Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Verset!  (Read 567 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Verset!
« op: June 23, 2011, 03:30:49 PM »
VERSET!
(Sonder om te veel verwysings oral in die skrywe te sit – ek het ‘n boekie gebruik in my navorsing van oorlede Prof Alkmaar Swart, Verset en Vryheid om my te help die skrywe opstel)
Na die naweek waartydens die ANCYL sy finale rewolusie teen ons volk geproklameer het, is verskeie volksgenote geskok, verward, kwaad en ‘n groot klomp bloot net depressief. Interessant genoeg word daar net gepraat van immigrasie en verset. Nie van hofsake en aanklagte van haatspraak nie. Nee... net die twee – Immigrasie en verset. Al twee die terme laat my effens koud. Ek immigreer? NOOIT! Maar dan die term wat verswyg word deur ons volk – VERSET.
Verset het my aan die dink gesit. Daar is soveel vrae – wat is verset? Hoe werk verset? Is die volk reg vir verset? Mag ek as Christen in verset gaan teen die regering?
Is verset nou nodig? Om die vraag te antwoord kan mens net deur die koerante blaai. Ons kan net die kommentaar van forum en internet gebruikers waarneem. Orals spring die woord “oorlog, skiet, rewolusie” ens uit. In die veilige omgewing van skuil agter ‘n skuilnaam is dit duidelik dat die volk nou in verset wil gaan. Hulle is gereed daarvoor, maar is bang of onseker. Die moorde neem net toe, die verdrukking op ekonomiese terrein begin al hoe feller toegepas word en Malema gebruik ook woorde soos ‘rewolusie, oorlog, vyande ens ens”. Hier is konflik oppad. Die volk wil in verset gaan. Maar hy is onseker en/of bang. Verset is ‘n onbekende faktor wat ons liewers wil vermy net omdat dit ons laat dink aan die Boeremag of aan oorlog. Die vraag wat dan altyd opduik is - mag ons as Christene dan in verset gaan teen die regering?
Verset teen ‘n owerheid?
Wanneer mag, of selfs moet, ‘n volk tot verset kom teen die owerhede wat oor hom gestel is? Om die vraag te beantwoord, moet ons eerstens by die staanspoor begin deur te se dat ons volk se wortel van ons volksbestaan Calvinisties is. Die grootste gedeelte van ons volk is Calvinisties. Dit is hoe ons grootgemaak is. Dit is die wortel van ons volk se bestaan. Nou waar eindig die plig tot gehoorsaamheid en waar begin die plig tot verset? Die Nederlandse Calvinistiese geskiedskrywer en wysgeer Groen van Pinsterer maak die volgende uitspraak in sy boek Ongeloof en Revolutie :
“Ons daarenteen beweer dat die Heilige Skrif die grondslae van reg en sedelikheid, van gesag en vryheid, ook vir volke en regerings aanwys. Die Bybel is die onbedrieglike toetssteen. Onvoorwaardelike onderwerping aan Gods Woord was steeds die waarborg van pligmatige gehoorsaamheid en van pligmatige verset”.
Die Calvinisties Protestants Gereformeerde standpunt oor die owerheidsgesag en reg tot verset berus op die Heilige Skrif alleen. Dit is vir ons verwoord in artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis (Eerste gedeelte aangehaal) :
“Ons glo dat ons goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag konings, vorste en owerhede aangestel het. Dit is immers sy wil dat die wêreld deur middel van wette en regerings geregeer moet word, sodat die losbandigheid van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop. Vir dié doel het Hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom 13:4) en die deugsames te beskerm.
En dit is nie alleen hulle taak om aan die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie maar ook om die heilige Woordbediening te beskerm, om sodoende alle afgodery en valse godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die Antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder, die Woord en die evangelie orals te laat verkondig, sodat God deur elkeen geëer en gedien word soos Hy in sy Woord beveel.”
Dit is dus wel so dat ons aan die owerheid gehoorsaam moet wees, maar slegs sovêr hulle Gods ryk uitbou soos opgesom in artikel 36 van die NGB. Daar staan tog duidelik : “En dit is nie alleen hulle taak om aan die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie maar ook om die heilige Woordbediening te beskerm, om sodoende alle afgodery en valse godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder, die Woord en die evangelie orals te laat verkondig”
So is die gesag en wettigheid van ‘n owerheid dan onbeperk? Verseker nie! Owerhede wat God uitsluit en hulself in God se plek stel, is dan verseker onwettig en oorskry hulle gesag. Dit gee aan elke onderdaan die reg om in verset te kom. Die Woord is duidelik dat ons God meer gehoorsaam moet wees as mense (Hand 5:29). In Calvyn se Institusie maak hy dit ook duidelik in slotartikel 32 van slothoofstuk 20 soos volg : “Ons is dus gehoorsaamheid aan die owerhede verskuldig. Egter altyd met hierdie bepaling daarby dat die gehoorsaamheid ons nie ongehoorsaam moet maak aan Hom, aan wie se wil al die begeertes van die konings onderworpe moet wees, vir wie se majesteit hulle almal moet buig nie. Hoe verkeerd sal dit nie wees om Hom te beledig ten einde mense tevrede te stel nie. Hy is die Koning van die konings.” Dit dwing dus ons as volk om in verset te kom teen die regering aangesien hulle duidelik ons God vertrap in hulle grondwet, hulle parlement, hulle wette, hulle uitsprake, hulle bedrog ens. Om nie eers te praat van hulle plig om afgodery uit te roei, die Woordbediening te beskerm en die koninkryk van Jesus Christus uit te bou nie.
Nou het ons wel vir onsself uitgeklaar dat ons mag in verset kom een die owerheid wat oor ons aangestel is. Ons mag onbeskaamd dit uitskreeu : Ons wil vry wees! Maar ‘n Christenvolk moet die wettige en grondwetlike weg volg tot die doodloop. Die metodes wat hier aangewend kan word, is kritiek en protes, aksie fronte, magsvertoning en in besonder die van afsplitsing en naas ontwikkeling. Dit is volgens my die beste en ordelikste manier om onder ‘n on-christelike regering uit te kom. Indien die nood en onregte egter nie langs die manier reggestel kan word nie, kan daar oorgegaan word na lydelike en aktiewe verset. Dit behels gesag ongehoorsaamheid en wet vermyding.
Hieroor het Prof HG Stoker wel iets by te se in boek Die stryd om die ordes : “Watter oplossing, watter metode van oorwinning van die noodsituasie ook gevind mag word, - die Calvinis is dan alleen geregverdig om daardie metode enduit toe te pas, en mag alleen dan Gods seen op sy bemoeiinge verwag, - as hy in sy gemoed oortuig is, dat wat hy onderneem, volgens die lig van Gods Woord en werklik volgens sy oortuiging die wil van God is.” Verder is dit belangrik dat die reg van verset nooit die enkeling toekom nie, maar moet deur die volk gevolg word. Waar daar ‘n klomp volksgenote bymekaarkom en die wil van verset uitspreek, is dit geregverdig as dit gemeet kan word aan Gods Woord.
Noudat ons vir onsself uitgeklaar het dat daar wel deur ‘n volk in verset mag gaan teen ‘n on-christelike owerheid, sal ons moet definieer wat is verset en watter verset modelle daar kan wees. Die beste om so iets na te fors is in ons eie volksgeskiedenis. Die Boeregeskiedenis bied ‘n uitstekende , werkbare model vir ons.
BOEREVERSET
FW de Klerk se verraad in 1992 beskou baie van ons volksgenote as die grootste vernedering wat ons volk nog gely het. Daar was egter net so groot vernedering vir ons volk op 12 April 1877 toe Shepstone met net 25 polisiemanne sonder enige slag of stoot die Transvaal geannekseer het en die Union Jack gehys het. Die oorname was vooruitgegaan deur President Burgers wat ‘n liberale hervormingsbeleid begin toepas het, en so die volk se veggees en vryheidsgees geblus het. Eers toe die harde werklikheid van vreemde oorheersing tot die volk gekom het, het hulle ‘n verset-gees begin ontwikkel.
Kruger het in daardie tyd die weg van onderhandelinge gevolg. Daar is ‘n vryheidsafvaardiging verkies om die volk se vryheid te gaan opeis. Die eerste vryheidsafvaardiging was Kruger en Jorissen. In Desember 1877 het die afvaardiging egter met onverrigte sake teruggekom. 7 Januarie 1878 het sowat 1000 burgers opgedaag in PTA om verslag te kom ontvang van die vryheidsafvaardiging. Dit was ‘n onstuimige vergadering en die leiers was self baie verbaas om die verandering in die volk waar te neem. Die volgende stap wat Kruger hulle gevolg het was om ‘n versoekskrif op te stel wat die volksgenote moes teken. Die versoekskrif het dit duidelik gestel dat die volk sy vryheid wil terughê. Tydens die tydperk van handtekening insameling is daar 5 volksvergaderings belê. Die eerste was in April 1878 waartydens 1154 boere byeengekom het by Doornfontein ten spyte van Shepstone se verbod op publieke vergaderings. Daarna is die vryheidsafvaardiging weer gestuur na die Engelse. Hulle het egter weer teruggekeer met onverrigte sake.
Die patroon van vryheidsafvaardiging, verslag en volksvergaderings het egter begin vrugte afwerp. Die volk het in meer en meer getalle by die vergaderings opgedaag en allomeer lydelike verset begin toepas. Die getalle van die volksvergaderings toon duidelik dat die volk al hoe meer oortuig begin raak het dat verset die enigste uitweg was :
Doornfontein April 1878 1154
Kleinfontein Maart 1879 11 maande na vorige 4000
Wonderfontein Desember 1879 10 maande na vorige 5000
Paardekraal Desember 1880 12 maande na vorige 10000
Wat ook interessant is, is ‘n meningsopname wat by Kleinfontein gehou is. Daar is gekyk of die volk reg is vir gewapende protes of nie. Daar was 219 burgers ten gunste van geweld, 154 ten gunste van lydelike verset en 1137 wat gewillig was om die meerderheid se besluit te aanvaar. Tans is dit net so met ons volk. Net ‘n handjie vol is bereid om ‘n besluit te neem. Die res val by die meerderheid in.
Tydens die openbare vergaderings is dit egter belangrik om te weet dat die lydelike verset deurentyd teenwoordig was. Daar was voorvalle van openlike verontagsaming van die landswette. Betalings van belastings is ontduik, ammunisie is onwettig verkry en daar was geweier om voor die howe te verskyn.
Daar was egter twee groot aksies van lydelike verset wat uitgestaan het bo die res. By Wonderfontein se vergadering is die Vierkleur weer vir die eerste keer gehys (dit was verbied). Britse gesag was luidkeels verwerp. Pretorius was as gevolg hiervan op 5 Januarie 1880 vir hoogverraad in hegtenis geneem. Daar het as gevolg daarvan 300 gewapende burgers opgeruk in Potchefstroom. Kruger moes dadelik soontoe gaan om die burgers tot bedaring te roep.
Die mees bekendste voorval van lydelike verset was sekerlik die voorval van Bezuidenhout se wa. Die vorm van lydelike verset was die vuurhoutjie in die kruitvat. Bezuidenhout het geweier om belasting te betaal, waarna die landdros beslag gele het op sy wa. Die wa moes op 11 November 1880 per openbare veiling verkoop word. Cronje en 100 boere het egter hul opwagting gemaak en die bode van die hof van die wa geruk en die wa terugbesorg aan Bezuidenhout. Die gort was gaar en die Paardekraal vergadering was daardeur vervroeg van Januarie 1881 na 8 Desember 1880.
By Paardekraal was daar besluit op oorlog sodat ons volk weer kon vry wees. As ons dan die Boere-verset model opsom, sal dit wees :
1. Vryheidsafvaardiging
2. Verslag en volksvergadering
3. Versoekskrif
4. Lydelike verset
5. Aktiewe verset
6. Wapenstryd
Die uitkoms hiervan was gevegsgereedheid, gevegsgedugtheid, roemryke oorwinnings, VRYHEID!
Die Boerevolk word nou opgeroep tot ‘n groot waagstuk. Kom ons wees eerlik en reguit met mekaar. Vryheid het altyd ‘n duur prys om te betaal. In ons volk se geskiedenis was die vryheid selfs so duur soos 26 000 vrouens en kinders. Ons volk staan nou voor die kruispad. Verset, of vlug. Immigreer of verset. Elkeen van ons sal nou moet kies. Gaan ons veg of gaan ons vlug. Ek kies die Boere verset model. Kom ons verkies ‘n volksraad (vryheidsafvaardiging) en laat hulle ons vryheid gaan opeis. Laat hulle terugkom en verslag doen aan die volk. Ons as volk sal tesame hiermee moet begin met lydelike verset. Dit mag dal oorspoel na aktiewe verset en selfs na gewapende verset. Maar laat ons dit end uit doen. Laat ons nou al begin praat van VERSET! Dit kan nie meer ‘n geborge, geslote term in ons volksmond wees nie. Dit moet deur ons gepraat en gedoen word. Die term moet in ons kinders se taal gevestig word. Ons volk kan net oorleef deur in verset te gaan. Verset nie net omdat ons wil nie, maar ook omdat dit ons Christelike plig is!

Jan Beyers

Sanderis

  • Gas
Re: Verset!
« Antwoord #1 op: June 23, 2011, 10:45:20 PM »

Die Boerevolk word nou opgeroep tot ‘n groot waagstuk. Kom ons wees eerlik en reguit met mekaar. Vryheid het altyd ‘n duur prys om te betaal. In ons volk se geskiedenis was die vryheid selfs so duur soos 26 000 vrouens en kinders. Ons volk staan nou voor die kruispad. Verset, of vlug. Immigreer of verset. Elkeen van ons sal nou moet kies. Gaan ons veg of gaan ons vlug. Ek kies die Boere verset model. Kom ons verkies ‘n volksraad (vryheidsafvaardiging) en laat hulle ons vryheid gaan opeis. Laat hulle terugkom en verslag doen aan die volk. Ons as volk sal tesame hiermee moet begin met lydelike verset. Dit mag dal oorspoel na aktiewe verset en selfs na gewapende verset. Maar laat ons dit end uit doen. Laat ons nou al begin praat van VERSET! Dit kan nie meer ‘n geborge, geslote term in ons volksmond wees nie. Dit moet deur ons gepraat en gedoen word. Die term moet in ons kinders se taal gevestig word. Ons volk kan net oorleef deur in verset te gaan. Verset nie net omdat ons wil nie, maar ook omdat dit ons Christelike plig is!


Verset tot Vryheid !

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Verset!
« Antwoord #2 op: June 24, 2011, 08:35:53 AM »
Dankie Jan vir 'n puik stukkie werk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Verset!
« Antwoord #3 op: August 03, 2011, 07:47:05 PM »
Wat is verset?
 
Na my vorige skrywe oor verset, het verskeie volksgenote my uitgevra oor wat is verset nou eintlik.   Om daardie antwoord te kry kan mens seker Ghandi se model opnoem wat die ANC met groot lof toegepas het om vry te word.  Mens kan gaan kyk wat sê die die kenners.   Maar op die ou end is verset iets wat van binne af kom.  Dit is iets wat in mens begin groei en grootword.  Iets wat moeilik is om te verwoord.  Ek sal probeer verwoord soos wat ek dit verstaan.  Wat is verset?  Hoe doen ek verset?
 
Die HAT verklaar verset as “Teenstand, weerstand, opstand”.   Die woord wat die 3 woorde bymekaarhou is die woord “stand”.  Volgens die HAT is stand – Wyse waarop iemand staan of houding.  Dus kan ons reeds aflei dat verset ‘n sekere stand of houding is.  Dit is die manier hoe ons staan, loop, dink en lyk.  Dit is ‘n leefwyse.  Iets wat jy in iemand kan sien. 
 
Verder moet ons let op die volgorde van die “stand” verklarings van verset.  Teenstand, dan weerstand, dan opstand.   Verset is ‘n groeiende stand.  Dit is ‘n manier van optree wat groei.  Jy kom eers in teenstand, dan weerstand, dan opstand.
 
Teenstand
Om in verset te wees begin by teenstand.  Om TEEN iets te wees.  Om daaroor te praat en dit te verkondig.  Om in teenstand te wees beteken jy moet dit aan mense sê.   Om teen iets te wees en nie daaroor te praat nie, is soos om in die donker vir iemand oog te knip.  Jy weet wat jy doen, maar niemand anders nie.  (Dankie Radio Pretoria..)  Dit begin deur briewe te skryf, op die internet daaroor te praat, dit ‘n leefwyse te maak en om die braaivleisvuur EN in die skoolvergadering daarvan te praat.  Voorbeelde van verset deur teenstand is :
•         Openbare uitsprake.
•         Verklarings
•         Versoekskrifte
•         Verset humor (grappe, video’s)
•         Kontak met staatsinstellings
•         Briewe aan pers en instansies
•         Gebruik van slagspreuke
•         Vertoning van vlae en simbole
•         Ondersteuning van verset aksies
•         Weerhouding van kapitaal in vreemde instellings
•         Skep van eie instellings
•         Ondersteuning van eie instellings
•         Ondersteuning van volkseie arbeid
•         ens, ens
 
Om verset deur teenstand te pleeg is wettig.  Dit word beskerm deur nie plaaslike wette nie, maar ook internasionaal.  Dit is gewoonlik wettig en nie-gewelddadig.   Dit is die eerste stap van verset.  Dit is ‘n leefwyse. ‘n Stand.  ‘n Houding!
 
Weerstand
Weerstand is die volgende vlak van verset.  Om weerstand te bied is om fisies iets te doen.  Jy bied teenstand deur teen iets te wees, maar dan kom die weerstand as jy fisies daarteen moet optree.  Dit is ‘n stand waar daar nie omdraai kans is nie.  Dit is dalk in die meeste gevalle onwettig, maar nie gewelddadig nie.  Dit is verseker nog nie oorlog of gewapende opstand nie.  Dit is nog steeds iets persoonlik.  Jy bied weerstand teen dit waarteen jy is.  Voorbeelde daarvan is :
•         Weerhouding van belasting (persoonlike belasting ingesluit!)
•         Optogte
•         Blokkering van strate
•         Simboliese besetting van instansies en/of gebiede
•         Graffiti
•          Massa bywoning van aksies
•         Simboliese begrafnisse
•         Sosiale ongehoorsaamheid
•         Ontwrigting van vergaderings en byeenkomste
•         Verskuilde ongehoorsaamheid aan owerhede
•         Oorlaaiing van regering se administratiewe stelsels
 
Die weerstand moet volgehou word totdat dit ‘n volksbeweging van weerstand is.  DAN eers gaan dit oor na die volgende tipe stand.
 
Opstand
Die volgende stap is NIE ‘n indiwiduele stap nie.  As volksgenote as volk verset pleeg deur weerstand, is die volgende stap outomaties opstand.  Die opstand is die volk wat in opstand kom.  Dit is die magtige dreuning soos die lied van jong Suid Afrika praat.  Die volk kom dan in opstand en dit is volgens my noodwendig die meeste kere gewapende opstand.  Dit is dan ‘n verset en vryheidsbeweging van die volk wat NIEMAND kan keer nie.  Dit is die laaste stap na vryheid.  Die “opstand” is dieselfde as die dag voor die begin van die Groot Trek.  Dit is die dag voor Bloedrivier en Majuba.  Dit is die dag soos by Paardekraal in 1880. 
 
Die uitkoms van die opstand is : gevegsgereedheid, gevegsgedugtheid, roemryke oorwinnings, VRYHEID!
 
Oproep
Nou behoort die oproep in elkeen se Boere-hart te weerklink.  Kom in verset my volk!  Begin deur teenstand te bied, maar volhard tot dit weerstand is.  Hou aan volhard tot die volk in weerstand is, dan word dit ‘n opstand!  ‘n Opstand wat nie gekeer gaan word nie.  VERSET NA VRYHEID!
 
 
Jan Beyers


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal