Algemene Sake > Bravoland Kuier Afdeling

VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’

(1/2) > >>

James Kemp:
VF+ trek hulp terug ná armes ‘DA stem’
2011-05-30 22:38

Cobus Claassen
Talle behoeftige inwoners van Daspoort, in die weste van Pretoria, kan eersdaags sonder heenkome wees nadat hulle glo vir die “verkeerde” party in die munisipale verkiesing gestem het.

Die VF+ het me. Magda Stroebel, wat die laaste paar jaar huisvesting aan arm mense in houthutte agter in haar erf bied, verlede week in kennis gestel dat hy hom onttrek aan die hofsaak wat hy saam met haar teen die Tshwane-metromunisipaliteit voer.

Tshwane sê die blyplek is strydig met bouregulasies en het verlede jaar met regstappe teen Stroebel begin.

Die VF+ het sy gewig agter Stroebel ingegooi deur haar regskoste te betaal.

Mnr. Philip van Staden, die VF+ se leier in Pretoria, het Stroebel verlede week per brief laat weet die party onttrek hom as “belanghebbende en instruksiegewer”.

Hy voer aan die besluit is geneem “nadat die inwoners van die huisies op 18 Mei in groot getalle vir die DA gaan stem het”.

“Die inwoners het dit duidelik gestel dat hulle nie die hulp van die VF+ verlang nie en ons beveel dus aan dat die inwoners eerder die nodige hulp by die DA gaan soek,” lui die VF+ se brief.

Stroebel het gister gesê sy is uit die veld geslaan, maar wou nie kommentaar lewer nie.

“Ek is te bang om iets te sê. Die volgende hofverskyning is volgende week en ek het nie geld om die prokureur te betaal nie. Ek weet nie wat nou gaan gebeur nie.”

Van Staden het gister gesê hy moes die brief dalk anders bewoord het.

Hy het ontken dat die VF+ by die saak betrokke geraak net om stemme te werf.

“Nee, dit is beslis nie die geval nie. Ons het seergekry in die verkiesing en die VF+ het nie meer die geld om die regskoste te betaal nie. Dit was bloot ’n geldelike besluit.”

Van Staden het gesê hy het op stemdag van die mense wat op Stroebel se erf woon in T-hemde van die DA gesien terwyl ander inwoners die VF+ in kennis gestel het dat hulle vir die DA gestem het.

Die VF+ het nie suur druiwe nadat die party aansienlik minder steun in Tshwane gekry het nie, het hy gesê.

“Ons sal die saak steeds in die raad beveg.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VF-trek-hulp-terug-na-armes-DA-stem-20110530

Sanderis:
So die moddergooiery gaan nou sommer van Facebook na Beeld toe ...
Ja ek sê eerder niks nie .

Kleinbekkie:
Hierdie was nogal vir my 'n gemene hou van die VF. Het politiek dan nou so belangrik geword, dat Volksnood nie meer weeg as 'n stem nie?

Daar kan baie redenasies wees vir of teen wat hier gebeur het, maar op die ou end van die dag kom dit vir my daarop neer, dat hulle die Volk misbruik.

Mike:

--- Aanhaling van: Kleinbekkie op June 01, 2011, 09:17:40 AM ---Hierdie was nogal vir my 'n gemene hou van die VF. Het politiek dan nou so belangrik geword, dat Volksnood nie meer weeg as 'n stem nie?

Daar kan baie redenasies wees vir of teen wat hier gebeur het, maar op die ou end van die dag kom dit vir my daarop neer, dat hulle die Volk misbruik.

--- End quote ---

Kleinbekkie ek verstaan nou nie lekker nie. Die VF moet die volk in nood help maar die volk moenie vir die VF stem nie. Die volk misbruik nie die VF as hulle van hulle hulp misbruik maak en dan vir 'n ander party gaan stem nie. So hoe help die VF as hy nie meer ondersteuners het nie, met watter geld?

Ek ken nie al die feite nie maar as ek die VF leierskap is sal ek ook definitief ALLE hulp aan hierdie rugstekers staak en hulle aanse om eerder die Demoniese Alliansie te kontak vir hulp.

vannermerwe:
Interressante situasie die...

Kom ons vat dit een tree verder:

Sal Afrikaner organisasies blankes kosgee wat vir die ANC stem?

Die DA en ANC het ewe veel 'n saak met die Afrikaner kultuur... Dus:

Sal die Afrikaner organisasie (bv VF+) blankes kosgee (hulp) wat vir die ANC (=DA) stem?

Groetnis!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version