Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Monumente wat lewe  (Read 1075 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Monumente wat lewe
« op: April 14, 2011, 02:19:29 AM »
SUIDLAND MEDIA

Geagte Volksgenoot
MONUMENTE WAT LEWE
ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD
Ons is verheug om te kan bekend maak dat ons ‘n verdere twaalf titels toegevoeg het tot die reeks
van DVD’s wat deel vorm van ons historiese DVD-projek. Dit bring die totale aantal titels nou op twee en-
dertig te staan.
In Suid-Afrika is daar tans ‘n berekende en sistematiese veldtog aan die gang om die sigbare tekens
van ons volk se geskiedenis te vernietig. Dit geskied deur die verandering van die name van plekke,
strate, berge, damme en riviere en deur die verwydering van standbeelde en monumente. Dit is gerig
op die uitwissing van ons historiese bewussyn en op ons uiteindelike permanente verslawing. Iemand
het gesê: Die geskiedenis is die wapen waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in permanente
knegskap wil hou. Ons het egter nie nodig om dit toe te laat nie.
Ons vyand kan die sigbare getuienis van ons geskiedenis vernietig, maar niemand kan die
monumente wat deur middel van beeld en klank op ons hartsnare en ons breinselle gebou word,
vernietig nie. Dit wil ons graag met hierdie DVD-projek bereik. Die dade van manne, vroue en kinders
wat, in vertroue op God, hulle lewens en dit wat vir hulle kosbaar was op die altaar geplaas het om vir
ons, hulle nageslag, ‘n toekoms te skep, is op hierdie DVD’s vasgelê. Deur saam met u kinders en u
kleinkinders daarna te kyk, kan u monumente oprig wat nie afgebreek kan word nie en ons historiese
nalatenskap kan voortgedra word tot in die verste geslagte.
Die volgende nuwe titels is bygevoeg:
• Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer
‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoofkarakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en
Gelofteland van FA Venter, aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films.
• Vegkop
‘n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron waar die slag van Vegkop tussen die
Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836 plaasgevind het. Enkele verwysings na die veldslag
self kom ook voor.
• Paul Kruger
Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en gedeeltelik in dokumentêre vorm.
• Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog
Die regisseur en kameraman Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks oor die
konsentrasiekampe wat tydens die oorlog bestaan het. Ons stel hiermee twee daarvan bekend,
naamlik:
- Die Nylstroom Konsentrasiekamp
- Die Springfontein Konsentrasiekamp
• Emily Hobhouse
‘n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het om die lyding van vroue en kinders
in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit
Britse oogpunt en aanvullend tot die bestaande dokumentêr.
• Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog
‘n Dokumentêr oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking
daarvan op die psige van ons volk.
• Sons of the Blood
Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan
gevegte en oor die oorlog in die algemeen, aangevul deur beeldmateriaal.
• Die Vredesonderhandelinge
‘n Drama waarin die verloop van die vredesonderhandelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld
word.
• Koos de la Rey
‘n Drama oor die dood van Genl de la Rey.
• Verspeelde Lente
‘n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die
dertiger-jare van die vorige eeu
• Ongetwyfeld die Kampioene
n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog met beeldmateriaal en inligting oor militëre
operasies en verskeie bekende gevegseenhede.
Hieronder verskyn ‘n volledige lys van alle DVD’s wat tans beskikbaar is, met hulle pryse. Op ons
webtuiste by www.suidland.com verskyn meer besonderhede oor die die inhoud van die DVD’s en
oor die projek in die algemeen sowel as ‘n lys van boeke met meer inligting oor die onderwerpe wat
die DVD’s dek.
Ons vertrou dat u hierdie projek sal ondersteun. Daardeur kan u ‘n konkrete, opbouende en positiewe
bydrae tot die bewaring van ‘n besondere erfenis en die skepping van ‘n toekoms vir ons kinders
lewer.
Afrikanergroete
Frikkie Strauss
1 April 2011
Ons respekteer mede-Afrikaners se reg op privaatheid en
enige persoon wat die inligtingsmateriaal wat ons uitstuur
nie wil of kan ontvang nie, kan slegs vir ons
dienooreenkomstig inlig. Aan persone wat hulleself met
die inhoud daarvan kan vereenselwig, wil ons die versoek
rig om dit so wyd moontlik te versprei. Die elektroniese
media bied die geleentheid om dit op ‘n groot skaal te
doen.
VOLLEDIGE LYS VAN BESKIKBARE DVD’S
ALGEMENE GESKIEDENIS
Grepe uit SA volksgeskiedenis (Reeks van 3 DVD’s) R150 vir reeks
Die Bou van ‘n Nasie R60
DIE GROOT TREK
Geknelde Land (Reeks van 5 DVD’s) R220 vir reeks
Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer R40
Die Voortrekkers R60
Die Slag van Bloedrivier R60
Die Vegkop Gedenkterrein R40
EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Majuba, Heuwel van die Duiwe (Drama) R60
Vannag gaan ek Majuba beset (Dokumentêr) R40
TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
Paul Kruger R60
Genl Christiaan de Wet R60
Die Leeu van Wes-Transvaal R120
Danie Theron R60
Gideon Scheepers R60
Teregstelling van Boereverraaiers R120
Die Slag van Magersfontein R120
Konsentrasiekampreeks:
- Nylstroom R40
- Springfontein R40
Emily Hobhouse (Tweespraak) R60
That English Woman (Dokumentêr) R60
Sons of the Blood R60
Die Ruiter in die Nag R60
Sarie Marais R60
Die Vredesonderhandelinge R60
Boere-oorlogherdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000)
(Reeks van 5 DVD’s)
- Verrigtinge
- Erediens – Ds AS Benecke
- Herdenkingsrede – Mnr Jaap Marais
- Lewensskets van Genl Manie Maritz
- Skyfiereeks oor ons geskiedenis R220 vir die reeks
TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS
Koos de la Rey (Die dood van Genl de la Rey) R60
Jopie Fourie R60
Verspeelde Lente R60
Africa Addio R60
The Assassination of Dr HF Verwoerd R60
Ongetwyfeld die Kampioene (Grensoorlog) R60
KONTEMPORÊRE GEBEURE
Eugéne Terre Blanche (Begrafnis) R40
Pryse van DVD’s is soos volg saamgestel:
- Nuwe produksies R120
- Kopieë van bestaande produksies (half prys) R60
- DVD’s met minder beeldmateriaal en kwaliteitsbeperkings (een-derde prys) R40
BESTELLINGS EN NAVRAE
• Stuur bestelling na: Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks 022 – 913 1482
of e-pos na suidland@lantic.net
• Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in
• Bankbesonderhede vir inbetalings: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005
• Navrae: 022 – 913 2391 / 082 - 4933 785
• Webtuiste: www.suidland.com
Suidland Media en die Suidlanders is twee verskillende organisasies wat
elkeen op sy eie terrein van die volkslewe opereer.
BESTELVORM
Aan: Suidland Media, Posbus 339, Piketberg, 7320
Bankbesonderhede: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005
Epos: suidland@lantic.net
Faks: 022 – 913 1482
Tel: 022 – 913 2391
Stuur asb die volgende DVD’s en boeke aan my:
TITEL GETAL BEDRAG
TOTAAL
(Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in)
Naam:
Posadres:
Telefoon / selfoon:
E-pos adres:
« Laaste verandering : April 16, 2011, 11:20:09 AM deur Sanderis »

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Monumente wat lewe
« Antwoord #1 op: April 15, 2011, 03:04:54 PM »
Hallo Sanderis,

Verskoon my onkunde maar wie maak die dvd's? M.a.w. is dit `n aktiewe Volkseie produksiemaatskappy of is dit ou dvd's wat bemark word?

Dit is `n puik inisiatief. Ek sal die manne definitief ondersteun.

James

Sanderis

  • Gas
Re: Monumente wat lewe
« Antwoord #2 op: April 16, 2011, 11:22:34 AM »
Ek weet self nie James , jy kan hulle gerus kontak by : suidland@lantic.net  ; hulle tellefoon en faksnommers is ook hierbo in die skrywe beskikbaar indien jy dit sou benodig .

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Monumente wat lewe
« Antwoord #3 op: April 18, 2011, 06:29:26 PM »
Dankie Sanderis.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal