Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor

Wat mag ons bespreek en wat nie ?

(1/1)

Sanderis:
Kan iemand vir my 'n duidelike aanduiding gee van wat op Bravoland bespreek mag word en wat nie ?
M.a.w tot watter mate word vryheid van spraak ingeperk ? 

Kleinbekkie:
Dit is 'n moeilike een om in boksies te rangskik. Daar is natuurlike heelwat onderwerpe wat na persoonlike beledigings lei, soos bv. godsdiens en politiek. Die onus rus op die deelnemende persone om die gesprek beskaaf te hou. Ongelukkig is daar gewoonlik mense wat hulle aan geen respek vir ander mense of beskaafdheid wil steur nie.

Sodra die deelnemers volwasse genoeg is om 'n ander ou se standpunt te respekteer, kan 'n mens oor amper enige onderwerp gesels.

Die onderwerpe se inslag is Protestants Christelik gefundeerd. Dus, as iets teenstrydig is met dit gaan dit 'n taboe onderwerp wees.

Johan Joubert:
Op sommige van die drade soek burgers net 'n geleentheid om mekaar met klippe te bestook.  As hy nie saamstem met wat gesĂȘ word nie. 

Stel jou mening en as niemand dit koop nie, moenie dit op ander afdwing nie.  Verdedig dit as dit verdedigbaar is op 'n ordentlike manier.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version