Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Musiek as versetvorm  (Read 566 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Musiek as versetvorm
« op: May 13, 2011, 10:11:00 AM »
Steve en die k-woord: EMI sê hy sal beskerm
2011-05-12 23:06

Philip de Bruin

EMI, die sanger Steve Hofmeyr se platemaatskappy, sê hy sal “altyd verantwoordelik optree en het ’n plig om die publiek en ons kunstenaars te beskerm.

Dit volg op Hofmeyr se bekendmaking eergister op Facebook dat sy liedjie “Ons sal dit oorleef” die k-woord bevat. Hy sê hy gebruik die woord “in konteks”.

Hofmeyr het gister op Facebook gesê soos die lirieke tans staan, word die k-woord as k****r aangegee.

“Die sterretjies sal verdwyn as (Julius) Malema die Kill the Boer-saak moes wen. Hierdie sal die Strydlied word wat ek buite howe sing waar daar vir versagting gepleit word vir die moordenaars van ons mense en kinders.”

Hy sê “Ons sal dit oorleef” sal op sy nuwe CD verskyn.

’n Woordvoerder van EMI sê die maatskappy was nog hoegenaamd nie met Hofmeyr in gesprek oor die liedjie of die gebruik van die k-woord nie.

“Gevolglik kan ons geen nader kommentaar lewer nie as om te sê dat ons bewus is van ons plig teenoor ons publiek en ons kunstenaars.”

Die liedjie lui:
Daar’s ’n land en ’n volk in een taal gedoop
Met gebede en buskruit en bloed gekoop
Wat weer en weer van sy knie af moet streef
Ons sal dit oorleef ...
Uit die kake van oormag deur die vuur op ons werf
Staan die engele by ons vroue en die kinders wat sterf
Elke grafsteen een standbeeld vir die wat bly leef
Ons sal dit oorleef ...
My hart klop toktokkie waar hy breek vir my volk
Voor die Kakie-kanon of die k****r se dolk
Dit maak nie meer saak nie waar ons ons begeef
Ons sal dit oorleef ...
Ek lig my oë tot die berge op
Waar sal my hulp tog vandaan kom
Ag, my God, jou woorde lê deur my geweef
Ons sal dit oorleef ...
Ek staan vandag op jou plaas, ou vriend
Daar hang stof oor die stilte sover ek kan sien
Maar die geeste van gister sal môre herleef
Ons sal dit oorleef ...

Die liedjie word afgesluit met ’n aanhaling uit ’n gebed wat mnr. Eugène Terre’Blanche, vermoorde AWB-leier, op ’n keer gedoen het.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Steve-en-die-k-woord-EMI-se-hy-sal-beskerm-20110512

Sanderis

  • Gas
Musiek as versetvorm
« Antwoord #1 op: May 14, 2011, 04:19:21 PM »
Ek moet sê ek hou van die liedjie te oordeel aan sy woorde , of die deuntjie daarby sal pas weet ek nie ??? ; sal maar wag om dit te hoor .

Sanderis

  • Gas
Musiek as versetvorm
« Antwoord #2 op: May 14, 2011, 06:31:11 PM »
STEVE HOFMEYR - Ons Sal Dit Oorleef (MUSIEK VIDEO)

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Musiek as versetvorm
« Antwoord #3 op: May 15, 2011, 04:48:02 PM »
Lekker hoendervleis en sommer bietjie verlange na Oom Eugene...

Goed gedoen Steve.

Groetnis.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Gepraat van Rassisme !!
« Antwoord #4 op: May 17, 2011, 08:38:26 AM »
Hierdie is seker nie die regte plek om die skrywe te plaas nie maar:

Ope brief aan Mnr. Frans Cronjé

 

Geagte Mnr. Cronjé,

 

Reaksie op u brief aan Steve Hofmeyr.

 

Ek ken u nie persoonlik nie, maar ek neem aan u is ’n geleerde man. Om hierdie rede neem ek die vrymoedigheid om eers die hele saak te vereenvoudig voordat ons die konteks daarvan bespreek.

 

“’n Populêre leiersfiguur van ’n spesifieke kultuurgroep maak ’n uitlating wat ’n ander kultuurgroep beskou as neerhalend en rassisties in ’n land waar ras verhoudinge ’n knelpunt is.

 

Ek dink u sal met my saamstem dat hierdie naastenby die situasie beskryf.

 

Ek nooi u nou uit om die name Julius Malema en Steve Hofmeyr in hierdie stelling om die beurt te gebruik. Ons sien dus dat beide hierdie persone hulle self moontlik kan skuldig maak aan presies dieselfde optrede. Ek is seker u het ook ’n aanvallende brief aan Julius Malema geskryf in die publieke oog waar u dit duidelik gemaak het dat hy ’n verleentheid en ’n skande  is en dat hy sy “groot gevolg gebruik om woede en haat te saai”. (Ek sal bly wees as u die brief aan ons kan beskikbaar maak, want ek kry dit nog nie in die hande nie)

 

Nou moet ons die konteks van die saak bespreek. Julius Malema het in die laaste paar maande 3 (drie) uitsprake gemaak wat my as wit man beledig en bekommer. Drie uitsprake wat direk implikasies inhou vir my manier van lewe.

 

Die eerste is die sing van “Kill the Boer”. U “kom dalk vanuit ’n plaasomgewing” (wat dit ook al mag beteken), maar ek en my vrou en ons 2 seuntjies (2 jaar en 6 maande oud) is nog steeds op die plaas. Lewe u met die wete dat wat met klein Willemien Potgieter gebeur het kan ook met u kinders gebeur omdat die regering van die dag veg om ’n uiters rassistiese term soos “Kill the Boer” te probeer regverdig? Wat sou u gevoel wees as Steve ’n liedjie gesing het met die woorde “Kill the K....r” in? Dog sien ek nie die Instituut wat u verteenwoordig in die hof om hierdie saak aan te spreek nie? Dink u nie ’n uitspraak waar mense se lewens letterlik bedreig word is dalk belangrik genoeg om op te reageer nie?

 

Tweedens maak Julius Malema die uitspraak dat alle wittes misdadigers is. Kan u vir my verduidelik hoe op aarde is hierdie nie ’n uiters rassistiese uitlating en ’n oortreding van die Grondwet nie? Ek het ook hier u brief misgelees in die media.

 

Derdens word die bedreiging van die onteiening van ons grond ’n al groter wordende realiteit. Indien dit die geval is sal ek ook binnekort in my skrywes moet insluit dat ek “vanuit ’n plaaslike omgewing kom...” voor hulle my grond onteien het. U dink nie uitsprake soos die beïnvloed die rasverhoudings nie? U dink nie die implikasies van so uitlating moet dalk genoem word nie?

 

Verder is u ook duidelik bewus van die mag wat Julius Malema het. Ek haal u skrywe aan van 14-04-2011 in Business Day:

 

It must come as no surprise, therefore, that the politics of the country will increasingly gravitate towards these numbers . Your readers must therefore be left in no doubt that Mr Malema and his youth league can achieve every political and economic policy aim that they have set for themselves.

 

Doelwitte soos “Kill the Boer”, “Wittes is misdadigers” en “onteiening van grond”? Tog wil u voorgee dat Malema se uitlatings nie so erg is in vergelyking van Steve se optrede nie?

 

 

 

Kom ons kyk na die konteks van Steve se lied.

 

Ek het sopas na die lied geluister en indien ons kyk na die woorde weerspieël dit die Afrikaner se geveg om ons kultuur te beskerm hier aan die Suidpunt van Afrika deur verskillende moeilike tye. Die “feite” in die lied kan dus nie bevraagteken word nie,  slegs die gebruik van die enkele rassistiese aanhaling. Indien ons verder die konteks bestudeer sien ons dat Steve die liedjie as ’n teenfoeter vir die gebruik van “Kill the Boer” daarstel. U besef dit dalk nie, maar ons Afrikaners (ek sluit hiermee dan die liberale Afrikaners uit na aanleiding van u skrywe) voel nog erger gemarginaliseer deur die sing van “Kill the Boer” as wat ’n swart mens kan voel oor die gebruik van die woord k...r. Dit blyk egter uit u skrywe dat u nie alle kulture oor dieselfde kam skeer in Suid-Afrika nie en dat dit met u in orde is as een leier van een kultuur dit doen, maar nie as ’n ander nie...

 

Hierdie subjektiwiteit laat ’n mens wonder of die verslae wat die instituut waaraan u verbonde is, nie dalk ook op dieselfde wyse hanteer word nie. Ek is baie keer verbaas oor die statistieke wat deur die instituut voorgelê word, want dit verskil hewig met dit wat ons gewone mense ervaar...

 

Op ’n meer praktiese noot blyk dit ook dat u oningelig was rakende die woorde van die liedjie want u skryf: “Ek verneem dat jy beplan om ’n liedjie oor “k****rs” te sing”. Indien u nog nie bekend is met die lirieke nie, kan ek u inlig dat die term k....r net een keer voorkom en dat dit na ’n geskiedkundige konteks verwys. U sinskonstruksie het egter self ’n rassistiese ondertoon... Moes u nie dalk iets geskryf het in die lyn van “’n lied met ’n rassistiese term” of so iets nie? U skrywe laat dit voorkom of u na die kollektief verwys wat baie meer rassisties is as wat Steve se geskiedkundige konteks is. (Ek is seker u het dit nie so beplan nie, maar dalk kan u daarop let in die toekoms)

 

Persoonlik dink ek u het oorreageer op beperkte inligting, sowel as die feit dat u nie die konteks in ag geneem het nie.

 

Ek wil ook dan nou van die geleentheid gebruik maak om u brief meer direk aan te spreek:

Geagte mnr. Hofmeyr,

Ek verneem dat jy beplan om ’n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haat-spraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.

Soos reeds geskryf het u nie die lirieke bestudeer nie, maar tog besluit om hierdie aggressiewe en beledigende brief te publiseer (ons hoop almal van harte dat hierdie nie die amptelike werkswyse van die Instituut is nie).

Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.

U verwysing na “rassistiese nasionalisme” is ’n blatante veralgemening. Indien u die konteks in ag neem is hierdie “rassistiese dreigemente” direk gelyk aan die “rassistiese dreigemente” wat Julius Malema maak. Die vraag op almal se lippe is hoekom mag Julius Malema dan hierdie uitsprake maak, maar ons nie? Is ons nie veronderstel om dieselfde regte en onder dieselfde wette te val nie? Hoekom word net die wit mense as “rassisties” uitgesonder terwyl ons wette het wat wit mense op die kleur van hulle vel van werk ontneem?

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ’n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.

Soos voorheen genoem is, het u subjektiewe houding teenoor die saak die Instituut se navorsing ook in gedrang gebring. Sluit u die 900 000 wit mense in plakkerskampe by hierdie getal in of maak ons of hulle nie bestaan nie? Ek neem ook aan dit sluit die sowat 800 000 blankes, wat nie meer kans gesien het vir die situasie in Suid-Afrika nie, ook uit?  Ek gee u gelyk dat ons posisie omstrede is, maar definitief nie in die konteks wat u daarna verwys nie. Omstrede in die konteks van ongeveer 4000 plaasmoorde waar die aanvallers in ’n verre meerderheid jong swart mans is en niemand braaf genoeg is om dit te erken nie.

Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ’n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ’n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.

Wat interessant is van hierdie sin is dat u na die wit mense verwys as “hul”. U sluit u self dus nie in by hierdie groep nie. Ek neem aan dat u dus verwys na die “nie-liberale wittes”? Hier kry die “hulle” weer die skuld, wat die verantwoordelikheid is van die regering om ’n stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder word nou “ons” verantwoordelikheid. Indien dit nie gebeur nie sal “julle- die liberale Afrikaner en die regering” sekerlik weer die “ons” daarvoor die skuld gee.

Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.

Sou jy na die lirieke gaan luister is daar geen boodskap van geweld of woede nie, maar eerder ’n lied wat die swaarkry van “ons” uitbeeld, die boodskap dat ons deur dit alles oorleef het en ’n gebed ter sake. Hoe bevorder dit haat onder jong wit mense?

Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.

“Ons” posisie in Suid Afrika... Ons word vermoor op ons plase, gedreig met onteiening, ons kinders se opvoeding lei onder wanbestuur, ons kultuur lei onder wetgewing... Maar die oomblik as iemand opstaan om iets aan “ons” posisie te doen dan is dit mense soos u wat gal braak. Steve dreig niemand met geweld nie, hy vergestalt die frustrasie en woede van ons mense in ’n lied... Ek is verbaas dat u, wat by ’n instituut verbonde is om hierdie tipe gedrag te bestudeer nie kan insien wat hier gebeur nie. Weereens kan ons net hoop die instituut deel nie hierdie karakter eienskappe nie.

Die teenoorgestelde is waar.

As ’n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.

Wat is hierdie siening? Dat “ons sal oorleef”? Gun u ons nie hierdie siening dat ons gaan oorleef nie? Stel die feit dat “ons sal oorleef” die toekoms van die land in gevaar?

Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.

Met ander woorde- Ons moet dankie sê ons is nie almal vermoor nie, net 4000 van ons mense. Ons moet so dankbaar wees dat ons maar moet opgee op ons regte?

Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?

U is duidelik nie bekend met “ons” geskiedenis nie. Ek daag u uit om ’n vergelyking te tref met 26 000 vroue en kinders wat in kampe gesterf het terwyl hulle soos diere in hokke aangehou is en ons plase tot die grond afgebrand is...

Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.

Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ’n beter Suid-Afrika te bou.

Die probleem is dat die mag in die hande van hierdie klein groepie is en dat hulle ons gewone wit mense se regte vertrap en sodoende die voorbeeld stel vir hulle volgelinge. 

Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ’n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer” kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.

Hierdie stelling is ’n belediging aan elke Boer. Die feit dat u dalk uit ’n plaasomgewing kom maak nie van u ’n kenner oor die onrus en dreigende omstandighede wat ons elke dag moet beleef nie. U poging om ons vrese sommer af te maak as iets nietigs wat u toevallig kan ingooi in u skrywe om u punt kredietwaardig te maak is net so erg soos Julius se sing van die lied.

Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ’n groot gek as wat jy ’n rassis is.

Dit is ironies dat u Steve dreig met die feit dat hy ’n gek en ’n rassis is as hy hierdie spesifieke roete wil volg... U doen presies dieselfde as wat Steve doen deur hom te dreig met ’n etiket.

Dit is vir my ’n verleentheid om te dink dat jy as ’n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.

Is dit ook vir u ’n verleentheid dat Julius Malema ’n leiersfiguur is wat onder sekere wit mense ondersteun word? Hoe kan hy (Steve) vir u ’n verleentheid wees as u uself in elk geval distansieer van “hulle”. Of Steve reg of verkeerd is, hy probeer ten minste iets doen om ons mense se situasie aan te spreek. As navorser moet u nie dalk let op die rede hoekom so baie mense hierdie aksie ondersteun nie? Indien Steve geen ondersteuning gehad het nie, sou u hom alleen kon blameer, maar die feit dat hy so geweldige ondersteuning kry moet tog sekerlik ’n aanduiding wees van ’n groter frustrasie onder ’n groot groep mense, nie waar? Hy sien die ongeregtigheid raak en sit dit op die publieke platform. As mens so daaroor dink- Hy is besig om julle werk te doen, want julle kan duidelik nie ons frustrasie raaksien in julle navorsing nie.

Jy is ’n verleentheid vir liberale Afrikaners en ’n skande vir Suid-Afrika.

Ek kan u belowe, baie Afrikaners (“ONS”) wat hierdie brief lees voel as volg:

“Jy is ’n verleentheid vir ware Afrikaners en ’n skande vir Suid-Afrika omdat jy ’n hele kultuurgroep se vrese en frustrasie nie kan raaksien nie al is dit jou beroep!”

Vriendelike groete...

Johan van der Merwe.

 

Sanderis

  • Gas
Re: Musiek as versetvorm
« Antwoord #5 op: May 17, 2011, 09:12:57 PM »
Om beter sin te maak waaroor vannermerwe so gal braak . :)



Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge

’n Ope brief aan Steve Hofmeyr
2011-05-14 23:46


Geagte mnr. Hofmeyr,

Ek verneem dat jy beplan om ’n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haat-spraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.

Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ’n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.

Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ’n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ’n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.

Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.

Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.

Die teenoorgestelde is waar.

As ’n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.

Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.

Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?

Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.

Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ’n beter Suid-Afrika te bou.

Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ’n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer”? kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.

Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ’n groot gek as wat jy ’n rassis is.

Dit is vir my ’n verleentheid om te dink dat jy as ’n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.

Jy is ’n verleentheid vir liberale Afrikaners en ’n skande vir Suid-Afrika.

Vriendelike groete,

Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Steve se Facebook-blad:

* Thys Potgieter: O genade! Daars klaar ’n hoeha in di nuus oor die gebruik van die verbode woord in die liedjie. ... Ma die magtige mr. M mag ma sy gewraakte lied sing DUBBEL STANDAARDE!

* Elma Diedericks: Steve, ek stem vir jou as President! Jy het di stem van Afrikaans geword, en jou song is reguit en na my hart.

* Tobie Franck: Steve en bewonderaars wat saamstem: Ek skud my kop in ongeloof. Soos die Man gesê het:”vergeef hulle want hul weet nie wat hul doen nie”

* Phindile Nonhlanhla Chawe: I must say, I expected better! You must have had a hard time working on the set of 7de laan because it looks ‘black people friendly’ to me! And as for your music, you honestly believe its only white people who listen to it... Freaken unbelievable!!!

Op Twitter:

* bhekza_clemza mabhiza: They must just shoot each other! RT @SowetanLIVE: Malema and Hofmeyr, eish

* Mhlana Zodidi: Steve Hofmeyr spits venom: The man is such an attention seeker. i believe he should be ignored.

* JennieGreenhill: Think the Navy Seals need to knock on Steve Hofmeyr’s door - and soon! Stupid racist ass! #epicfail

* “@JaysonKent: @steve_hofmeyr you make me embarrassed to be white.”


- Rapport

Sanderis

  • Gas
Re: Musiek as versetvorm
« Antwoord #6 op: May 17, 2011, 09:34:53 PM »
Steve se gewraakte k-woord in lied oorleef dit toe nie
2011-05-16 22:30


Pauli van Wyk

Steve Hofmeyr los toe die k-woord.

Hofmeyr het gister gesê hy sal nié die k-woord in sy liedjie “Ons sal dit oorleef” sing nie.

“My redenasie is dat ‘skiet die Boer’ volgens Malema in die konteks en tradisie van die geskiedenis gesing word,” het Hofmeyr gister aan Beeld gesê.

“My verweer is daar was nog nie ander woorde vir swart mense in die tyd van die Anglo-Boereoorlog nie, in die algemeen is die k-woord gebruik. Dit is my konteks en tradisie.”

Die musiekvideo vir die liedjie het binne 48 uur nadat dit op 13 Mei op YouTube gelaai is meer as 15 000 kykers gelok.

“Ek hou nie van die k-woord nie. Ek het swart vriende en kollegas wat sal aanstoot neem.”

Met verwysing na die hooggeregshof in Johannesburg se bevinding gister dat die woorde “skiet die Boer” aanhitsing tot moord is, het Hofmeyr gesê sou die hoogste gesag in die land aan Suid-Afrikaanse burgers die groen lig gegee het om instrumente van haatspraak te gebruik, sal almal dit doen.

“Daarom is ek verheug oor die uitslag. Die punt is nou gemaak. Een mens of groep in die land kan nie die reg om haatspraak vir homself toeëien nie.”

Vir dié uitlatings het Hofmeyr hom skerp kritiek op die hals gehaal.

Frans Cronjé, uitvoerende adjunkdirekteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, noem Hofmeyr in ’n ope brief ’n “verleentheid vir Suid-Afrika”.

TimesLive, webwerf van die Sunday Times, het Hofmeyr ook as die “mamparra van die week” gedoop.

“Ek is die ou wat altyd jammer sê,” het Hofmeyr gesê. “Ek maak nie soos Malema en foeter net voort nie, ek is die ou wat hom uitgenooi het vir ’n braai en hy het nie gekom nie. Ek is gewillig om die k-woord te laat vaar. Julius en die ANC veg om haat­spraak te behou.”

Sanderis

  • Gas
Re: Musiek as versetvorm
« Antwoord #7 op: February 06, 2012, 08:49:33 PM »
Sing op die wysie van: 'mamma ek will 'n man he'


Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Melkplaas hê Nee Juju nee 'n Melkery die wil ek nie Want vroeg opstaan die gaan ek nie Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!

Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Beesplaas hê Nee Juju nee 'n Beesteplaas die wil ek nie Want drade span die gaan ek nie Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!

Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Wynplaas hê Nee Juju nee 'n Plaas vir wyn die wil ek nie Want wingerd snoei die ken ek nie Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!

Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Wildsplaashê Nee Juju nee 'n Plaas vol bok die wil ek nie Want baie werk die soek ek nie Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!

Malema ek wil 'n plaas hê Wat se plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Graanplaashê Nee Juju nee 'n Plaas vol graan die wil ek nie Want oes en plant verstaan ek nie Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!

Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Soek jy dalk 'n Sitrusplaas Nee Juju nee Op 'n Sitrusplaas werk jy jou vrek As die trekker staan en die damme lek Laat die Witman liewer boer Ek bly lekker in my shack!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal