Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Die winter van 2011  (Read 3507 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Die winter van 2011
« op: January 12, 2011, 09:56:03 AM »
Dit is nou nogal 'n bietjie baie vroeg om aan die winter te dink, maar ek dink tog dat as ons nou al begin met insamelings, dit ons 'n groot voorsprong kan gee. Ek het met betraande oë 'n stuk gelees van 'n ma wat haar vriendin se kleintjie as gevolg van koue moes begrawe. Dit herinner my sterk aan die konsentrasiekampe van die Boere oorlog.

As ons nou al so stuksgewys kan begin om 'n kombers, warm klere en kos bymekaar te maak, dink ek dat ons tog iewers 'n groot verskil aan een van die blanke plakkerskampe kan maak.

Het iemand enige kennisse wat betrokke is by Volkshulp2000? Dalk kan ons dit met hul samewerking doen?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #1 op: January 12, 2011, 01:28:02 PM »
Goeie gedagte, KB. Ek ken die mense by Volkshulp 2000. Dit is belangrik dat ons so-iets met hulle samewerking doen, want hulle weet presies waar is die grootste nood.

Burgers, kom ons begin fondse inbetaal vir die aankoop van die nodige. Die skenk van goedere kan dalk problematies wees - veral vir diegene wat ver op die platteland bly.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #2 op: January 12, 2011, 02:36:49 PM »
Ek wil ook net noem dat tweede handse bruikbare middele, veral komberse ook meer as welkom is. Die nood onder ons mense is regtig angswekkend hoog en ons is al wat hulle het.

Miskien is daar mense wat bereid is om in verskillende areas goedere te versamel, waarna ons dit weer na 'n sentrale punt kan stuur? Ek sal dit ook baie waardeer as die kerke en gemeenskappe betrokke kan raak by soortgelyke aksies.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #3 op: January 12, 2011, 02:56:26 PM »
Ons gemeente samel op deurlopende basis klere en en ander goedere in vir Volkshulp 2000.  Elke keer as ek vir vergaderings Pretoria toe ry neem ek 'n hele bakkievrag klere en goedere soos huishoudelike en rekenaar toerusting, soms selfs kos, saam en lewer dit by hulle af.  Die klere word daar sorgvuldig deurgegaan en wat hulle benodig aangewend, die res word in hulle Snuffels winkeltjies verkoop om kontant te in om weer ander noodsaaklike hulpmiddels aan te koop.  So ook word die toerusting en ander goedere deurgegaan, herstel en gebruik of verkoop.

Die projek het nou al so gegroei dat ons selfs goedere van volksgenote in ander kerke, so vêr as Kuruman, Stella en Piet Plessis, ontvang.  Mense is redelik ernstig daaroor dat dit nie aan volksvreemdes uitgedeel sal word nie en sien daarom nie meer kans om dit aan plaaslike welsynsorganisasies te skenk nie.  So het ek die naweek weer twee kartondose vol winterslaapklere wat as ou voorraad uitgesit is by 'n winkel op Piet Plessis gekry en gister is vier swart sakke vol tweedehandse, maar steeds bruikbare kinderklere by my huis afgelaai. Dit ry volgende week saam Pretoria toe.

Ek reken dit is 'n goeie idee om met Volkshulp 2000 'n ooreenkoms aan te gaan vir so 'n winterprojek.  Hulle weet wat hulle nodig het en waarvan hulle te veel kry. 
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #4 op: March 09, 2011, 12:51:33 PM »
Die seisoene het reeds begin draai na herfs toe , die winter is op pad ; mens kan dit al in die koue in die aand voel .
Enige idees hoe ons ons minder gegoede volksgenote kan help ?

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #5 op: March 14, 2011, 11:39:17 AM »
In ons besproeingsgebied is dit nou aartapel, pampoen en uie paktyd.  Van ons boere het my gekontak om te hoor of ons nie van die produkte wat nie vir die mark aanvaarbaar is nie, maar nog steeds bruikbaar is kan gebruik.  Ek het verledeweek sowat 50 pampoene met 'n corsa bakkie Pretoria toe gery vir Volkshulp 2000.  Ek  dink aan 'n werkskeppingprojek waar ons van hierdie produkte kan verwerk en die verwerkte produkte verkoop of so aan Volkshulp kan verskaf.  Dalk in die vorm van gedroogde of bevrore groente. 

As daar intussen iemand is wat kan help om die produkte vervoer te kry en kan help met reelings om dit te verwerk aan die ander kant, kan ons dalk van die produkte geskuif kry na waar die nood is.  Dit help nie dit kan geskuif word en gaan daar verlore nie. 

Miskien, met die arbeid daar in die stad beskikbaar, kan daar 'n projek aan daardie kant begin word waardeur die arbeiders vergoed word met produkte of dalk kan ons in die snuffels winkels vrieskaste met verwerkte groente sit waarvandaan dit verkoop kan word en van die wins aan die arbeiders in die projek gaan.   Dit kom basies neer op die Bybelse beginsel van die afoes van die randakker en are optel.  Laat hulle werk met dit wat beskikbaar is. 

As daar werklose mense is wat 'n bakkie of vragmotortjie het wat bereid is om dit hier te kom haal en te smous kan dit ook werk.  Een oom in ons gemeente het dit verlede jaar gedoen, en so geld bymekaar gemaak om weer 'n paar kalwers te koop wat hy mee spekuleer, nou gaan dit sommer baie beter met hulle.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #6 op: March 14, 2011, 03:16:37 PM »
Dit is nou sowaar 'n riem onder die hart om hierdie skrywe te lees. Baie dankie vir die boere wat alreeds so hand uitsteek. Met uie kan baie verwerking gedoen word en ek glo met die pampoen en aartappel kan daar beslis 'n plan gemaak word, want dit is groente wat gelukkig 'n lang raklewe het.

Nou moet daar net hulp kom soos ds. Martin gevra het...
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #7 op: March 24, 2011, 11:16:40 PM »
Winterprojek 2011
   
11:36 PM (23 hours ago)
Sanderis Maartens ✆
 to hans
   
show details 11:36 PM (23 hours ago)
   
   from   Sanderis Maartens <smaartens@gmail.com>
sender-time   Sent at 11:36 PM (GMT+02:00). Current time there: 10:56 PM. ✆
to   hans@armoedebediening.co.za
date   Wed, Mar 23, 2011 at 11:36 PM
subject   Winterprojek 2011
mailed-by   gmail.com
   
hide details 11:36 PM (23 hours ago)
   
Hallo Hans , ek het gewonder of jy dalk sal belangstel om hulp te verleen met die volgende en self daardeur baat vind (die gedeelte in blou is aangehaal van Bravoland) :

In ons besproeingsgebied is dit nou aartapel, pampoen en uie paktyd.  Van ons boere het my gekontak om te hoor of ons nie van die produkte wat nie vir die mark aanvaarbaar is nie, maar nog steeds bruikbaar is kan gebruik.  Ek het verledeweek sowat 50 pampoene met 'n corsa bakkie Pretoria toe gery vir Volkshulp 2000.  Ek  dink aan 'n werkskeppingprojek waar ons van hierdie produkte kan verwerk en die verwerkte produkte verkoop of so aan Volkshulp kan verskaf.  Dalk in die vorm van gedroogde of bevrore groente.

As daar intussen iemand is wat kan help om die produkte vervoer te kry en kan help met reelings om dit te verwerk aan die ander kant, kan ons dalk van die produkte geskuif kry na waar die nood is.  Dit help nie dit kan geskuif word en gaan daar verlore nie.

Miskien, met die arbeid daar in die stad beskikbaar, kan daar 'n projek aan daardie kant begin word waardeur die arbeiders vergoed word met produkte of dalk kan ons in die snuffels winkels vrieskaste met verwerkte groente sit waarvandaan dit verkoop kan word en van die wins aan die arbeiders in die projek gaan.   Dit kom basies neer op die Bybelse beginsel van die afoes van die randakker en are optel.  Laat hulle werk met dit wat beskikbaar is.

As daar werklose mense is wat 'n bakkie of vragmotortjie het wat bereid is om dit hier te kom haal en te smous kan dit ook werk.  Een oom in ons gemeente het dit verlede jaar gedoen, en so geld bymekaar gemaak om weer 'n paar kalwers te koop wat hy mee spekuleer, nou gaan dit sommer baie beter met hulle.


Laat my gerus weet as u hulp kan aanbied .


S.Maartens


Hans Janse van Rensburg ✆
 to me
   
show details 9:08 AM (13 hours ago)
   
   from   Hans Janse van Rensburg <hans@armoedebediening.co.za>
sender-time   Sent at 9:08 AM (GMT+02:00). Current time there: 10:56 PM. ✆
to   Sanderis Maartens <smaartens@gmail.com>
date   Thu, Mar 24, 2011 at 9:08 AM
subject   RE: Winterprojek 2011
   
hide details 9:08 AM (13 hours ago)
   

Sanderis

 

Hierdie is n ware geleentheid en ons kan dit nie laat verby gaan nie. Ons is baie opgewonde en ons sal graag wil inkoop op hierdie wonderlike gedagte.

 

Ons is bereid om van hierdie goedere te gaan haal en werk te skep met groente wat verwerk kan word, ons kan ook die groente verwerk en dit aan van hierdie mense verskaf

 

Ons werk in en om Pretoria met ongeveer 20000 armoediges wat maar n druppel in die emmer is. Landwyd het ons take gestig en volgens statistieke is daar sowat 933000 Blanke armoediges. Wat al die redes daarvoor is is legio maar ons werk met die meeste van hulle. Kos gee is n moet maar ons passie in die ketting is om OPLEIDING, ONTWIKKELING EN WERKSKEPPING TE DOEN. U is welkom om een van ons DVD’s met vier snitte van werk wat ons doen, hoe ons dit doen en alles wat daarmee gepaard gaan daarop te ontvang as u wil.

 

Hoor graag van u

 

Liefdegroete in Hom wie ons eerste liefgehad het

 

hans


Martin , kan jy hom kontak of moet ek jou eposadres vir hom stuur ? (ek is nie seker of ek jou nommer het nie )
Hier is die volle besonderhede indien nodig :
DOULOS ARMOEDE
Codonialaan 735
Waverley

Pos Adress :
Posbus 15270
East Lynne
0186

Telefoon:
Kantoor : 012 755 8199 (kantoor ure)
E-pos : hans@armoedebediening.co.za
Uitvoerende Direkteur - J G (Hans Plakker) Janse van Rensburg

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #8 op: March 29, 2011, 04:10:23 PM »
Sanderis

Dankie vir die kontak maak met Hans.  Ek is bewus van hulle werksaamhede.  Ek sal hom 'n vonkpos stuur.

Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #9 op: April 26, 2011, 09:27:27 PM »
KB , sal geldelike bydraes ook verwelkom word ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #10 op: May 03, 2011, 09:21:22 AM »
Ja, beslis. Ons motto is dat ons dan self die goedere aankoop en uitdeel.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #11 op: May 04, 2011, 02:21:43 PM »
Hier is die bankbesonderhede vir die Volkshulp aksie:

Naam:          Oranjekas
Bank:          Standard Bank
Tipe:          Tjek
Rek nr:            271240490
Takkode:          010545
Verwysing:     0133576533.

Die verwysingsnommer is baie belangrik want dit is Bravoland se rekeningnommer.  Merk dit ook net duidelik "Winter 2011" .

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #12 op: June 18, 2011, 09:33:08 PM »
Die winterkoue is nou behoorlik hier , het iemand enige idees hoe ons ons volksgenote se las kan verlig gedurende die winter ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #13 op: June 18, 2011, 10:03:34 PM »
Ek het 'n voorstel. CVO Vierfontein.

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #14 op: June 19, 2011, 12:22:01 AM »
Vertel ons bietjie meer van CVO Vierfontein asb. Ben , wat is hulle behoeftes ?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #15 op: June 20, 2011, 10:28:37 AM »
Vertel ons bietjie meer van CVO Vierfontein asb. Ben , wat is hulle behoeftes ?

Ek het iewers verlede week 'n onderhoud oor Radio Pretoria gehoor wat met die hoof van die skool gevoer is. Sanderis, jy sal sekerlik 'n afskrif van die praatjie kan kry. Ek steun Ben se voorstel o.g.v. die onderhoud.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #16 op: June 20, 2011, 02:26:45 PM »
Dankie oom Adri ek sal kyk wat ek kan kry .

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 576
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #17 op: June 21, 2011, 07:40:41 PM »
Naand Sanderis,

Hier is 'n skrywe wat in ons Omsendbrief was by CVO Pretoria toe Mev Lucia Van Wyk(Uitvoerende Hoof BCVO) besoek by die CVO Vierfontein afgele het.
CVO SKOOL VIERFONTEIN
Lucia van Wyk het namens die BCVO ‘n besoek by die CVO Skool Vierfontein afgelê en bewus geword van die ernstige nood wat
daar onder die kinders is. Lucia gee die volgende inligting: “CVO Vierfontein beleef ernstige krisisse. A.g.v. geweldige armoede kan
net 6 uit 25 leerlinge se ouers elk R200 per kind per maand betaal. Dit verteenwoordig drie gesinne.
Hulle het van kleuters tot Gr. 7.
Die skool het ’n voedingskema waamee hulle elke dag kos aan elke kind voorsien. Kinders val gereeld flou van die honger. Die kos
wat die skool voorsien, is in die meeste gevalle die enigste kos wat die kind kry. Hulle eet bv. dan ’n bietjie en bêre die res vir boeties
of sussies by die huis wat niks kry nie.
Personeel kry tussen R500 en R2000 per persoon per maand as daar geld is. Personeel maak dan beurte om kos te koop vir die
kinders as daar nie genoeg skenkings was nie. Hulle en ’n afgetrede dominee maak dan daagliks kos/broodjies vir die kinders. Hulle
moet ook alle skryfbehoeftes self vir die leerlinge koop.
Die personeel doen kosbare opvoedingswerk - koninkrykswerk.
Kinders was bv. elke oggend eers hande (by die huise is of nie water nie of die inwoners maak beurte om elkeen darem soms te
was), borsel tande en dan kry elkeen eers ’n kwart broodjie. Hulle eet dit soms te gulsig en dan kom dit uit. ’n Klein bietjie later kry
hulle die res van die broodjie.
Die personeel samel borge in om kinders bv. Winterspele toe te neem. Ouers kan nie. Die skool leen klere vir die kinders, ook
skoolklere wat aan die einde van ’n seisoen teruggegee word en omgeruil word vir ’n volgende seisoen se klere.
Personeel probeer die kinders ophef deur die dogters te leer om kos te maak en naaldwerk te doen en die seuns doen houtwerk.
Verlede jaar het hulle bedkassies gemaak en tans is hulle besig met studeertafeltjies. Personeel soek self borge om die
benodigdhede bv. die hout te betaal, want die ouers kan nie.
Kinders ken glad nie televisie of rekenaars nie. Die skool het een rekenaar in die kantoor. Kinders doen take in die biblioteek net uit
boeke. Modelle bou hulle self onder personeel toesig by die skool uit letterlik niks.
Dissipline word streng toegepas. Bv. as ’n boek net effens beskadig word, moet hulle betaal, maak nie saak hoe nie. Hulle pas alles
baie goed op.
Ten spyte van hulle omstandighede, word BCVO se heffings eerste betaal. Hulle skuld die Beweging niks.
’n Trotser groep leerlinge en personeel het ek lanklaas gesien.
Die skool wil nie as armlastig bekend staan nie en daarom vra hulle net gebede om te kan volhard.
Die moontlikheid is genoem om hulle te help om ’n groentetuin aan te lê, sodat hulle self hulle eie groente kan plant en gebruik. Die
moontlikheid is genoem om met ’n groep leerlinge en ouers fisies daar te gaan help om dit aan die gang te kry en terselfdertyd met
onderhoud te probeer help. Saad of plantjies sal egter saamgeneem moet word. Enige ander voorstelle of praktiese planne sal
waardeer word.
Ek is gedwing om met ander oë na myself, ons leerlinge, ouers en personeel te kyk. Ons is in hulle terme skat-skatryk.”
Die Direksie het besluit dat ons dit aan u bekend maak en dat o.a. die volgende produkte geskenk kan word. U kan dit so gou
moontlik skool toe bring sodat dit voor die skool sluit daarheen geneem kan word. U kan ook ‘n kontant bydrae tot hul
houtwerkprojek maak deur by mev. Stienie Pretorius in te betaal. Merk dit net duidelik wanneer u dit oorbetaal of inbetaal.
Benodigdhede is bv: Fotostaatpapier, skrifte (A4 - 72 bl.) – breë lyne, toiletpapier, skottelgoedseep, Handy Andy, waspoeier,
tandepaste, sjampoe, handeroom.
Nie-bederfbare produkte: langlewe melk, enige blikkies kos wat ‘n maaltyd kan word, suiker, koffie, tee, pasta, kookolie, ens.
Baie dankie.

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #18 op: June 21, 2011, 07:54:05 PM »
Naand Anneke , baie dankie jy is 'n ster (moet dit nie persoonlik opneem nie Ben :)  ) ; kan jy my dalk sê wat die kontakbesonderhede van CVO Vierfontein is soos straatadres , kontaknommer ens . Pb dit gerus as jy dit as sensitiewe inligting beskou . Ek dink ons het tog die adres nodig as mense self skenkings wil gaan aflaai ? Of hoe kan ons dit koordineer ?

Sanderis

  • Gas
Re: Die winter van 2011
« Antwoord #19 op: June 21, 2011, 08:36:49 PM »
Ek het die gekry op BCVO se blad :  VIERFONTEIN     018 441 0199     018 441 0199     Lore de Vos , ek sal die persoon vir die adres per epos vra . Lyk die inligting hierbo korrek ?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal