Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin  (Read 1932 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« op: February 03, 2011, 09:48:48 PM »
PLAASLIKE VERKIESINGS
            
   


Die Voortrekkers ✆
 
   
show details 10:30 AM (11 hours ago)
   
Die Voortrekkers
Hallo Sanderis Maartens
 
KENNISGEWING HK2011-02-03-1
 
Positiewe landsburgers stem in die 2011 plaaslike verkiesing!

Jy moet geregistreer wees om te kan stem.

Tydens die komende registrasienaweek op 5 en 6 Februarie 2011 kan jy net met jou ID dokument die naaste stemlokaal besoek om te registreer.

Indien stemlokale en of wyke nie verander en jy het nie verhuis het nie, behoort geregistreerde kiesers nie weer te registreer nie.

Om seker te maak dat jy wel geregistreer is en waar jy moet stem:

1.     Stuur 'n sms met jou ID nommer aan 32810. Antwoord kom binne 1 minuut!

2.     Skakel  tolvrye nommer (vanaf 'n landlyn) -  0800 11 8000

Internet kontroleer -  www.elections.org.za

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #1 op: February 04, 2011, 10:55:39 AM »
Dankie vir die plasing van die inligting Sanderis

Ek wonder of die Voortrekkers vir ons sal kan sê waaroor ons veronderstel is om positief te wees?

Aanhaling
Positiewe landsburgers stem in die 2011 plaaslike verkiesing!

Ek is nie positief oor die verknegting van my volk nie, so ek moet seker dan maar eerder nie stem nie  >:(

Ek wag tans vir 'n antwoord van hulle oor hul standpunt oor die VVK.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #2 op: September 19, 2011, 10:37:32 PM »
Aanhaling
From: ************
To: sanderis@bravoland.co.za
Subject : Jou kommentaar oor Die Voortrekkers op Bravoland op 3 Februarie

Beste Sanderis,
 
Verwys: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=5833.msg74741#msg74741
Ek kon ongelukkig nie Werner Smook se e-pos opspoor nie, maar sal dit waardeer as jy dit vir hom kan aanstuur.
 
Ek wou jou graag antwoord op die forum, maar dis natuurlik 'n geslote forum.  As ek reg aflei moet jy glo dat RAS ('n biologiese klassifikasie - aangebore kenmerke) op een of ander manier 'n rol speel in VOLK ('n kulturele groep - aangeleerde gedrag en waardestelsel) om deel te kan wees van die forum.
 
1.    Jy beweer Die Voortrekkers gebruik hulle invloed vir politieke gewin.  Aangesien Die Voortrekkers nie 'n politieke beweging is nie, wonder ek watter "politieke gewin" jy reken die beweging kan kry deur lede aan te moedig om te stem?
 
2.    Ek aanvaar jou alternatiewe voorstel is om nie te stem nie.  Watter voordeel dink jy hou dit vir die Afrikaner of dan die Boere-Afrikaner in om nie te stem nie?
 
3.    "Positiewe burgerskap" beteken om aktief deel te neem om oplossings te vind daar waar jy tans bly - daar waar God jou geplaas het.  Die alternatief is om te onttrek dat ander alleen oor jou toekoms besluit en alleen die probleme moet oplos, of soos baie regses nog erger: te onttrek en dan net te sit en kritiseer en verdeeldheid onder Afrikaners te saai deur ander verdag te maak omdat hulle nie met JOU politieke siening saamstem nie. 
 
Sulke gedrag is en was nog nooit deel van die Afrikaner (en in die besonder Die Voortrekkers) nie en hoort ook nie by 'n Christen nie.  Dis presies hierdie gedrag wat veroorsaak dat daar Afrikaners in die land is wat hulle wil distansieer van Afrikanerskap, alhoewel hulle volle begrip en selfs ondersteuning vir 'n Afrikanervolkstaat het.
 
Ietsie om aan te pruim: Om 'n Volkstaat of eie land weer te vestig moet jy die harte van Afrikaners (of Boere-Afrikaners) wen en ander mense oortuig dat ons bedoelings suiwer is en ons die morele hoë grond het.  Selfs as ons dit regkry, is dit nog steeds 'n moeilike pad.  As mens kyk na hoe julle optree, reken julle dat julle harte gaan wen deur ander Afrikaners verdag te maak, te kritiseer, aan te rand of borde te verwyder/verf.  Sterkte daarmee.
 
Die Voortrekkers het nie die politieke situasie geskep waarin ons is nie, want Die Voortrekkers is nie 'n politieke organisasie nie.  Dit is 'n beweging wat jong Afrikaners ('n volk wat m.a.w. 'n kultuurgroep is en nie 'n biologiese klassifikasie nie) leer om hulle hand op te steek en te sê: "Ek is hier, Here.  Wat moet ek doen?"  en hulle toe te rus om te kan DOEN, ongeag wat hulle politieke oortuigings is.
 
Vriendelike groete
Christen, Murg-en-been Afrikaner en ondersteuner vir 'n eie land vir die Afrikaner, tans Suid-Afrikaner omdat ek hier geplaas is
Altyd 'n Voortrekker
Freek Eek


Ek het hom genooi om te registreer en sy standpunte hier self te stel , kom ons kyk of hy nog steeds "die geslote forum " (wat dit ookal mag beteken ) verskoning dan het om nie hier kommentaar te lewer nie .

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #3 op: September 20, 2011, 10:42:05 AM »
"Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin"

Ek het amper gedink dat daar rede was om optimisties te raak :o 8).

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #4 op: September 20, 2011, 11:55:12 AM »
Geagte Freek Eek,

Ek sou graag tyd wou bestee om op jou skrywe kommentaar te lewer. Ek, en vele ander Bravolanders is egter op die oomblik besig om die komende naweek se VVK verkiesing 'n sukses te maak. Volksvryheid is vir ons belangrik en nie assimilasie nie.

Ons sit dus nie net en kritiseer soos wat u ons beskuldig nie.

EK dink ook dat u die woord "volk" met die woord "nasie" verwar.

Groete,

Alwyn de Klerk
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #5 op: September 21, 2011, 02:35:46 PM »
@Alwyn,

Jammer as ek verkeerd verstaan het.  Ek het Sanderis en Willem se kommentaar gelees as kritiek op 'n Afrikanerjeugbeweging wat 80 jaar oud is.

Ek verwar definitief nie "volk" en "nasie" nie.  'n Volk is 'n kultuureenheid.  'n Nasie is 'n staatkundige (of politieke) eenheid.  M.a.w as daar gepraat word van 'n "nasie", word daar gepraat van 'n groep mense wat onder dieselfde grondwet of "politieke bestel" val. 
Nasie: Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort, wat 'n politieke eenheid vorm.
Volk: Groep mense, lewensgemeenskap wat deur eenheid van taal, sedes en historiese ontwikkeling kultureel saamhorig is.
My vraag is: Watter invloed het die vorm van iemand se tande, of sy hare of die kleur van sy vel op sy kultuur? 
Die motivering vir 'n "volkstaat" is tog seer sekerlik dat mense in 'n land mag leef waar die wette van die land strook met hulle "sedes" of "waardes" wat aan volk gekoppel word.  Die vraag wat ek met ander woorde vra is watter invloed die vorm van iemand se tande, of sy hare of die kleur van sy vel op sy sedes en waardes het.

En terloops, ek probeer jou geensins besig hou met sinnelose debatte nie.   Ek het bloot gereageer op kritiek op 'n Afrikanerjeugbeweging se positiewe voorstel en wil weet waarom die kritici reken om nie deel te neem nie en ander Afrikaner organisasies aan te val 'n beter oplossing is.

Ek wens julle alle sterkte toe in julle pogings.  Soos ek julle reeds vantevore in kennis gestel het sou ek graag wou deelneem, maar 'n voorvereiste vir deelname is om te aanvaar dat ras 'n invloed op kultuur uitoefen en ek kan nie die verwantskap insien nie.
« Laaste verandering : September 21, 2011, 03:24:38 PM deur Frederick »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #6 op: September 21, 2011, 03:20:13 PM »
Frederick,

Jy wil gekke  logika gebruik om ons te oortuig 'n bosduif kan 'n arend wees. 'n Kleurling is nie deel van die Boerevolk nie al dink jy dit is die polities korrekte standpunt om in te neem, dit sal nooit 'n werklikheid wees nie. Binne jou defenisie van 'n volk, stel jy dit tog duidelik dat daar 'n gesamentlike historiese ontwikkeling ook teenwoordig moet wees en dat daar kulturele samehorigheid moet wees. Hierdie twee punte vergeet jy egter in jou poging om my volk deel te maak van 'n bastervolk.

As die Voortrekkerbeweging 'n Zulu seun hulle voortrekker van die jaar wil maak, dan beteken dit nie daardie Zulu is nou deel van my volk. Hy bly 'n Zulu wat lid is van 'n multikulturele organisasie wat eens op 'n tyd 'n Afrikaner organisasies was.

 

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #7 op: September 21, 2011, 03:42:46 PM »
Ben jy verwar nou weer twee dinge.  Ek probeer jou nie oortuig kleurlinge is Afrikaners nie.  Allermins en inteendeel.  Die Afrikaner was deur die eeue heen hoofsaaklik "blank" uit individuele keuse en nie deur wetgewing nie.
Jy kan natuurlik nie 'n Zoeloe en 'n Afrikaner wees nie.  Jy is een of die ander.  Die beginsel is watter een jy is, is aangeleer en nie aangebore nie.  Dis 'n taal, geloof, waardestelsel wat aangeleer is en word ook bepaal deur waar jou hart lê. 
As ek dus al die "Zoeloe" kinders kon leer om Afrikaners te wees (Afrikaans te praat, Afrikanerhelde as hul helde te sien, hulle te vereenselwig met die Afrikaner se geskiedenis en leefwyse en waardestelsel en dit uit te leef) is ek mos presies besig met een van Jan van Riebeeck se opdragte wat deur die eeue deur ons ou volkie in stand gehou is: Om die lig van die Woord hier uit te dra.
Ek dink jy verwar kultuur met ras.

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #8 op: September 21, 2011, 05:03:56 PM »
Frederick, om Afrikaner of nog meer 'n Boere Afrikaner te wees leer 'n mens nie 'n taal of kultuur nie. JY word groot daarmee, en as 'n persoon se ouers enige waarde geheg het aan jou geskiedenis, hede en toekoms sou jy by geleer het waarom jy 'n Afrikaner is enigste van jou soort in die wereld.
Byvoorbeeld: My Afrikaner wees het nie begin by geboorte nie, maar wel in 1652 toe my groot voor vaderhier aangekom het op die Dromedaris, ja ons is een van die oudste families in die land (na ons is die Van Biljons). My vaders het hier gewerk, gebou en bloed gesweet vir wat ons het, en my kultuur en geskiedenis eie aan ons agter gelaat. VIR MY, nie 'n arme siel wie se voor ouers nie eers die wiel kon agterlaat nie. Om te kom staan en se dat jy saam met my 'n Afrikaner wil wees omdat jy my taal en geskiedenis aan geleer het vat ek as 'n lae hou. Ek sien nie eers die 1820 britse setlaars of self die Hugenote as volbloed Afrikaners raak nie. Sodra jy geleer het waarvan jy kom, kom praat dan oor Afrikaner wees.

Ben, ek vra omverskoning as dit dalk 'n bietjie hard gestel is maar mense wat wil 5c bydra to waarom ek 'n Afrikaner is maak my bloed kook.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #9 op: September 21, 2011, 05:24:26 PM »
@Alwyn,

Jammer as ek verkeerd verstaan het.  Ek het Sanderis en Willem se kommentaar gelees as kritiek op 'n Afrikanerjeugbeweging wat 80 jaar oud is.

Ek verwar definitief nie "volk" en "nasie" nie.  'n Volk is 'n kultuureenheid.  'n Nasie is 'n staatkundige (of politieke) eenheid.  M.a.w as daar gepraat word van 'n "nasie", word daar gepraat van 'n groep mense wat onder dieselfde grondwet of "politieke bestel" val. 
Nasie: Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort, wat 'n politieke eenheid vorm.
Volk: Groep mense, lewensgemeenskap wat deur eenheid van taal, sedes en historiese ontwikkeling kultureel saamhorig is.
My vraag is: Watter invloed het die vorm van iemand se tande, of sy hare of die kleur van sy vel op sy kultuur? 
Die motivering vir 'n "volkstaat" is tog seer sekerlik dat mense in 'n land mag leef waar die wette van die land strook met hulle "sedes" of "waardes" wat aan volk gekoppel word.  Die vraag wat ek met ander woorde vra is watter invloed die vorm van iemand se tande, of sy hare of die kleur van sy vel op sy sedes en waardes het.

En terloops, ek probeer jou geensins besig hou met sinnelose debatte nie.   Ek het bloot gereageer op kritiek op 'n Afrikanerjeugbeweging se positiewe voorstel en wil weet waarom die kritici reken om nie deel te neem nie en ander Afrikaner organisasies aan te val 'n beter oplossing is.

Ek wens julle alle sterkte toe in julle pogings.  Soos ek julle reeds vantevore in kennis gestel het sou ek graag wou deelneem, maar 'n voorvereiste vir deelname is om te aanvaar dat ras 'n invloed op kultuur uitoefen en ek kan nie die verwantskap insien nie.

Frederick,

Ons definisies sal nooit bymekaar uitkom nie en ek twyfel of die een die ander gaan oortuig. Volgens my het die Voortrekkers 'n Afrikaanse (en nie Afrikaner) jeugbeweging geword, waarmee ek my nie kan vereenselwig nie. Ek gun jou jou Nuwe Suid-Afrika. Ek sien dat jy jouself eerder beywer vir 'n multi-kulti verkiesing as 'n volkseie verkiesing.
Plaasmoorde waar niks gesteel word nie, is seker ook nie volksmoord nie maar bloot net misdaad.....

Dankie vir die sterkte wat toegewens is. Ek sal glad nie jou beweging mis wanneer ek in die Volkstaat is nie.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #10 op: September 21, 2011, 05:57:09 PM »
@Alwyn.  Ek sien jy lees nie mooi wat ek skryf nie.  Waar het ek ooit gesê ek ondersteun die "Nuwe Suid-Afrika"?  Ek het hard gewerk daarteen, maar Ek is hier en jy ook.  Of ons nou daarvan hou of nie. 
Ek verskil van jou net op drie punte:
1.   Ek kan nie verstaan watter effek aangebore kenmerke (ras) op kultuur het nie en nie een van julle kon dit (nog) vir my verduidelik nie.
2.   Ek glo nie dat om mense wat nie met jou sienings en definisies saamstem aan te val en te kritiseer jou enigsens nader aan die ideaal van 'n volkstaat kan bring nie (presies die teenoorgestelde).  Weereens kon niemand hier nog vir my verduidelik hoe sulke gedrag enigsens die saak vir 'n volkstaat bevorder nie.
3.   Ek kan nie insien hoe om nie jou stem uit te bring enige voordeel vir die Afrikaner inhou nie.
 
@Wit boer.  Ek kom van dieselfde plek as waarvandaan jy kom en my voorvaders van dieselfde plek as jou voorvaders.  Myne was egter nie op die Drommedaris nie.  Hulle het eers gekom na die bloedvermenging met die Khoi stopgesit is.  Kan jy dalk 'n afsnydatum gee?
« Laaste verandering : September 21, 2011, 06:19:01 PM deur Frederick »

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #11 op: September 21, 2011, 10:52:26 PM »
Frederick

Dit is vir my interessant om deesdae op te merk hoe elke Afrikaner pogings aanwend om die resultaat van ons volk se optrede in 1994 te minimaliseer. Sommige beroep hul op interne staats-remedies, soos die onchristelike grondwet ten einde hulself as individue en dan ook soms hul mense te beskerm. Ander sien egter wat reeds na my mening op die eerste dag van hierdie nuwe bestel sigbaar was, naamlik dat ons met een groot gemors opgeskeep gaan sit en in die proses as volk gaan ophou bestaan. Hierdie gedeelte, alhoewel hul daagliks deur die liberale kontingent in die land doodgesmoor word, is ook na my mening besig met ’n positiewe stap in die rigting van vryheid.

Die reaksie op die Voortrekker beweging se standpunt dat “ons” moet stem in die nasionale munisipale verkiesings en daardeur bewys dat ons “positief” is verdien egter kommentaar. Ek besef noodwendig dat iemand in sy groepie met enersydse denke as die ander in die groepie baie moeilik homself kan beweeg om die grense wat ander groepies soos die Broederbond en so meer vir hom en sy groepie opgestel het te verskuif. 

Laat my nogal dink aan wat vandag bekend staan as die “American Revolution”. Toe ’n minderheid Amerikaners die besluit geneem het om met ’n regsproses tot vryheid teen Brittanje te begin, het die meerderheid Amerikaners sterk daarteen te velde getrek. Die groepe was genoem die patriotte en die lojaliste, lojaliste natuurlik diegene wat Brittanje ondersteun het. Interessant van die lojaliste was dat ’n wesenlike deel van hulle nie met die manier hoe Brittanje oor hul regeer het saamgestem het nie, maar tog gevoel het dat, soos jy dit stel, hulle “tog nou hier is en die beste van die saak moet maak”. Die patriotte, geag en beskryf as die “ekstreme mal minderheid”, het egter gesien wat lankal reeds sigbaar was: vryheid as nuwe volk sou slegs kom daar en waar hul hulself losbreek van die Britse staat. (Iets wat die Voortrekkers vanaf 1834 ook so ewe gedoen het…) Ons almal ken die geskiedenis van die Amerikaanse Revolusie: sewe swaar jare van stryd, met die een terugslag na die ander, waarvan New York seker die grootste was. Dit was maar net Saratoga en later die beslissende Yorktown wat die verskil gemaak het en dit reggekry het dat Washington, Green en Gates met reuse deursettingsvermoë dit kon regkry om vryheid vir hul as volk te bewerkstellig. Sou mens in die 1790’s na Amerika gekyk het, sou jy nie kon glo dat hul daaruit kon opstaan en ’n wêreldmoondheid sou word nie.

Een aspek van die Amerikaners se vryheidstryd, een wat dwarsdeur elke enkele volk se stryd om vryheid tot vandag toe heen deursyfer as ’n absolute waarheid: Die patriotte, die vryheidstryders, is in wese hoopvol en positief. Soveel so dat mense soos Adams, Jefferson, Franklin, Washington en dies meer as die voorbeeld van ’n positiewe ingesteldheid geag word. So ook in ons eie volk, sou ons dink aan mense soos Kruger, De Wet en De la Rey.

Die geskiedenis het dit reeds onweerlegbaar bewys, die man wat in die uur van nood vir sy volk opstaan en die juk van slawerny en vreemde regering van sy skouers afgooi word, alhoewel in die oomblik as “ekstreem” of “regs” of “afbrekend” beskou, op die lange duur altyd met respek geag die een met die positiewe ingesteldheid te hê. Wie vandag onthou nog die negatiewe verraaiers tydens die Tweede Vryheids Oorlog? Wie vandag onthou die lojaliste wat nie ’n positiewe verandering in die Amerika van die 1790’s wou sien nie? Die mensdom, alhoewel in sy wese ingestel op persoonlike gemak en hebsug, bewonder nou maar altyd diegene wat in hul tyd teen ’n onreg opgestaan het. Dit neem in wese ’n positiewe mens, iemand met hoop, om nie maar bloot die onreg van sy tyd te aanvaar nie en dit te bestry. Dit vereis ’n bykans onmenslike positiewe ingesteldheid en die absolute geloof en hoop in ’n goeie toekoms om nog sovêr te gaan as om die onreg van sy tyd met minagting te bejeën en homself daarvan los te skeur. (Toevallig ook soos die Voortrekkers in die 1830’s).

Ja, die toekoms het vir elke Voortrekker in die 1830’s donker gelyk en ja die 90% (kan jy glo so baie!) wat agtergebly het, het gedink die Voortrekkers moet mal wees om met hul hele lewensbestaan die donker van Afrika tegemoet te trek. Die koerante en geskrifte van die 1830’s in die Kaap gee ’n baie interessante perspektief op die sosiale en maatskaplike omgewing van die tyd, en veral word daar regdeur beklemtoon (deur ons eie mense van die tyd!) dat hierdie klomp Trekkers darem baie negatief moet wees. Ek hoop jy kry eendag die tyd om bietjie te gaan lees hoe ons volk in die 1830’s gedink het, veral van die Trekkers. Dit voel of jy vandag se koerante lees! Die Trekkers was geag as mense wat nie bereid is om saam te werk tot ’n beter “kolonie” (lees: “nuwe SA”) nie. Mense wat nie wil aanvaar dat “ons nou maar is waar ons is en dit gelate wil aanvaar nie”. En ja, mense wat beslis negatief moet wees en nie die logiese van die “vernuwing” in kerk en samelewing wil insien nie (lees: volksvermenging, vermenging in kerk en samelewing met ander rasse, iets wat die “negatiewe” Voortrekkers nie mee kon saamgaan nie). En Frederick, of hoe sê hul dit deesdae in die Voortrekkers? O ja, en Frederick, “lol”, jy noem jouself ’n Voortrekker???

Ek onthou die Voortrekkers as jeugbeweging baie goed. Ek kan nou nie sê ek ken hulle nie, want genugtig die hele etos en waarde-stelsel het verander, maar ek onthou hul goed. Ek was lank ’n Voortrekker, reeds vanaf my geboortejaar het ek elke jaar ’n groot Selfbehoud kamp bygewoon. My pa was daar offisier en ook vir ’n paar jaar op sy dag Transvaalse Fakkeldraer vir die Voortrekkers. Ek was in ’n paar kommando’s, die laaste een in Pretoria in die Christiaan de Wet-kommando. Ek was selfs in die Voortrekker-tradisie lid van Buitegroep. Maar nou ja, ek onthou ook die kongres daar in die Kaap toe die beweging dekade-lange beginsels vir gemak en hebsug in die “nuwe” SA weggegooi het. Soos die hele Transvaalse Dagbestuur, behalwe Jackie Grobler, toe bedank het, het ek ook myself van die “nuwe” beginsellose Voortrekkers onttrek. Hoekom? Want ek kon bloot nie meer met soveel negatiwiteit saamgaan nie. Ek kon nie daar sit en luister hoe jongmense geswaai word om te dink dis positief om wankultuur en onbeskaafde idees te ondersteun nie.

 Ja, jy is nou ietwat kwaad vir my, maar kom ek verduidelik. In hierdie bestel baseer die samelewing homself op ’n “ubuntu” gees. Jy sal weet wat dit is, dit is iets wat die Voortrekkers van vandag “pragtig” uitleef. Om saam te vat: “Ons is almal deel van hierdie een nasie en in ‘liefde en vrede’ sal elkeen se kultuur en volkseie sodanig aanpas dat dit die geheel van die nasie daarmee gemaklik is.” Die geheel van die nasie se kultuur lyk ongelukkig baie anders as my en hopelik jou kultuur. Die effek van die ubuntu is dat ons nou maar moet toekyk hoe die staat met ons geld ’n reuse monument langs die Voortrekker monument bou en dan daar ’n sogenaamde heilige put skep waarin soos hulle dit stel alle gode woon. Ook die Dire-Enige God. En van daar leef die gode in gelykheid en harmonie en straal die gees van versoening oor SA. My goeie genugtig, en die Voortrekkers dink dit is oulik? Ons God is sommer nou dieselfde as allah en die voorvadergeeste en bly in ’n put van alle plekke? Kom nou Frederick, dit kan tog nie positief wees nie! Die bestel se denke word weerspieël in hulle Grondwet, een wat ons God weereens by die woord aan ander gode gelykstel en wat die humanisme (mense-regte) as die nuwe god van SA daarstel. En jy is daarmee gemaklik???

Om positief te wees beteken om as Christen en Afrikaner positief te wees. Nie om sogenaamd positief volgens die wêreldse riglyne te wees nie. Beslis nie. Dit was nog altyd die meerderheid wat die minderheid wat so uit die wêreldse en sy onregte wil losbreek as negatief beskou het. En dit was nog altyd dieselfde wêreld wat ’n paar geslagte nie een enkele naam van die sogenaamde “positiewe” meerderheid kan onthou nie, bloot omrede die meerderheid wat gelate sy status as slaaf aanvaar op die ou end met geen substansie iewers in ’n graf lê en vrot.

Jy vra wat is kultuur. Weet die Voortrekkers nog wat dit is? Kultuur kom vanuit ons as mense se kultuur opdrag in Genesis. Dit word derhalwe gemeet aan Bybelse beginsels. Ek weet jy gaan nou vra maar wat van rugby en vleisbraai. Wel, ek besef daar word deesdae aan ons jongmense geleer dat rugby en vleisbraai eintlik ons kultuur is en nie die Bybelse kultuur wat ons volk vir eeue lank beoefen het nie, maar is rugby en vleisbraai in wese ’n norm van wat ’n samelewing in sy sosiale omstandighede is. Dit vloei uit kultuur uit, maar is streng gesproke nie kultuur nie. Waar ek eintlik wil uitkom is, is wankultuur. Wankultuur is onbybelse norme, dit is om teen die kultuur opdrag en die uitoefening van Bybelse kultuur in te gaan. Byvoorbeeld, aborsie is wankultuur, prostitusie is wankultuur, misdaad is wankultuur, om ons God aan ander gode en skepsels gelyk te stel is wankultuur, om volke se identiteit weg te smoor ten einde ’n nuwe onbybelse nasie daar te stel is wankultuur, die simboliek van die vlag wat hulle so laat wapper is wankultuur, die grondwet van die land is wankultuur en die ondersteuning en instandhouding van ’n onchristelike bestel is walglike wankultuur. Jy is seker in ’n Protestantse kerk, hoop ek en sal dit dalk help om na jou eie kerkvaders se geskrifte in samehang met die Bybel te lees en sal jy dalk jouself skok om te vind dat om ’n onchristelike bestel soos hierdie een willens en wetens in stand te hou is ’n vorm van wankultuur.

Ja, ek weet die afgedwaalde predikante predik deesdae, soos al vir eeue lank, dat jy as individu alleen voor God staan en jou nie moet steur aan die wêreldse regerings nie en dit maar net moet aanvaar. Hulle vergeet gemaklik van die opvoedingstaak en die vestiging van Christelike waardes. Die humanisme is wat geld, net die eie ek sou mens oor hul kon sê. Geen volk kan as gelowige volk oorleef indien sy kinders vertel word dat allah en voorvadergeeste oulik en reg is nie. Of dat ons “wonderlike” grondwet reg is deur te stel dat ons God ook maar net dieselfde as ander gode is. Maar nou ja ek besef mense is deesdae so vol van die humanisme dat hul skoon liries raak as jy aan geloof raak en dan volhard in hul vervloeking van die kultuur opdrag.

Terug by die Voortrekkers, ek dink dit is darem negatief om ’n onchristelike en onbeskaafde bestel in orde te wil hou. Ja, dit is wat jy doen deur te stem! Sien ek praktiseer in die reg en daar is nie een enkele persoon wat my nog kon aanvat op die volgende nie: Die volk wat aan ’n proses van regering in ’n land deelneem, het geen aanspraak op vryheid nie. Hulle gaan gewoonlik en omseil hierdie regsbeginsel deur dan te stel dat ons nou maar hier is en dit vir nou beter is om te stem. O ja? Wat het julle stemme uitgerig? Enigiets positief die afgelope 15 jaar? Ehm, nee! Voel maar leeg om te stem en te stem en te stem en dinge gaan net verder en verder agteruit en wankultuur seëvier net meer, of hoe? Dit is negatief om jou volk slawe te hou van ’n ander volk. Sou jy antwoord nee jy is vry? Mmm ja, vryheid onder ’n regering wat soos internasionaal erken volksmoord teen Afrikaners pleeg, aborsie toelaat en ons geloof afbreek is vir jou vryheid?

Nee wat Frederick, die Voortrekkers het vir dekades ’n reguit pad geloop van beginsels. Hulle was so positief om nie die huidige van destyds te aanvaar en bloot onder engelse bewind voort te leef nie. Hulle was positief en het meegewerk aan vryheid vir die Afrikaner. Ja, deur die gegewe van die tyd te verander! Ten goede! Ons volk loop al van die Hervorming en Volksplanting op ’n reguit pad, een gebind aan beginsels. Nou dat ’n deel die pad verlaat het en afdwaal tussen die goddelose bestel en sy vlag en grondwet in, dink hul ons het kamstig regs gedraai? Ek kan jou verseker, Alwyn, Sanderis, Ben Geldenhuys en Werner Smook en vele ander is presies op dieselfde pad as al die beginselvaste geslagte voor ons. Hulle het nêrens heen genaan nie, die wêreldse en sy humanisme en ongelowigheid kon hul nie verskuif nie. Die Voortrekkers het so skeef uitgedraai mens sou wonder of hul ooit op ’n pad van enige aard was, maar nou ja dit is wat negatiewe denke aan mens seker doen.

Kom ek antwoord jou eintlik gou op jou punte:
1. Ras.

’n Aanvaarde wêreldstandaard vir die bepaling van ’n volk. Nie die enigste een nie en ek stem saam mense moet dit ook nie as die enigste een daarstel nie, maar beslis ’n kenmerk. Die voete van klei lyk dalk aanloklik, maar ’n volk gebind in sy tradisies en kultuur kan nie sommermeer omrede ’n terroriste organisasie soos die ANC dit vereis nou hul definisie en identiteit verander nie. Die Afrikaner is euro-etnies. Dit is deel van God se raadsplan en skeppingswerke, hy het ons as volk reeds in die heel begin in sy oog gehad, hy het ons reeds gevorm as deel van sy groot raadsplan. Ek wil nie daarmee foeter net omdat die ongelowige ANC en sy humanistiese ondersteuners sê ek moet nie. Boonop, nog ’n definisie van ’n volk is wedersydse aanvaarding. Die Afrikaner aanvaar nie Zoeloes of dan swartes as deel van die volk nie. Al doen jy, beteken dit nie die volk doen nie. Jy beloof daardie kind sekere voorregte en regte as deel van ’n bepaalde volk, maar is oneerlik daardeur van hom weg te hou dat die volk waarin jy hom wil inforseer hom nie gaan aanvaar nie. Negatief ja!

Kom ons veronderstel jy het nou ’n klomp Zoeloes (jy verwys na ’n volk ironies genoeg!) en hul word nou Afrikaners deur opvoeding. Dit sal beteken ons moet gelate aanvaar hy het ALLE aspekte van sy kultuur afgesweer? Nee, dis onmoontlik en gaan jou identiteit noodwendig met syne verstrengel. Boonop besluit JY as volwassene namens die Zoeloe (hy bly ’n kind, moenie vir my sê hy wil self dit he nie) hy word nou ’n Afrikaner en besluit JY hy word van sy eie kultuur en volk ontneem. Hoekom hou liberaliste aan en aan om ander volke as swak en minderwaardig te beskou en al daardie volke ook nou Afrikaners te wil maak? Is dit wat jy glo? Sy volk is minderwaardig en nie goed genoeg vir daardie Zoeloe kind nie? JY sal hom “ophef” na jou kultuur toe?? Nee, Frederick, wees eerder positief en gun hom sy eie volk en kultuur. Help hom eerder om vir sy eie volk ’n jeugbeweging te stig as wat jy hom daaruit wil skeur en in my volk wil inforseer waar hy in elk geval nie deur die meerderheid van my volk aanvaar sal word nie en altyd eenkant gaan voel.

En as hy groot is en nou Afrikaner is, sal jy natuurlik hande klap as hy met jou dogter trou, want hy is mos ’n Afrikaner. Een van ons of hoe? En die seks wat daarop volg en die kindertjies wat anders lyk en altyd as kindertjies deur die res van die volk snaaks aangekyk gaan word omrede hul oupa besluit het dat dit oulik en reg is, is natuurlik vir jou ook mooi en goed? Moet wees as jy besluit hulle is Afrikaners.

Ek kan nie verstaan dat mense onnatuurlik en geforseerd ons volk wil verander nie, maar nou ja negatiewe denke bring dit seker mee.

Ons volk is blank, dit is ’n gegewe en nie die Voortrekkers of die ANC kan dit verander nie. Volke is geskape en gevestig en positiewe mense lol ook nie daarmee nie. Sou jy verskil, kan jy dan maar die pad van konflik met die skriftuur en die natuur loop. Die resultaat sal ook een wees van geen erkenning vir jou futiele pogings nie. Die realiteit en werklikheid van wie en wat ’n volk is, gaan soos gewoonlik seëvier.

Ten laaste: Die Voortrekkers is by die ABN as breër netwerk ingeskakel. Om daar ingeskakel te wees word erken dat die Afrikaner blank is. Nie Zoeloes nie. Nie kleurlinge nie. Blank. So Frederick jong ek weet julle praat deurmekaar en weet nie meer wie julle is nie al dink jy nog so, maar moenie hier kom se Afrikaners is pienk en geel en die enigste volk wat alle volke kan insluit terwyl jy (jou beweging) by ABN inskakel en stel dat ons volk blank is nie. Julle moet uit julle deurmekaar denke kom en begin om een ding te sê.

2. Kritiek.

Sanderis is positief. Hy glo in vryheid. Ben Geldenhuys is positief. Hy beveg die onreg wat ons volk oorkom. Alwyn is positief. Hy voer die kultuuropdrag van die Bybel uit, sonder skroom. Werner Smook is positief. Hy wil ’n positiewe verandering in ons volk se omstandighede sien.

Wat doen positiewe mense? Hulle leef hul positiewe gedagtes en die wil om te hoop uit. En daarby word ingesluit om negatiewe denke en optrede aan te vat. Jou benadering tot “geen kritiek” beteken die volgende:
Hipoteties gestel, is daar twee rugby spanne. Die een is “positiewe denke” en die ander “negatiewe denke” Volgens jou voorstel moet positiewe denke heeltyd van negatiewe denke weghardloop en toelaat dat die skare net negatiewe denke sien wen? Dit maak nie sin nie Frederick.

Ek het reeds gesels oor positiewe mense. Die man wat nie ’n barbaarse bestel in onreg gebore in stand hou nie is positief. Enigiets minder is negatief. Ek bestry negatiwiteit. Ek kan nie anders nie. Ek stem eerder in ’n VVK verkiesing wat ’n positiewe verskil gaan maak as om in ’n negatiewe verkiesing met geen positiewe resultate nog vir wel altyd te stem. Boonop daal ek nie so negatief dat ek nog my volk se aanspraak op selfbeskikking en vryheid doodsmoor met my deelname aan ’n bestel wat net slapgatte kan aanvaar nie.

3. Stem nie voordeel?

Om te stem bring jou die volgende voordele: Bly stil, jy het jou sê gehad en aangetoon jy is deel van die bestel. Betaal jou belasting en o ja dankie dat jy gestem het jy het as volk nou vir ’n verdere 5 jaar nie ’n regop selfbeskikking nie. Aborsie vir jou? Wat van ’n voorvadergees seremonie? Dit is wat jy met jou stem per implikasie aanvaar het (sosiale kontrak Frederick, gaan lees bietjie op daaroor).

Frederick, ek moet derhalwe van jou verskil. NEGATIEWE BURGERS STEM. PUNT.

Wat is hierdie mense wat jou daaroor aanvat? Dit is mense wat, ongebonde aan die wêreldse standaarde en norme, ongebonde aan die ubuntu en voorvadergeeste van die ANC, ongebonde aan die onregmatige on onchristelike bestel, hulself daarop instel om ’n beter toekoms vir hul mense te skep.
Ben Geldenhuys, Alwyn, Werner Smook, Sanderis, Wit Boer en Hektor is
positief,
hoopvol,
toekomsgerig,
beginselvas,
draers van die vlam van vryheid,
die manne in ’n volk om op trots te wees.

Sterkte dan van my kant af aan jou en jou beweging. Miskien vind jul weer die pad van ons volk, maar intussen gaan jul dit nodig he in ’n bestel gebind aan sy ubuntu wat jul net kan teleurstel en die toekoms net donkerder en donkerder, sonder hoop en sonder positiewe uitkoms gaan laat. Sterkte daarvoor. Ek werk vir vryheid, vir ’n eie republiek. Waag dit om deel te wees van so ’n hoopvolle boodskap. Dit is verligtend! En nie verkramp negatief soos wat die alle-daagse bestaan onder hierdie bestel ook die Voortrekkers beïnvloed het om hul volk in die steek te laat nie.
Sterkte…
Apartheid is Liefde

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #12 op: September 22, 2011, 02:23:08 PM »
Jankejan.  Dankie vir die breedvoerige antwoord tussen al die politieke, opswepende kommentaar en die naamnoemende en organisasieverbindende verdagmakery.

Na dit alles kom ons weer by dieselfde punte.  Lees weer: ek het nooit gesê die Afrikaner is nie "blank" nie.  Ek het nooit gesê die Afrikaner moet sy kultuur versaak of afstand doen van wat syne is nie.  Presies die teenoorgestelde.  Ek het gesê die Afrikaner is deur die geskiedenis uit eie individuele keuse "blank".  Ek sê ons leefwyse, waardes en norme (ons kultuur) is ons getuienis in hierdie wêreld.  Dit is (moet wees in sommige mense se geval) 'n lewe tot eer van God, soos dit van Jan van Riebeeck se tyd regdeur die geskiedenis was.

My eerste vraag (watter rol speel aangebore biologiese kenmerke in kultuur) wat niemand nog kon antwoord nie, het 'n baie spesifieke doel.  Die doel is nie om almal nou as Afrikaners te groepeer nie.  Die doel is om mense wat ander mense in kassies plaas en dan onpersoonlik as 'n groep wil hanteer (presies soos Julius Malema) te laat besef ons praat van individuele mense.  Mense vir wie Jesus in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan gesê het elkeen van ons 'n naaste moet wees.  Hy het nie gesê die Samaritaan moet 'n Jood word of die Jood 'n Samaritaan nie.  Terloops jy sal opmerk dat ek "Zoeloe" in aanhalingstekens geplaas omdat dit gaan oor 'n swart kind waarna vantevore (nie deur my nie) as 'n Zulu verwys is.  Miskien moet ek dit net duidelik stel: Die Voortrekkers bepaal nie wie Afrikaner is en wie nie.  Om die waarheid te sê: Ek kon nog nie die Afrikaner registrasie-owerheid vind nie.  Die doelstellings en wese van Die Voortrekkers is duidelik omskryf en gedefinieer.  Die Voortrekkers ontwikkel kinders (in die besonder die Afrikanerjeug) as konsekwente Christene en leiers daar waar hulle is (positiewe burgers).  Dit word in die Afrikanerkultuur gedoen.

Die volgende twee vrae borduur eintlik voort hier op.  Hoe is ek vir ander mense 'n naaste as ek hulle die hele tyd kritiseer, aanrand, borde verf, ens?  Jy moet die gelykenis weer mooi gaan lees.  Onthou die vraag wat Jesus met die gelykenis geantwoord het is: Wie is my naaste?  Die Fariseër het dit gevra omdat hy mense wou uitsluit uit "die naaste vir wie hy moet liefhê".  Aan die einde antwoord hy self die vraag: "Wie was die naaste van hom wat onder die rowers verval het" (die Jood), met: "Die een wat aan hom medelye bewys het".  Jesus se opdrag is dan: "Gaan en doen jy ook so".
Jesus draai met ander woorde die vraag om.  Hy sê dat jy nie moet vra "Wie is my naaste? nie, maar "Vir wie kan ek 'n naaste wees?" daar waar ek is.

Dit is hoe die Afrikaner (ten minste die wat groot leiers en volkshelde geword het) dit deur die eeue gedoen het.  Die Trekkers het tog nie die wat nie wou trek uitgekryt as "verraaiers" nie?  Wie is deur wie aangerand omdat selfs die kerk teen die trekkery was?  Ek hoor graag watter Afrikanerleiers of selfs -helde (buiten Danie Theron) ooit iemand aangerand het of eiendom vernietig het om sy standpunt te stel.  Watter van hulle het die geleentheid om te stem laat verbygaan? 

My drie vrae is eenvoudige vrae.  Nie een van hulle is nog beantwoord nie.  Ek is wel nou al verbind aan die ANC, die Broederbond, Ubuntu, volksmoord, liberaal en 'n streep ander dinge.  Die oomblik wat ek 'n vraag of standpunt het wat nie ooreenstem met jou persoonlike siening nie, word ek verbind aan alles wat jy as sleg sien.  Dit is presies die verdagmakery waaroor ek ook kommentaar gelewer het.

Terloops, ek is al 35 jaar by Die Voortrekkers betrokke en het nog nooit met die Broederbond (of die Afrikanerbond) kontak gehad nie.  Die Voortrekkers se hoogste menslike gesag is die Kongres wat bestaan uit afgevaardigdes van alle kommando's.  Ek hoor graag hoe jy reken die Broederbond "die grense stel".

Dit my vriend is die kern van die probleem.  Dit en die feit dat hierdie optrede in stryd is met hoe Christen Afrikaners deur die eeue opgetree het.  My kritiek is dus dat die gedrag (nie die doelwitte nie) waaroor ek kommentaar lewer "volksvreemd" is.  Jy wil 'n volkstaat onderhandel met mense wat duidelik gestipuleer het ras mag geen rol speel nie, of beveg in 'n hof wat uitgesproke is teen enige onderskeid op ras, maar jy kan nie eers 'n behoorlike gesprek met 'n mede-Afrikaner (wat jou hier op wil wys) voer sonder om 'n komplot te sien nie.
Jy wil "vreedsaam langs ander leef", maar jy kritiseer alles wat hy doen, want as jy nie kritiseer nie, is jy deel van "die bestel".

Laaste, maar nie die minste nie.  As ons 'n land van ons eie het, maar ons gedrag om daar te kom of terwyl ons daar is strek nie tot eer van God nie, was die reis verniet.  Dan het die doelwit 'n afgod geword.  Afrikanerleiers het dit nog altyd besef en dit is waarom hulle die respek van selfs ons vyande afgedwing het. 

Oor jou antwoorde:

1.   "Euro-etnies" sal dus beteken ons deel geloof, taal en kutuur met Europa.  Dit beteken (as ek gaan oplees)
a.   ons "gedeelde historiese en geestelike erfenis" is: Grieks-Romeinse geskiedenis, Christenskap, Renaissance en sy Humanisme, die politieke denke van "Verligtheid", die Franse Rewolusie en Modernisme (insluitend Sosialisme). 
b.   'n Ryk en dinamiese materialistiese kultuur.
c.   'n Spesifieke konsep van die individu wat uitgedruk word deur die bestaan en respek vir 'n regstelsel wat menseregte en die vryheid van die individu waarborg, insluitend godsdiensvryheid.
d.   'n Verskeidenheid van state met verskillende politieke stelsels wat gedwing is om met mekaar saam te leef.
e.   Respek vir Volke, Lande en Nasies buite Europa.

Is dit wat jy bedoel?  My siening van die Afrikaner is "effens" anders.  Aangesien dit is wat ek kry wanneer ek Euro-etnies gaan opsoek, moet ek aanvaar dis wat jy bedoel, tensy jy jou eie definisie hiervoor ook het.  Uit jou ander geskrifte moet ek aflei dat dit nie is wat jy bedoel nie.

Die interessantste ding is egter dat volgens alle internasionale definisies die individu sy etnisiteit (identiteit) bepaal, nie die groep nie.  Om jou 'n praktiese voorbeeld te gee: Omdat Afrikaner die "ras" konnotasie het, is daar mense wat liewer Afrikaanses of Afrikaanssprekendes genoem wil word.  Die individu kies self waar hy/sy hulle gewig wil ingooi en wie hy/sy wil wees.

In effek het jy die vraag omseil.  Watter rol speel 'n mens se biologiese kenmerke in sy kultuur?  Ek verstaan jy kan nie jou ras verander nie en dat jy maklik nasionaliteit kan verander en dat dit bitter moeilik is om jou kultuur te verander as jy dit eenmaal aangeleer het.  Die feit bly dat buiten dat die vorm van jou tande moontlik die manier wat jy 'n mielie eet kan beinvloed, dit geen rol speel nie.  Jou kultuur word bepaal deur hoe jy grootword en wat jy aanleer.  Dit bepaal ook hoe jy die wêreld beskou en hoe jy optree.  Terloops ek het nie gevra wat is kultuur nie en ooknie uitgebrei nie, ek het aanvaar almal weet of kan gaan oplees.

2.   Ek het geen probleem met kritiek nie. Christene lewer opbouende kritiek.  Die belangrikste kenmerk van Christenskap is Liefde.  As 'n Christen dus iemand of 'n organisasie kritiseer, doen hy dit tot voordeel van die persoon of organisasie wat hy/sy kritiseer.  Dit geld selfs as jy die regerende party of "die bestel" wil kritiseer. M.a.w die doel van kritiek is om 'n naaste vir iemand anders te wees en hom/haar te help.  Wanneer "kritiek" egter bestaan uit verdagmakery, aanrandings, saakbeskadiging en dies meer, wil ek weet hoe dit "opbouend" is.  Watter doel dien dit? 

3.   Jou aanname regdeur die geskrif is dat ek die regerende party(e) en/of hulle beleid (oor aborsie ondermeer) ondersteun.  Deur nie te stem nie, vermeerder jy die regerende party se invloed (tensy jy vir hulle sou stem).  Met ander woorde deur nie te stem nie, aanvaar jy die regerende party se beleid.   
Die punt is baie eenvoudig: "die bestel" is daar en selfs jy is deel daarvan as 'n burger in die land, nie omdat jy wil nie, maar omdat jy hier geplaas is.  Jy het nie aangedui hoe om nie te stem nie die Afrikaner enigsens help nie.  Die verskoning van "aanspraak of reg op selfbeskikking" dra geen water nie.  Die reg wat ons het op selfbeskikking word tog nie bepaal deur of "die bestel" legitiem is of nie.  As dit daarvan afhanklik is, het ons 'n BITTER SWAAR paadjie voor. 

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #13 op: September 22, 2011, 07:11:00 PM »
Frederick,

Jy hammer so daarop dat ons onsself as volk tog net nie op ras kan beroep as 'n voorvereiste nie. Is dit nie so bietjie dubbel standaarde as die Regering van die dag hulle beroep op talle wette wat juis op ras geskoei is nie? (Swart ekonomiese bemagtiging, Rasstellende aksie ens.)

Jy gaan met baie woorde om en se^ nie veel nie. Jy sal 'n uitstekende politikus uitmaak. Is jy vir volksvryheid of nie? As jy is, deel my asseblief mee wat jy daarvoor doen. Op hierdie stadium lyk dit vir my of jy nie regtig vir iets of teen iets is nie.

Ek is so bly dat jy die pragtige gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel het. Ek het deur baie jare baie preke hieroor gehoor. Die verskil is dat die preke wat ek as kind gehoor het, nie dieselfde is as die wat ek in die onlangse verlede gehoor het nie. Wie het wanneer vir my gelieg? Die Bybel het dan dieselfde gebly.

Ek sien jy is al 35 jaar lid van die Voortrekkers. Hoekom het jou gewete jou nie in 1980 gepla nie? Hoekom het jy nie toe al 'n Zoeloe seuntjie in die Vootrekkers opgeneem nie? Hoekom kon hy nie toe deel van jou volk wees nie? Of was dit nie op daardie stadiumnie die politieke korrekte ding om te doen nie?

Aangesien jy my gekoppel het aan aanranders, saakbeskadigers en 'n paar ander dinge kan ek jou maar seker polities korrek noem. Is jou beginsels dieselfde as in 1980 of het jy toe nog nie die "lig" gesien nie?
 
Geen volk het nog ooit vry geword deur op 'n rusbank te sit en 'n SMS te stuur nie. Daar moet iemand wees wat bereid is om sy hande vuil te maak, sodat die res later die vrugte kan pluk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #14 op: September 22, 2011, 07:21:13 PM »
Freek,

Hier is nou weer "verdagmakery".
Hoekom antwoord jy nou eers, die week voor die volksverkiesing, op 'n plasing wat al in Februarie geplaas is?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #15 op: September 22, 2011, 11:18:46 PM »
1.   Ek kan nie verstaan watter effek aangebore kenmerke (ras) op kultuur het nie en nie een van julle kon dit (nog) vir my verduidelik nie.
Maklik: sielkundige, temperamentele en intellektuele eienskappe of die aanleg daarvoor is oorerflike. Daar is 'n baie goeie rede daarvoor hoekom sekere rasse beskawings skep en ander nie en hoekom daardie beskawings van mekaar verskil. Kultuur is 'n funksie van ras. Jy kan gerus die boeke van Gustave le Bon "The psychology of peoples" of Philip Rushton "Race, Evolution, Behavior" hieroor raadpleeg.
2.   Ek glo nie dat om mense wat nie met jou sienings en definisies saamstem aan te val en te kritiseer jou enigsens nader aan die ideaal van 'n volkstaat kan bring nie (presies die teenoorgestelde).  Weereens kon niemand hier nog vir my verduidelik hoe sulke gedrag enigsens die saak vir 'n volkstaat bevorder nie.
Om jou idees te laat geld, sal jy vyandig of swak idees moet verpletter. Daar is vir seker verskillende maniere om dit te doen en om net ander aan te val is beslis nie voldoende nie. Ons sal die regte feite, inligting en argumente moet deur gee. Dan gaan daar ook baie minder dom vrae soos onder jou eerste punt gevra word.
3.   Ek kan nie insien hoe om nie jou stem uit te bring enige voordeel vir die Afrikaner inhou nie.
Weereens maklik. Deur om te stem (in die asaniese stemmery) verleen jy legitimiteit aan die sisteem. Deur om nie te stem nie verwerp jy die bestel en jy sal nou kan te werk gaan vir alternatives.

Tot nou kon nog niemand vir my verduidelik hoe asaniese verkiesingsdeelname enige voordeel inhou nie.

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #16 op: September 23, 2011, 08:24:11 AM »
@Alwyn.
Die antwoord is baie eenvoudig.  Ek het reeds in Februarie probeer registreer op die forum sodat ek kan antwoord, sonder enige sukses.  Ek het 'n hele ruk gelede reeds aan die VVK my spesifieke besware waarom ek nie aan die verkiesing kan deelneem nie ingestuur en dit toe daargelaat.
Ek het hierdie week weer toevallig op die forum afgekom deur 'n Google soektog na iets heeltemaal anders.  Na nog twee onsuksesvolle pogings om op die forum te registreer het ek 'n e-pos (sien Sanderis se plasing van my e-pos) gestuur oor die "geslote forum".  Sanderis het my toe "uitgedaag" om te registreer.  Na nog vier onsuksesvolle pogings het ek weer 'n e-pos na Sanderis gestuur.  Ek het geen antwoord ontvang nie, maar kon twee dae later na nog drie pogings dit uiteindelik regkry om te registreer deur 'n ander gebruikersnaam en e-pos adres te gebruik.
Wat hiervan vind jy verdag?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #17 op: September 23, 2011, 09:04:58 AM »
Freek,

Ek is skielik beindruk. Ek het nie geweet Bravoland se Nasionale Intelligensie afdeling werk so goed nie! ;D

Ons laat mense op die forum toe wat bereid is om by Bravoland se waardes te hou. Daar registreer byna daagliks mense en nog geen ander klagtes is ontvang nie.
Sanderis doen wonderlike werk hier by Bravoland. Ek weet hy is vas met werksverpligtinge hierdie week, anders het hy verseker op jou antwoorde gereageer.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #18 op: September 23, 2011, 09:39:19 AM »
Ek twyfel nie dat hulle goeie werk doen nie.  Ek kon net nie geregistreer kry nie.  ;D

Afwesig Frederick

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #19 op: September 23, 2011, 09:41:16 AM »
Aanhaling
Jy hammer so daarop dat ons onsself as volk tog net nie op ras kan beroep as 'n voorvereiste nie. Is dit nie so bietjie dubbel standaarde as die Regering van die dag hulle beroep op talle wette wat juis op ras geskoei is nie? (Swart ekonomiese bemagtiging, Rasstellende aksie ens.)
Ek sê ras kan nie 'n voorvereiste vir 'n volk wees nie en is gekant teen regstellende aksie of bemagtiging wat ras-gebonde is.  Daar is geen dubbel standaard nie. 
Dubbel standaard sou wees om ras 'n voorvereiste vir volk te maak en terselftertyd "talle wette wat juis op ras geskoei" is af te skiet.  Aangesien jy dus reken jy nie dubbel standaarde het nie en ras 'n voorvereiste vir volk maak beteken dit dus dat JY Swart ekonomiese bemagtiging, Regstellende aksie ondersteun?
 
Aanhaling
Is jy vir volksvryheid of nie?
Absoluut.  Ek ondersteun enige volk se reg op selfbeskikking, in besonder die van die Afrikaner.  Maar dis ondergeskik aan "'n Lewe tot eer van God Drie-Enig", anders word vryheid of Afrikanerskap of Burgerskap 'n afgod.  Ek spandeer gemiddeld 20 ure per week vir 50 weke van die jaar om kinders te leer van God se liefde, ons volk se trotse geskiedenis, hoe om God te eer deur jou lewenswandel, en om volk, land en medemens te dien, ens.   

Aanhaling
Ek is so bly dat jy die pragtige gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel het. Ek het deur baie jare baie preke hieroor gehoor. Die verskil is dat die preke wat ek as kind gehoor het, nie dieselfde is as die wat ek in die onlangse verlede gehoor het nie. Wie het wanneer vir my gelieg? Die Bybel het dan dieselfde gebly.
Persoonlik verkies ek om self my Bybel te lees en te verstaan en met ander se interpretasies te vergelyk.  As kind is ek geleer "almal is my naaste".  Dit is nie wat ek daar lees nie.  Sal graag wil hoor hoe jy dit lees aangesien dit die plek in die Bybel is waar Jesus oor die definisie van "naaste" gevra word.

Aanhaling
Ek sien jy is al 35 jaar lid van die Voortrekkers. Hoekom het jou gewete jou nie in 1980 gepla nie? Hoekom het jy nie toe al 'n Zoeloe seuntjie in die Vootrekkers opgeneem nie? Hoekom kon hy nie toe deel van jou volk wees nie? Of was dit nie op daardie stadiumnie die politieke korrekte ding om te doen nie?
In die 80's was ek 'n jeuglid.  Ek mag verkeerd wees, maar daar was sovêr my kennis strek was daar nie enige "swart" kinders wat in daardie jare by Die Voortrekkers wou aansluit en geweier is nie.  Sal dit waardeer as jy my kan reghelp.  En natuurlik laaste maar nie die minste nie, Die Voortrekkers word gedryf deur vrywilligers uit die Afrikanergemeenskap wat ongelukkig ook oud word en vervang word met nuwe vrywilligers.  Dit is 'n beweging wat soos enige volk met verloop van tyd dus verander (want die mense en omgewing verander).  Kultuur verander soos die omstandighede verander of sterf uit.  Die manier wat ons die aarde bewoon en bewerk verander tog voortdurend.
Aanhaling
Is jou beginsels dieselfde as in 1980 of het jy toe nog nie die "lig" gesien nie?
Absoluut dieselfde beginsels (miskien op party plekke meer insig wat met jare gekom het).  Die kern hiervan is "Lewe tot eer van God, in diens van volk, land en medemens" soos dit nog altyd was.  As daar enige nuwe "insig" of "lig" gekom het sedert ek 'n jeuglid was, was dit dat "land" nie die regering van die dag of die vlag of selfs die wette of grense beteken nie, maar die mense.  Dit pas dus mooi in tussen volk en medemens wat ook mense aandui.  Die mense vir wie jy 'n naaste moet wees.  Dit was heel waarskynlik nie baie duidelik aan my oorgedra of selfs goed verstaan deur die vrywilligers wat my geleer het nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal