Nuusflits


Skrywer Onderwerp: voor- en en nadele van Facebook  (Read 7446 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1331
voor- en en nadele van Facebook
« op: Junie 18, 2011, 11:34:18 am »
Dag burgers.  Ek het julle hulp nodig.  Ek doen my skripsie vir die BTh graad oor die impak wat Elektroniese gespreksvoering op die samelewing het.  Ek is nou by 'n opskrif voordele en nadele.  Ek wil hoor of julle kan help met van die voordele en nadele van Facebook, Mxit.  Met forums is ek reg.  Dit is net met Facebook en Mxit waar ek bietjie hulp benodig.  Asseblief burgers, help so bietjie.  Ek kon nie 'n beter forum gekies het om vir hulp te vra nie.  Tipeer duidelik of die punt wat julle noem onder voordele of nadele tuishoort asseblief.  Ek wil graag weet hoe sien julle dit.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 256
Re: voor- en en nadele van Facebook
« Antwoord #1 op: Junie 18, 2011, 12:18:19 pm »
JOhan,

weet nie of dit sal help nie, maar ons het nou die dag 'n gesprek gehad oor hoe onkundig mense is met Facebook. Die oomblik as jy dink facebook is enigsins privaat, maak jy 'n groot fout! Een sin, buite konteks, kan lei tot 'n hele bohaai!

MIsverstande, omrede mense net kort skryf.

Dan die skaal waarop dit plaasvind. As jy jou neus afval met jou fiets kan daardie video oor die internet internasionaal versprei. Mense in Peru en China lag oor hoe jy jou gat afval.

Ander storie is dat werkgewers nou gebruik maak van facebook om te sien wie is jou vriende en waarvan jy hou (as dit nie privaat gestel is nie).

Die databasis en inligting wat mense goedsmoeds met die wereld deel is uiters naief. Ons bou 'n databasis vir die NWO.... Almal is op Facebook...

Het nog 'n paar punte, laat weet as dit enigsins help.

Groetnis.

Sanderis

  • Gas
Re: voor- en en nadele van Facebook
« Antwoord #2 op: Junie 18, 2011, 02:08:24 pm »
Goeie kort samevatting vannermerwe . Daar is baie voor en nadele Johan , mens moet leer hoe om elkeen te identifiseer en dan tot jou voordeel aan te wend .
Of dit wat ek jou kan leer waarde sal hê vir jou skripsie twyfel ek ; dit is meer gemik op die stryd waarin ons gewikkeld is .

Afwesig Frikkie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
    • www.samagte.co.za
Re: voor- en en nadele van Facebook
« Antwoord #3 op: Junie 18, 2011, 05:15:50 pm »
Sjoe, Faceboek het baie voordele en nadele.
Kom ons begin by die nadele.
Niks is privaat nie veral as jy baie maats het. Vals profiele word geskep en iewers kan so profiel by die agterdeur insluip en siedaar, alles wat jy skryf of plaas is Wereld bekend.
Dit is ook so dat werknemers daar `n baie goeie opsomming kan maak net om te kyk op watter of in watter Groepe jy belangstel, Bv. mooi meisies, slim meisies, toplose meisies, lang meisies, kort meisies, en almal kan sien dat ek van meisies hou sonder dat ek nog iets geskryf het oor meisies.
Ek is Bv. bevriend met 6 AWB Generaals, hulle "mutual friends" is ook al my vriende en die se "mutual vrde" is ook bevriend met al die ander en so kan ek dan ook bepaal watter vriende in `n Groep saam behoort. Sjoe, se maar as ek moet verduidelik want ek dink ek stel dit miskien bietjie deurmekaar.
Faceboek kan gebruik word vir Bv. Pedofiele, sataniste ens. om mense te ontmoet onder vals profiele en sou jy die person ontmoet is dit te laat soos Bv. Die moord in Bloemfontein waar die man in stukke opgesny is.
Indien daar van `n vals profile gebruik gemaak word vir sulke ontmoetings  sou dit baie moeiliker wees om `n verdagte op te spoor want jy sit met fotos ens. wat alles vals is.
Faceboek kan dus lewensgevaarlik wees vir veral tieners wat nie versigtig is nie.
Ek kan nog meer uiteensit of byvoeg.
Voordele
Geen middle tans op die Internet is so bereikbaar soos Faceboek nie. Jy kan n Groep stig en binne 24 uur met al jou friende vinnig `n network van 1000 Lede sterk wees en een brief bereik almal met die druk van n knoppie. So kan jy ook op verskillende groepe gaan en `n skakel plaas na `n spesifieke adres en voordat faceboek jou uitloop en die skakel of Naam blokkeer het jy alreeds duisende lesers bereik.

Indien daar `n siekte is of jy doen navraag is die kaanse ook dat jy binne enkele minute `n antwoord kan kry van profesionele mense op daardie gebied aangesien Faceboek nie vra wie of wat daar skryf of aansluit nie.

So kan die lys aangaan of aangepas word met nog baie voor en nadele.

Groetnis en veilig wees.



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal