Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: 'n Volk op pad na Vryheid!  (Read 666 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Leon Cornelius

  • Gas
'n Volk op pad na Vryheid!
« op: March 03, 2011, 01:11:58 PM »
Daar is geen rede waarom ons volk nie weer vry kan wees nie. Een van die belangrikste eienskappe van 'n volk wat 'n toekoms het, is die teenwoordigheid van 'n groep mense wat as die soliede kern van só 'n volk deur die ergste storms bly staan.

Dit is met vreugde dat ek waarneem dat ook ons volk oor hierdie kern beskik. Daarom beklemtoon ek weer my eerste sin. Ons is deel van 'n volk wat vertrap(belastings), verneder(Reitz-4), verarm(verkeerdstellende aksie) en uitgemoor(kyk hoe wreedaardig word ons mense vermoor)word. En deur dit alles, word 'n Volksraad-verkiesing gereël, gedraai na volkseie arbeid, 'n Afrikaner-ekonomie op die been gebring, selfbeveiligingsplanne opgestel en ons kinders se onderwys probleme aangepak...alles met groot moeite en koste. Maar helaas, geen moeite of koste is te groot wanneer dit by 'n toekoms vir ons nageslagte kom nie.

Nou moet ons voortstoom op hierdie vryheidspad, die Bybel in die een hand en die graaf in die ander. Laat elkeen betrokke raak, word 'n VVK Registrasiebeampte, sluit aan by 'n ware Volksorganisasie en praat Afrikaans. Ons taal is die goue draad wat ons deur alle verskille verbind. Met geloof, hoop en liefde vir ons eie wag die eindstreep met die soete eerste prys van Volksvryheid!
« Laaste verandering : March 03, 2011, 03:34:37 PM deur Adri van Staden »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: 'n Volk op pad na Vryheid!
« Antwoord #1 op: March 03, 2011, 03:36:06 PM »
Leon, jou postiwiteit is aansteeklik. Dankie hiervoor. Ek deel jou sentimente heelhartig. Dit is waarheen die Here met ons op pad is!

(Ek het net die "oppad" in die opskrif verander na "op pad".)
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: 'n Volk op pad na Vryheid!
« Antwoord #2 op: March 05, 2011, 12:48:32 PM »
Hoor! Hoor!

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: 'n Volk op pad na Vryheid!
« Antwoord #3 op: July 27, 2011, 06:40:54 AM »
Met alles wat om ons verbrokkel, met die enigste logiese vooruitsig totale ineenstorting, met al die wreedaardige moorde wat deur barbare op ons mense gepleeg word, met so baie Afrikaner-haters binne ons volk, ja, binne hierdie vuil kommunistiese bestel met talle swaarde gereed om die Afrikanervolk finaal te probeer deurboor, is dit ‘n absolute voorreg om vandag deel te kan wees van ons volk. Dit is ‘n voorreg omdat ons in ‘n tyd leef waarin die gevoel van Afrikaner nasionalisme besig is om weer te ontwaak.

Dit is ook nie sommer een of twee mense wat hierdie “opstanding” sien nie, van liberaliste tot kommuniste is besig om hierdie ontwaking baie fyn dop te hou. Hulle moet dit immers dophou, want wanneer ‘n golf soos die van Nasionalisme begin spoed optel sal dit onkeerbaar wees. Dit is juis wat die liberale joernaliste nou so op hul senuwees laat rond dans. Die skielike aanvalle op enigiets wat ‘n wit vel het en beweeg dui daarop dat hulle onrustig raak. Hulle verstaan nie lekker wat nou aan die gang is nie, vir 17 jaar het hulle mense geflous en gebreinspoel met hul liberale reënboog-twak, die slag is dan gelewer, of so het hulle seker gehoop. Mense glo nie meer alles wat in koerante geskryf word nie, en dit is die eerste stap in die regte rigting.

Met al hierdie dinge gesê, en as ons praat van logiese vooruitsigte, besef mens weer dat mens gemaakte logika nie God sin is nie. Hy sal die finale antwoorde bied, maar ons moet ook ons kant bring en doen wat ons hande vind om te doen.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: 'n Volk op pad na Vryheid!
« Antwoord #4 op: July 27, 2011, 07:02:47 AM »
Bravo!!!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: 'n Volk op pad na Vryheid!
« Antwoord #5 op: July 27, 2011, 01:46:25 PM »
50 Jaar gelede het ons vaders 'n republiek voort gebring vir 'n nasie wat saam gesnoer was met 'n enkele idee voor hande VRYHEID.

Nou is ons in stryd weer eens teen magte van binne en buite, en le die finale stryd voor ons waar ons as volk getoets word in ons ideale, geloof en nederigheid voor die ALMAGTIGE waar HY ons as die gelofte volk sal weeg.
Die is die tyd waar ons moet saam staan, want as enkele persoon of organisasie sal ons faal maar as 'n eenheid "Eendrag" sal ons "Mag" bekom.

Om volk te wees en getrou te wees aan GOD, volk en vaderland oorskry die alle instellings van party politiek of klasse verskille in ons volk, en daarom moet die verkiesing van 'n volksraad bestempel word as ons finale uitweg, waar die volk verteenwoordig word deur die volk en nie aan partye gebonde moet wees nie.
Ons moet weg kyk van die hier en nou waarmee die libraliste/kommuniste ons tyd mee mors, en kyk na die kort termyn: die bewerkstelling van ons volkstaat. So ook moet ons kyk na die lang termyn die behoud en standvastigheid van ons ideale vir ons nasate se vryheid.

So laat die golf van nasionalisme begin en ondersteun die golf, laat dit versprei deur elke boere hart oud en jonk en kort voor lank sal on VRY wees!
« Laaste verandering : July 27, 2011, 01:53:55 PM deur Wit boer »
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal