Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wittes hét baie skuld  (Read 2472 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Wittes hét baie skuld
« op: July 05, 2011, 07:49:11 AM »

Anton van Niekerk
’n Aantal bydraes tot die openbare debat oor skuld ten opsigte van Afrikaners/wit mense se verlede het in die laaste tyd ’n onrusbarende verskuiwing ondergaan. Dit is die skuif van ’n (legitieme) beroep op die toepassing van die Grondwet ter beskerming van wit en Afrikanerbelange, na ’n effektiewe vergoeiliking van die geskiedenis van apartheid, skryf Anton van Niekerk.

Leopold Scholtz (“Opnuut ’n groot wroeg”, By, 11 Junie) en Flip Buys (“Afrikaner, vat jou verlede terug”, Beeld, 23 Junie) skryf byvoorbeeld albei besprekings van die musiekblyspel Tree aan!, gegrond op ervarings tydens Suid-Afrika se Grensoorlog in die 1980’s.

Albei maak ’n soortgelyke punt daaromtrent, naamlik dat wit mense wat aan die kant van die apartheids­regering in dié oorlog geveg het, heeltemal geregverdig was om dit te doen.

Die rede daarvoor is dat die oorlog nie gegaan het om die regverdiging van die apartheidsbedeling nie, maar om die “beveg van die kommunistiese aanslag”. Die argument is dat die ANC geen demokratiese bedoelings vir Suid-Afrika gehad het nie en dat wit mense se deelname aan die oorlog uitgeloop het op ’n skuif in die ANC se strategie van “Stalinisme” na demokrasie en die regstaat.

PW Botha en sy apartheidsregime was dus heeltemal reg om oorlog te regverdig in die naam van ’n “totale ­aanslag” van ’n Moskou-ANC-SAKP-geïnspireerde kommunisme en die feit dat ons vandag nie so ’n stelsel in Suid-Afrika het nie, is die gevolg van die oorlog en dus iets vir Afrikaners/wit mense om op trots te wees.

Met sulke interpretasies, meen Buys, kan die Afrikaner sy “verlede terugvat”: “Dit is die enigste manier waarop ons ons toekoms dan ook sal kan terugvat.”

Ook Scholtz is uitgesproke: “Sonder die opofferings van die soldate van die Grensoorlog sou ons almal se stemme tjoepstil gewees het. ’n Artikel soos dié sou nooit verskyn het nie. En dus is my antwoord: Ja, ondanks alles was dit (die oorlog) wel die moeite werd.”

Dié betoog moet in samehang gelees word met Charl-Pierre Naudé se amperse oorval (“Nee vir dié wit kombers. Filosoof skryf aan ander pille voor vir ’n siekte waaraan sy self ly” in Beeld, 29 Junie) oor Samantha Vice se fyn beredeneerde bespreking van die onomstootlike morele predikament verbonde aan wit-wees in Suid-Afrika (“How do I live in this strange place”, Journal of Social Philosophy , vol. 41, no. 3).

Vice erken dat haar (en almal van ons wat wit is se) bevoorregte posisie in Suid-Afrika op ’n onontkenbare wyse te doen het met die sistematiese bevoorregting wat ons en ons voorsate oor dekades en eeue heen ten koste van swart Suid-Afrikaners gehad het.

(Twee kort voorbeelde: In die jaar 1986 was die verhouding tussen onderwyser en leerlinge in wit onderwys 1:18 en in swart onderwys 1:43. In 1960 het slegs 190 swart mense, wat die oorgrote meerderheid van die bevolking was, in Suid-Afrika matriek geskryf.)

En ons weet wat dr. H.F. Verwoerd gedink het van die idee dat swart mense iets meer as rudimentêre onderwys moet ondergaan; dit was “ongewens” omdat dit onvervulbare verwagtinge by hulle sou skep!

Dat sy egter so kan dink, is vir Naudé simptomaties van ’n “siekte” waaraan hy – wat niks aan enig­iemand te danke het nie – gelukkig nie ly nie.

Het die feit dat die implikasies van die nuwe Suid-Afrika uiteindelik tot sommige besonder verbale Afrikaner-intellektuele begin deurdring het, werklik begin meebring dat hulle hulself begin wysmaak dat apartheid glad nie so sleg was nie en dat wit mense en Afrikaners – wat steeds verreweg die hoogste lewenstandaard in Suid-Afrika handhaaf – hulself aan hul skoenrieme opgetrek het?

Apartheid was ’n stelsel van staat­sosialisme wat feitlik volledig afgestem was op die bevoorregting van Afrikaners. Ook die ouers en voorouers van jong wit mense wat geen aantoonbare aandeel in die vestiging en bestendiging van hierdie stelsel gehad het nie, het dit wel gehad en hulle is dus ’n produk daarvan.

Om voorts te redeneer dat die “totale aanslag”-ideologie ten opsigte van die Grensoorlog korrek was, is ’n bedenklike verdraaiing van die waarheid.

Dit mag wel wees dat die ANC in die oorlogsjare sterker as vandag onder Moskou se invloed gestaan het. Om egter op grond daarvan te redeneer dat die apartheidsregime die ANC militêr aangepak het ten einde “demokrasie en die regstaat” te beskerm, is ’n lagwekkende idee.

Die Suid-Afrika van apartheid was slegs ’n “demokrasie” ten opsigte van ’n klein minderheid van sy bevolking en van respek vir menseregte was daar feitlik geen sprake nie. In wese is met “totale aanslag” bedoel wat die term in sy argeloosheid eintlik aanvoer: ’n totale aanslag op die bevoorregte leefwyse van Suid-Afrika se wit minderheid, ’n aanslag wat ten alle koste afgeweer moes word.

Die idee van demokrasie, die regstaat en menseregte was net soveel ’n (gerieflike) ontdekking van die wit maghebbers in die onderhandelings­fase in die vroeë 1990’s as van enigiemand anders.

Dit help nie om die “geskiedenis terug te vat” deur dit te laat buikspreek in terme van die vrese en obsessies van die hede nie. As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.

Vandaar Vice se suggestie dat nederigheid en stilte die meer gepaste reaksie van wit mense in ons tyd moet wees. Ek stem met haar saam ten opsigte van nederigheid: As wit mense het ons geen onwrikbare morele locus standi van waar ons links en regs oor ander kan oordeel nie. Ek verskil egter van haar ten opsigte van stilte, selfs al is dit so dat die stilte wat sy bepleit nie ’n passiewe oorgawe is nie, maar ’n aktiewe luister en ’n stille werksaamheid om reg te stel waar moontlik. Ek sou nogtans wou pleit om die reg om mee te doen aan die gesprek – en dus ook vir Buys, Scholtz en Naudé se reg in hierdie verband.

Stilte skep te maklik die geleentheid om die onregte van die vroeër benadeeldes ook oor die hoof te sien.

Gesprek is belangrik omdat dit slegs via die pyn van interaksie en die soeke na wedersydse begrip is dat ons mekaar uiteindelik beter sal leer verstaan en dat ons uiteindelik in staat sal wees om aanvaarding te verwerf en op die grondslag van gedeelde waardes die land as gelykes te bewoon.



Die skrywer is direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch.


http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Wittes-het-baie-skuld-20110704

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #1 op: July 05, 2011, 07:53:16 AM »
Hier is meer inligting oor die skrywer: http://www.stellenboschwriters.com/niekerka.html

Wat hy nou eintlik vir ons vertel, is dat ons soos 'n klein hondjie op ons ruggie moet gaan le en ons maag nat ******.

Die man het nie in die minste 'n begrip van die Afrikaner se geskiedenis nie, veral omdat hy beweer die afrikaner is vir eeue bevoordeel. Jingos en sikofante soos hy miskien, maar beslis nie die gemiddelde Afrikaner nie.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #2 op: July 05, 2011, 08:57:07 AM »
Miskiem moet Anton van NIekerk eerder nederig en stil bietjie weer gaan kyk na die feite van die geskiedenis, nie die verdraaide weergawe soos tans aanvaar word nie!

Dit is ongelooflik dat sommige mense soos die onder die dekmantel van geleerdheid sulke ooglopende denkfoute kan maak... MIskien het hy in 'n wynvat geval voor hy die artikel geskryf het!

Die tyd kom nader, ons mense staan op die vooraand van 'n nuwe hoofstuk in ons geskiedenis... Terwyl die "o so slim" liberale vasklou aan die geskiedenis van die verlede is ons tans besig om by te dra tot die geskiedenis van die toekoms!

Groetnis.

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #3 op: July 05, 2011, 08:53:50 PM »
Blankes mag wel geraamtes in die kas hê maar een van die geraamtes is beslis nie swak onderwys nie , inteendeel het die apartheidsregering skole vir die volksvreemdes gebou wat hulle natuurlik een na die ander afgebrand het en geen sin van opvoeding gehad het nie .

So week of twee terug was daar juis voorspellings dat die jaar se matriekslaagsyfer moontlik op minder as 10% (of daar rond ) sal wees .

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #4 op: July 06, 2011, 07:47:47 AM »
Sanderis
Ek verskil met jou. Die slaagsyfer sal baie hoog wees. Indien die ander kleuriges dit nie maak of die "regte" gemiddeld nie gehaal word nie, word die punte net aangepas. En as hulle nie tevrede is nie brand net n skool of twee af en siedaar jy slaag maklik.
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #5 op: July 13, 2011, 11:34:02 PM »
Ons is nou hier in die Bloekombos en ons het nou tyd more....

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #6 op: July 14, 2011, 01:47:12 AM »
Mag dit intresant wees ... 8)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #7 op: July 14, 2011, 08:27:47 AM »
Is jy seker julle was op die regte plek, Ben? Met die twee verkeerde kleur dames, klink dit my julle was regtig in Bloekombos  ;D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #8 op: July 14, 2011, 10:58:12 AM »
Klink my Anton het sy Abel teegekom......
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #9 op: July 14, 2011, 11:31:01 AM »
Abel Malan is gearesteer.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #10 op: July 14, 2011, 12:27:01 PM »
Abel Malan is gearesteer.

Op grond van wat?

Beteken dit nou dat julle almal moet sit en wag vir verdere verwikkelinge? Kom braai sommer beeshaas hier by ons vanaand, hier is baie slaapplek...  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #11 op: July 14, 2011, 02:57:30 PM »

Media verklaring:

Bekkige filosoof se mond gesnoer

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
14 Julie 2011


Professor Anton van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch, het vanoggend ’n les van patriotisme by Mnr. Abel Malan, Verkenner Vise-president en Volksraad Verkiesing Kommissie kandidaat ontvang.

Die professor se brief, “Wittes hét baie skuld” het op 4 Julie 2011 in die dagblad Beeld verskyn. Na aanleiding van hierdie brief, waarin die professor die bos oorlog belaglik maak en kots op die Afrikaner se verlede, was daar met hom ’n afspraak gemaak. Mnr. Malan het die professor in sy kantoor ontmoet. Gedurende hierdie gesprek het die neerhalende en beledigende woorde van die professor jeens die Afrikaner,  een te veel geword vir Abel. Weens uitlokking deur die professor, is sy tafel omgekeer en hy is in duidelike Afrikaans verduidelik hoe behoudende Afrikaners oor sy uitsprake voel.

Hierdie optrede van Mnr. Abel Malan herinner sterk aan die optrede van bobaas verkenner tydens die Tweede Vryheidoorlog, Danie Theron wat Moneypenny, redakteur van die Star, bygedam het oor sy belediging van Boere vroue in sy koerant.

Ongelukkig kon Mnr. Malan nie bereik word vir kommentaar nie, aangesien hy in die Stellenbosch se Polisie aanhoudingselle is.  Die professor wat breedsprakig was om die afrikaner se trots op sy prestasies van sy verlede af te kraak, het skielik sy spraak lus verloor toe hy deur die media om kommentaar oor die voorval genader is.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het begrip vir die optrede van Mnr. Malan en is trots op die onverskrokkenheid wat deur sy leiers geopenbaar word. Hierdie optrede kan ook vir enige ander persoon as waarskuwing dien wat ons Volk en sy vryheidstrewe belaglik wil maak.


 
Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.
082 940 8825
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #12 op: July 15, 2011, 02:33:56 AM »
Gratis hoofstroommedia publisiteit

Stellenbosch-prof in sy kantoor geslaan
2011-07-14 13:25


Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch Universiteit is vanoggend in sy kantoor by die filosofiedepartement deur ‘n man aangeval. Die 48-jarige man van Nelspruit is intussen in hegtenis geneem.

Die Burger se joernalis op Stellenbosch, Jan Gerber, berig dat die man ‘n afspaak met Prof. van Niekerk gemaak het om ‘n onlangse forum artikel deur die professor wat wyd in Media24 koerante verskyn en gedebateer is, te bespreek. Prof van Niekerk is die direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch.

Die man het toe na bewering Prof. van Niekerk se lessenaar omgekeer en hom geslaan.

Dit is nog nie bekend of Prof. van Niekerk beseer is nie. Kampus-beskermingsdienste is ingeroep. Hulle het die man aan die polisie oorhandig.

Die man is blykbaar ‘n kandidaat vir wat as die Volksraadsverkiesingskomitee bekend staan.

Lees die volledige berig in Die Burger môre.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Stellenbosch-prof-in-sy-kantoor-geslaan-20110714

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 371
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #13 op: July 15, 2011, 05:53:57 AM »
Ek mis ook alyd al die pret. Meneer Malan moes hom net n goeie pak slae gegee het.
Meneer Malan moet laat weet indien hy hulp nodig het ek is seker die volk sal bydra
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #14 op: July 15, 2011, 08:19:10 AM »
Filisoof in vuisgeveg
2011-07-15 00:00
  Jan Gerber
 Stellenbosch - “Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie.”

Dié dreigement is glo gister deur ’n lid van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) aan personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) oorgedra nadat mnr. Abel Malan (48) na bewering vir prof. Anton van Niekerk (57) in sy kantoor in die Lettere-gebou aangerand het.

Die VVK is ’n organisasie wat Afrikaners oproep om hulself op ’n alternatiewe kieserslys te laat registreer, wat dan gebruik sal word om ’n alternatiewe Afrikaner- volksraad te verkies. Die einddoel is om deur onderhandelings met die ANC ’n eie grondgebied te bekom en ’n nuwe Afrikanerland te vestig.

Malan (48), ’n sakeman van Nelspruit en ’n kandidaat van die VVK, het ’n ontmoeting met Van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die US, gereël. Dit was na aanleiding van ’n artikel deur Van Niekerk, “Moet apartheid nie vergoeilik nie”, wat op 5 Julie in Die Burger en sy susterskoerante verskyn het.

In dié artikel was Van Niekerk krities oor Afrikaanse intellektuele wat Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog regverdig. Hy het onder meer geskryf: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.”

Volgens ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het ’n rusie ontstaan waartydens “die verdagte aggressief geraak en die kantoorlessenaar op die professor omgekeer het. Hy het die slagoffer ook fisiek aangerand. Die US se beskermingsdienste (USBD) het die verdagte in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig”.

Malan is tans in die Stellenbosch-polisieselle in aanhouding.

DREIGOPROEPE

Prof. Russel Botman, US-rektor, het gister beweer Malan het ook “verskeie dreigemente geuiter”.

Botman het gistermiddag op ’n nuuskonferensie gesê Van Niekerk het ernstige kneusings aan sy gesig opgedoen en sy bril is gebreek. Hy het ná die voorval ’n dokter en ’n traumabeampte gesien.

Volgens Botman was ’n sekerheidsbeampte in die kantoor oorkant dié van Van Niekerk gesta­sioneer en het die USBD vinnig opgetree om die aanval te stop.

Gevra of Malan Van Niekerk voor die ontmoeting gedreig het, het Botman gesê nee, maar “dit beteken nie Anton van Niekerk het nie dreigoproepe ontvang nie”.

Botman het gesê die US gaan sy sekerheid verskerp om “ons personeel te beskerm teen hierdie soort optrede en afdreiging”.

“As ’n universiteit is dit ons taak en rol om debat en konstruktiewe gesprek te stimuleer en te lei. Akademiese vryheid en die vryheid van uitdrukking en spraak gaan hand aan hand en is ononderhandelbaar.”

Botman het die beweerde aanranding beskryf as “laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ’n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

’WIL VRYHEID OPEIS’

Volgens Botman het van Malan se meelopers buite die Lettere-gebou op hom gewag. Ná Malan se in hegtenisneming het van hulle buite die Stellenbosch-polisiekantoor gestaan. Mnr. Ben Geldenhuys van Pretoria, ook ’n kandidaat van die VVK, het vertel hulle is besig met ’n landwye toer om hul kandidate bekend te stel. Hulle het Woensdagaand in Stellenbosch voor sowat 100 mense vergader.

Hy het verduidelik hulle is soos die Onafhanklike Verkiesingskommissie, wat ’n verkiesing in September reël “waar ’n volksraad verkies sal word met ’n mandaat om namens Afrikaners wat wil vry wees, die internasionale reg op vryheid wil gaan opeis”.

Hy het gesê hulle gun hierdie reg aan al die volke van Suid-Afrika.

Hy het Malan as ’n “beredeneerde man” beskryf en gesê hy wou sy kant van die saak waaroor Van Niekerk geskryf het, met hom bespreek. Geldenhuys vermoed Van Niekerk het op Malan “begin gil”.

“Abel is ’n kandidaat omdat hy dit altyd onmoontlik gevind het vir die Afrikaner om in dié land te oorleef,” het Geldenhuys gesê.

MALAN GEPRYS

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan vise-president is, het hom vir sy beweerde aanval geprys. “Die beweging het begrip vir die optrede van mnr. Malan en is trots op die onverskrokkenheid wat deur sy leiers geopenbaar word.

“Hierdie optrede kan ook vir enige ander persoon as waarskuwing dien wat ons Volk en sy vryheidstrewe belaglik wil maak,” lui ’n verklaring van dié beweging.

Hulle beweer ook Van Niekerk se “neerhalende en beledigende woorde jeens die Afrikaner (het) een te veel geword vir Abel”.

“Weens uitlokking deur die professor is sy tafel omgekeer en is hy in duidelike Afrikaans vertel hoe behoudende Afrikaners oor sy uitsprake voel”.

Malan verskyn na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.



- Die Burger
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #15 op: July 15, 2011, 08:20:07 AM »
Stellenbosch skarrel ná aanval op prof
2011-07-14 23:48
Jan Gerber



STELLENBOSCH. – “Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie.”

Dié dreigement is glo gister deur ’n lid van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) aan personeel van die Universiteit van Stellenbosch (US) oorgedra nadat mnr. Abel Malan (48) na bewering vir prof. Anton van Niekerk (57) in sy kantoor in die Lettere-gebou aangerand het.

Die VVK is ’n organisasie wat Afrikaners oproep om hulself op ’n alternatiewe kieserslys te laat registreer, wat dan gebruik sal word om ’n alternatiewe Afrikaner-volksraad te verkies. Die einddoel is om deur onderhandelinge met die ANC ’n eie grondgebied te bekom en ’n nuwe Afrikanerland te vestig.

Malan (48), ’n sakeman van Nelspruit en ’n kandidaat van die VVK, het ’n afspraak met Van Niekerk, direkteur van die sentrum vir toegepaste etiek aan die US, gereël. Dit was na aanleiding van ’n artikel deur Van Niekerk getiteld Moet apartheid nie vergoeilik nie, wat op 5 Julie in Die Burger, susterkoerant van Volksblad, verskyn het.

In dié artikel was Van Niekerk krities oor Afrikaanse intellektuele wat Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog regverdig. Hy het onder meer geskryf: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.”


Volgens ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het ’n stryery ontstaan, waarin “die verdagte aggressief geraak en die kantoorlessenaar op die professor omgekeer het”.

“Hy het die slagoffer ook fisiek aangerand. Die US se beskermingsdienste (USBD) het die verdagte in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.”

Prof. Russel Botman, US-rektor, het gister beweer Malan het ook “verskeie dreigemente geuiter”.

Botman het gistermiddag op ’n nuuskonferensie gesê Van Niekerk het ernstige kneusings aan sy gesig opgedoen en sy bril is gebreek. Hy het ná die voorval ’n dokter en ’n trauma-beampte gespreek. Van Niekerk het beleef navrae na die US se kommunikasie-departement verwys. Volgens Botman was ’n sekerheidsbeampte in die kantoor oorkant dié van Van Niekerk gestasioneer en het die USBD vinnig opgetree om die aanval te stop.

Botman het die aanranding bestempel as “’n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ’n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

Volgens Botman het van Malan se meelopers buite die Lettere-gebou op hom gewag. Ná Malan se inhegtenisneming het van hulle buite die Stellenbosch-polisiekantoor gestaan.

Mnr. Ben Geldenhuys van Pretoria en ’n kandidaat van die VVK, het vertel hulle is besig met ’n landwye toer om hul kandidate bekend te stel. Hulle het Woensdagaand op Stellenbosch voor sowat 100 mense vergader.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan vise-president is, het hom vir sy beweerde aanval geprys.

“Die beweging het begrip vir die optrede van mnr. Malan en is trots op die onverskrokkenheid wat deur sy leiers geopenbaar word.”

’n Klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek. Malan sal na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.


- Volksblad
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #16 op: July 15, 2011, 08:21:45 AM »
Regse slaan prof ná rubriek
2011-07-14 23:35
  Jan Gerber
Stellenbosch. – Die visepresident van die regse Verkennersbeweging het die akademikus prof. Anton van Niekerk gisteroggend in sy kantoor aangerand.

Van Niekerk (57) het kneusings aan die gesig opgedoen en sy bril is gebreek.

Sy aanvaller, mnr. Abel Malan (47) van Nelspruit, het glo ’n afspraak met Van Niekerk gemaak om in sy kantoor op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) met hom te praat oor ’n artikel wat verlede Dinsdag in Beeld verskyn het.


Mnr. Abel Malan (links) en Prof. Anton van Niekerk



Van Niekerk is direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die US.

Hy is in die artikel onder meer krities oor Afrikaanse intellektuele wat Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog regverdig.

“As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede,” het hy geskryf.

Volgens ao. November Filander, polisiewoordvoerder, het ’n argument tydens hul ontmoeting ontstaan waartydens “die verdagte aggressief geraak en die kantoorlessenaar op die professor omgekeer het”.

“Hy het die slagoffer ook fisiek aangerand. Die US se beskermingsdienste (USBD) het die verdagte gearresteer en aan die polisie oorhandig.”

Malan is ’n kandidaat vir die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK).

Mnr. Ben Geldenhuys van Pretoria, ook ’n kandidaat, het gistermiddag

gesê die VVK is besig met ’n landwye toer om hul kandidate bekend te stel.

Die VVK is ’n organisasie wat Afrikaners oproep om hulself op ’n alternatiewe kieserslys te laat registreer, wat “gebruik sal word om ’n Afrikaner-volksraad te verkies”.

Volgens prof. Russel Botman, rektor, is Van Niekerk ook deur Malan gedreig. Botman het gistermiddag op ’n mediakonferensie gesê Van Niekerk het ná die voorval ’n dokter en ’n trauma-beampte gespreek.

Volgens Botman was ’n veiligheidsbeampte in die kantoor oorkant dié van Van Niekerk gestasioneer en het hy vinnig opgetree om die aanval te stop. Gevra of Malan Van Niekerk voor die ontmoeting gedreig het, het Botman gesê nee, maar “dit beteken nie Anton van Niekerk het nie dreigoproepe ontvang nie”.

Van Niekerk self wou nie kommentaar op die aanval lewer nie.

Volgens Botman het van Malan se meelopers buite die Lettere-gebou op hom gewag. Ná Malan se arrestasie het van hulle buite die Stellenbosch-polisiekantoor gestaan. Malan het in aanhouding gebly en sal vandag in die landdroshof in Stellenbosch verskyn.

Na verneem word, het een van die meelopers gesê Stellenbosch “beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie”.

Botman het die aanranding beskryf as “ ’n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ’n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

Malan is ’n voormalige landbou-ekonoom en is tans ’n sakeman van Nelspruit.

Hy het aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer en het ’n BSc honneurs in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

In sy kandidatevorm vir die VVK beskryf hy die versamel van antieke gewere en ou uniforms as een van sy stokperdjies en meld hy dat hy ’n lidmaat is van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) in Nelspruit.

Sy gunsteling-flieks is Rambo, The Patriot, Braveheart en Gladiator en sy “gunsteling-musiek” sluit in “Die Stem, Patriotiese volksliedere, De la Rey, The Green Barrets (sic)”.

Sy helde sluit in genls. Christiaan de Wet en Koos de la Rey, Racheltjie de Beer en Dirkie Uys.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #17 op: July 15, 2011, 08:45:55 AM »
MEDIA-VERKLARING UITGEREIK DEUR DIE SENTRALE KOMITEE VAN DIE
VOLKSRAAD VERKIESING KOMMISSIE (VVK) OP 15 JULIE 2011.

“Die groot aantal verraaiers in die geledere van die Boere-Afrikanervolk, is ons grootste vyand in die eeue-oue stryd om Vryheid. ‘n Voorbeeld hiervan is die uiters aanstootlike koerant-artikel deur Anton van Niekerk van Stellenbosch, gepubliseer in Julie 2011. Een van die kandidate in die Volksraad-verkiesing van September 2011, Mnr. Abel Malan, is op 14 Julie 2011 gearresteer in verband met ‘n voorval tussen hom en Anton van Niekerk. Die Sentrale Komitee van die Volksraad Verkiesing Kommissie staan bankvas agter Mnr. Malan en wens hom alle sterkte toe vir die komende regsgeding.”


“The huge number of traitors in the ranks of the Boer-Afrikaner people, is our biggest enemy in our struggle for freedom, which is centuries old. An example of this is the utterly offensive newspaper article by Anton van Niekerk of Stellenbosch, published in July 2011. One of the candidates in our Volksraad-election of September 2011, Mr. Abel Malan, was arrested on 14 July 2011 concerning an incident between himself and Anton van Niekerk. The Central Committee of the Volksraad Verkiesing Kommissie (Electoral Commission for the election of a Boer-Afrikaner People’s Council) stands firmly behind Mr. Malan and we convey our best wishes to him for the upcoming legal proceedings.”

Paul Kruger (Voorsitter van die Sentrale Komitee van die VVK / Chairman of the Central Committee of the VVK).
Tel. 0822670364
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #18 op: July 15, 2011, 10:53:04 AM »
Die staat gaan die borg aansoek van Abel oponeer. >:(
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #19 op: July 15, 2011, 11:01:54 AM »
Maar die moordenaars van Oom Eugene kry borg?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal