Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Onbetrokkenheid  (Read 1606 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Onbetrokkenheid
« op: June 14, 2011, 11:41:55 AM »
Ek het nou al vir 'n wyle 'n klippie in my skoen. Dit het egter nou al gegrooi na 'n rots op my bors. Dit druk my so dat ek nie meer kan asemhaal of rasioneel dink nie. Hierdie rots is die onbetrokkenheid van ons volk. Op alle terreine.

Is dit 'n siekte wat ons geërf het van die vorige wit regering, waar daar vir ons gedoen is? Is dit a.g.v. grootmense wat as bederfde kinders alles gekry het sonder om iets daarvoor te doen? Ek ken nie hierdie antwoord nie.

Ons volk staan op die vooraand van seker een van die belangrikste gebeurtenisse in ons volk se geskiedenis. Die Volksraadsverkiesing en steeds is daar mense wat apaties staan. Wat my so seer maak, is dat dit mense is wat soos ek dink. Konserwatiewe mense. Volksgenote. Boere. Almal wag egter dat iemand anders die wa sal trek. Almal wil saam kom vir die rit, of opklim nadat hulle seker is dat die wa mooi loop. Intussen is daar enkelinge wat aan die jukke beur om die wa aan die gang te kry. Die rieme trek al bloed soos dit in die weefsel insny van die swaar vrag op die wa. Maar dis nie genoeg nie. Haak nog 'n wa aan en nog een......
As almal wat so gemaklik op die wa sit, so nou en dan van sy as af klim en help trek, sal die wa soveel momentum kry dat dit onkeerbaar word.

Die CVO skole het te min betrokke ouers. Ouers wat ’n verbondsouers  wat maar wag dat iemand anders die werk sal doen. My kind deel mos in die voordele. Ons monumente in volksbesit word onderhou deur ander. EK kan mos maar met my gesin daar gaan piekniek hou wanneer dit my pas. Ander sal die gras sny en die onderhoud verrig. Dis nie vir my belangrik om volksfeeste by te woon nie. Ek kan eerder rugby kyk of in winkelsentrums tussen volks vreemdes rond drentel.

Ek kom dat die slotsom dat ons mense skaam is vir wie en wat hulle is. Ek hoor skielik ’n koor skree dat hy trots Boer/Afrikaner is. Dan moet dit seker luiheid wees, bang om hande vuil te maak. Nog ’n koor antwoord dat hulle self al hulle take verrig. Selfwerksaam is.

Dan bly net slapgattigheid oor. Ons het ’n jellievis volk geword wat wag dat ander die werk vir ons sal doen. Geen volk in die wêreld het nog ooit vryheid verkry deur op ’n rusbank te sit nie! Is vryheid vir jou belangrik of is dit net lippe diens?

Bitter min is bereid om iets te doen of iets op te offer.

Verdien ons volk regtig om vry te wees?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #1 op: June 14, 2011, 06:48:25 PM »
Alwyn! Ek sal graag wil reageer op jou vraag hoekom ons mense so onbetrokke is op alle terreine. Ek is 'n leek wat die politiek aanbetref maar dit is wat ek maar so van dag tot dag waarneem soos wat ek met mense assosieer. Jou vraag het eintlik talle uiteenlopende antwoorde.

Jy se dat ons volk op die vooraand staan van een van die belangrikste gebeurtenisse in ons geskiedenis. Wel Alwyn jy se dit terwyl daar nog steeds bitter min afrikaners weet van die VVK se bestaan. Die wat wel weet van die verkiesing het talle vrae wat nie beantwoord kan word nie.

Daar is net te min CVO skole om ons kinders te akkomodeer. Dit sal my baie kos aan vervoer en tyd om my kind heen en weer te vervoer na die naaste CVO skool, jy moet dit in ag neem. Wat monumente en volksfeeste aanbetref stem ek met jou saam dat ons mense meer betrokke kan raak. Volksfeeste sal meer irrelevant raak in die toekoms tensy daar meer voorsiening vir die jeug gemaak kan word by so 'n fees. Tye het verander mense soek opwinding hulle wil nie meer na 'n politieke moddergooiery sit en luister by 'n volksfees nie.

Dit is waar dat ons kinders nie meer self wil werk nie dit is 'n groot jammerte.     

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #2 op: June 14, 2011, 08:11:41 PM »
Mike,
Ek kan sien jy was lanklaas self by n volksfees. Die inslag is kultuur georienteerd en nie politiek nie. (by die meeste in elk geval). Volksfeeste sal irrelevant raak as mense skaam word vir wie en wat hulle is. Dit op sy beurt gebeur wanneer ouers versaak om dit vir hulle kinders te leer.

Ek verstaan as daar nie n CVO skool in jou omgewing is nie, maar is jy by die organisasies wat wel aktief is in jou omgewing betrokke of nie?

Ons volk is te gemaklik. Punt. Die beste wat ons kan doen is op die kantlyn staan en kritiseer.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #3 op: June 14, 2011, 11:17:50 PM »
Alwyn ek is bly jy het die gesprek opgebring , ek sou dit nie self beter kon verwoord het nie . Daar is baie vrae waarvoor ons nie antwoorde het nie , wat ons die antwoorde maar moet leer met tyd . Toe ons voorvaders die wildernis ingevaar het , het hulle al die antwoorde geken op die onbekende wat vir hulle voorgelê het ? Beslis nie !
Dit moet ons egter nie verhoed om ondersoek in te stel na die antwoorde op ons vrae nie . Ons moet kan vooruit beplan om 'n mate van sukses te behaal .

Ek en 'n ander Bravolander sit gisteraand by die kafee en wag vir ons volkseie arbeiders om terug te kom van die kafee sodat ons hul huis toe kan neem ; hier merk hy op dat 'n blanke man openlik en skaamteloos saam met 'n volksvreemde 'n bier sit en geniet (ek sal eerder nie herhaal wat die ander Bravolander die verraaier genoem het nie :) ) , toe merk op dat dit is hoekom daar programme soos 7de Laan is ; eerstens moet daar sielkundige integrasie kan plaasvind alvorens daar fisiese integrasie sal plaasvind .
Hiermee wil ek nie integrasie met die NSA voorstel nie maar wel die konsep ; ons sal eers die dieptes van ons mense se harte moet kan bepaal en dan daarmee werk alvorens ons as 'n volk sal kan integreer .

Dit bring my by die punt wat ek wil maak . Wat ek nou gaan sê is nie bedoel om negatiewe gevoelens te kweek of op enige iemand se tone te trap nie ; dit is net my eerlike opregte gevoel . Mens moet eerlik wees met jouself voordat jy kan vorentoe beweeg .

Sedert Bravoland se bestaan (so 2 maande na die ontstaan ) is ek al hier en ek is nog steeds hier ; hoekom ? Dit is 'n innige liefde vir ons mense , soos jy noem Konserwatiewe mense , Boere , Volksgenote - ons mense . Nie net dit nie , die vryheidsvlam in my verhoed my om op te gee - miskien sal die intensiteit daarvan nog eendag my uitbrand ; maar tot en met dan brand dit sterk .
Toe ek by Bravoland aangesluit het , was dit vir Bravoland en dit wat Bravoland vir my beteken . Die VVK het toe nog nie bestaan nie so dit was nie 'n faktor nie .
Intussen het daar klomp ander waens bygekom as ek jou aanhaling kan gebruik . Ons het intussen tot 'n "familie" gegroei ; 'n familie wat uit klomp "huisgesinne" bestaan . Bravoland is een so huisgesin .
My eerste lojaliteit lê by my huisgesin , ek moet eers my huisgesin se behoeftes bevredig alvorens ek na die familie se behoeftes kan omsien ; maak dit vir julle sin ? Koedoes wat geskiet moet word vir kos sodat die kinders nie vanaand gaan honger slaap nie ; ander lede van die familie - ander gesinne kry tog ook van die vleis , hoe dan nou anders ? Ons is tog 'n familie , onthou , so ons is mededeelsaam en elkeen help waar hy kan . As my gesin versorg is kan ek bv. 'n ander gesin (VVK bv.) gaan help om hul wa se wiel se speek reg te maak sodat ons kan voortbeur op die vryheidspad . Ons staan saam in die stryd so ons moet mekaar kan help . Die stryd is woes met die min hande wat wil help .

Die VVK is tans ons as volk se plan A , maar gestel net vir 'n duisendste van 'n sekonde dat Plan A nie gaan werk nie ; het ons dan al 'n plan B in plek ?
Ek sien plan B as Bravoland . Naiëf van my ? Miskien maar dit sal my nie verhoed om werk daarvan te maak dat plan B gereed is as ons as volk dit dalk benodig , later die week hopelik sal ek my vooruitsigte openbaar in Doelwitte .

Om terug te kom by die VVK en die komende verkiesing , dit is my voorstel dat ons as Bravolandgesin 'n skenking moet maak vir die R5 miljoen Rand projek . Ek herkou tans aan paar idees om dit te laat realiseer . Enige voorstelle ?

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #4 op: June 15, 2011, 08:15:42 AM »
Jy se dat ons volk op die vooraand staan van een van die belangrikste gebeurtenisse in ons geskiedenis. Wel Alwyn jy se dit terwyl daar nog steeds bitter min afrikaners weet van die VVK se bestaan. Die wat wel weet van die verkiesing het talle vrae wat nie beantwoord kan word nie.

Mike, wat het JY gedoen om die mense bewus te maak van die VVK ? Ja, ons het dalk nie al die antwoorde nie, maar so ook het die Voortrekkers nie al die antwoorde gehad voor hulle begin trek het nie, so ook het Dominee Mossie nie al die antwoorde gehad toe Radio Pretoria begin is nie maar steeds het hulle hom begin. Ons het ook nie nodig dat Paul Kruger al die antwoorde het voor ons die VVK ondersteun nie. Die feit is dit is 'n strewe na ons vryheid en MOET die ondesteuning van ELKE volksgenoot geniet. Die alternatief is om vanaf jou rusbank te kritiseer en sodoende by implikasie die huidige regering te aanvaar. Nee staan op en raak aktief betrokke. Die rusbank sal nog daar wees wanneer jy terugkom.

Daar is net te min CVO skole om ons kinders te akkomodeer. Dit sal my baie kos aan vervoer en tyd om my kind heen en weer te vervoer na die naaste CVO skool, jy moet dit in ag neem.

Dit is fantasties! Jy het sopas die behoefte aan 'n CVO skool in jou omgewing geidentifiseer. As dit vir jou 'n probleem is dat daar nie 'n CVO skool naby is nie, moet dit ook vir jou bure 'n probleem wees. Kom bymekaar en stig 'n CVO skool. Weereens moet jy nie op jou rusbank sit en wag dat "iemand anders" dit doen nie, staan op en doen dit self. Dit is juis waaroor Alwyn se skrywe gaan.

Wat monumente en volksfeeste aanbetref stem ek met jou saam dat ons mense meer betrokke kan raak. Volksfeeste sal meer irrelevant raak in die toekoms tensy daar meer voorsiening vir die jeug gemaak kan word by so 'n fees. Tye het verander mense soek opwinding hulle wil nie meer na 'n politieke moddergooiery sit en luister by 'n volksfees nie.   

Ek nooi jou uit om die rusbank te los en betrokke te raak by die reelings van volksfeeste. Sodoende kan jy help om die program vir die volksfees te bepaal. Moet nie op die kantlyn staan en kritiseer nie. Nee, raak AKTIEF betrokke. Dit is wat Alwyn probeer bereik met sy skrywe. Om Volksgenote betrokke te kry.

Daar sal altyd 'n verskoning uitgedink kan word hoekom om nie betrokke te raak nie. Ek daag jou, soek 'n rede om wel betrokke te raak, en begin om iewers aktief jou deel te doen. Ons het jou nodig.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #5 op: June 15, 2011, 08:39:14 AM »
Dankie Sjarko. Goed raakgevat.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #6 op: June 18, 2011, 07:29:02 AM »
Aanhaling
altyd 'n verskoning uitgedink kan word hoekom om nie betrokke te raak nie. Ek daag jou, soek 'n rede om wel betrokke te raak, en begin om iewers aktief jou deel te doen. Ons het jou nodig.

Nee wat, ons het nie sulke mense nodig nie. Daar word al gekruip by sekeres dat ons hulle kamstig nodig het. Kom ons bere bietjie die diplomatieke besem, sekeres wag soos diewe in die nag om ons vryheidstryd se geloofwaardigheid aan te vat. Dit raak nou afgesaag.

Alwyn, jy is 100% in die kol, maar moet nooit die verhaal van die "Gideonsbende" vergeet nie!

Sanderis

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #7 op: June 20, 2011, 02:24:25 PM »
Die hoop beskaam nie Bittereinder , ons moet nooit ophou probeer totdat die laaste drupeel bloed nie getap is nie .

Mike is 'n ou kritikus , ek gee hom die voordeel dat dit opbouende kritiek in meestal gevalle is .
Hy het bv. self die voorstel gelewer dat ons die hoofstroom media vir die VVK moet gebruik ; wel Mike die VVK het geluister na wat jy vertel het en het nou voorsiening daarvoor gemaak , is jy nou bereid om saam te werk om jou voorstel te laat realiseer ?
Jy kan skenking per sms maak :
Vir diegene wat skenking per sms
makliker vind kan u gerus ‘n kort
boodskap stuur aan 39005 met
die woord VVK.
Elke SMS kos R15. SA aleenlik

of jy kan betrokke raak dat Bravoland as organisasie 'n skenking maak . Kom Mike ! Kom met voorstelle ! Dit is nou tyd om die antwoorde te kry op die vrae wat ons het .

Leon Cornelius

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #8 op: June 20, 2011, 07:29:18 PM »
Sanderis,

Sommer so tong in die kies, lyk my jy en Bittereinder speel "Good cop, bad cop" met Mike. Dis seker toevallig.

Die inligting wat jy hier geplaas het oor die skenkings is van uiterste belang. Dit is baie maklik vir elkeen van ons om drie letters te tik en sodoende 'n klein verskil te maak. Ek moedig alle Bravolanders aan om asb. jul deel by te dra vir hierdie grootse aksie!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #9 op: June 20, 2011, 09:21:36 PM »
Die hoop beskaam nie Bittereinder , ons moet nooit ophou probeer totdat die laaste drupeel bloed nie getap is nie .

Mike is 'n ou kritikus , ek gee hom die voordeel dat dit opbouende kritiek in meestal gevalle is .
Hy het bv. self die voorstel gelewer dat ons die hoofstroom media vir die VVK moet gebruik ; wel Mike die VVK het geluister na wat jy vertel het en het nou voorsiening daarvoor gemaak , is jy nou bereid om saam te werk om jou voorstel te laat realiseer ?
Jy kan skenking per sms maak :
Vir diegene wat skenking per sms
makliker vind kan u gerus ‘n kort
boodskap stuur aan 39005 met
die woord VVK.
Elke SMS kos R15. SA aleenlik

of jy kan betrokke raak dat Bravoland as organisasie 'n skenking maak . Kom Mike ! Kom met voorstelle ! Dit is nou tyd om die antwoorde te kry op die vrae wat ons het .

Dankie Sanderis! ek is bly as my kritiek as opbouend beskou word. As die VVK nog vrae het of as hulle nog voorstelle vir 'n suksesvolle verkiesing soek kan hulle gerus maar kom aanklop. Ek het nie hoop dat my voorstelle positief aanvaar sal word nie want ek is maar baie realisties. Jy moet die situasie soos dit is opsom, aanvaar, en daarvolgens beplan.

Sanderis

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #10 op: June 21, 2011, 09:25:47 AM »
Dit is nie wat ek wou hoor nie Mike ; fokus op dit at ek sê . Ek wil weet hoe ons as Bravoland (jy is tog 'n Bravoland burger) fondse kan insamel om 'n skenking aan die VVK ( http://www.projek5.co.za/ ) te kan maak vir die komende verkiesing .

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #11 op: June 21, 2011, 10:44:09 AM »
Sanderis, ek neem aan dat hierdie inligting in die nuwe Bravolander ook gaan verskyn?

Ek wil nou eers dom wees, hoeveel van die R15 gaan na die VVK?

Ons kan beslis van ons kant af probeer om so iets van stapel te stuur. Kan ons dalk maak soos met Vasbyt op Radio Pretoria of saamspan met 'n Volksorganisasie?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #12 op: June 21, 2011, 02:32:54 PM »
R10 van die R15 gaan aan die VVK.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #13 op: June 21, 2011, 02:44:25 PM »
Baie dankie, Sjarko.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #14 op: June 23, 2011, 11:24:52 PM »
Nee Leon , lyk my die "good cop , bad cop " strategie werk nie so goed met Mike nie , hy is nou sommer stil . Hy dink seker .......  ;)

Sanderis, ek neem aan dat hierdie inligting in die nuwe Bravolander ook gaan verskyn?
Natuurlik . :)

Ons kan beslis van ons kant af probeer om so iets van stapel te stuur. Kan ons dalk maak soos met Vasbyt op Radio Pretoria of saamspan met 'n Volksorganisasie?

Watter organisasie het jy in gedagte ? Kan ons nie saam met Radio Pretoria iets aanpak nie ?
Kan ons nie ook help in die sin dat ons advertensie plakate versprei nie , op plekke wat meerendeels deur volksgenote gebruik word soos bekende winkelsentrums ?
Wat van werwings/insamelings naweke ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #15 op: June 25, 2011, 10:00:11 PM »
Ek het nog nie iets spesifieks in gedagte nie. As Radio Pretoria dalk bereid sal wees en die Verkenners?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #16 op: June 26, 2011, 08:55:24 AM »
Nee Leon , lyk my die "good cop , bad cop " strategie werk nie so goed met Mike nie , hy is nou sommer stil . Hy dink seker .......  ;)

Sanderis, ek neem aan dat hierdie inligting in die nuwe Bravolander ook gaan verskyn?
Natuurlik . :)

Ons kan beslis van ons kant af probeer om so iets van stapel te stuur. Kan ons dalk maak soos met Vasbyt op Radio Pretoria of saamspan met 'n Volksorganisasie?

Watter organisasie het jy in gedagte ? Kan ons nie saam met Radio Pretoria iets aanpak nie ?
Kan ons nie ook help in die sin dat ons advertensie plakate versprei nie , op plekke wat meerendeels deur volksgenote gebruik word soos bekende winkelsentrums ?
Wat van werwings/insamelings naweke ?

Sanderis ;D nee ek dink nie, want ek is nie ten gunste van die verkiesing nie. Ek het in my vorige skrywes gewys op die implikasie van so 'n verkiesing sou dit misluk, en die kans is goed. Daar is heelwat onbeantwoorde vrae wat blyk die VVK doelbewus vermy.

Ek is oortuig daarvan dat die verkiesing ongelukkig nie suksesvol sal wees nie. Ek is ten gunste van 'n afrikanerraad wat eers verkies moet word uit AL die afrikaner organisasies soos bv Solidariteit, TLU SA, Verkenners, Afriforum, Praag, Bravoland, ens. 'n Verkiesing kan later volg wat behoorlik georganiseer word. Gaan kyk na die al kommentare op webwerwe in koerant kommentare ens. ivm die VVK en die verkiesing dit is verdoemend.         

Sanderis

  • Gas
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #17 op: June 28, 2011, 07:58:39 PM »
Dankie dat jy eerlik is Mike , nou weet ons waar staan ons met jou in die opsig dat ons nie hulp van jou kan verwag nie .
Die Verkenners lees hierso , dink julle samewerking vir so fondsinsamelingsprojek kan werk ? Die direksie van RPta sal ook seker genader moet word om dit te kan bespreek ? 

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Onbetrokkenheid
« Antwoord #18 op: February 07, 2012, 09:37:01 PM »
Nee Leon , lyk my die "good cop , bad cop " strategie werk nie so goed met Mike nie , hy is nou sommer stil . Hy dink seker .......  ;)

Sanderis, ek neem aan dat hierdie inligting in die nuwe Bravolander ook gaan verskyn?
Natuurlik . :)

Ons kan beslis van ons kant af probeer om so iets van stapel te stuur. Kan ons dalk maak soos met Vasbyt op Radio Pretoria of saamspan met 'n Volksorganisasie?

Watter organisasie het jy in gedagte ? Kan ons nie saam met Radio Pretoria iets aanpak nie ?
Kan ons nie ook help in die sin dat ons advertensie plakate versprei nie , op plekke wat meerendeels deur volksgenote gebruik word soos bekende winkelsentrums ?
Wat van werwings/insamelings naweke ?

Sanderis ;D nee ek dink nie, want ek is nie ten gunste van die verkiesing nie. Ek het in my vorige skrywes gewys op die implikasie van so 'n verkiesing sou dit misluk, en die kans is goed. Daar is heelwat onbeantwoorde vrae wat blyk die VVK doelbewus vermy.

Ek is oortuig daarvan dat die verkiesing ongelukkig nie suksesvol sal wees nie. Ek is ten gunste van 'n afrikanerraad wat eers verkies moet word uit AL die afrikaner organisasies soos bv Solidariteit, TLU SA, Verkenners, Afriforum, Praag, Bravoland, ens. 'n Verkiesing kan later volg wat behoorlik georganiseer word. Gaan kyk na die al kommentare op webwerwe in koerant kommentare ens. ivm die VVK en die verkiesing dit is verdoemend.         

Ek kon nie help om so by myself te sit en glimlag toe ek hierdie ou draad raaklees nie. Persoonlik dink ek die verkiesing was baie suksesvol. Neem mens die volgende faktore in ag, was dit eintlik 'n reuse sprong in die rigting van vryheid.

1. Duisende man-ure vrywillig spandeer aan die registrasie van kiesers, opsit van plakkate, en uitvoering van algemene take rakende die finale reëlings voor stemdag.

2. Nagenoeg 140 stempunte, beman en bevrou deur vrywilligers wat van regoor die land hul tyd kosteloos afgestaan het vir hierdie stemdag.

3. Meer as 22 000 mense wat gaan stem het. Waar kry mens in hierdie tye nog soveel mense uit een volk wat op een dag almal eensgesind is oor iets in die Afrikaner-politiek?

4. Wêreldklas stem tellery in Kleinfontein, weereens gedoen met vrywillige hande. Selfs nagskofte is gewerk deur van hierdie vrywilligers! Hoeveel mense sal dit verniet doen?

My vraag is dit. Waar is al die doemprofete nou? Julle het hard gewerk om van die beplande verkiesing 'n mislukking te probeer maak. Nou het ons 'n verkose Volksraad, wat tans besig is om reuse werk te verrig met betrekking tot die uitdra van ons situasie in veral Europa. In vier maande het ons Volksraad meer vermag as wat talle grootpraters en sekere organisasies in jare kon regkry. Die verskil is dat daar nou iemand is wat namens my en ander praat, wat werklik 'n wil het om vry te wees.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal