Algemene Sake > Rekenaars en Internet

Zuma dalk op Twitter

(1/1)

Sanderis:

Zuma dalk gou op Twitter om kies veldtog aan te vuur
2011-04-27 03:31


Pieter du Toit

Kaapstad - Die ANC gaan pres. Jacob Zuma heel moontlik in ’n toenemend fel kuber-verkiesingsveldtog op Twit­ter inspan.

Mnr. Jackson Mthembu, die ANC se hoofwoordvoerder, het gister gesê die staatshoof se verskyning op dié mediaplatform is “baie beslis” onder oorweging.

Dit kom nadat die party verlede week sy eerste vraag-en-antwoordsessie op Twitter aangebied het waartydens Mthembu gesê het die ANC glo werklik die DA is ’n rassistiese party wat slegs vir wit mense is.

Die ANC is egter ver agter die DA wat digitale media betref. Die DA het reeds vier vraag-en-antwoord-sessies gehou en ’n profiel vir sy leier, me. Helen Zille, is lank­al oopgemaak.

Mnr. Ryan Coetzee, ’n DA-strateeg, het gesê die party se sogenaamde “Twitter Town Hall Meetings” op Sondagaande is ’n belangrike deel van die party se veldtog. “Suid-Afrika is egter nog nie naby aan Amerika nie, waar die media op heeltemal ander maniere ingespan word.”

Hy het die ANC se eerste poging verlede week gevolg en was nie beindruk nie. “Dis belangrik dat regte leiers aan so ’n gesprek deelneem en ook volledige antwoorde, hoewel binne die bestek van 140 karakters, sal gee. Só word dit ’n doeltreffende manier om direkte kontak te bewerkstellig en verwerf dit geloofwaardigheid as ’n verwysingspunt.”

Mthembu het ook gesê Twitter is ’n belangrike manier om kontak tussen die ANC en kiesers te bewerkstellig.

“Dit is so juis omdat baie mense nie koerante lees nie en dit vir die ANC belangrik is om sy boodskap eerstehands by kiesers te kry.

“In daardie sin speel ons sessies op Twitter ’n ander rol as reklameborde en TV-, radio- en koerantadvertensies, omdat daar direkte kontak tussen die party en sy ondersteuners is.”

Hy het gesê die party se eerste poging verlede week is goed op die kuber-verkiesingslagveld ontvang en dat tydbeperkings die beantwoording van alle vrae verhoed het.

“Ons oorweeg dit baie beslis om Zuma in die toekoms op Twitter in te span,” het Mthembu gesê.)Volg die ANC by @MyANC en die DA se vraag-en-antwoordsessies deur die gespreksindeks ­#DAQA te volg.

- Die Burger

Navigation

[0] Message Index

Go to full version