Kommunikasie > Departement van Kommunikasie en Uitsaaiwese

Volkseie tydskrifte en koerante

(1/4) > >>

Sanderis:
Lyk my vannermerwe is skaam om " Die Baken " aan die Bravolanders bekend te stel . Die dokument kan hier afgelaai word : http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/8eb0317b632a9ce  .

Die vierde weergawe is te groot om daar te stoor . Ek sal dit 4shared toe stuur .

vannermerwe:
Sanderis,

Ek is darem nie skaam nie, maar het so bietjie vergeet om jou te antwoord. Jammer.

Die Baken is die weekblad van die Volks Leiersberaad (VOLBER). Ons probeer om 'n weekblad daar te stel wat aktuele sake kaalvuis aanvat, maar ook om bietie ander aspekte te dek soos die kortverhaal en 'n rubriek of twee.

Ons hoop is dat wanneer ons mense weer saam kan lag en saam kan huil en saam kan gesels... ons ook saam sal staan en nie vaskyk teen die klein verskille wat daar tans is nie.

Ek nooi ook nou elke Bravolander uit om deel te word. Ons kort altyd 'n goeie artikel, 'n rubriek, 'n kortverhaal of gedig en/of enige nuus wat ons volk se belange raak. Tans is advertensies ook gratis vir volksgerigte organisasies, so as julle weer iets aanpak, kom adverteer gerus gratis in Die Baken.

Vir die van julle wat die Baken weekliks wil ontvang- stuur gerus 'n e-pos aan Elna by elnalush@gmail.com.

Gratis en verniet!

Groetnis.

Sanderis:
Waarna moet die artikels , stories en versoeke vir advertensies gestuur word vannermerwe en in watter formaat en hoe groot mag die advertensies wees ?

vannermerwe:
Sanderis,

Elna werk met al ons kommunikasie so mense kan haar gerus kontak. Ons probeer die advertensie klein hou... Die grootte van die koerant is nogal 'n probleem.

Sien uit om van die Bravolanders te hoor!

Groetnis.

Sanderis:
Die Baken 4de uitgawe :  http://www.4shared.com/document/Y7H9ghXO/Die_Baken_-__4.html

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version