Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volkseie arbeid  (Read 1674 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Leon Cornelius

  • Gas
Volkseie arbeid
« op: February 16, 2011, 03:15:02 PM »
Dit bly 'n brandende vraag, vat 'n kans en ondersteun jou eie, of vat 'n groter kans en voer jou vyand.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #1 op: February 16, 2011, 09:18:14 PM »
Leon , sal jy omgee as ons in die draad bespreek wat motiveer jou om volkseie arbeid te gebruik ?

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #2 op: February 16, 2011, 10:30:44 PM »
Sanderis, as jy die bedoeling het om uit te vind wat ons mede-Volksgenote in die algemeen motiveer m.b.t Volkseie arbeid kan ek geen probleem daarmee vind nie. Inteendeel, dit sal goed wees om die verskillende opinies te sien, veral in die lig daarvan dat almal wat sover aan die peiling deelgeneem het, positief staan teenoor hierdie saak.
Boeregroete.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #3 op: February 17, 2011, 01:02:28 AM »
Ontspan Leon , jy hoef my nie te wantrou in die saak nie . :)

Die mees algemeenste is seker veiligheid ; daar is te veel inligting wat daarop dui dat volksmoorde gepleeg word met behulp van binnekring inligting m.a.w. inligting verkry deur die werknemers .
Nog 'n motiveringsrede is om ons eie te help waar ons kan want RA (regstellende aksie) maak dit amper onmoontlik vir baie mense om werk te kry .

Ek voel nog 'n motiveringsrede moet wees om jongmense vaardighede en trots in hul arbeid te leer , maar dit is makliker gesê as gedaan (hier praat ek uit persoonlike ondervinding) .

Wat sê die ander , wat motiveer julle om van volkseie arbeid gebruik te maak ?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #4 op: February 17, 2011, 07:36:15 AM »
Ons het gister vir die eerste keer van Charmaine en haar span Boerevrouens gebruik gemaak om ons huis skoon te maak. En wat 'n fees! Behalwe dat alles skitter, weet ek dat daar nie rondgesnuffel is met die oog op 'n latere inbraak nie! Verder het Leon sopas sy kwotasie vir tuindienste aan ons voorgelê en derhalwe sal ons sekerlik vandag nog vir die huidige kontrakteur wat van sulke raserige, donkerkleurige arbeiders gebruik maak, kennis gee. Vir my is die gemoedsrus dat daar nie skelms en skurke op my eiendom rondsluip nie van onskatbare waarde. Verder is dit goed om te weet dat 'n mens op die manier iemand help om te oorleef. Die feit dat dit ons straks 'n paar Rand meer gaan kos as voorheen, is m.i. irrelevant omdat dit oor 'n beginsel gaan. Vandaar my stem by nommer twee hierbo.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #5 op: February 17, 2011, 04:19:27 PM »
Ek neem dan sommer aan na aanleiding van u vorige antwoord dat u die kwotasie anvaar. Nou sal u my net in kennis moet stel van ons eerste diensdatum.  Is daar moontlik nog belangstellendes? Een van die dae is ons dalk te besig, so vinnig spring!

Groete, Leon

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #6 op: February 18, 2011, 07:03:08 AM »
Leon, ja, jy is reg. Ek kontak jou vandag.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #7 op: February 25, 2011, 08:21:19 AM »
Veiligheid en hulp aan verarmde volksgenote kan oorweginngs wees.  Moeg om te sukkel om met 'n vreemdeling te kommunikeer wat jou nie verstaan nie ook.    Maar ek reken dat dit 'n stuk dwaalkultuur in ons volk herstel wanneer ons ons eie mense eerste stel.  Ons het slawe van ons slawe geword, kan amper niks meer doen sonder volksvreemde arbeid nie en sien sekere werk as minderwaardig vir Afikaners om te doen.  Hier by ons sukkel dit aan die een kant om mense te kry om te werk en aan die ander kant om mense so vêr te kry om te verstaan wat ons sê as ons sê dat ons eie mense ook vir minimum loon sal werk.  Ek dink julle moet bietjie van daai plakkerskamp inwoners stuur om op die platteland in die groter dorpe te kom werk soek.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #8 op: February 25, 2011, 11:41:53 AM »

Ek rig hierdie skrywe aan julle as ’n boer (niks te doen met die Boer/Afrikaner debat nie), maar ’n landbouer wat afhanklik is om my brood op my tafel te verdien op die wyse.

Ek lees die talle opmerkings rakende arbeid op die forum en ek stem heeltemal saam dat ons moet wegbeweeg van vreemde arbeid.

Alhoewel ek met die ideaal saamstem is daar tog vir my ’n afwesigheid van insig by baie skrywers rakende die realiteite wat ons boere in die gesig staar. Die skrywers wat amper beledigend van toon is teenoor die van ons wat nog van vreemde arbeid gebruik maak wys net hoe ver verwyder julle is van ons realiteit.

Kom ons begin by die begin-

Boere het ’n hulpbron, naamlik goedkoop arbeid, ontgin. Nou is daar baie slim mense wat gaan reken ons voorouers was onnosel om hiervan gebruik te maak, maar hulle vergeet dat ons boere se plase tot op die grond afgebrand was en dat die volk totaal en al verarm was. Enige en alle hulp is gebruik.

Vreemde arbeid was ook maklik bestuur onder die ou regering. Ons het nie probleme gehad nie, want die werkers se regte het nie die werkgewer se regte oordonder nie.

Neem ook in ag dat baie van die seuns stad toe is om ’n loopbaan te gaan najaag eerder as om op die plaas te bly en te boer. Verstedeliking het boere genoop om ’n roete te volg van vreemde arbeid eerder om seuns soos baie van julle, op die plaas te hou.

Nou goed- waar staan ons vandag?

Ons het ’n goedkoop hulpbron ontgin wat nou weens politieke redes onveilig geword het. Die probleem is egter dat ons letterlik dekades agter ander lande is in hierdie verband. Waar boere in ander lande van die begin af meganisasie nagejaag het om arbeidsbesparend te wees, (neem in ag- met subsidies) het ons boere probeer om ons produksie te verhoog, ongelukkig afhanklik van arbeid.

OM ’n uitlating te maak dat ons almal onmiddellik van vreemde arbeid ontslae moet raak is uiters onverantwoordelik. Dink net bietjie aan die gevolge:

1.   Bankrotskap vir duisende boere.

Die realiteit is baie plase kan nie sonder groot hoeveelheid arbeiders bestuur word nie. Om eenvoudig al jou arbeiders weg te jaag gaan jy jou plaas verloor. Dit is maklik vir iemand met ’n dik beursie of ’n lekker salaris om net vir die boere te se hulle moet alles wat hulle (en heel moontlik generasies voor hulle) het in die water gooi.

2.   Lewensgevaar.

Kom ons gestel boere sou na julle uitsprake luister en binne die volgende maand dank 40 000 boere elk twee mense af-

Julle gaan om baie grafte staan.

80 000 werkers met ten minste 4/5 onafhanklikes elk gee vir jou ongeveer 300 000 tot 400 000 “disgruntled” werkers. Werkers wat as gevolg van ’n politiese rede afgedank is, nie oor die werk wat hulle (sommige vir 20 tot 30 jaar by dieselfde boer) doen nie,

EN

Wat vertroud is met ons opstalle en werkswyse en roetines...

400 000 wat eers besig was om ons boere te help om finansieel te oorleef is nou mense sonder kos op die tafel, wat kwaad is.

DINK NET BIETJIE...

Volkseie arbeid is vir my ’n kopseer- Ek daag julle uit om vir my ’n wit outjie te bring wat net so hard sal werk in dieselfde omstandighede vir dieselfde vergoeding... Julle gaan ver soek.

Dus, met volkseie arbeid moet jy ook maar sukkel om ordentlike arbeid in die hande te kry, maar daar moet vergoeding ook aangepas word ens.

Dit is doenbaar, maar sal baie beter bestuur moet word.

Kom ons praat oor die toekoms-

IN ’n volkseie omgewing, wanneer ons iets van voor af bou, kom ons bou dit reg, onafhanklik van arbeid. Ek praat hier van meganisasie en entrepreneurskap. Hiermee assosieer ek 110%.

Enige boer is bereid om te luister na ’n sinvolle gesprek rondom meganisasie en om arbeid te verminder. Kry befondsing en help die boere om dit te doen, julle sal baie sukses hê,...

MAAR-

Asseblief,

Hou op om allerhande uitsprake te maak rakende ons situasie sonder om dit te verstaan. Dit is een ding om vreemde arbeid te ontmoedig, hiermee stem ons saam, maar dit is iets anders om gedurig neerhalend voor te kom teenoor ons boere wat klaar van alle kante af geklap word...


Groetnis.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #9 op: February 25, 2011, 06:21:04 PM »
Vriend, Ek waarborg jou vandag dat ek 100% met jou saam stem dat mense nie neerhalend teenoor ons boere moet wees nie. Ek dink die probleem is dat daar wel mense is wat bereid is om te werk, maar wat nie die geleentheid gegee word nie. Ek verstaan waar jy vandaan kom en respekteer jou ope skrywe. Die punte wat jy lig is inderdaad geldig, maar ons sal stadig maar seker ons mense wat wil werk aan die werk moet kry. Die proses moet in die stede begin, hier is dit heel haalbaar, maar mense preek volkseie arbeid en hang steeds vreemde arbeid aan.

Ons is beide gefrustreerd, net in ander skoene.

Groete.

Sanderis

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #10 op: March 02, 2011, 12:11:19 PM »
Lyk of die pos verdwaal het en in my inboks beland het :

Aanhaling
vloks eie arbeid
« Gestuur na: Sanderis op: March 02, 2011, 02:10:57 AM »
   
Ja, ek steun volkseie arbeid.Net een klein probleempie.Die mense is te geld gierig.b.v. n' plaas arbeider verdien nie veel nie, maar ons volks eie arbeider wil nie vir dieselfde soldy werk nie.Dit is hoogtyd dat ons Afrikaners saamstaan en werk om n' nasie te bou wat veilig , onafhanklik en trots is.Ek het n' ou op straat n' dag takie ge-offer vir R 200-00 betaling.Tiunwerk en rommel in n' sleepwa laai.Sy antwoord was dat hy meer by die verkeerslig kan bedel.Wat maak n' mens met so n' houding.My oorlede vader het altyd gese dat ons volk nog nie swaar genoeg kry nie.Eers as ons werklik swaarkry sal ons leer saamstaan.Volks groetnis van boggom

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #11 op: March 02, 2011, 08:00:03 PM »
Ek voel hierdie week glad nie vriendelik teenoor volkseie arbeid nie, ons het ons eerste ondervinding met die slegter kant van die blankedom gehad.

Ons het November 'n blanke blokman en sy vrou aangestel en hulle het Desember in ons slaghuis begin werk. Om 'n lang storie kort te maak, hulle het oor die naweek sak en pak verdwyn sonder geen taal of tyding nie of kennisgewing nie. Dit nadat ons hulle baie meer betaal het as wat hulle by vorige plekke gekry het, net omdat hulle blank is.

Vandag moes ek ook uitvind hoe hulle ons besteel het, want dit lyk vir my as jy in hulle kringe beweeg, steek die mense mekaar maklik in die rug sodra hulle nie meer by 'n plek werk nie. Ek sal nooit in der ewigheid 'n blanke persoon se pakkies deursoek om te sien of hulle my besteel nie, want ons mense is seker maar te goedgelowig.

Ek is erg teleurgesteld in my medemens / naaste. Dit voel of 'n mat onder my uitgeruk is. Ek sal seker maar gou leer hoe besigheid werk.

As daar 'n blanke blokman iewers is wat werk soek, kom klop maar weer by my, dalk het ek net met die verkeerde een eerste te doen gehad.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #12 op: March 02, 2011, 10:44:55 PM »
Karina,

Ek is verskriklik jammer om van julle teëspoed te hoor. Dit is werklik hartseer, want feit is dat daar tog mense daarbuite is wat nie so sal optree nie. Die geheim is natuurlik om hulle te vind.

Ek wil jou komplimenteer vir jou bereidwilligheid om weer 'n blanke blokman aan te stel, dit is die soort toewyding wat nodig is in hierdie huidige stryd. En ek hoop van harte dat wanneer jy hierdie persoon vind, hy nie dieselfde sal doen as hierdie twee mense nie. Hou moed, jou deursettingsvermoë met jou eie mense sal beloon word.

Groete.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #13 op: March 03, 2011, 07:19:34 AM »
Karina, jy ly aan dieselfde kwaal as ek: ons is te goedgelowig en dan nog bevooroordeeld jeens ons eie mense ook. Die lewe het ander besigheidsmanne al geleer om nie iemand sonder meer te vertrou net omdat hy een van ons mense is nie. Die duiwel karring maar met ons mense ook! Doen maar deeglik navorsing en stel maar kontrolemaatreëls in - vir almal se beskerming!

Sterkte. Ek glo jy gaan 'n eerlike en betroubare blokman vind wat julle vir baie jare sal kan help.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #14 op: March 03, 2011, 11:16:25 AM »
Oom Adri,

Ek hoop van harte dat Boeretrots Tuindienste u nie sal teleurstel nie. Maar dan moet ek ook met trots noem dat drie van ons vier werkers Verwoerdburg Verkenners is.

Ons poog om dié wat bereid is om hul omstandighede te verbeter, uit daardie vuil plekke te kry en deel te maak van ons vryheidstryd. Ek kan ook noem dat een van ons manne ongeveer 15km in die oggend en weer 15km in die middag fietsry om tuinwerk te gaan doen. Met sulke manne sien ek 'n rooskleurige toekoms vir ons volk.

Boeregroete.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #15 op: March 03, 2011, 11:51:20 AM »
Ek wil beaam wat Leon sê.  Gewoonlik vra ek die boere hier by ons wat is die omset in volksvrreeemde arbeid.  Waarom kan die onset in volkseie arbeid nie ook maar so wees tot ons die regte persone het nie.

Ons het in Januarie 'n volkseie tuinier by ons pastorie, die CVO skool/Kerk en Koshuis aangestel teen minimum loon,  daar was twee dae kort om hom vol week aan te stel.  Die ander twee dae werk hy by 'n lidmaat op 'n kleinhoewe.  Na 'n maand is die lidmaat so beindruk met hom dat ek nou weer van voor af 'n tuinier moet gaan soek.  As julle een het wat bereid is om op Vryburg te kom werk vir minimum loon, stuur hom asseblief aan.  Die wat sy selfrespek verloor het en in die stad by 'n verkeerslig wil staan vir meer moet julle maar daar hou.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #16 op: March 03, 2011, 12:45:38 PM »
Oom Adri,

Ek hoop van harte dat Boeretrots Tuindienste u nie sal teleurstel nie. Maar dan moet ek ook met trots noem dat drie van ons vier werkers Verwoerdburg Verkenners is.

Ons poog om dié wat bereid is om hul omstandighede te verbeter, uit daardie vuil plekke te kry en deel te maak van ons vryheidstryd. Ek kan ook noem dat een van ons manne ongeveer 15km in die oggend en weer 15km in die middag fietsry om tuinwerk te gaan doen. Met sulke manne sien ek 'n rooskleurige toekoms vir ons volk.

Boeregroete.

Leon, dit is wat ek bedoel het met deeglik navorsing doen voordat jy iemand aanstel. Ek het volle vertroue dat jy jou manne ken en weet dat jy hulle kan vertrou!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #17 op: March 03, 2011, 12:51:14 PM »
Dit is nou presies waarvan ek praat! Tussen al die negatiewe stories oor volkseie arbeid (met reg so, ons moet praat oor hierdie dinge), kom hier nou 'n pragtige suksesverhaal. En glo my, dit is beslis nie die enigste suksesverhaal nie.

Martin, dankie daarvoor. Ek gaan vir nou eers vashou aan my goeie werkers, maar ek sal op die uitkyk wees vir iemand wat in Vryburg wil gaan werk.

Oom Adri, luister gerus Maandagaand om 19h15 na Radio Pretoria, daar word 'n kort gesprek oor volkseie arbeid uitgesaai.

Boeregroete.

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #18 op: June 29, 2011, 06:31:22 AM »
Boeretrots Tuindienste, die volkseie besigheid wat slegs van ons eie mense gebruik maak, wat hierdie diens slegs lewer aan ons eie mense, wat uit sy pad gaan om ons eie mense te akkommodeer, word wonder bo wonder onder verdenking geplaas deur 'n volksvreemde huiswerker!!!

Hoe anders sou ek hierdie skrywe kon begin? En dit nogal 'n volksvreemde huiswerker van 'n baie prominente lid van ons eie volk, iemand wat sê dat hy die pad vir en met ons volk stap! Dit wys maar net weer hoe ruggraatloos baie van ons mense is. En hierdie persoon kan nie insien dat volksvreemde pionne van Malema nie daarvan hou as ons mense self in die tuin werk nie, by verskeie klante het ons hierdie tendens al gesien. Maar daardie klante is nie speel-speel ons mense nie, hulle is ons mense en besef wat om ons aan die gang is. Gelukkig het hy nou self besluit om eerder 'n volksvreemde tuinwerker aan te stel en ons diens te kanselleer, want as ons vir sulke mense moet werk kan ons net sowel vir swart barbare werk! Nou sal sy ou huiswerkertjie darem weer geselskap hê deur die dag in plaas daarvan om haar ou werkies te doen!

Sy organisasie sal ook nou onder verdenking staan by my en by Boeretrots Tuindienste.
« Laaste verandering : July 02, 2011, 07:31:32 AM deur Leon Cornelius »

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volkseie arbeid
« Antwoord #19 op: June 29, 2011, 10:58:04 AM »
Leon ek reken die verskoning klink so iets:"Ou Miena werk al tien jaar vir ons. Sy is nie soos die ander nie. Sy is die dierbaarheid van self. Sy se ook die ANC is verkeerd."

As almal wat van swart arbeid gebruik maak en oortuig is dat hulle werkers nie ANC stem nie reg is, sou daar al lankal n ander party in beheer gewees het.

Hou vol met die goeie werk wat julle manne doen. Dit word deur die regte mense waardeer.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal