Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees  (Read 1863 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« op: May 22, 2011, 09:19:37 PM »



"Die Slag van Donkerhoek"

Dit is ‘n wintersdag op die Hoëveld in Junie 1900. Pretoria het ‘n paar dae vroeer, op 5 Junie, oorgegee aan die Britse magte onder aanvoering van Lord Roberts. Paul Kruger en sy Volksraad het reeds Pretoria ontruim en ‘n tydelike regeringsetel te Machadadorp ingestel. Die Boere was moedeloos en baie het die st...ryd gewonne gegee en oorgegee.

Paul Kruger het egter sy geloof behou en met die aanmoediging van Pres Steyn, Generale Christiaan die Wet en Louis Botha en ‘n kern van vasbeslote offisiere en burgers is die stryd voortgesit.
Die Britse magte het vanaf Pretoria, Pres. Kruger en sy gevolg agternagesit. Om Pres. Kruger as gevangene na Pretoria terug te bring, sou die oorlog vir Engeland tot ‘n triomfantlike einde bring.

Maar die sou die Boeremagte ten alle koste wou verhoed: Die Boere het hulle gevolglik opgestel in ‘n front met Genl de la Rey se magte in die noorde te Boekenhoutkloof en Genl Botha se magte ingegrawe op die eskarpement op die plase Donkerh...oek en Kleinfontein tussen Franspoort en Diamond Hill.

Die Britse magte het op 11 Junie 1900 ooswaarts opgeruk in ‘n halfmaan onder aanvoering van Lt-Genl French in die noorde oor die Pienaarsrivier, Lord Roberts in die middle met roetes deur Franspoort en Pienaarspoort en Lt-Genl Hamilton in die suide deur Swawelpoort en Tierpoort verby Seinheuwel, Klipkoppies en Boschkop en die stellings van die Boere begin bombardier.

Die Britse magte het bestaan uit 14 000 man en hulle artillerie uit 66 veld kanonne en 6 swaar kanonne. Daarteenoor het die Boere slegs 6 000 man gehad met 22 kanonne en een Longtom.

Onder die oormag het die Boere teruggeval na die hoogste kop op die plaas Kleinfontein, genaamd Diamond Hill, waar die beslissende “Slag van Donkerhoek” ( in Engels “The Battle of Diamond Hill” ) op 12 Junie 1900 gelewer is. Ten spyte van die oormag, het die Boere hier die Britse mag verslaan met weinige verlies aan eie kant.

Hierdie oorwinning, meer as enigiets anders, het weer die Boere moed om die ongelyke stryd voort te sit en het gelei tot hernude toetredes en guirilla oorlogvoering wat die magtigste moondheid van die tyd vir amper nog twee jaar sou weerstaan.

Sanderis

  • Gas
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #1 op: May 22, 2011, 10:33:16 PM »
Hoe laat begin dit Ben en is daar 'n vasgestelde program ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #2 op: May 23, 2011, 06:00:10 PM »
Sanderis,

Dankie vir die navaag. Daar is beslis 'n program, ek sal hom hier plaas binne die volgende dag of twee, ons bevestig net een of twee items.

Sanderis

  • Gas
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #3 op: May 23, 2011, 07:41:16 PM »
Dankie Ben ek sal uitkyk daarvoor (aanwysings ook a.s.b.) . Ek sal probeer om dit by te woon , indien wel kan ek 'n vriend of twee saambring ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #4 op: June 01, 2011, 10:18:08 PM »

Program
                        
Vrydag 10 Junie 2011
 
19h00         Cantus   (Aangebied deur Bibambus Cantus Gilde)               

Saterdag 11 Junie 2011

            
10h30          Vlaghysing (CVO Kleinfontein)      
         Perde optrede             
10h45         Opening               
11h00         Feesrede - Jan van Zyl                
11h15         Afrikana Veiling            
11h30         Toespraak – Paul Kruger (VVK)         
         Musiekoptredes:
11h45         Louisa Beyers                                                       
12h00         Ridder de Jongh            
12h45         Coenie Hanekom            
13h00         Bedankings               
13h10         Vlagstryking (CVO Kleinfontein)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #5 op: June 01, 2011, 10:20:45 PM »
Prosit Corona!

Meld aan in massas vir die Cantus op 11 Junie 2011 om 19h00 by Die Pos in die Tandembos naby Kleinfontein!

Hierdie cantus vorm deel van die 111 jaar herdenking van die Slag van Donkerhoek op die 12de Junie.

Dis in die winter in die opelug (nes die veldslag van destyds) onthou om warm aan te trek en jou hoed, das, baadjie, beker en codex (om ‘n veldslag met die sedemeester te vermy…). Bring ook jou eie stoel & R40 saam.

Dixi
Albert du Toit

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #6 op: June 02, 2011, 10:54:51 AM »
Dankie Ben, dit klink lekker. Is die Cantus die 10de of die 11de?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #7 op: June 02, 2011, 10:57:04 AM »
Ek sien nou die foutjie. Die Cantus is die 10de.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #8 op: June 02, 2011, 12:56:19 PM »
Dankie Ben.

Hier onder volg die lirieke van `n liedjie wat Ridder de Jongh by die fees gaan doen:

'We are marching to Pretoria' het die Britte gesing
Toe hulle daai dag die Hoofstad binnedring
En onder Lord Roberts maak die Britte `n plan
Om die oorlog te wen en Kruger te vang
Maar Botha en kie sê vang jy hom
Moet eers verby my en die Boere kom

O Koek, we lost at Donkerhoek

Selfs met 14 000 man was die Kakies te sag
Vir die 6 000 Boere wat lê en wag
En toe Lord Roberts weer so om hom kyk
Is al wat hy sien net lyk op lyk

O Koek, we lost at Donkerhoek

Nou die res van die oorlog is `n tragiese verhaal
Want die vrouens was in kampe en die lande was kaal
En al het die Boer gewen met die roer
Het hy op papier teen die Britte verloor
Maar kry `n Kakie op die slagveld dan bewe sy broek
Soos die dag met die slag van Donkerhoek

O Koek, we lost at Donkerhoek

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #9 op: June 02, 2011, 01:00:39 PM »
Goed gedoen James.
Wanneer sien 'n Paardekraal liedjie die lig?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #10 op: June 02, 2011, 01:03:16 PM »
Bravo James! Ons sien uit daarna.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #11 op: June 02, 2011, 02:00:04 PM »
Dankie Ben en Alwyn. Die Paardekraalliedjie is volgende. Hou die spasie dop.  ;)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #12 op: June 03, 2011, 03:41:18 PM »
Tussen die 11de en die 12de Junie 1900, het die Boeremagte ‘n deurslaggewende oorwinning behaal teen die Britse magte by Donkerhoek. Hierdie slag, bekend as die Slag van Donkerhoek en ook soms as “The battle of Diamond Hill” word hierdie jaar herdenk op die 10de en 11de Junie 2011 by Die Pos op die Tandem plaas net buite Kleinfontein.
Vrydag die 10de Junie 2011 se program begin om 19h00, met ‘n Cantus, aangebied deur die Bibambus Cantus Gilde van Pretoria.
Saterdag die 11de Junie 2011 se program skop om 10h30 af. Die dag beloof om ‘n feestelike herdenkingsdag te wees, met ‘n feesrede wat gelewer sal word deur Advokaat Jan van Zyl, verskeie kunstenaars en ‘n perde kommando optrede. Boeresport, skyfskiet en ‘n springkasteel is maar van die aktiwiteite wat die dag aangebied sal word en verskeie kosstalletjies sal ook die dag teenwoordig wees.
Kom herdenk ons kultuurerfenis, op ‘n feestelike wyse by ‘n volkseie terrein.

SLAG VAN DONKERHOEK REELINGS KOMMITTE
3 JUNIE 2011

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #13 op: June 05, 2011, 08:09:56 PM »

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #14 op: June 06, 2011, 05:37:25 AM »
Kan iemand my erduidelikoe om dr uit te kom. Het Klenfontein al gaan soek maar iewers ry ek verkeerd.
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #15 op: June 06, 2011, 08:55:39 AM »
Kan iemand my erduidelikoe om dr uit te kom. Het Klenfontein al gaan soek maar iewers ry ek verkeerd.

Henk, as 'n Namakwalander daar uit kan kom, dan weet ek nie hoe jy nie kan nie....  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #16 op: June 06, 2011, 11:08:32 AM »
Henk,

Van Pretoria af neem die N4 Witbank toe.
Net voor die groot tolhek kry jy die Rayton, Babsfontein, Cullinan afrit.
Neem afrit en draai regs.
Na ongeveer 2km kry jy Diamantvallei landgoed op linkerhand. Net verby dit draai daar 'n grondpad regs uit.
Draai regs. Volg die grondpad tot by die ingang van Die Pos. (Ek is seker Ben hulle sal die ingang aandui met baniere of iets)
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 132
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #17 op: June 06, 2011, 01:58:18 PM »
Die 'gemiddelde' ouderdom by 'n cantus is mos omtrent 35  :-\  ::)

So ons ouer manne (55+?) sal waarskynlik effens in die minderheid voel.

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #18 op: June 06, 2011, 02:21:19 PM »


Henk, as 'n Namakwalander daar uit kan kom, dan weet ek nie hoe jy nie kan nie....  ;)
[/quote]
Kleinbekkie jy sal nie verstaan . Die dag as ek nie lekker is nie kry ek nie eers my huis nie
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: Slag van Donkerhoek herdenkingsfees
« Antwoord #19 op: June 06, 2011, 02:22:45 PM »
Dankie Alwyn
Ek soek hele tyd op verkeerde pad Sien julle Saterdag
Ek en my huis ons sal die Here dien


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal