Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wysiging in arbeidswet  (Read 772 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Wysiging in arbeidswet
« op: January 25, 2011, 10:39:18 PM »

Kommer oor voorgestelde wysigings aan arbeidswet
2011-01-25 01:13


Karen Ebersohn

Verskeie verteenwoordigers van die Vrystaatse arbeidsbedryf het hul kommer oor die voorgestelde wysigings aan die arbeidswetgewing uitgespreek. Die vrees is dat veral voorgestelde wysigings aan die arbeidsverhoudingewet dit vir werkgewers onmoontlik sou maak om kontrakwerkers vir kort tydperke aan te stel. Die komende wysigings is einde ver­lede jaar in die Staatskoerant afgekondig.

’n Openbare sitting waar mense kommentaar oor die wysigings kon lewer, is by die Hotel President in Bloemfontein gehou. Die wysigings bevat verskeie ingrypende voorstelle.

Een hiervan is omtoegang tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te beperk tot werknemers onder ’n sekere inkomstevlak. ’n Ander is swaarder strawwe vir werkgewers wat vereistes vir regstellende optrede ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming oortree sodat boetes gegrond is op werkgewer-maatskappye se omset eerder as nominale bedrae. Boetes van 2% tot 10%, ingevolge ’n glyskaal, van die werkgewers se jaarlikse omset word voorgestel.

Ook die voorgestelde wysiging om kontrakwerkers (tydelike werkers) tot permanente werkers te verklaar, behalwe as die werkgewer ’n regverdige rede kan verskaf waarom ’n werknemer nie ’n permanente werker kan wees nie, word as erg radikaal beskryf.

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, sê die wysigings is oor die algemeen positief, omdat werklose mense gehelp word met plasing in moontlike poste.

“Die wysigings oor die arbeidsverhoudingewet is seker die radikaalste, omdat dit vastetermyn-dienskontrakte vir ’n sekere tydperk raak.”

Hy sê in die landboubedryf kom dit neer op seisoenwerkers.

“Tydelike vastetermyn-ooreenkomste is nodig, omdat landbouprodukte seisoenaal van aard is.

“Pryse van produkte fluktueer baie sodat vastetermyn-ooreenkomste nie noodwendig op dieselfde voorwaardes as voorheen aangebied kan word nie.

“Dit is onduidelik watter regverdiging en bewyse aanvaarbaar gaan wees om werknemers op ’n vastetermynooreenkoms aan te stel. Die landboubedryf kan nie seisoenswerkers permanent aanstel nie, omdat dit onbekostigbaar is.”

Mnr. Jonathan Crowther, uitvoerende hoofamptenaar van die Afrikaanse Handelsinstituut in Bloemfontein, het ook sy kommer uitgespreek. “In ’n land wat steier onder werkloosheid en waar die regering werkskepping as ’n nasionale voorkeur stel, is die bestaande arbeidswetgewing, en des te meer beoogde veranderings daaraan, moeilik om te begryp. Veral ook die voorneme van die ANC en Cosatu om arbeidsmakelaars te verbied.”

Crowther sê arbeidsmakelaars lewer ’n belangrike diens aan die ekonomie deur spesifieke vaardighede te lewer wat vir relatief kort tye op ’n slag benodig word.

“Baie werkgewers het vanweë die aard van hul sake-onderneming tydelike werkers nodig sonder dat hulle die volle koste van permanente indiensneming hoef te dra. Baie sulke ondernemings sal daardie koste eenvoudig nie kan bybring nie en sonder tydelike werkers ondergaan.”)Mense het tot 17 Februarie om kommentaar lewer.

- Volksblad


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal