Opvoeding > Departement van Sport en Ontspanning

Sterrekyk entoesiaste

(1/1)

Sanderis:
Groot bonus wag op maankykers
2011-06-12 22:08


Wolfram Zweckler

JOHANNESBURG.–Maankykers kry Woensdagaand ’n groot bonus wanneer die langste maansverduistering sedert 2000 oor Suid-Afrika heen gesien kan word.

Maansverduisterings kom gemiddeld twee tot drie keer per jaar êrens op die aarde voor, maar gewoonlik is dit net van korte duur, of is dikwels net ’n gedeeltelike verduistering.

Woensdagaand se volle maansverduistering kan van omstreeks 20:20 waargeneem word wanneer die maan in die aarde se skaduwee inskuif. Sowat ’n uur later behoort die maan ’n rooi of koperkleur aan te neem wanneer die aarde se skaduwee die maan heeltemal “toemaak”.

Omstreeks 22:10 is die “middelpunt” van die verduistering en omstreeks 23:00 kan die eerste tekens gesien word dat die maan uit die aardskadu beweeg. Omstreeks middernag is alles verby en die volmaan weer “normaal”.

Die meeste mense in Afrika, veral aan die oostekant van die vasteland, asook in Europa, behoort die volle verduistering te kan sien, terwyl Brasilië en Suid-Amerikaanse lande die begin mooi sal kan sien. Australië en lande in daardie deel van die wêreld sal nie die einde kan sien nie omdat die maan dan reeds gesak het.

In die Kaap word ’n groot “maankyk”-byeenkoms by die Taalmonument in die Paarl beplan, terwyl verskeie restaurante in meer donker afgeleë plekke om Johannesburg maankyksessies gereël het. Die Johannesburgse planetarium http://www.planetarium.co.za/ bied ook ’n spesiale program aan. ’n Volledige uiteensetting van hoe die maansverduistering gebeur, is by http://eclipse.gsfc.nasa.gov beskikbaar.

- Volksblad

Frikkie:
Baie dankie vir hierdie een. Ek gaan hom def. nie mis nie.

Groetnis

Navigation

[0] Message Index

Go to full version