Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal  (Read 1140 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« op: May 03, 2011, 08:50:36 PM »
Daar word op 28 Mei 2011 weer n fees gehou by die Paardekraal Monument in Krugersdorp.
Hierdie jaar vier ons die 50ste jaar van Republiek wording.
Ons fokus egter op ons eie Volks Republiek wat ons in die toekoms SAL kry.

Daar is nog klein items op die program wat bevestig moet word.
Ek plaas dit sodra alles gefinaliseer is.
Ek kan egter noem dat Brovoland se eie Jankejan as spreker gaan optree.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #1 op: May 03, 2011, 08:52:23 PM »
Die RVB Paardekraal bied op 28 Mei 2011 ‘n opwindende Tydlyn Kompetisie te Paardekraal aan wat nie misgeloop mag word nie.

Dit is ‘n dag van pret en plesier en selfs ‘n bietjie oefening, wat gepaard gaan met die weergee van u kennis van Paardekraal en Republiekwording en ‘n geleentheid om ons Boere Afrikaner Sakemanne te ontmoet en hul... besighede beter te verstaan.

Die dag begin om 9:30 vm waar die eerste span, wat bestaan uit twee persone, (man, vrou, kind, ouma, oupa) by die eerste stalletjie hul reëls en ander benodigehede ontvang. Die span be-antwoord ‘n paar vrae oor Paardekraal, Republiekdag en die Besigheid of Organisasie wat die Stalletjie verteenwoordig. Van daar af stap hulle na die volgende Stalletjie waar daar soortgelyke vrae beantwoord moet word.

Die koste vir die Stalletjie beloop R200.00 en die besigheid of organisasie moet ten minste een prys skenk en poog om ‘n span in te skryf.

Die koste vir ‘n span beloop R100.00. (‘n Span wat uit twee skoolgaande kinders bestaan, se koste is slegs R50.00 per span).

Die Republiekdagvieringe, wat deur die Paardekraal Verkenners aangebie...d word, begin om ongeveer 13:30, waartydens die RVB Paardekraal Span die antwoordblaaie sal verwerk en om ongeveer 16:30 vind die prysuitdeling plaas. (ALMAL SAL ‘N PRYS ONTVANG)

Die eerste, tweede en derde pryse is onderskeidelik R1000.00, R500.00 en R250.00.

Indien u belangstel om u besigheid aan die Boere Afrikaners bekend te stel, of as u wil sien hoe goed u kennis van die Paardekraal en Republiekwording geskiedenis is, kan u die aangehegte inskrywingsvorm invul en die nodige gelde in die onderstaande rekening oorbetaal om u plekkie op die Paardekraal Tydlyn te verseker.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #2 op: May 03, 2011, 08:53:45 PM »
Daar gaan lekker gekamp word die naweek vir die wat nie bang is vir so bietjie koue nie. Daar kan van Vrydag aand tot Sondag gekamp word. Die storte is toegerus met warm water en daar word veilig agter n elektirese heining gekamp
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #3 op: May 04, 2011, 05:35:29 AM »
Van die kamp weet ek nog nie aangesien ek seker moet pik en graaf slaan, maar sal beslis daar uitkom. Hou ons op hoogte van die pogram asseblief
Ek en my huis ons sal die Here dien

Sanderis

  • Gas
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #4 op: May 04, 2011, 01:25:18 PM »
Klink lekker Alwyn , ek sal miskien kan kom as die Beweging dit gaan bywoon sal ek seker saam met iemand kan ry .
Paar vinnige vrae :
Die RVB Paardekraal

Waarvoor staan RVB ?
Indien u belangstel om u besigheid aan die Boere Afrikaners bekend te stel, of as u wil sien hoe goed u kennis van die Paardekraal en Republiekwording geskiedenis is, kan u die aangehegte inskrywingsvorm invul en die nodige gelde in die onderstaande rekening oorbetaal om u plekkie op die Paardekraal Tydlyn te verseker.

Die vorm en bankbesonderhede is nie aangeheg nie ...

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #5 op: May 04, 2011, 02:37:05 PM »
Die RVB is die Republikeinse Vroue Beweging.
Daar is tans twee takke. Donkerhoek en Paardekraal.

Enige iemand wat die vorm benodig kan my PM en ek stuur dit dan aan.

Ek is partykeer so bietjie tegnologies agtergeblewe!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #6 op: May 04, 2011, 08:23:42 PM »
Alwyn , stuur maar vir my die vorm dan kan ek dit hier plaas .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #7 op: May 05, 2011, 08:51:52 AM »
Dankie Sanderis.
Ek waardeer dit.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #8 op: May 06, 2011, 10:16:52 PM »
Aangeheg is die dokument .

PAARDEKRAAL TYDLYN KOMPETISIE
STALLETJIES INSKRYWING

(EEN VORM PER BESIGHEID)
Naam van Besigheid R200.00
Eienaar / kontakpersoon
Kontakbesonderhede Loopfoon: Epos:
Aard van Besigheid
Elke stalletjie moet ‘n prys of meer as een prys skenk ter waarde van R100.00.(of meer)
Elke stalletjie is verantwoordelik om iets in die vorm van eet of drinkgoed aan die verbygaande
spanne te oorhandig. (bv ‘n glasie water of koeldrank, suigstokkie, ens)
VRAE EN ANTWOORDE MET BETREKKING TOT DIE BESIGHEID PUNT
Vraag 1
Antw 1
Vraag 2
Antw 2
Vraag 3
Antw 3
Vraag 4
Antw 4
Vraag 5
Antw 5
Die vrae en antwoorde moet voor of op die sluitingsdatum, saam met die inskrywing en bewys
van betaling, aan Sylvia Mann gefaks word by 086 601 5761, sodat dit in die vraelyste ingewerk
kan word.
NB: Die stalletjies moet 9:15 klaar opgestel wees sodat die kompetisie om 9:30 kan
begin. Die RVB Paardekraal span sal reeds om 8:00 op die terein wees om elke stalletjie
se staanplek in die Tydlyn aan te wys.
NB: Sluitingsdatum vir STALLETJIE inskrywings is Maandag 9 Mei 2011.

PAARDEKRAAL TYDLYN KOMPETISIE
SPAN INSKRYWING
Span 1 Naam R100.00/
Naam R50.00
Span 2 Naam R100.00/
Naam R50.00
Span 3 Naam R100.00/
Naam R50.00
Span 4 Naam R100.00/
Naam R50.00
Span 5 Naam R100.00/
Naam R50.00
(Aangesien die RVB Paardekraal se rekening by Oranje Kas is, sal ons vir die
inskrywings doeleindes Sylvia Mann se spaarrekening by ABSA Bank gebruik)
Rekening besonderhede: ABSA Bank Roodepoort
Naam van rekeninghouer: Sylvia Mann
Spaar rekening no: 9197089530
Takkode. 632005
Verwysing: Naam van Besigheid of Eienaar
Of vir Span inskrywing: Naam van die
Span of een van die spanmaats.
Faks bewys van betaling (saam met die inskrywing)
aan 086 601 5761
NB: Sluitingsdatum vir die SPANNE se inskrywings is Woensdag 25 Mei 2011.
« Laaste verandering : May 06, 2011, 10:18:31 PM deur Sanderis »

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #9 op: May 16, 2011, 09:52:14 PM »
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #10 op: May 17, 2011, 11:41:32 AM »
Netjies Alwyn ! Ek sien jy wen die tegnologie ! ;)

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #11 op: May 17, 2011, 11:46:33 AM »
Netjies Alwyn ! Ek sien jy wen die tegnologie ! ;)

Ek het die ding seker eers die vyfde keer reg gekry dat hy nie net 'n rooi kruisie wys nie, maar ek probeer. Gelukkig kan ek my flops verwyder. ;D
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #12 op: May 17, 2011, 11:53:00 AM »
Ek het die ding seker eers die vyfde keer reg gekry dat hy nie net 'n rooi kruisie wys nie, maar ek probeer. Gelukkig kan ek my flops verwyder. ;D

Ek sien so ja . :) Ek hou van die oranje wit en blou , so eg Bravolands .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #13 op: May 27, 2011, 09:51:25 AM »
Moenie vergeet van hierdie grootse gebeurtenis die naweek nie.
Die Petoorsdorpers se verskonings is darem verbeelding vol.
Moenie skrik vir die weervoorspellings nie. Die ouens lieg gewoonlik meer as die politiekuste.
Die geselsskap en warm Boere vriendelikheid gaan jou in elk geval heerlik snoesig laat voel.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #14 op: May 27, 2011, 11:28:04 AM »
Alwyn,

As ons van die Winterspele af kom, sal ons daar aandoen.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #15 op: May 30, 2011, 09:49:54 AM »
Dankie aan almal wat bygewoon het. EK het lekker gekuier.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #16 op: May 30, 2011, 10:02:52 AM »
Gee so 'n bietjie meer inligting, Alwyn. Ons wil hoor wat ons mis geloop het, dat ons van vooraf kan spyt wees  :-[
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: 28 Mei 2011 - Republiek 50 - Paardekraal
« Antwoord #17 op: May 30, 2011, 11:39:12 AM »
KB, jy sal maar in spanning moet wag totdat ek die artikel vir die Bravolander geskryf het. :)
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal