053 2070 057

Kaartjies teen R15 sluit in toegang en 'n braaipakkie met vleis en slaai.

17:00: Die amptelike program neem ’n aanvang:       
            Opening en verwelkoming
            Geleentheidspreker
            Oorhandiging van oorkondes aan eerste intrekkers van Orania
            Bekendstelling van DVD oor prof Carel Boshoff
            Bekendstelling van nuwe Ora-reeks en veiling
            Bekendstelling van sanger: Gerrie Pretorius
            Braaipakkies word beskikbaar gestel
            Musiek en dans

Donderdag 7 April

Skouveiling en gereedmaak van stalletjies

Navrae: Arnold Hugo 072 072 3300

18:00
vir 18:30        Kroning van Mnr en Mej Skou en dans
                        Gemeenskapsaal
                        Inskryfgeld: Ф15
                        Toegang: Volwassenes Ф10, kinders bo 7 Ф5
                        Etes en ’n snoepie sal beskikbaar wees.
                        Navrae: Wanda Jonck 083 4022 087
                       

19:00              Boekbekendstelling en paneelbespreking
                        Orania Beweging Ouditorium:

        Boekbekendstelling:  Politokrasie: 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop deur Koos Malan

                        Paneelbespreking:  Lede van die paneel: Prof Koos Malan, mnre Carel Boshoff (iv) en Sebastiaan Biehl.

                        Prof Koos Malan is Professor in Publiekreg aan die Universiteit van Pretoria.
                                               
                        Toegang gratis
                        Navrae: Jaco Kleynhans 053 2070062

Vrydag 8 April

08:00              Orania Skou
                        Navrae: Arnold Hugo 072 072 3300

19:00              DJ Ossewa-konsert
                        Wilco
                        Toegang Ф100 per persoon, kinders onder twaalf gratis.                   
                        Navrae: Barend van der Merwe 082 803 3565

Saterdag 9  April

08:00              Orania Skou
                        Navrae: Arnold Hugo 072 072 3300

19:00              Kaalvoetkonsert: Orania van kaalvoetkind tot . . . !
                        Orania Gemeenskapsaal.
                        Toegang: volwassenes Ф25, skoliere Ф10, voorskools gratis.
                        Navrae Lida 082 8818 354

14-17 April

            Volkskool Orania 20 jaar en reünie
            Navrae Volkskool Orania 053 2070 161

Vir algemene navrae skakel die Orania Beweging by 053 2070 062

 

    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #9 op: April 04, 2011, 09:33:34 PM »

Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 4 April 2011
Nommer 58

Orania betree nuwe era met twintigste verjaardagviering


Wanneer Orania eerskomende Woensdag sy twintigste bestaansjaar as Afrikanernedersetting vier, sal daar nie net op die afgelope 20 jaar teruggekyk word nie, maar sal daar veral van die begin van ‘n nuwe era gepraat word.

Die leierskap van Orania het reeds aan die einde van 2010 besluit om Orania uit die fase van ‘n pioniersdorp na ‘n nuwe fase van groter ontwikkeling as modelnedersetting te neem.

Tydens die afgelope 20 jaar is ‘n vervalle ou konstruksiekamp van die Departement  Waterwese in ‘n groeiende nedersetting langs die Oranjerivier gevestig. Volgens Jaco Kleynhans, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, was dit geen maklike taak om in die dorre Bo-Karoo in ‘n baie moeilike tyd vir die Afrikaner ‘n suksesvolle, groeiende nedersetting soos Orania te vestig nie. “Vandag is ons egter ‘n funksionele gemeenskap waar goeie dienste teen bekostigbare pryse gelewer word, agt bouspanne daagliks nuwe huise bou en talle nuwe besighede en industrieë ontwikkel word.”

Orania wil egter die tuiste van Afrikaners vir die toekoms wees. “Ons verwag nie dat alle Afrikaners in Orania moet kom woon nie. Dit is in elk geval nie moontlik nie, maar elke Afrikaner moet Orania as ‘n kultuurtuiste bestempel. Ons beplan ‘n groot nuwe kultuursentrum waarheen ons bestaande museums en argief uitgebrei kan word. Verder wil ons veral meer op onderwys en die ontwikkeling van naskoolse opleiding fokus. Afrikanerkultuur moet in Orania bewaar, maar ook ontwikkel en vir die wêreld ten toon gestel word.”

Die bevolking van Orania het gedurende 2010 met meer as 20% gestyg en daar is tans ‘n groot tekort aan verblyf met huispryse wat gelykstaande of selfs hoër as dié in Suid-Afrika se stede is. “Orania het tans 900 inwoners en ‘n grondgebied van 7000 hektaar. Ons het egter ook meer as 10 000 ingeskrewe ondersteuners en daar is daagliks mense wat graag hierheen wil trek, maar nie verblyf kan vind nie. Orania gaan dus ‘n nuwe fase van ontwikkeling tegemoet en verskeie ontwikkelaars het reeds begin om op groter skaal huise te begin bou.”

Orania vier sy verjaardag op 6 April met ‘n groot straatete.

Viering van Orania se 20ste verjaardag
Datum: Woensdag 6 April
Tyd: 17:00 tot 22:00
Wat: ‘n Groot straatete word beplan waartydens al Orania se inwoners en gaste saam aan een lang tafel sal sit. Gerrie Pretorius sal as gaskunstenaar optree. Oorkondes sal oorhandig word aan al Orania se inwoners wat reeds sedert 1991 hier woon. ‘n Nuwe reeks van die “Ora”, Orania se eie ruilmiddel (geldeenheid) sal ook bekendgestel word. Sowat 800 gaste gaan die geleentheid bywoon.

 

Nuwe Ora-gedenkstelle nou beskikbaar


‘n Nuwe reeks Ora’s word eerskomende Woensdag bekendgestel. Persone wat genommerde gedenkstelle wil bekom dan die Orania Beweging by 053 207 0062 skakel. ‘n E-pos kan gestuur word aan ontvangs@orania.co.za.

 
Nuut op die Orania Blog:


Waarom eie arbeid ononderhandelbaar is
Deur Sebastiaan Biehl

Orania word maar om verskeie redes, dikwels ongegrond,  met skeptisisme en selfs agterdog bejeën. Dit is veral omdat Orania, veral vir stedelinge, so anders is. Jy mag anders en eksoties wees solank jy van ‘n ander ras is, maar as jy lyk soos die een wat jou met nuuskieirgheid bekyk dan gee dit aanstoot. As jy dieselfde lyk maar anders leef, dan is jy nie meer eksoties nie, maar ‘n “freak”.

Seker die vreemdste verskynsel in Orania vir buitenstaanders is die volkseie arbeid. Menige mense sou graag hier bly as dit net gegaan het oor Afrikaans, die rustige, medemenslike plattelandse leefwyse, die natuurskoon, die veiligheid, die lae pryse. Maar die volkseie arbeid is dikwels ‘n te hoë hekkie om te oorkom. Vir sekere mense word dit as die toppunt van rassisme beskou, asof ons swartmense so haat dat ons nie net sosiaal nie met hulle wil verkeer nie, soos waarskynlik meeste blanke Suid-Afrikaners, maar nie eens wil hê dat hulle werk en geld verdien nie.


 



 
Volkskool Orania hou reunie


Volkskool Orania se reunie is om die draai. Vertonings wat tydens die reunie plaasvind, is die volgende:

14 April Donderdag
   

19:30 vir 20:00
   

    * Tartuffe – Franse Komedie met
      Christiaan vd Merwe
    * Gemeenskapsaal
      R25/25 Ora
    * Verversings te koop:
      Gasvryheidsleerlinge

15 April
Vrydag
   

19:00 vir 19:30
   

    *
      Eenmanvertoning deur
      Christiaan vd Merwe
      (Christiaan vd Merwe is ook die Beskermheer van Volkskool se Kuiergat. Sy passie vir Orania se Kunste is onmeetbaar groot! Hy is ‘n Oraniër in murg en been en al is hy op die oomblik ‘n uitwoner, besit hy eiendom in Orania.)
    *
      Volkskool Skoolsaal:
      R25/25 Ora
    *
      Snoepie
    *
      Roerbraai ete in die vierkant tot laat:  Vleis, groente, souse, stysel word afsonderlik geprys vir verkope, vanaf 20 Ora.

16 April
Saterdag
   

12:00
   

    * Eenmanvertoning deur
      Christiaan vd Merwe
    *
      Volkskool Skoolsaal: R25/25 Ora
    *
      Ligte verversings te koop: Gasvryheids- leerlinge

16 April
Saterdag
   

19:00 vir 19:30
   

    *
      Die inwyding van die verhoog in die vierkant: eHoutoog-redaksielede
    *
      Bekendstelling van: ekhouvanjou,Okay!
      Pukke Studente”bende”.
    *
      Verkope van hul: 1ste CD-vrystelling by ons Reünie. Kyknet, MK-kanaal vertoon van hul musiek-DVD’s.
    *
      Trekking van kaartjie – wen ‘n ligte middagete saam met die “band”. Geborg deur
      Karoo Keur Koffieteria.
    *
      (Veels geluk liewe Volkskool en Verjaarsdagkoek eet!!!)

    *
      Volkskool Vierkant
      R20/20 Ora
    *
      Snoepie
    *
      Verversings: Braaipakkies te koop – vure, roosterkoek beskikbaar, vanaf 20 Ora.
    *
      Bring eie stoel(e) / komberse en eetgerei.
    *
      Bier / wyn toelaatbaar op die terrein, GEEN hardehout!

Skakel Volkskool Orania by 053 207 0161 vir besprekings.

 

     

 

 

    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.
« Laaste verandering : April 04, 2011, 09:37:19 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #10 op: April 12, 2011, 08:18:43 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 12 April 2011
Nommer 59

'n Verjaardagpartytjie soos min!


Verlede Woensdag het Orania sy twintigste verjaardag met 'n groot straatfees gevier. Meer as 700 gaste het dié spesiale geleentheid bygewoon. 'n Nuwe reeks Ora's is bekendgestel, oorkondes is oorhandig aan gesinne wat ononderbroke sedert 1991 in Orania woon en daar is lekker saam gebraai en gekuier. Die bekende Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius, het tydens die partytjie opgetree. Daar word reeds planne beraam om meer gereeld geleenthede van hierdie aard, waar die hele gemeenskap van Orania saam kan kuier, te reël.

 

20 bome vir 20 jaar van groei!


Die Orania Jeugbeweging het op Woensdag, 6 April, as deel van Orania se verjaardagvieringe 20 bome geplant om twintig jaar van groei te simboliseer.

Die twintig bome is langs die dorp se sportgronde geplant en beloof om oor 'n paar jaar van nou af vir heerlike skaduwee tydens sportbyeenkomste te sorg. Elkeen van die bome is deur 'n ander jong inwoner van Orania (iemand tussen 16 en 35) geplant. Party van die boomplanters is in Orania gebore.

 

Wat 'n Orania Skou!


Die jaarlikse Orania Skou het ook die afgelope naweek plaasgevind en is soos gewoonlike deur honderde inwoners, uitwoners en omwoners bygewoon. Daar het 'n heerlike feestelike atmosfeer geheers en die skou beloof om voortaan net verder te groei.


 
Orania hou eie verkiesing

Op 18 Mei sal Orania weer sy eie verkiesing hou en ondersteuners van Orania sal ook kan stem. Uitwoners sal op 18 Mei vanaf 7:00 tot 21:00 op die webblad kan stem. Die Orania Verteenwoordigende Raad bestaan uit sewe persone, waarvan een persoon deur uitwoners verkies word. Nominasies moet voor of op Vrydag, 22 April aan jaco@orania.co.za gestuur word. Stuur jou naam en van, asook die naam en van van die persoon wat jy nomineer saam met 'n kort motivering van nie meer as 50 woorde. Om op 18 Mei op die webblad te kan stem sal jy jou Orania Beweging-lidmaatskapnommer nodig hê.


 
Volkskool Borg-'n-hempie-projek


Volkskool Orania wil graag vir elke leerder in die skool so 'n hempie aankoop wat leerders dan kan dra wanneer die skool as 'n groep geleenthede bywoon of uitstappies onderneem. Hierdie hempies bly die skool se eiendom en is ook beskikbaar vir nuwe leerders wat by die skool mag aansluit.

Die skool het dit reggekry om hierdie skoolhempies teen 'n gesubsidieerde prys van R50 elk beskikbaar te stel. Volkskool het ongeveer 100 leerlinge - teen slegs R50 het die skool dus honderd ondersteuners nodig om die projek te laat slaag.

Kontak Retha Everson by 0532070161, navrae@oraniaakademie.co.za of betaal regstreeks in by Volkskool Orania, ABSA, 2630141845, tak 334103, verw.
Reünie 2011



 
Vakante pos

Orania Dorpsraad

Hoof: Gemeenskapsdienste


Oor die werkgewer

Die Orania Dorpsraad is verantwoordelik vir munisipale dienste in Orania.
Die aard van die Orania-gemeenskap vereis egter ook dat die Dorpsraad verantwoordelikheid neem vir goeie verhoudinge binne die gemeenskap. Dit sluit in pro-aktiewe aksies om gemeenskapkohesie te bevorder sowel as reaktiewe aksies soos dissiplinêre optrede, wetstoepassing en formele geskilbeslegtigingsprosesse.

Oor die pos

Die hoof van gemeenskapsdienste is verantwoordelik vir die volgende:

*     Verkeer, veiligheid en brandweer
*     Gesondheid
*     Maatskaplike dienste
*     Biblioteek- en museumdienste
*     Parke en ontspanning
*     Skoonmaakdienste
*     Arbitrasie en mediasie
*     Dorpsestetika
*     Wetstoepassing

Vereistes van suksesvolle aansoeker

Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:

    * 'n Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en 'n absolute inkoop in die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotste Afrikanerskap soos in Orania beoefen
    * 'n Bestuursverwante naskoolse kwalifikasie of 10 jaar+ ervaring in enige gemeenskapsverwante dienste
    * Ervaring in die hantering van interpersoonlike konflik
    * Ervaring in die ontwikkeling en bestuur van goeie gemeenskapstelsels
    * Baie goeie rekenaarvaardighede
    *  Ervaring in die hantering van sosiale sake, veral op gemeenskapsvlak
    * 'n Bestuurslisensie en eie vervoer is 'n voorvereiste

Die volgende eienskappe sal 'n aansoek komplementeer:

    * Ervaring in geskilbeslegtiging, berading en verhoudingsbestuur
    * Ervaring in die organisering van groot byeenkomste en skakelgeleenthede
    * Uitstekende sosiale vaardighede
    * 'n Bogemiddelde vermoë om oor klassegrense heen met mense saam te werk.

Aansoekproses

Aansoeke moet voor of op Donderdag 21 April om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word. Skakel Frans de Klerk by 053 207 0064 vir navrae. Aansoeke moet verkieslik per e-pos of harde kopie ingedien word.

Stuur e-posaansoeke aan frans@orania.co.za. Salaris is op aanvraag beskikbaar en posaanvaarding sal so gou moontlik wees.




 

    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #11 op: April 21, 2011, 11:11:35 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 20 April 2011
Nommer 60

Orania hou sy eie verkiesing


Wanneer die res van Suid-Afrika op 18 Mei raadslede vir munisipale rade verkies, sal inwoners,  aandeelhouers en uitwoners van Orania ons eie raad verkies.

In 2000 was daar 'n uitspraak deur die Hooggeregshof waarvolgens Orania sy status as 'n Oorgangsraad kon behou terwyl ʼn nuwe status met die regering onderhandel word. Orania hanteer sy eie dienste, betaal nie heffings en ontvang nie dienste van enige van Suid-Afrika se amptelike munisipaliteite nie.

Orania verkies op 18 Mei 2011 sy derde Orania Verteenwoordigende Raad (OVR). Die OVR is nie die Orania Dorpsraad nie, maar is ʼn instelling wat verantwoordelik is vir die onderhandeling van Orania se toekomstige munisipale status. Inwoners en aandeelhouers van Orania wat as kiesers in hierdie spesiale verkiesing geregistreer is, kan kandidate nomineer en in die verkiesing stem. Sewe lede van die OVR word deur inwoners en aandeelhouers verkies. Indien jy ʼn aandeelhouer is wat buite Orania woon kan jy steeds aan die verkiesing deelneem. Jy sal egter op 18 Mei in Orania moet kom stem of ʼn vroeë stem tussen 9 Mei en 17 Mei by die Orania Dorpskantoor moet uitbring.

Uitwoners deel van Orania se eie verkiesing

Een van Orania se sterkste punte is sy groot groep ondersteuners van reg oor die wêreld, beter bekend as uitwoners. Uitwoners sal aan die verkiesing op 18 Mei kan deelneem deur saam een lid van die OVR te verkies. Die verkiesing deur uitwoners sal op die internet plaasvind. Lede van die Orania Beweging en ander ondersteuners sou teen hierdie tyd reeds ʼn e-pos ontvang het om hul registrasie vir die verkiesing te bevestig. Indien jy nie so ʼn e-pos ontvang het nie, moet jy ʼn versoek na oraniabeweging@orania.co.za stuur. Jy sal dan ook vir die verkiesing geregistreer word. Uitwoners sal op 18 Mei tussen 7:00 en 21:00 op die webblad, waarvan ʼn skakel vir jou gestuur word sodra jy geregistreer is, kan stem.

Nomineer ʼn uitwoner vir die OVR

Uitwoners kan tot Maandag, 2 Mei om 15:30 ander uitwoners as kandidate nomineer. Stuur ʼn e-pos met jou naam, die naam en van van die persoon wat jy nomineer, sowel as ʼn kort motivering na oraniabeweging@orania.co.za.

 

Orania Jeugbeweging stig ʼn  tak op Tukkies


Terwyl Orania-inwoners Orania se verjaardag gevier het, het jong Orania-ondersteuners steun onder Tukkie-studente gewerf. Hulle het koshuise toegespreek en heelwat steun gekry - soveel dat daar in een aand genoeg lede gewerf is om as vereniging by Tuks te registreer (minimum 60 studente).

Die studente was positief. "Ek was al 'n hele paar keer in Orania en dit het my beïndruk. Julle moet sê as ons enige iets kan doen om julle te help," het 'n huiskomiteelid van 'n manskoshuis gesê nadat hy by al die eerstejaars aanbeveel het om aan te sluit.

Die Jeugbeweging wil die Orania-idee onder Tuks-studente bevorder, maar beplan ook om 'n groep studente op 'n informele manier vir die verwesenliking hiervan te motiveer.

Die bestuur bestaan uit Pieter de Villiers, 'n vierdejaar elektroniese-ingenieurswesestudent (voorsitter), Leonaye Massyn (vierdejaar
B.Sc. Mediese Wetenskappe en lid van UP se Studenteraad) en Nikke Strydom (tweedejaar  B.Pol.Sci).
Hulle beplan om minstens een keer per jaar 'n groep studente Orania toe te neem en tweemaandeliks temagesprekke met
kundiges oor Orania te reël.

 

’n Heerlike reünie!


Leerlinge van Volkskool Orania het van Donderdag tot Sondag ’n reüniefees gehou om twintig geseënde jare te vier.

Die dorp is op horings geneem met Volkskoolleerlinge, oudleerlinge en toekomstige leerlinge wat met hulle heldergroen reünie-hempies die strate ingevaar het.

Donderdagaand het Volkskool in samewerking met die Orania Amateurtoneelgroep die Franse klug, Tartuffe aangebied. Die stuk word veral gekenmerk aan die fyn woordspel wat die gehoor kort kort laat skaterlag het.

Die amptelike seremonie op Vrydagoggend het o.a. gepaard gegaan met die knip van die lint by die reuseskaakbord in Volkskool se binnehof. Die skaakstukke is uit herwinde materiaal gemaak en ’n muurplaat is onthul waarmee mev Marianne Jooste erkenning kry vir haar bydrae tot skaakafrigting in Orania.

Ander items op die program was ’n eenmanvertoning deur Christiaan van der Merwe en ’n boomplanting wat deur oudleerlinge van Volkskool waargeneem is.

Die PUK rockgroep, ekhouvanjouOKAY!,  was Saterdagaand die eerste groep om die nuwe buitelugverhoog in Volkskool se binnehof in gebruik te neem. Daarna is gesellig gekuier tot lekker laat.

Die stampvol naweek is afgesluit met ’n erediens op Sondagoggend in Volkskool se binnehof, gelei deur prof Willem Boshoff. Prof Willem het gesê dat dit die laaste afspraak was wat hy namens sy vader, prof Carel Boshoff moes nakom. Prof Carel Boshoff, stigter van Orania en direksielid van Volkskool, het op 16 Maart gesterf.

 

Landbou: ’n wesenlike deel van Orania se ekonomie


Orania is in ’n laagbevolkte gebied geleë. Dit is dus ’n uitdaging om winsgewende ondernemings hier aan die gang te kry.

Die twee grootste inkomstebronne vir Orania is landbou en toerisme.  Die inkomste uit landbou is hoofsaaklik uit pekanneute en lusern, maar mielies, amandels en olywe dra ook by.

Die pekanneutoes vir die seisoen hang tans nog aan die bome. Pekanneute word in die winter geoes. Die skatting is dat daar in hierdie seisoen ongeveer 120 ton pekanneute geoes sal word

Daar is egter reeds syfers beskikbaar vir lusern. In die Oraniagebied is daar altesaam 95 ha onder lusern, wat soos die ander gewasse besproei word.  Die verwagte opbrengs vir die 2010/2011-seisoen is 1 900 ton, waarvan 70% eerstegraadlusern is en 30% tweede graad.

Sowel die opbrengs as die kwaliteit van die lusern het in hierdie seisoen ’n afname getoon as gevolg van die milde reën wat in Orania geval het. Die vorige seisoen het ’n opbrengs van 2 100 ton gelewer, waarvan 90% eerstegraad was. Die lusern word veral aan die Oos-Kaap, Suid-Kaap en die binneland van Suid-Afrika versprei.

Daar is ’n verwagte mielieproduksie van 13,5 ton per ha op die 27 ha wat tans op Orania met mielies beplant is.

Die olyfboord van prof Jozef Henning sal na verwagting  vanjaar ‘n minimum van 5 ton op ongeveer 7 ha lewer. ’n Groot gedeelte van die oes is reeds gepluk en moet vanjaar nog na Hartswater geneem word vir die inmaakproses. Volgens prof Henning word daar beplan om die inmaakproses van volgende jaar af op Orania te vestig.

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #12 op: May 04, 2011, 01:43:02 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 4 Mei 2011
Nommer 61

Dit is tyd om self moue op te rol

Jaco Kleynhans

Orania is net die somtotaal van die intellektuele, arbeids- en kapitale vermoë van sy inwoners en ondersteuners. Indien iets nie in Orania gebeur nie kan ek en jy net vinger wys na ons eie onvermoë of dan wel die tekort aan kapasiteit. Om dit te verstaan vereis egter van elkeen van ons om ‘n denksprong te maak. In Orania is daar nie ‘n regering, groot maatskappye, politieke partye of ander eksterne magte met towerstaffies om te blameer nie.

Ek hoor onlangs dat die provinsiale regering ‘n eksterne toekenning van R20 miljoen aan een van ons buurdorpe gemaak het. Dit is ekstra tot die bestaande toelaes wat hierdie dorp reeds jaarliks van die regering ontvang. Die betrokke dorp se infrastruktuur is sonder twyfel in ‘n swakker toestand as dié van Orania en mens kan net wonder hoe hierdie geld aangewend gaan word. Die Orania Dorpsraad se begroting vir die huidige boekjaar is sowat R8 miljoen. Daarmee moet munisipale dienste en ook talle dienste wat in ander dorpe deur distriksmunisipaliteite, provinsiale regerings en die nasionale regering gelewer word, befonds word. In Orania wil ons dus meer dinge met minder geld goen. Ek kan net dink wat ons met daardie R20 miljoen sou kon doen?

Orania se sukses hang van ‘n paar eenvoudige dinge af. Dit begin by groter betrokkenheid. Groter verwys na meer mense, wat meer tyd, geld en intellektuele kapitaal beskikbaar stel. Daarna moet verseker word dat al hierdie verhoogde bydraes effektief aangewend word. Orania is eintlik reeds ‘n toonbeeld van effektiwiteit en daar is min plekke waar jou bydrae so effektief aangewend sal word.

Dit laat die vraag ontstaan oor waarom ons dan nog nie baie meer mense sien wat met meer tyd, geld en arbeid by Orania betrokke raak nie. Eerstens is ons as Orania se kern instellings natuurlik skuldig dat ons nie genoeg gedoen het en steeds nie genoeg doen om meer Afrikaners by Orania te betrek nie. Dit is egter iets waaraan daadwerklik aandag gegee word en die geweldige toename in belangstelling in Orania (webbladbesoeke, intekening op nuusbrief, fisiese besoeke aan Orania, ens) is ‘n toonbeeld hiervan. Die afgelope week het Orania die meeste besoekers nog ooit in een week ontvang – winkels was leeg, restaurante oorvol en daar was geen verblyf teen Vrydagaand beskikbaar nie. By die Orania Beweging moes ons gesinne wegwys omdat ons geen beskikbare vakansieverblyf op ons verblyflys kon kry nie. Soos ons dus by meer van ons mense uitkom is daar ‘n styging in belangstelling.

Die vraag kan egter tereg gevra word oor of elkeen van ons, inwoners en uitwoners van Orania, nie meer kan doen nie. Is ons bydrae genoeg geweeg aan die dringendheid van ons saak? Waarom nie eiendom in Orania koop, in vakansieverblyf hier kom belê, ‘n bydrae tot die Helpsaamfonds maak, vriende en familielede aanmoedig om by die Orania Beweging aan te sluit, ‘n besigheid hier te kom begin, ‘n groter bydrae tot die Groeifonds te maak of eenvoudig die daad by die woord te voeg en Orania toe te trek nie?

Dit is vir my ongelooflik om steeds te hoor dat mense Orania toe wil trek met die voorwaarde om dieselfde salaris hier te verdien. Vir party mense is die voorwaarde om te skuif iets so belaglik soos die teenwoordigheid van ‘n Woolworths Foods! Ander persone sê weer hulle sal slegs in Orania belê indien hulle dieselfde opbrengs op hul belegging kan kry as wanneer hulle geld in ‘n multimiljoenrand fonds belê. My vraag is dan: Waaraan weeg ons die opbrengs op ons belegging? Gaan dit net oor rykdom oor die korttermyn of oor ‘n welvarende toekoms vir ons en ons nageslagte? Israel is gebou uit Jode wat bereid was om riskante beleggings in ‘n droom wat op ‘n seker toekoms vir Jode gemik was, te maak. Is jy bereid om dieselfde vir jou volk te doen?

Hieronder is ‘n lys van tien dinge wat elke ondersteuner van Orania kan doen om te verseker dat ons nedersetting nie net ‘n nedersetting bly nie, maar dat Orania ‘n seker toekoms vir ons mense kan begin bied. Druk dit uit en merk dit deur die jaar af soos wat jy vordering maak.


 

Burgerraadvergadering


Die Orania Beweging se Burgerraad vergader op Saterdag, 14 Mei in Orania. Die Burgerraad se verantwoordelikheid is om te verseker dat die Orania Beweging se beleid uitgevoer word. Die Burgerraad word deur die jaarlikse Burgervergadering verkies.

 
Boekbekendstelling en bespreking op 14 Mei



As deel van die Burgerraadnaweek wat binnekort plaasvind sal Prof Koos Malan, ‘n burgeraadlid van die Orania Beweging, sy nuwe boek in Orania kom bekendstel. Die boek, Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop, word reeds hoog aangeskryf deur talle regskenners.

Tydens die boekbekendstelling sal ‘n bespreking oor die boek plaasvind. Carel Boshoff iv, president van die Orania Beweging, Prof Koos Malan, skrywer van die boek en Sebastiaan Biehl, ‘n plaaslike skrywer en filosoof sal deel van die paneel uitmaak.

Regter Eberhard Bertelsmann van die Hooggeregshof in Pretoria skryf die volgende oor Prof Malan se boek: ‘n Meesterlike opsomming van die geskiedenis van die Westerse staatsfilosofie, staatkunde en staatsreg lei ‘n diepgaande en ongemaklike ontleding van die moderne territoriale staat in. Is ‘demokrasie’ in ‘n heterogene gemeenskap met ‘n getalsterke meerderheid nie noodwendig gelykstaande aan die verdrukking van minderhede nie? Kan menseregte en die howe minderhede se eiesoortigheid doeltreffend beskerm? Prof Malan bied sy gedeeltelike oplossing van ‘tuistelike gemeenskappe’ – vrywillige groeperinge van eendersgesindes wat op verskillende grondslae gevorm kan word – geensins voorskriftelik aan nie, maar as ‘n prikkelende stuiwer in die armbeurs wat op sowel akademiese vlak asook in die politieke praktyk tot ernstige besinning en debat aanleiding sal gee.

Boekbekendstelling: Politokrasie
Datum: Saterdag, 14 Mei 2011
Tyd: 18:00
Plek: Orania Beweging Ouditorium

 
Program oor Orania op kykNET


Orania het uitstekende mediadekking met die 20ste verjaardagvieringe geniet. Die program Fiësta op kykNET het ook die feesvieringe kom afneem. Die program word op 16 Mei om 19:30 uitgesaai.

 
Orania kry ondersteuners van regoor die wêreld



Oraniërs se strewe na selfbeskikking kry daagliks nuwe ondersteuners van regoor die wêreld by. Dit is natuurlik hoofsaaklik Afrikaners wat by die Orania Beweging aansluit en so hul steun aan Orania bewys. Daar is egter ook ‘n toename in persone van ander volkere wat die Afrikaner se strewe na selfbeskikking ondersteun. Een so ‘n entoesiastiese ondersteuner is ‘n Chinese inwoner van Singapoer, Dr Yang Pan. Sy het onlangs by die Orania Beweging aangesluit en het ook sommer ‘n Orania Dorpsvlag aangekoop.

 
CVO-groei verlang die aankoop van ‘n nuwe skoolbus


Orania CVO-skool is besig om ‘n top streekskool in die Bo-Karoo te word met ‘n groot toename in leerlinge van die omliggende dorpe wat daagliks hier skoolgaan. Die skool se busse wat kinders in omliggende dorpe gaan oplaai bars uit hul nate. Vir hierdie rede het die skool onlangs besluit om ‘n 60-sitplek bus aan te koop. Die bus sal gebruik word om kinders uit die omliggende dorpe na en van die skool te vervoer, sowel as vir sport, kultuur en ander doeleindes.

 
Volskoolleerlinge borg WAT-woord


Volkskool Orania se leerlinge het die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se uitnodiging aanvaar om 'n woord in die woordeboek te borg. Die leerlinge het 'n lys opgestel van woorde wat hulle voorstel en daarna gestem om 'n kortlys op te stel. Woorde soos diversiteit, volkstaat, uitnemendheid, uitwoners, Orania en selfdissipline is voorgestel. Die woord "selfwerksaamheid" het die meeste stemme gekry, maar was reeds toegeken. Die woord  "selfgedrewe" is uiteindelik die woord wat deur WAT aan Volkskool toegeken is en die skool het 'n sertifikaat gekry as bewys van hulle borgskap. Die leerlinge het self die R100 vir die borgskap ingesamel.

 
Orania Verteenwoordigende raad-verkiesing


Oraniërs verkies op 18 Mei ‘n nuwe Orania Verteenwoordigende Raad. Uitwoners word daaraan herinner om op 18 Mei tussen 7:00 en 21:00 die webblad www.ballotbin.com te besoek  om te stem. Jy het jou e-posadres en geheime kode wat aan jou versend is nodig om te kan stem. ‘n Lys van kandidate sal vooraf per e-pos versprei word.

 

Nuut op die Orania Blog



“Vryheidsdag”: Hoe vry is ons werklik?
Deur Sebastiaan Biehl 

Elke jaar op 27 April (ek sou 1 April verkies) vier Suid-Afrika sy sogenaamde Vryheidsdag. In die eerste plek is dit ‘n dag om die eerste algemene verkiesing te vier, en die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika, waar swart en wit dieselfde regte het, of so word ons vertel. Sonder twyfel het swartmense talle burgerlike regte bygekry wat hulle voor die tyd nie gehad het nie.

Afrikaanse hoofstroom-kommentators in veral die Naspers-koerante verwys egter gereeld daarna dat Afrikaners self ook talle vryhede bygekry het en dus nes swartmense hierdie dag kan vier. Kom ons kyk hoe vry is ons werklik.

Ja, toegegee, Suid-Afrika beskik oor alle liberale en burgerlike vryhede, redelik onbeperk (in teorie). Daar is goeie vryhede, soos die vryheid van spraak, vryheid van beweging, vryheid van assosiasie, godsdiensvryheid, die vryheid om jou taal en kultuur te mag uitleef,  die vryheid om eiendom te mag besit, die vryheid van inligting en andere meer. Daar is ook vryhede wat nie eksplisiet regte is nie, maar wat saam met die globaliseringsgolf gekom het nadat Suid-Afrika sy poorte vir die wêreld oopgegooi het, soos die bykans onbeperkte keuse van produkte, om makliker te reis en om enige internasionaal bekende kunstenaar in Suid-Afrika te hê.



 
Spesiale aanbod vir Orania Beweging-lede


Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa bied aan alle Orania Beweging-lede ’n gratis nag verblyf wanneer 2 of meer nagte bespreek word. Skakel 053 207 0016 vir besprekings en besoek gerus ons webwerf: www.oraniahotel.co.za

 



    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.
« Laaste verandering : May 04, 2011, 01:45:42 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #13 op: May 17, 2011, 08:37:15 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 16 Mei 2011
Nommer 62

Die reg op ons eie verkiesing!

Volgens die hofuitspraak in 2000 het Orania sy status as Oorgangsraad behou.

Van 2000  af is dit vanjaar die derde keer dat Oraniërs in ’n eie, wettige verkiesing vir kandidate van die Orania Verteenwoordigende Raad stem.

Die kompetisie is sterk met agtien swaargewigkandidate wat in die 2011- verkiesing vir die Orania Verteenwoordigende Raad staan.  Daar is ook twee kandidate wat vir verteenwoordiging van die uitwoners staan.

Sewe inwonende kandidate word verkies en een uitwoner.

Uitwoners kan op Woensdag, 18 Mei van 07:00 tot 19:00 vir een Uitwoner-kandidaat by http://www.ballotbin.com stem.

Klik hier om te sien wie die kandidate is.

 

Resensie

Boek: Politokrasie ‘n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes daarop deur prof. Koos Malan
Uitgewer: Pretoria University Law Press, 2011


V.l.n.r.: Sebastiaan Biehl, prof. Koos Malan en Carel Boshoff (iv).

Prof Koos Malan, gerespekteerde regskundige, se boek Politokrasie: ‘n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes daarop, is op Saterdagaand, 15 Mei op Orania bekendgestel.

Dié boek wat die Westerse politieke tradisie in oënskou neem, kritiseer en ‘n nuwe denkrigting voorstel word deurgaans hoog aangeskryf. Regter Eberhard Bertelsman  skryf: ‘n Meesterlike ontleding van die Westerse staatsfilosofie, staatkunde en staatsreg lei tot ‘n diepgaande en ongemaklike ontleding van die die territoriale staat. Is ‘demokrasie’ in ‘n heterogene gemeenskap met ‘n moderne getalsterkte meerderheid nie noodwendig gelykstaande aan die verdrukking van minderhede nie?

Sebastiaan Biehl, ‘n politieke analis wat op Orania woon, het Saterdagaand tydens ‘n paneelbespreking van prof Malan se boek gesê dat dit ‘n groot eer is dat ‘n nuwe boek van hierdie gehalte en hoogkultuur in Afrikaans verskyn.

Carel Boshoff (iv), President van die Orania Beweging, het tydens die paneelbespreking gesê: “Ek het die toekoms gesien! Hierdie boek, in sy aanloop en sy afloop gee antwoorde vir die toepaslike teorie vir die uitlewing van Afrikaner-vryheid in ons tyd.”

Boshoff het ook aangevoer dat die nasiestaat, of territoriale staat, besondere geleenthede aan die Afrikanervolke gebied het, maar dat Politokrasie aantoon dat die territoriale staat hom uiteindelik op die Afrikaner gewreek het. Ons het beheer oor ons eie lot verloor omdat daar misleiding opgesluit is in die konteks van die nasiestaat.  Vir hom is die sleutelkode wat in Politokrasie gebruik word,  burgerskap en die oplossings wat deur prof Malan aan die hand gedoen word, is paslik vir ons probleme in Suid-Afrika.

Boshoff het prof Malan geloof omdat hy Politokrasie  in Afrikaans geskryf het. “Die outeur het hom nie aan die mark gesteur toe die boek geskryf is nie, maar in sy moedertaal geskryf. Die mark steur hom egter aan die outeur, want die boek word reeds in Engels vertaal.”

Prof Malan het met geesdrif oor sy boek gesels. Hy het die boek opgedra aan sy vader, Manie Malan en ZB du Toit, ‘n goeie vriend. Van hulle het hy gesê dat hulle hom beïnvloed het en dat hy dankbaar is vir die invloed wat hulle op hom gehad het. Ander groot name vir wie se invloed op sy lewe hy dankbaar is, is: Aristoteles, Edmund Burke en prof Danie Goosen.

Prof Malan het die territoriale staat in die woorde van Edmond Burke beskryf as ‘n “mortal god”. Die term gebruik hy omdat daar oor die algemeen aangeneem word dat die territoriale staat sorgsaam is, burgerreg en stemreg waarborg, die reg op huise en water gee en gesondheid- en maatskaplike sorg belowe. Hoe sou jy ‘n staat wat jou so goed versorg kan teëgaan? Die staat vereis egter ‘n totale afdwingbare lojaliteit. Indien jy nie optree soos wat die staat voorskryf nie, word jy gestraf. Lojaliteit word altyd eerste aan die staat betoon, omdat die staat die mag het om dit af te dwing. Lojaliteit word egter nie altyd in die eerste plek deur die staat aan die nasie betoon nie.  In die beeld van sorgsaamheid wat van die territoriale  gegenereer word, word afhanklikheid van die staat geskep en word niebemagtigde, niedeelnemende burgers geskep wat in werklikheid ontmagtigde onderdane is.

Prof Malan gebruik die term legitimiteitsfiksie om die toestand te beskryf waarin Afrikaners verkeer. Die vryheid en reg wat hulle veronderstel is om te geniet is alles net fiksie, dit bestaan in werklikheid nie. Daarom toon die territoriale staat wêreldwyd tekens van siekte en veroudering en is die tyd nou ryp vir hierdie nuwe denkrigting, politokrasie, wat prof Malan voorstel: ‘n Sisteem waarin die burgers weer outonomie op plaaslike vlak uitdruk in ‘n tuistelike gemeenskap waar steun en deelname aan die politieke proses impak het.

Die treffende voorblad van die boek is ‘n afdruk van ‘n gedeelte van die skildery, Die Nagwag, deur van Rembrandt van Rijn.

Prof Malan vertel hoe die skildery in die Rijksmuseum in Nederland hom diep geraak het. Die fokus in die skildery is nie op een enkele persoon nie, maar op die interaksie tussen verskeie persone met die oog op die ruiling van die wag om die stad te beskerm. Dit maak van die skildery ‘n baie republikeinse skildery in die hartsaard van Afrikaners.

Politokrasie is by die Orania Beweging beskikbaar teen R250 plus posgeld. Stuur ‘n e-pos aan ontvangs@orania.co.za of skakel 053 2070062.

Moenie hierdie rigtinggewende boek in uiters leesbare Afrikaans misloop nie!

 
Doiliekompetisie

Onthou ons melkbeker-doiliekompetisie geborg deur uitwoner dr Elsabé du Plessis!


Klik hier vir meer inligting oor die Doiliekompetisie.

 
Uitwoners tree aan!


Uitwoners brand om by Orania betrokke te raak. Sommige laat weet dat hulle die doiliekompetisie op eie koste adverteer. Sommige deel pragtige foto’s met ons, ander kollekteer tweedehandse klere vir die kleretrommel, sommige ry ver afstande om vergaderings op Orania by te woon, sommige stuur relevante inligtingsbrokkies.

Hier is nog ‘n paar maniere om Orania te ondersteun:

    Koop die Orania Beweging en Helpsaamfonds se DVDs en leen dit aan vriende en kennisse.
    Bring vriende na Orania en reël vir ‘n gratis begeleide toer by die Orania Beweging.
    Werf lede tussen die ouderdom van 18 en 35 om by die Orania Jeugbeweging aan te sluit.
    Stig ‘n Oraniabelangegroep daar waar jy woon.
    Pak ‘n projek vir Orania aan.
    Dra ‘n lapelwapen of nekhangertjie van die Klein Reus en maak dit ‘n gesprekspunt
    Dra ‘n OraniaT-hemp of pet.
    Skenk boeke aan die Orania-Biblioteek.
    Skenk goeie gebruikte klere of enige huisware soos komberse, eetgerei, breekware of werkende elektriese toerusting aan die Kleretrommel.
    Laat hoor jou stem in die media vir Orania.
    Kom bied ‘n kursus aan op Orania.
    Deel jou Voorgrond met familie en vriende
    Teken familie en vriende in op die elektronies nuusbrief.
    Hou ‘n Orania-aand en

    Laat die gaste oranje dra.
    Stel ‘n heildronk in op Orania.
    Stel ‘n spyskaart saam met geregte wat na Orania vernoem is.
    Gebruik Orania-produkte soos pekanneute en olywe in die geregte.
    Hou ‘n Orania-vasvra.
    Vertoon die Orania-DVD.

    Besluit om tog permanent op Orania te kom woon!

 
Opleiding as taksidermis

 

Japie Oelofse besig met 'n montering.

Japie Oelofse is ‘n uitwoner wat ‘n taksiedermie-onderneming in Humansdorp bedryf. Hy beplan om die onderneming na Orania oor te skuif.

Tans is hy op soek na ‘n persoon wat belangstel om opgelei te word as ‘n taksidermis. Die opleiding sal sowat ‘n jaar duur, waarna die persoon oorgeplaas sal word na die onderneming op Orania.

Die geskikte persoon sal ook ‘n kunsaanvoeling hê en bereid moet wees om in die jag-en safarionderneming te help. Die geskikte kandidaat sal blokman-vaardighede vir die verwerking van wildsvleis hê, of bereid wees om dit aan te leer.

Navrae kan gerig word aan Japie Oelofse by jloelofse@vodamail.co.za of telefonies by 072 142 5020.

 
Maak dit vir ons maklik asseblief!

Die Orania Beweging ontvang daagliks inbetalings van talle getroue ondersteuners en lede. Vir hierdie bydraes is ons opreg dankbaar.

Ongelukkig kry ons talle betalings sonder enige verwysing sodat ons hoegenaamd nie weet waar die betaling vandaan kom nie. Een navraag by ‘n bank kos ons R45 en daar is dikwels tot tien sulke navrae per dag.

Ons wil u vriendelik versoek om ‘n duidelike verwysing op u depositostrokie aan te bring en dit ook aan die kantoor te faks by 086 693 5385 of te e-pos by geldsake@orania.co.za.

Indien u verkies om ‘n anonieme inbetaling te maak merk die deposito dan duidelik met: Anonieme bydrae.

Baie dankie dat ons die vrymoedigheid kan neem om te vra!

 
Fiësta en die Oraniafees


Onthou om vanaand om 19:30 na die Kyknet-program Fiësta te kyk. Deel in Orania se heerlike verjaardag wat op 6 April gevier is!

 




    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #14 op: June 01, 2011, 07:46:43 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 1 Junie 2011
Nommer 63

Ysige Bittereinderdag deur Oraniërs gevier



Met ons serpe, handskoene en warm klere kon Oraniërs Dinsdag vir ‘n kort rukkie ervaar hoe die duisende vroue en kinders wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die Doornbult Konsentrasiekamp naby Orania gehuisves is, in die koue moes ly. Die enigste verskil was dat hierdie vroue en kinders nie warm klere, serpe, handskoene en komberse gehad het nie.

Elke jaar op 31 Mei herdenk Oraniërs Bittereinderdag (‘n vakansiedag in Orania) by dié konsentrasiekampterrein waar honderde lede van Boeregesinne, veral kinders, omgekom het. Tydens vanjaar se verrigtinge het mev Rina Wiid, eienaar van die terrein, weer verduidelik in watter haglike omstandighede vroue, kinders en bejaardes in die kamp aangehou is.

Die vroue, kinders en bejaardes moes vir twee dae regop op ‘n oop treintrok gestaan het terwyl hulle vanuit die Vrystaat na die konsentrasiekamp langs die Oranjerivier geneem is. Hulle het vir die twee dae geen kos of water gehad nie. Tydens hul verblyf het dit geweldig baie gereën en moes vroue snags in die bitter koue in die water staan sodat hulle, hul slapende kinders bo die water wat deur die tente geloop het kon hou. Soos in ander konsentrasiekampe was die kos baie min en was daar nie voldoende potte en hout om mee kos en vuur te maak nie. Elke vrou het een keer per maand een houtstomp om mee vuur te maak gekry. Dit was so swaar dat een persoon dit nie kon dra nie en daar was niks om die hout in stukke mee te kap nie. Die verhaal van een vrou wie al drie haar kinders binne twee dae verloor het is ook vertel. Tydens die bespreking is ‘n klein Bybeltjie gewys wat uit die kamp gekom het met ‘n haarlokkie wat een vrou van haar ges torwe dogtertjie afgeknip en gebêre het.

Die Doornbult konsentrasiekampterrein word baie netjies deur mev Wiid bewaar met ‘n netjiese museum en ‘n baie goed bewaarde kerkhof. Tydens Dinsdag se besoek is kranse by grafte in die kerkhof gelê en kon besoekers die groot aantal items wat op die terrein oorgebly het in die museum besigtig.

Die interessante program wat aangebied is, het ook ‘n kort lesing oor Republiekwording ingesluit. Die jaarlikse viering van Bittereinderdag op Orania word deur Francois Joubert gereël. Uitwoners word aangemoedig om Orania in die toekoms op 31 Mei vir Bittereinderdagvieringe te besoek. As Afrikaners moet ons meer doen om ons volksgenote hiervan bewus te maak en om ook weer die wreedheid van die oorlog op die internasionale agenda te plaas.

 

Orania op Fiësta en Fokus


Twee goeie programme oor Orania het die afgelope tyd op televisie verskyn. Eers was daar ‘n halfuurlange program oor Orania se twintigste verjaardagvieringe op Fiësta (kykNet). Die afgelope Sondag is ‘n program oor Orania se eie verkiesing en wat die pad vorentoe vir Orania inhou op Fokus (SABC2) uitgesaai.

Persone wat nie die programme kon kyk nie kan ‘n kopie by die Orania Beweging se kantoor bekom. Stuur ‘n e-pos aan ontvangs@orania.co.za of skakel 053 207 0062.

Beide programme sal ook binnekort op Orania se YouTube-blad beskikbaar wees.

 
Hemelvaartdag in Orania



Besighede in Orania sal môre gesluit wees vir Hemelvaartdag. In Orania word Hemelvaartdag as ‘n Christelike vakansiedag beskou.

 
Die Ou Wabrug


‘n Minderbekende besienswaardigheid nie ver van Orania is die Ou Wabrug net buitekant Hopetown. Dié brug is saam met ander soortgelyke brue gedurende die 1870’s en 1880’s gebou om dit vir waens makliker te maak om oor die Oranjerivier te kon kom. Om by die brug uit gekom moet jy in Hopetown inry en dan kort na ABSA regs draai. Die brug is sowat sewe kilometer buite Hopetown.

Gedurende die laat negentiende eeu het die ontdekking van diamante in die Noord-Kaap  ʼn goeie brug oor die Oranje dringend noodsaaklik gemaak.

Die terrein van die brug is deur ʼn ingenieur, ene Stent, opgemeet. Die staalkonstruksie is in Skotland vervaardig en is daarvandaan per skip na SA gebring. Vanaf Kaapstad is dit per spoor tot op Graaff-Reinet vervoer van waar dit met waens aangery in na die bouterrein. Die sement wat in die oprigting gebruik is, is ook vanaf Skotland in lugdigte vaatjies ingevoer. Die ingenieursfirma Breston Gibbons het die brug opgerig. Die oprigtingskoste het £108 198 bedra. Bouwerk aan hierdie brug het in 1878 begin en dit is in 1880 ingewy. Tydens die bouproses het etlike mense hul lewens gelaat. Wanneer die rivier in vloed was is die bouwerk tydelik gestaak. Om te wys hoe sterk die brug is het die bou-ingenieur tydens die inwydingsgeleentheid al die gelaaide waens op die brug laat staan, tesame met al die baie mense wat die opening bygewoon het Tolgeld vir oorgang is gehef, en die eerste tolman was ene Eddie Meyers. Later is hekke aangebring, wat 6 uur sa ans gesluit het.

 
Nuut op die Orania Blog


Is daar nog hoop vir Afrikanerselfbeskikking?

Geskryf deur Jaco Kleynhans

My standpunt was nog altyd dat Afrikanerselfbeskikking nie by die stembus gemeet sal kan word nie. Laas in die 1994-verkiesing is dit werklik by die stembus getoets. Sedertdien was daar nie ‘n enkele verkiesing waar Afrikaners hard en duidelik die geleentheid gegun is om hul kruise agter die selfbeskikkingsgedagte te trek nie.



 
Orania CVO presteer op die rugbyveld en netbaalbaan


Hierdie winter het 30 van Orania CVO se leerlinge aan die BCVO se jaarlikse Winterspele deelgeneem en goed presteer. Vier van ons seuns het in die o/13 Noordwes rugbyspan deelgeneem en hulle span het dan ook as wenners uit die stryd getree. Baie geluk aan Danien Viljoen, Erik du Preez, Erik Pelser en Gerhard Pretorius. Erik du Preez en Gerhard Pretorius is dan ook vir Nasionale BCVO o/13 span gekies en verdien daarvoor erekleure. Die Bokkieweek wat jaarliks in Pretoria plaasvind is die laaste geleentheid waar die beste van die bestes kan deelneem en ons wens die volgende kinders geluk wat in hulle onderskeie spanne gaan deelneem. Stella Boshoff is vir die o/16 netbalspan gekies en Erik du Preez asook Gerhard Pretorius vir die o/13 rugbyspan.

 
Spesiale aanbod vir Orania Beweging-lede


Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa bied aan alle Orania Beweging-lede ’n gratis nag verblyf wanneer 2 of meer nagte bespreek word. Skakel 053 207 0016 vir besprekings en besoek gerus ons webwerf: www.oraniahotel.co.za



    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #15 op: June 13, 2011, 09:17:36 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 13 Junie 2011
Nommer 64

‘n Innovasiesentrum vir Orania?



Die verkose loodskomitee.
V.l.n.r.: John Strydom, Ludwig Everson, Ampie Venter, Tommie de
Nysschen, Christo Hattingh, Francois Joubert en oom Willem Botha

‘n Minikonferensie om die idee van ’n innovasiesentrum vir Orania te toets is Woensdag, 8 Mei op Orania aangebied.

Die idee kom van uitwoner en metallurgiese ingenieur, Christo Hattingh, wat ondersteun word deur Francois Joubert, plaaslike elektroniese ingenieur. ’n Loodskomitee is aangewys om die werkbaarheid te ondersoek.

Op Orania word dikwels voorstelle vir projekte ontvang. Die idee is dat die voorstelle deur die innovasiesentrum getoets sal kan word, bemarkbaarheid daarvan bepaal sal kan word en dat ’n proses in werking gestel moet word om die produk markgereed en verkoopbaar te kry.

Indien daar besluit word om met die innovasiesentrum voort te gaan, sal kundigheid oor ’n baie breë spektrum nodig wees, van ingenieurs, medici, taalkundiges, natuurwetenskaplikes, IT-spesialiste, geesteswetenskaplikes en nog vele meer.

Dit is moontlik dat uitwoners deur hierdie inisiatief nouer by Orania betrokke kan raak.

 

Werkswinkel oor ondersteuningsonderwys



Dr Annaline van Staden

Skole in Orania erf dikwels kinders met ’n agterstand of met leerprobleme uit ander skole.

Die Orania Koördinerende Onderwysraad (OKO) het op Vrydag 10 Junie ’n werkswinkel aangebied oor ondersteuningsonderwys. Die spreker was dr Annaline van Staden van die Departement Psigo-opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Dr van Staden, wat vroeër betrokke was by die Kinderleidingkliniek in Bloemfontein, het veral gekonsentreer op leesprobleme en die verskillende benaderings wat gevolg kan word by die oplossing daarvan.

Die werkswinkel is goed bygewoon deur personeellede van die twee skole op Orania, ouers en ander belangstellendes.

 
Oraniër wen gesogte kunskompetisie



Marlie se beeld

Marlie Mörsner, inwoner van Orania, het sopas die nuus ontvang dat sy die wenner is van die Loop Art Foundry New Sculptor-Kompetisie.

Marlie se interessante beeld put veral uit die mitologie met die vlieënde perd as die fokuspunt. Vir die beeld het sy groen speelklei gebruik wat redelik hittesensitief is. Terwyl sy aan die beeld gewerk het, moes sy die beeld gereeld in die yskas laat “rus” sodat dit nie smelt nie.

Met die fotosessie het Marlie die beeld laat val. Om die skade te herstel het sy weer vir meer as ’n uur geduldig daaraan gewerk. Die lugreëling in die kantoor moes vir die sessie baie koud gestel word!

Marlie wen daarmee ’n beeldhoubeurs ter waarde van R15 000. Die beoordelaars het haar veral gekomplimenteer met die fyn detail wat sy gebruik het en met die kreatiewe uitdrukking en verwikkeldheid van die beeld. Min beeldhouers doen deesdae so baie moeite.

Die beoordelaars is ook oortuig daarvan dat Marlie die vermoë het om ’n suksesvolle beeldhouer te wees.

Ons is baie trots op Marlie en sien uit na baie meer van haar kuns in Orania.

 
Volkskool se entrepreneurs blom



Twee graad 7-leerlinge aan Volkskool, Shaun Bornman en Fransie Helberg, het besluit om van ’n klein Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-opdrag ’n groot en heerlike dag te maak.

Die twee ondernemende leerlinge het ’n Entrepreneursdag georganiseer en baie van hulle ander skoolmaats omgepraat om stalletjies te neem.

Die groot verskeidenheid stalletjies was die toonbeeld van die kinders se kreatiwiteit. Die Spookhuis het die grootste aftrek gekry en die gille wat daaruit gekom het, het gedui op ’n hoogs suksesvolle aanbieding. Nog ’n interessante stalletjie was die een waar belangstellendes teen betaling ’n ou rekenaar kon uitmekaar haal.

Daar was ook tweedehandse boeke, ’n verskeidenheid van gesonde oranje sitrusvrugte, sosaties, handgemaakte groetekaartjies, perderitte, pannekoek, ’n luukse koffiestalletjie en swartbontsosaties*.

Die feestelike atmosfeer het die kinders en besoekers sommer lank en lekker laat kuier.

*Swartbontes, ’n eie  woord vir “liqourice allsorts”


 
Volkskool Boekeaand



Die gradeklas se plakkate oor volhoubaarheid het aandag getrek tydens die Boekeaand.

Dit is reeds geruime tyd ’n jaarlikse instelling dat Volkskool ’n Boekeaand hou.

Die skool kry gereeld skenkings van boeke en die duplikate word dan tydens die aand te koop aangebied.  Om die boeke-idee te beklemtoon was daar ’n verskeidenheid van veral humoristiese voorlesings wat die gaste laat skaterlag het.

In die agtergrond het skaakspelers met groot konsentrasie hulle gang gegaan, terwyl gaste heerlik tussen die groot versameling boeke gesnuffel het.

Die wenner van Volkskool se jagkompetisie is ook bekend gemaak: Hy is mnr Dries  Botha van Onverwacht. Hy het as ’n mooi gebaar die bok weer teruggegee aan Volkskool sodat dit nou op Volkskool se Facebook-blad opgeveil kan word.  Belangstellendes is welkom om ’n bod daar te maak.

 
Trieng trieng..!



Riekie de Jager en Susan Pelzer

Lede, en moontlike lede kan ’n oproep van een van ons twee vriendelike dames in Orania Beweging se belsentrum te wagte wees.

Ons is tans besig met die opdatering en uitbreiding van ons databasis.

Riekie de Jager en Susan Pelzer sal u binnekort skakel om by u inligting te kry en ook te hoor of u moontlik u debietorder aan die Helpsaamfonds wil vergroot.

 
Dra Orania op jou bors



Die Orania Beweging het pragtige nuwe voorraad klere ontvang.

Die ligblou manshemde (R275) en damesbloese (R275) kan in die beste geselskap gedra word en die helder oranje T-hemde met die Klein Reus-vlag (R70) sal definitief ’n sterk stelling vir identiteit maak.

Die posgeld sal volgens die massa van die pakkie bereken word.

Om te bestel skakel vir Esmé by 053 2070062 of stuur ’n e-pos aan ontvangs@orania.co.za.

 
Eksamentyd by CVO



CVO Orania se leerlinge is tans hard aan die leer en skryf hulle Junie-eksamen. Van graad 4 tot matriek skryf eksamen. BCVO-leerlinge spog met 'n hoë slaagsyfer en CVO Orania se matrieks het sedert 1993 'n 100% slaagsyfer. Oor die algemeen het die BCVO in 2009 'n slaagsyfer van 98.5% en in 2010 nog met 97.5% getoon. Die BCVO ontvang jaarliks terugvoer vanaf die verskeie universiteite om hulle te loof met die hoë standaard leerlinge wat die BCVO lewer. Ten spyte van hierdie hoë standaard presteer die BCVO beter as die model-C skole.

 
Spesiale aanbod vir Orania Beweging-lede



Kom ervaar ware sielerus op die oewer van die Oranjerivier. Die 4-ster Orania Oewerhotel en Spa bied aan alle Orania Beweging-lede ’n gratis nag verblyf wanneer 2 of meer nagte bespreek word. Skakel 053 207 0016 vir besprekings en besoek gerus ons webwerf: www.oraniahotel.co.za

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Lida Strydom vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #16 op: July 25, 2011, 09:57:33 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 25 Julie 2011
Nommer 67

Wys jou steun vir Orania en vertoon ons vlag voor jou huis of in jou kantoor



Die Orania Beweging het onlangs pragtige nuwe lessenaar- en stormvlae laat druk. Oraniërs is baie trots op die Orania Dorpsvlag en nou kan uitwoners ook so ‘n vlag besit! Die lessenaarvlaggie is teen R65,00 by die Orania Beweging beskikbaar. Die hoë kwaliteit stormvlag kos R450,00. Stuur ‘n e-pos aan ontvangs@orania.co.za of skakel 053 207 0062 om een te bestel.

 

Orania begin met ambassadeursprogram

Die Orania Beweging het besluit om ‘n ambassadeursprogram te begin. Ambassadeurs vir Orania gaan in soveel as moontlik lande aangewys word. ‘n Beleid hieroor is opgestel en daar is reeds ambassadeurs in vier lande goedgekeur. Intussen is ons opsoek na nog persone wat moontlik as ambassadeurs vir Orania kan optree. Ons beplan om die name van Orania-ambassadeurs gedurende September bekend te maak. Stuur ‘n e-pos aan jaco@orania.co.za vir meer inligting oor die vereistes en aansoekproses.

 

    Herberg Oranje


    Kom ervaar Orania-gasvryheid!

    3 Lugversorgde kamers, elk met eie badkamer.
    2 Kamers is rystoel-vriendelik
    Ons bied bed en ontbyt, tradisionele aandetes op bespreking.
    DSTV beskikbaar in die sitkamer

    Skakel gerus vir Alma of Janneke by 053 207 0070 of 082 843 9457.

 
Langverwagte DVD oor prof Carel Boshoff nou beskikbaar



Die langverwagte DVD wat die Orania Beweging oor prof Carel Boshoff saamgestel het, is nou beskikbaar. Die DVD, wat in die formaat van ‘n dokumentêre gesprek met prof Boshoff is, is vier weke voor sy dood in Orania opgeneem. ‘n Groot aantal foto’s en beeldmateriaal wat tot die gesprek bydra is bygevoeg en die finale produk is ‘n voortreflike kykervaring van net meer as 2 ure. Die DVD kos R120,00 en posgeld is R30,00. Skakel die Orania Beweging indien jy ‘n kopie wil bestel.

 
Orania Beweging Burgervergadering

Alle lede van die Orania Beweging word uitgenooi om vanjaar se burgervergadering op Saterdag, 17 September by te woon. Om dit vir mense die moeite werd te maak om Orania vir die naweek te besoek is daar besluit om ‘n paar belangrike geleenthede op een naweek te kombineer. Daarom sal die HF Verwoerdgedenklesing, die Burgervergadering, ‘n Helpsaamfondsdinee en ‘n gesamentlike erediens alles tydens die naweek van 16 tot 18 September plaasvind. Dit gaan ‘n voortreflike Lente-naweek in Orania wees en lede word versoek om nou reeds verblyf vir die naweek te bespreek. ‘n Volledige lys van verblyfplekke in Orania is beskikbaar deur ‘n e-pos aan ontvangs@orania.co.za te stuur.

 
Bankbesonderhede vir bydraes aan die Nerina Steen-vir-steen projek


Na aanleiding van ‘n artikel in die vorige e-nuusbrief oor die Helpsaamfonds se Nerina Steen-vir-steen projek was daar baie versoeke dat ons die fonds se bankbesonderhede in die nuusbrief moet plaas. Ons poog om vanjaar R1 miljoen vir die bou van agt woonstelle vir vroue werkers in Orania in te samel.

Die projek se bankbesonderhede is soos volg:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Helpsaamfonds
Rekeningnommer: 9164504961
Gee asseblief jou naam en van as verwysing.


 
Orania Dorpsraad al beter gerat vir grootskaalse ontwikkeling



Soos wat Orania groei ontstaan die behoefte vir nuwe ontwikkeling meer en meer. Daar is tans net sowat 5 erwe wat in Orania in die mark beskikbaar is en erwe en huise in die dorp is geweldig duur. Daarom raak dit nodig om nuwe erwe en woonbuurte te ontwikkel. Een baie opwindende nuwe ontwikkeling is dié van ‘n klein Aardskip-woonbuurt in Orania. ‘n Inwoner van Orania wat reeds bekend is vir die liefde vir hierdie ekologies vriendelike boustyl, Ludwig Everson, het ‘n tyd gelede begin om met die Dorpsraad oor dié ontwikkeling te praat. Verlede week het die Dorpsraad begin om die pad na die nuwe erwe aan te lê. Dienste sal binnekort aangelê word.

Die Orania Dorpsraad sal in die komende maande en jare heelwat meer nuwe erwe moet diens en beskikbaar stel. Daarvoor is goeie toerusting en masjienerie noodsaaklik. Tot dusver het die Dorpsraad altyd van kontrakteurs se slotegrawers gebruik gemaak. Die Dorpsraad het onlangs besluit om sy eie slotegrawer aan te koop en die groot geel masjien is verlede week afgelewer.

 
Gaan loer in by ons webkamera



Die Orania Beweging het onlangs ‘n webkamera geïnstalleer. Die kamera neem outomaties elke twee ure ‘n nuwe foto van die dorp en plaas dit op die webblad. Gaan na www.orania.co.za om die foto te besigtig. Daar sal binnekort nog ‘n webkamera elders in Orania geïnstalleer word.

 
Zak van Niekerk tree by CVO-skool se manne-aand op



Die bekende Afrikaanse sanger Zak van Niekerk tree eerskomende Vrydagaand in Orania op. Dit maak deel uit van ‘n fondsinsamelingsgeleentheid wat die Orania CVO-skool aanbied. Suid-Afrika ervaar tans ‘n kritieke tekort aan tegniese vaardighede en Orania CVO wil graag sy leerlinge die geleentheid bied om hulself ook in ‘n tegniese rigting te bekwaam. So ‘n tegniese opleidingsentrum sal ook vir leerlinge wat nie in ‘n suiwer akademiese omgewing hulle volle potensiaal kan bereik nie, alternatiewe moontlikhede vir opleiding bied. Die skool het besluit om fondse in te samel vir die bou van ‘n tegniese sentrum by die skool.

Die fondsinsamelings skop Vrydagaand met ‘n spesiale manne-aand in die Orania Gemeenskapsaal af. Daar gaan lekker geëet en gekuier word. Die koste beloop R100 per persoon. Kaartjies is by die skool beskikbaar. Skakel 053 207 0177 daarvoor. Help ons om nuwe moontlikhede vir ons kinders te skep!

 
Program oor Orania op Cutting Edge, SABC1

Joernaliste van die program Cutting Edge het Orania onlangs vir vyf dae besoek. ‘n Halfuurlange program oor Orania sal op 11 Augustus om 21:30 op SABC1 uitgesaai word.

 

 


Sjef gesoek

'n Restaurant in Orania is op soek na 'n sjef. Die nodige kwalifikasies en ondervinding is noodsaaklik. Belangstellendes kan 'n kort CV faks na 086 657 6019. Sluitingsdatum is 31 Julie 2011.  Salaris sal bespreek word tydens onderhoud. 





    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    U is welkom om kommentaar te lewer of navrae te rig aan redakteur@orania.co.za.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.

Sanderis

  • Gas
Re: Orania Nuusbriewe
« Antwoord #17 op: February 06, 2012, 06:30:38 PM »
Amptelike nuusbrief van die Orania Beweging - 6 Februarie 2012
Nommer 80

Elly Holm Gedenkuitstalling in Orania

   

Tydens die Orania Karnaval sal daar 'n besonderse uitstalling van die werk van die bekende kunstenaar, Elly Holm, in die Orania Gemeenskapsaal plaasvind. Elly Holm het die Klein Reus oorspronklik ontwerp en haar kunstenaarsvermoë leef voort in haar dogter, Cornelia Holm, 'n inwoner van Orania. Cornelia Holm het hierdie pragtige advertensie van die komende uitstalling op 'n muur in Orania geverf.

 

Karnavalprogram begin vorm aanneem

 

Die gaskunstenaar by vanjaar se Orania Karnaval is Andries Hendrik Potgieter. 'n Groot musiekfees wat ook plaaslike talent insluit sal tydens die fees plaasvind. Honderde besoekers word by die karnaval verwag. Die karnaval vind op die eerste naweek van die skoolvakansie (30 en 31 Maart) plaas en besoekers moet betyds verblyf bespreek.

 
Is jy al lid van die Orania Beweging?

 

In Orania bou ons vandag aan 'n beter toekoms vir ons kinders vir môre. Terwyl Afrikaners vandag misdaad, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, verengelsing van skole en universiteite, verswakking van standaarde, swak dienslewering en 'n totale vervreemding van hul eie omgewing in die gesig staar, bied Orania 'n oplossing waardeur mense weer hulself kan wees sonder enige van hierdie probleme.

Die Orania Beweging se taak is om ons ideaal aan soveel as moontlik Afrikaners bekend te stel en om steun daarvoor te werf. Ons kan net soveel vermag soos wat ons ledegeldinkomste ons toelaat. Daarom is dit belangrik dat alle ondersteuners van Orania ook lede van die Orania Beweging moet wees. Vir slegs R40,00 per maand kry jy talle voordele, maar lewer jy ook 'n bydrae om Orania uit te bou.

Orania kan en gaan in die toekoms dié alternatief vir Afrikaners wees! Help ons om dit vinniger moontlik te maak deur by die Orania Beweging aan te sluit. Skakel 053 207 0062, stuur 'n e-pos aan celeste@orania.co.za of 'n teksboodskap met jou naam en van na 35933 om aan te sluit. Dit is ook moontlik om deur ons webblad by www.orania.co.za aan te sluit.

 

Veiling van nywerheidserf in Orania

 

Op Woensdag, 15 Februarie om 10:00 sal 'n nywerheidserf in Orania opgeveil word. Die Orania Dorpsraad nooi voornemende kopers na die veiling uit. Die perseel is 6436 vierkante meter en is geleë op die hoek van Olienhoutrylaan en Ysterklipstraat. 'n Kontantdeposito van R1000,00 is vooraf betaalbaar en 'n reserweprys van R180 000,00 geld. Meer besonderhede is beskikbaar by 053 207 0063 of deur 'n e-pos te stuur aan dorpsnuus@orania.co.za .

 

Wenner van Orania se tuinboukompetisie aangewys

 

Die wenners van vanjaar se Orania Tuinboukompetisie is Hennie en Wanda Jonk. Hulle het oor 'n kort tydperk 'n pragtige tuin gevestig en het weer bewys dat talle van Orania se inwoners behoorlike groen vingers het.

 

Oraniër skryf toekomsroman

 

Sebastiaan Biehl, bekende inwoner van Orania, het onlangs sy eerste boek gepubliseer. Die boek is 'n futuristiese oorlogsroman en is by die Orania Beweging Boekwinkel beskikbaar. Skakel 053 207 0062 of stuur 'n e-pos na ontvangs@orania.co.za om 'n kopie te bestel. Die boek kos R100 en posgeld is R25.

 

Volksraad besoek Orania

 

Die lede van die nuutverkose Volksraad het Orania onlangs besoek. Die raad het 'n sitting in Orania gehou en het ook geleentheid gekry om op toer deur Orania te gaan.

 

Graad 1's in Orania ontvang skooltassies

 

27 Graad 1-leerlinge, 21 van CVO Orania en 6 van Volkskool Orania, het verlede week skooltassies van Solidariteit Helpende Hand ontvang. Die skooltassies wat jaarliks deur Helpende Hand versprei word, rig hierdie kinders goed toe vir hul eerste skooljaar.

 

Grootste skolesportbyeenkoms nog in Orania aangebied

 
 
 

CVO Orania het op 27 en 28 Januarie sy jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms aangebied. Vier ander CVO-skole het saam kom deelneem en meer as 300 leerlinge en 50 beamptes het van die geleentheid 'n ware sportfees gemaak. Talle rekords is gebreek en daar is heerlik saamgekuier en atletiek gekyk.

 

Leerlinge van Volkskool Orania pluk amandels

 

 
 

Leerlinge van Volkskool Orania het verlede week as deel van hul leerprogram op een van Orania se kleinhoewes gaan leer amandels pluk.

 

Vakante pos

 
Skoolhoof: Orania CVO-skool


Oor die werkgewer
Orania CVO-skool is ‘n Christelike streekskool vir Afrikanerkinders in die Bo-Karoo. Die skool se leerlingtal het die afgelope vier jaar gegroei van 42 leerlinge tot sowat 200. Die skool toon steeds goeie groeipotensiaal en grootskaalse uitbreiding in kapasiteit, infrastruktuur en vermoë word in die vooruitsig gestel.

Oor die pos
Die hoof van Orania CVO-skool vervul die volgende funksies:

    Bestuur die skool (insluitende die koshuis) deurlopend met al sy stelsels en prosesse.
    Neem leiding met die handhawing van gehalte en uitnemende onderrig.
    Neem verantwoordelikheid vir die versekering van goeie dissipline en ‘n kultuur van Afrikanertrots en ‘n gedissiplineerde leefstyl onder leerlinge.
    Gereelde skakeling met die relevante owerhede en organisasies waarby die skool geregistreer en geaffilieer is, die handhawing van goeie verhoudinge en ‘n hoë vlak van verslagdoening soos moontlik vereis.
    Die bestuur van die skool se volle administrasie wat insluit die ontwikkeling van vaartbelynde administratiewe stelsels, die implementering daarvan en die versekering dat alle stelsels doeltreffend uitgevoer word.
    Werk saam met die skool se bemarkingspan om die skool gereeld onder alle teikengehore te bemark en sukses te projekteer.
    Doen gereeld verslag aan ouers en die Opvoedingsraad oor die vordering met alle aspekte van die skool se daaglikse funksionering.
    Finansiële bestuur, insluitende die opstel van begrotings en die daaglikse bestuur van inkomste en uitgawes saam met die relevante komitee van die Opvoedingsraad.
    Die werf en aanstel van bekwame personeel in samewerking met die Opvoedingsraad en die daaglikse bestuur, motivering en evaluering van personeel.
    Die beplanning en organisering van kulturele, sport- en ander aktiwiteite.
    Die hantering van klagtes en die bestuur van konflik op ‘n proaktiewe en voorkomende basis.

Vereistes van ‘n suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:

    ‘n Dinamiese persoon met dryfkrag en motivering om in die langtermynvisie van Orania CVO-skool te deel en ambisieuse planne te ontwikkel en suksesvol uit te voer ten einde die skool se visie te help bereik, sal as ‘n voorkeurkandidaat beskou word.
    Die toepaslike naskoolse kwalifikasies is ‘n kernvereiste.
    Ervaring in onderwys is ‘n vereiste en vorige ervaring as skoolhoof, adjunkhoof of enige ander bestuursposte binne die onderwys sal ‘n aansoek ondersteun.
    ‘n Diepe geloof in die Drie-enige God en ‘n talent om dit aan kinders oor te dra is ‘n vereiste.
    ‘n Verbintenis tot die strewes en beginsels van Orania as selfstandige Afrikanergemeenskap wat groter selfbeskikking nastreef, is noodsaaklik.
    Baie goeie rekenaarvaardighede sal ‘n aansoek komplementeer.
    Ervaring in die hantering van maatskaplike kwessies op skoolvlak sal ook komplementerend tot ‘n aansoek wees.
    ‘n Bestuurslisensie en eie vervoer is ‘n vereiste.
    ‘n Aansoeker moet verkieslik getroud wees en oor meer as 10 jaar werkervaring beskik.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 17 Februarie 2012 aan die voorsitter van die skool se Opvoedingsraad gestuur word. Rig navrae aan Hannes du Preez by 053 207 0106. Aansoeke moet verkieslik per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-posaansoeke aan primabat2@telkomsa.net. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied en meer inligting daaroor is op aanvraag beskikbaar. Posaanvaarding is met aanvang van die tweede skoolkwartaal van 2012, of soos anders tussen die partye ooreengekom.

 


    Hierdie nuusbrief is saamgestel deur Jaco Kleynhans vir die Orania Beweging.

    Skakel die Orania Beweging by 053 2070 062 vir meer inligting oor Orania, of besoek die webwerf by www.orania.co.za.

    Om aan te sluit by die Orania Beweging skakel 053 2070 062, of skryf aan oraniabeweging@orania.co.za.

Eie grond. Eie arbeid. Nuwe toekoms.
« Laaste verandering : February 06, 2012, 06:35:29 PM deur Sanderis »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal