Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’  (Read 808 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« op: May 31, 2011, 11:34:43 AM »
VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
2011-05-30 22:38

Cobus Claassen
Talle behoeftige inwoners van Daspoort, in die weste van Pretoria, kan eersdaags sonder heenkome wees nadat hulle glo vir die “verkeerde” party in die munisipale verkiesing gestem het.

Die VF+ het me. Magda Stroebel, wat die laaste paar jaar huisvesting aan arm mense in houthutte agter in haar erf bied, verlede week in kennis gestel dat hy hom onttrek aan die hofsaak wat hy saam met haar teen die Tshwane-metromunisipaliteit voer.

Tshwane sê die blyplek is strydig met bouregulasies en het verlede jaar met regstappe teen Stroebel begin.

Die VF+ het sy gewig agter Stroebel ingegooi deur haar regskoste te betaal.

Mnr. Philip van Staden, die VF+ se leier in Pretoria, het Stroebel verlede week per brief laat weet die party onttrek hom as “belanghebbende en instruksiegewer”.

Hy voer aan die besluit is geneem “nadat die inwoners van die huisies op 18 Mei in groot getalle vir die DA gaan stem het”.

“Die inwoners het dit duidelik gestel dat hulle nie die hulp van die VF+ verlang nie en ons beveel dus aan dat die inwoners eerder die nodige hulp by die DA gaan soek,” lui die VF+ se brief.

Stroebel het gister gesê sy is uit die veld geslaan, maar wou nie kommentaar lewer nie.

“Ek is te bang om iets te sê. Die volgende hofverskyning is volgende week en ek het nie geld om die prokureur te betaal nie. Ek weet nie wat nou gaan gebeur nie.”

Van Staden het gister gesê hy moes die brief dalk anders bewoord het.

Hy het ontken dat die VF+ by die saak betrokke geraak net om stemme te werf.

“Nee, dit is beslis nie die geval nie. Ons het seergekry in die verkiesing en die VF+ het nie meer die geld om die regskoste te betaal nie. Dit was bloot ’n geldelike besluit.”

Van Staden het gesê hy het op stemdag van die mense wat op Stroebel se erf woon in T-hemde van die DA gesien terwyl ander inwoners die VF+ in kennis gestel het dat hulle vir die DA gestem het.

Die VF+ het nie suur druiwe nadat die party aansienlik minder steun in Tshwane gekry het nie, het hy gesê.

“Ons sal die saak steeds in die raad beveg.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VF-trek-hulp-terug-na-armes-DA-stem-20110530

Sanderis

  • Gas
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #1 op: June 01, 2011, 12:25:54 AM »
So die moddergooiery gaan nou sommer van Facebook na Beeld toe ...
Ja ek sê eerder niks nie .

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #2 op: June 01, 2011, 09:17:40 AM »
Hierdie was nogal vir my 'n gemene hou van die VF. Het politiek dan nou so belangrik geword, dat Volksnood nie meer weeg as 'n stem nie?

Daar kan baie redenasies wees vir of teen wat hier gebeur het, maar op die ou end van die dag kom dit vir my daarop neer, dat hulle die Volk misbruik.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #3 op: June 01, 2011, 06:14:21 PM »
Hierdie was nogal vir my 'n gemene hou van die VF. Het politiek dan nou so belangrik geword, dat Volksnood nie meer weeg as 'n stem nie?

Daar kan baie redenasies wees vir of teen wat hier gebeur het, maar op die ou end van die dag kom dit vir my daarop neer, dat hulle die Volk misbruik.

Kleinbekkie ek verstaan nou nie lekker nie. Die VF moet die volk in nood help maar die volk moenie vir die VF stem nie. Die volk misbruik nie die VF as hulle van hulle hulp misbruik maak en dan vir 'n ander party gaan stem nie. So hoe help die VF as hy nie meer ondersteuners het nie, met watter geld?

Ek ken nie al die feite nie maar as ek die VF leierskap is sal ek ook definitief ALLE hulp aan hierdie rugstekers staak en hulle aanse om eerder die Demoniese Alliansie te kontak vir hulp.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #4 op: June 01, 2011, 08:44:56 PM »
Interressante situasie die...

Kom ons vat dit een tree verder:

Sal Afrikaner organisasies blankes kosgee wat vir die ANC stem?

Die DA en ANC het ewe veel 'n saak met die Afrikaner kultuur... Dus:

Sal die Afrikaner organisasie (bv VF+) blankes kosgee (hulp) wat vir die ANC (=DA) stem?

Groetnis!

Sanderis

  • Gas
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #5 op: June 01, 2011, 10:34:32 PM »
Aanhaling
   9:48pm May 27
STANK VIR DANK!
By Philip van Staden

Stank vir dank! Pleks dat die persoon eerder dankie se dat ek gesorg het dat haar regskostes die afgelope twee jaar betaal is word ek nou uitgekruit as 'n persoon wat sy mense verlaat het. Die feit van die saak is dat die betrokke persoon die fondse insamel vir haar hofsaak dit gebruik op haarself soos wat sy die kos wat aan haar geskenk word eers die goeies vir haar self neem en die vrot kos vir die inwoners gee.Ten minste is daar nie sake by die SAPD teen my oopgemaak omrede ek my inwoners dreig en sleg behandel nie. My plek is ook nog nooit deursoek vir dwelms en dagga nie.Ten minste laat ek nie die mense voertuie by winkelsentrums op pas en dan kom ek vanmiddag en vat hulle geld vir my nie.Ten minste vra ek nie tussen R300-00 en R1000-00 per huisie nie! Dis uitbuiting! Sies en nou is jy die arme slagoffer. Ek het nog NOOIT maar NOOIT enige Afrikaner leed aangedoen nie. Julle wat klippe gooi het nog nooit iets vir jul medemens gedoen nie!

Julle sal nog sien wie en wat die persoon werklik is.
Sterkte aan julle.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #6 op: June 02, 2011, 10:49:27 AM »
Sanderis, waar kom die skrywe van Philip vandaan? Ek het `n e-pos aan hom gestuur wat hy nog nie geantwoord het nie. Ek e-pos ook vir jou die skrywe wat hy aan die dame gestuur het en vra dat jy dit asb hier pos. As bg. werklike die rede is waarom die hulp gestaak is moes hy dit in die brief genoem het en nie die feit dat die inwoners eerder DA gestem het nie.

Afwesig Frikkie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
    • www.samagte.co.za
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #7 op: June 02, 2011, 06:15:33 PM »
Naand almal, die eerste vraag is natuurlik hoekom die VF vir hierdie mense gehelp het...
Was dit miskien net vir stemme !!!!!!

Sanderis

  • Gas
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #8 op: June 02, 2011, 09:24:43 PM »
Sanderis, waar kom die skrywe van Philip vandaan?

http://www.facebook.com/home.php?sk=group_145177018880151

Miskien moet ek die blik oopmaak en alles uitgooi sodat julle kan sien wat daarin is :

Aanhaling
9:30am May 26
Magda Stroebel, one lone Boer woman who tries to rescue these destitute Afrikaners from the streets of Pretoria and house them in her Angel at Work charity-centre at her own Daspoort smallholding, is caring for 5,000 destitute Afrikaners - 2,000 are children. She is working under a state of siege: facing a campaign of heavy harassment from the ANC-run city council – which is trying to obtain a court order forcing Mrs Stroebel to remove her wendy-house structures where her legal, registered charity group ‘s volunteers help provide shelter for destitute families while trying to bring them back to good health and find jobs for them.

The Freedom Front Plus leader in Pretoria, Philip van Staden, said in December last year that 5,000 destitute Afrikaners live in wendy-huts in the working-class Daspoort region of Pretoria alone – and that 2,000 of these Afrikaners are children. He demanded that the city council withdraw the law-suit as it was lodged by a black building-inspector who has since then resigned his post and can no longer be produced as a witness. Yet the ANC-council still refuses to drop the law suit and keeps postponing it - thus constantly chasing up legal costs. http://www.facebook.com/l/c0937hHxP4XYipUcuc_-AIFQOug/afrikanerjournal.wordpress.com

ANC-regime wants to dump thousands of destitute Afrikaners in the streets of Pretoria:

Basically what the ANC-regime apparently wants Magda Stroebel to do, is to dump all these helpless families back into the streets of Pretoria - where they will slowly starve to death and are constantly facing the fears of being abused and attacked because they are whites. The city council has meanwhile offered no alternative accommodation for these white squatters – even though this is a key-requirement under the ANC’s own laws dealing with the forced-removals of squatter communities. Apparently this law only applies whenever black squatters face forced removal, but not for Afrikaner whites?


Aanhaling
3:38pm May 27
VF+ het nie wit plakker verlaat - Magda Stroebel vertel nie hele storie
VF PLUS HET NIE 5000 WIT PLAKKERS VERLAAT NIE!      . . "Die Vryheidsfront Plus het nie die 5000 wit plakkers in die Pretoria Wesmoot verlaat nie!" Dit volg na berigte op facebook nadat Magda Stroebel en Annie Kalahari besig is met 'n smeer veldtog teen die Vryheidsfront Plus en Philip van Staden.Philip van Staden van die VF Plus in Pretoria het die afgelope week vir Magda Stroebel in kennis gestel dat die VF Plus na die verkiesing nie meer oor die fondse beskik om verder vir die regskostes te betaal nie. Van Staden se reaksie op die smeer veldtog is as volg: " Die VF Plus het nie die 5000 wit plakkers verlaat nie! Ons beskik doodeenvoudig net nie meer oor die fondse om die regskostes te betaal nie. Volgens die berig van Annie Kalahari en Magda Stroebel woon al 5000 mense op Magda Stroebel se eiendom wat heeltemal onwaar is. Daar woon slegs 30 mense op Magda Stroebel se eiendom. Ek het die afgelope Dinsdag 'n telefoniese gesprek met Magda Stroebel gehad en vir haar verduidelik wat ons redes vir die besluit is. Ek het Magda Stroebel ook meegedeel dat ek as leier van die VF Plus in Pretoria haar nog steeds sal bystaan en donasies en fondse elders anders gaan soek om vir die hofsaak te betaal.Inteendeel het ek vanoggend, Vrydag 27 Mei 2011,terugvoer van donateurs ontvang wat bereid is om te help. Magda Stroebel vertel egter nie die waarheid van die storie nie en slegs haar weergawe van die storie. Ek het vanoggend weer met Magda Stroebel gepraat om haar mee te deel dat daar donateurs is wat bereid is om te help en sy was baie dankbaar daarvoor gewees. Nou antwoord Magda Stroebel skielik nie haar foon nie en sy is besig om 'n veldtog te loods om my en die VF Plus te diskrediteer. Magda Stroebel moet eerder dankbaar wees vir die derduisende rande wat die VF Plus die afgelope twee jaar vir die hofsaak betaal het. Daar is baie bewerings teen Magda Stroebel van mense wat op haar eiendom gebly het,en ek het die verklarings in my besit,maar ten spyte daarvan het die VF Plus nog steeds vir Magda Stroebel gehelp. Ek vra dus nou dat Annie Kalahari en Magda Stroebel vir my en die VF Plus op facebook omverskoning sal vra vir die valse beriggewing wat hulle geplaas het." Philip van Staden het nadat die valse beriggewing op facebook geplaas is vir Magda Stroebel gekontak maar sy weier om haar foon te antwoord. Stop die Uitsetting van Arm Afrikaners het ook vroeër die week Magda Stroebel se bankbesonderhede geplaas en gevra dat lede donasies by haar bankrekening moet inbetaal. Stop die Uitsetting van Arm Afrikaners distansieër hulle heeltemal van Magda Stroebel en sal nog steeds vir die saak van die arm Afrikaner veg maar sonder Magda Stroebel. Dit is aan ons duidelik dat Mev Stroebel nie rede kan insien nie en nog steeds voortgaan om die mense wat haar die afgelope twee

Sanderis

  • Gas
Re: VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
« Antwoord #9 op: June 02, 2011, 09:30:19 PM »
Ek e-pos ook vir jou die skrywe wat hy aan die dame gestuur het en vra dat jy dit asb hier pos.




Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal