Opvoeding > Departement van Kuns en Kultuur

Bewaring van konsentrasiekampe

(1/1)

Sanderis:
Bewaring van konsentrasiekampe

Die Erfenisstigting bied op 20 en 21 Oktober 2011 ‘n konferensie en bewaringswerkswinkel by Fort Schanskop op die Voortrekkermonument Erfenisterrein aan oor die rol van plaaslike gemeenskappe in die bewaring van die land se konsentrasiekampe.  Hierdie konferensie dien onder meer as opvolg van die Konsentrasiekampkonferensie wat in September 2010 deur die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein aangebied is. Die doel daarvan is om die vordering van die afgelope jaar ten opsigte van die bewaring van konsentrasiekampe te bepaal en ook om nuwe insette rakende die rol van plaaslike gemeenskappe te verkry.  Hierdie simposium beloof om praktykgerigte inligting te verskaf en deelnemers gaan beslis noodsaaklike leiding ontvang m.b.t. die bewaring van strukture soos grafstene en begraafplase.  Vir navrae, kontak Estelle Pretorius by 012 - 326 6770.

Bron : DitsemBlits

Navigation

[0] Message Index

Go to full version