Kommunikasie > Departement van Kommunikasie en Uitsaaiwese

Bravoland Weekblad

(1/2) > >>

Sanderis:
Ons is terug !!
Goeiedag Bravolanders ,
Ons ouer lede sal onthou dat ons gereeld in die verlede nuusbriewe uitgestuur het om julle as gebruikers op datum en in voeling te hou met wat in Bravoland gebeur . Ongelukkig weens tegniese redes moes ons dit stop . Die Volksraad van Bravoland het egter intussen werk gemaak daarvan om die probleem opgelos te kry en is ons in die proses om alle lede op die poslys te plaas . Indien u nie die nuusbrief in jou epos ontvang nie is dit moontlik dat u nog nie op die verspreidingslys geplaas is nie en vra ons by voorbaat om verskoning vir die ongerief . Die nuusbriewe sal aanlyn beskikbaar wees om te bespreek by :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5886.0.html
Kommentaar en voorstelle is welkom op die besprekingsdraad daarvoor .

Nuus in Bravoland
Julius Malema , leier van die ANC Jeugliga is gereeldelik in die nuus die afgelope twee weke . TLU SA se hofsaak teen hom vir haatspraak met sy uitsprake van "Shoot the boer , kill the farmer" het plaasgevind die afgelope week in Johannesburg . Ter ondersteuning ,  neem asb. deel aan TLU SA se meningsopname by www.tlu.co.za oor die uitwerking van Malema se liedjie m.d.o. op die komende hofsaak teen hom. Rol af op die tuisblad totdat jy dit kry en voltooi sommer aanlyn . Die publiek word gevra om dié vraelys voor 9 April 2011 te voltooi.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het ook aksie geneem :
Internasionale strafhof klagte teen regering en die ANC  (kliek op die blou om volle berig te lees)

Die Bravolander is terug
Die nuutste uitgawe van Die Bravolander het onlangs uitgekom en kan hier besigtig word :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5876.0.html

Winterprojek 2011

Raak betrokke by ons Winterprojek 2011

Sedert Bravoland se ontstaan was een van ons ideale en prioriteite om deurentyd Volkshulp projekte ten bate van blanke-armoede verligting aan te pak en deur te voer . Behalwe dat die forum geleentheid bied vir mense van ons aanlyngemeenskap om hul projekte bekend te stel , loots Bravoland as kuberstaat gewoonlik twee keer per jaar Volkshulp projekte ; hierdie jaar is geen uitsondering nie .

Weereens lê die winter voor ons deur , ons as Bravolanders wil graag hierdie jaar weer ‘n helpende hand aanbied deur dit makliker te maak vir ons voksgenote wat in informele nedersettings bly . Met noue samewerking tussen die mense van die gemeenskap en organisasies wat hul beywer vir blanke armoedeverligting , hoop ons om die kommunikasiegaping te vul wat tans bestaan in die verband .

Almal se bydraes is welkom om dit te bespreek en te beplan .                                   
Kontak  scburger@bravoland.co.za  vir verdere navrae of besoek   “Winterprojek 2011” .






Advertensies :
Om advertensies in die Bravolander te bespreek besoek : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,1231.0.html
Advertensies wat in Die Bravolander verskyn sal op rotasiebasis in Bravoland Weekblad verskyn .

Kleinbekkie:
Sanderis, ek moet jou darem net gelukwens met die een. Dankie vir al jou moeite!

Adri van Staden:

--- Aanhaling van: Kleinbekkie op April 15, 2011, 08:05:04 AM ---Sanderis, ek moet jou darem net gelukwens met die een. Dankie vir al jou moeite!

--- End quote ---
Inderdaad, KB! Sanderis, jy vorder te vinnig vir my, jong!  :D

Sanderis:
Cois sou dit as Blitsige Bravolander beskryf het . :)
Hier is die aanlyn weergawe (volle HTML) van die week s'n : http://us2.campaign-archive1.com/?u=52bd31879a3b74f30d3562668&id=6ee0d08bdb&e=7d1a844986
Vir die wat dit nie in hul epos gekry het nie .

Sanderis:
Goeiedag Bravolanders ,
Ons begin vandag met 'n bietjie kultuur in die vorm van volkseie digkuns . Mens lees gereeld van klagtes dat ons kultuur misken , misvorm en onderdruk word ; maar wat doen ons daarteen ? Om dit te bespreek is een manier om dit lewendig te hou maar ook belangriker om dit te laat groei .

Land van ons vadere -
Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit drang gebore,
Wat een van die dae verdwyn?

My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees,
Om weer hierdie droom te laat vaar;

Maar as ons net altyd moet strewe,
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe,
Waarin ons onseker moet bly?

Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is ?
Dis tog die probeerslag wat tel !

Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Want hy het die roepstem gehoor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

I.D. Du Plessis : Land van ons vadere 1945
Besoek gerus ons  Departement van Kuns en Kultuur  en lewer u bydrae om ons kultuur lewendig te hou !
 

Nuus in Bravoland
Bravoland word vier jaar oud !

Sondag 24 April 2011 vier Bravoland sy vierde bestaansjaar . In die vier jaar het ons baie mense leer ken wat 'n behoefte het om ons kultuur uit te leef , behoue te hou en beskerm teen die onderdrukking daarvan . Ook het ons bymekaar geleer dat ons mekaar nodig het om suksesvol voort te bestaan as volk . Deur sinvolle gesprekvoering was daar sekere terreine van die stryd teen ons geidentifiseer en het ons tot oplossings gekom om op die terreine alternatiewe weë te vind .
In die vier jaar het ons saam gelag en gebou ; wat hou die volgende vier jaar vir ons in ?
Kom bespreek dit gerus op die forum .
-------------------------------------------------------------------


                                                                                       





Advertensies :
Om advertensies in die Bravolander te bespreek besoek : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,1231.0.html
Advertensies wat in Die Bravolander verskyn sal op rotasiebasis in Bravoland Weekblad verskyn .


Die nuusbriewe sal aanlyn beskikbaar wees om te bespreek by :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5886.0.html
Kommentaar en voorstelle is welkom op die besprekingsdraad daarvoor .


Geniet die langnaweek en kom veilig terug as u op reis is .


http://us2.campaign-archive1.com/?u=52bd31879a3b74f30d3562668&id=30fcdb2334&e=7d1a844986

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version