Dit is 'n moeilike een om in boksies te rangskik. Daar is natuurlike heelwat onderwerpe wat na persoonlike beledigings lei, soos bv. godsdiens en politiek. Die onus rus op die deelnemende persone om die gesprek beskaaf te hou. Ongelukkig is daar gewoonlik mense wat hulle aan geen respek vir ander mense of beskaafdheid wil steur nie.
Sodra die deelnemers volwasse genoeg is om 'n ander ou se standpunt te respekteer, kan 'n mens oor amper enige onderwerp gesels.
Die onderwerpe se inslag is Protestants Christelik gefundeerd. Dus, as iets teenstrydig is met dit gaan dit 'n taboe onderwerp wees.