Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin  (Read 1932 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #40 op: October 13, 2011, 03:19:40 PM »
Frederick,

Ek sien jy is nou al 'n geruime tyd op Bravoland as 'n besoeker.Ek het maar net gewonder hoekom doen jy nie aansoek vir Burgerskap nie ???

Ek wonder dieselfde ding en hou hom fyn dop wat bespreking van geloof aanbetref aangesien hy regtelik as besoeker nie gemagtig is om geloof te bespreek nie en dit weet hy goed aangesien ek vir hom die basiese skakels van inligting m.b.t. burgerskap ens. gestuur het in my epos aan hom .

Die antwoord is seker eenvoudig , hy stel net daarin belang dat ek 'n wanindruk van die Voortrekkers probeer skep .

Wat my terugbring na die onderwerp van bespreking :
"Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin " ; dit moes eintlik gelees het : " Die Voortrekkers misbruik hul invloed vir politieke gewin "

Nou Fredeick gaan ek jou vra ; hoekom dink jy maak ek die stelling ?

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #41 op: October 13, 2011, 10:03:06 PM »
Los die man, "sy oe is wit en peul uit" en die wat nie kan sien waar heen nie net Suid-Afrika maar die hele wereld beweeg nie, leef saam met die koning van Katoren in sy wit paleis en prys hom toe vir die wonderlike kleed wat hy dra.
So los hom maar hy sal ook in die gat beland by Vereeniging. Die tyd kom nou nader vir ons verlossing ons moet gereed maak en beplan.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Die Voortrekkers gebruik hul invloed vir politieke gewin
« Antwoord #42 op: October 14, 2011, 06:36:42 AM »
Emily Hobhouse ('n Engelse vrou) is deur Afrikaners (insluitend Genl de Wet, Genl Hertzog en dies meer) vereer vir wat sy vir die ons volk (ons vroue en kinders) gedoen het met presies dieselfde argumente as wat jy opper.  As dit nou mode is, was dit seker nog altyd mode. 

Ek vind dus weereens jou reaksie op die Bruce Alexander gedenksteen by die Oval volksvreemd.  Jou reaksie is in stryd met hoe Afrikaners deur die eeue opgetree het.  Dit begin vir my al hoe meer lyk of jy 'n skewe beeld het van die "Afrikaner" en hoe die Afrikaner deur die geskiedenis teenoor mense en ander volke opgetree het, ten spyte van wat hulle aangedoen is.  Ek dink ek verstaan ook skielik wat Danie Langner met "'n volksromantiese bril" bedoel.  As ek kyk na jou kommentaar beteken dit dat alles wat die Boer of Afrikaner gedoen het (of doen) goed is en alles wat iemand doen wat "deel is van die vyand" sleg.  Om die bril te beskerm beteken dan dat enige iemand wat iets doen wat nie in jou bril pas nie, nie 'n Afrikaner kan wees nie.  Weereens 'n herhaling van my oorspronklke komentaar.

Interessant genoeg was die kampleier in Irene voor Alexander Bruce 'n "Boer".  Sou graag meer wil weet oor die "vele bewerings dat die Irene-konsentrasiekamp deur die Britse offisiere in Pretoria vir seksslawe gebruik is".  Wanneer was dit en wie was in bevel van die kamp?  Ek kan nie onthou dat ek ooit enige iets hiervan in die briewe oor die konsentrasiekampe wat deur Afrikanervroue geskryf is gelees het nie.  Kan jy my dalk 'n verwysing gee?  Ek sal dit bitter graag verder wil navors.

Frederick, voor jy nou weer verder die Boere wil mislei met jou kamstige "slim"praatjies, is hier 'n paar punte wat ek vriendelik uitwys.

1.Deur te sê iemand tree volksvreemd op oor enigiets wat gesê word oor die Britte is opsigself volksvreemd. Behalwe as jy deel is van die volk wat eerder die arme Engelse soldate bejammer as die duiwelse Boerevroue en kinders.

2.Emily Hobhouse is inderdaad 'n heldin vir elke Boer wat sy geskiedenis ken, duidelik nie jy nie. Hoekom sê ek nie jy nie? Want Alexander Bruce was 'n betaalde offisier, dus was dit sy werk om te doen wat hy gedoen het. As hy bedank het oor hy diep ontsteld was oor die manier waarop sy mense die Boere hanteer het, en miskien in Engeland gaan pleit het dat die barbaarse oorlog gestop moet word, ja dan was verering miskien gepas. Emily Hobhouse was nie in diens van die Britse weermag nie, sy het in Desember 1900 in Suid-Afrika aangekom. Sy het die volksmoordenaar Alfred Milner gaan vra of sy die moordkampe mag besoek. Hy het ingestem(seker oor hy gedink het sy sal foto's neem en vir hom terugbring sodat hy die lyding meer kon geniet). Die ander koelbloedige moordenaar, Horatio Kitchener, het haar egter verbied om die kampe te besoek en haar slegs in Bloemfontein toegelaat. Dus Frederick, is die gevalle van Emily Hobhouse en Alexander Bruce glad nie dieselfde nie. Noudat jy Milner en Kitchener se name hier raaklees, wil jy nie sommer reël dat die twee here ook bedank word vir wat hulle gedoen het nie? Dit nou terwyl dit die "Afrikaner" se manier oor eeue heen is. O ja, daarom dat terroriste ook bedank en vereer word vandag! Die "Afrikaner" is darem 'n gawe ou volkie ou Frederick. Al word hulle op die wreedaardigste maniere doodgemartel, verkrag en verniel. Tydens die Anglo-Boereoorlog was die barbare Engelssprekend, snaaks, vandag se barbare wil ook net daardie taal praat.

3.Ek dink nie jy weet wat die woord "Boer" beteken nie, want die persoon wat in beheer van die kamp was was nie 'n "Boer" nie, 'n Boer is nie 'n tweegat jakkals en verraaier nie, daardie halfgebakte persoon in beheer was wel.

Sommer net so oor iets wat jy vroeër gesê het, dis nie Boere wat die skade berokken nie Frederick, dis mense soos jy wat alewig ander volke se standpunte wil prys en verdedig. Ons fokus eers op ons eie mense voor ons ander beskerm. Dit moet tog logies wees, in jou vriende se geliefde taal, "Charity begins at home".
« Laaste verandering : October 14, 2011, 08:06:03 PM deur Bittereinder »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal