Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wittes hét baie skuld  (Read 2472 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #20 op: July 15, 2011, 01:52:41 PM »
Klagtes van intimidasie is nou ook teen Abel bygevoeg. Die saak hervat om 14:00. Sy inligting moet nou eers geverifieer word. Die staat vra uitstel tot Woensdag toe.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #21 op: July 15, 2011, 02:05:10 PM »
Weet jy of hy borg gekry het ?

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #22 op: July 15, 2011, 02:09:42 PM »
O gats! Die linkses se idees is op!


Dit moes ’n mistroostige oggend in Media24 se kantore gewees het toe die klomp linkse redakteurs en bestuurslui van Media24 bymekaargekom het. Dit is nou al ’n goeie 17 jaar dat ons in hul “nuut” geskepte Suid-Afrika sit en hul het verseker gehoop dat teen hierdie tyd alles mooi volgens hul linkse slinkse planne sou verloop:

“Die Afrikaner as volk op ’n mishoop, ons sakke vol geld en die liberale idees van individuele identiteit onder ’n skyn-christelike geloof sterk op die voorgrond.”

Ek kan myself maar net indink hoe die klompie daar moes sit en in skok en ongeloof teenoor mekaar moes erken dat die Afrikaner besig is om sy selfrespek en identiteit as volk terug te gryp en weer trots op hulself te wees. Hier volg wat ek glo inderdaad moes gebeur het:

“Dis mos nou nie hoe dit moes wees nie! Die Afrikaner is veronderstel om soos ’n teef op hitte op sy rug te lê en en net ja en amen op alles wat ons skryf te sê. Wat gaan aan?! Hier is ’n oplewing van volkstrots wat nou skrikwekkende afmetings aanneem!”

“Ja!,” sê die ander een, “ons baas Jacob Zuma raak ongeduldig met ons. Ek verneem dat ons mooi presidensie ontevrede is en dit nou al stel dat ons nie meer die Afrikaner onder ons duim kan hou nie. Dinge lyk sleg vir ons!”

Die volgende linkse Nuus24-lid kan dit nie meer inhou nie: “Wat vir my die ergste is, is dat hierdie regses duidelik volgens al ons meningsopnames die meerderheid is. En hul kommentaar op my koerant se webwerf is oorweldigend, ons kan net nie meer met al ons skuilname die mense in die kolomme vol kommentaar terug na ons denke swaai nie. Die mense hou nie meer van ons nie (snik) en ons begin nou al soos verkramptes lyk! (Snik, Snik) Die Afrikaners het nog altyd ons geglo toe ons met die propaganda van regs-is-verkeerd, konserwatief-is-verkramp, apartheid-was-sleg ons koerante vol geskry het, maar nou lag hulle vir ons. Ek weet nie meer watter kant toe nie! Die man bars in trane uit. ’n Vroulike kollega stop ’n sneesdoekie in sy hand. Die ander laat hul koppe in simpatie sak. Hulle weet hoe dit voel. Vir meer as twee dekades skryf hulle dat dit bars, maar die Afrikaner wil maar net nie aan hul propaganda byt nie.

“Kollegas, alles is beslis nog nie verlore nie.” Dit is nou die kollega wat nog altyd kop gehou het. Hy was die eerste om te erken dat hulle ’n gemors van die land gemaak het, maar toe met die blink plan vorendag gekom het om Afrikaners heeltyd te laat sleg voel oor hulself. Op daardie wyse het hulle nou alreeds vir jare die Afrikaner in ’n toestand van slawerny. “Ons word tog steeds deur baie akademici wat nie lekker by is nie erken as verlig te wees en daar is steeds Afrikaners wat nog nie agtergekom het dat ons ’n gemors van SA gemaak het nie. Ons is steeds suksesvol deur die deel van die volk wat begin opstaan te ignoreer of met ons verdagmakery te verdeel. Ons het dit dan tog reggekry om die Party te swaai, ons het dit tog reggekry om hierdie klomp regses te verdeel en verdeeld te hou, ons het dit tog selfs reggekry om die magtige kerk van sy eeue oue pad te laat afdwaal. Ons was daarin suksesvol om ’n hele volk van hul beginsels weg te lei en onder die humanisme te laat instap. Ons kan nie nou moed verloor nie. Nog net twee geslagte en dan is die Afrikaner bykans in sy geheel humanisties en sosialisties ingestel. En ons sal steeds baie geld maak!”

“Nee,” antwoord die ander kollega, die een wat gewoonlik realisties na die saak kyk, “ons het ’n mooi versierde koek aan die Afrikaner opgedis en nou blyk dit sonder twyfel dat hierdie koek wat ons so heerlik aan gebak het die hele tyd/deurentyd van jakkals poef gemaak was. Boonop is die Afrikaner jeug deesdae al hoe meer ongelukkig met ons skepsel en het julle self gesien dat die meerderheid Afrikaners onlangs in ons eie meningspeilings aangedui het dat hul eerder in ’n volkstaat as in die “nuwe” Suid-Afrika wil bly”. By die noem van die woord volkstaat ruk die Nuus24 span hul self regop. Hoe kan iemand nou so ’n vloekwoord hier indra. Enige verwysing na volkstaat moet altyd negatief wees, dit kan en mag nie voorgehou word as ’n oplossing vir die probleme in Suid-Afrika nie.

Die kollega van Rapport kan nie op homself laat wag nie: “Jy weet goed ons hooftaak is om te verhoed dat Afrikaners glo hulle kan hulself regeer. Ek en jy weet goed dat ons almal alreeds lank saamstem dat alhoewel die Afrikaner hulself beter as enige ander volk in Afrika regeer het, dit nooit weer toegelaat mag word nie. Ons is humaniste, ons glo nie in volke nie, ons glo nie in vryheid en selfbeskikking vir elke volk nie. Ek sê nou nog dit was ’n fout om daardie meningspeilings te doen, dit het ons bloot in die verleentheid gestel.”

Die koelkop-een neem weer die woord: “Kollegas, ons moet die feite in die gesig staar. Die meerderheid Afrikaners glo ons nie meer nie. Natuurlik sal ons dit nooit erken nie, maar dit staan nou maar uit soos ’n puisie op ’n vark se boud. Ons sal moet plan maak, dit kan nie so aanhou nie. Julle almal weet dat ons gewoonlik suksesvol was in ons propaganda deur ’n onderwerp te kies en dan ’n paar idiote te kry om vir ons te skryf. Dit help sommer as ons akademici en teoloë sonder insig kan inspan, die Afrikaners was nog altyd suckers vir akademici en teoloë. Ons moet dit weer doen en dringend. Ek raak al hoe meer bevrees.”

“Waaroor?” vra die een. Dadelik antwoord die koelkop-een: “Dat die geskiedenis ons gaan onthou vir wat ons werklik is en nie vir wat ons met ons propaganda gehoop het ons sal wees nie. Kyk net wat gebeur met een van ons eertydse leiers, oom FW, as jy tussen die publiek rondbeweeg en sy naam uiter. Almal haat hom, almal stel dit reguit hy is ’n verraaier. Ons moet selfs deesdae selektief ’n klomp swape nooi as FW teenwoordig gaan wees, anders word hy weer sleggesê. Ons kon bloot vir Roelf Meyer beskerm omdat ons bloot geen publisiteit aan hom gee nie. Hy is gelukkig nie op die voorgrond nie, anders moes hy ook elke dag hoor hy is ’n verraaier. En kom ons wees nou maar eerlik, wanneer gaan ons dag kom? Wanneer gaan die Afrikaner ons ook as verraaiers uitmaak en is my en julle name in die geskiedenis opgeteken as verraaiers?”     
“Dit gebeur klaar. Dit is net omrede ons die monopolie op die media behou dat ons enige kommentaar dat ons verraaiers is kan verhoed.” Dit is die realis wat nou weer praat. Hy kan al sien waarheen alles gaan. Al sy handewerk was eintlik alreeds lankal met hul vertroue in die moontlikhede van die “nuwe” SA verbrou. Hy was nog destyds deel van die Broederbond, nou nog by die Afrikaner Bond soos die organisasie nou bekend staan. Hy raak sommer naar as hy daaraan dink dat hulle vir FW blindelings gevolg het. Kyk, hy is darem nou nie ’n regse nie, maar wragtig hy kan sien hoe die land brand. Hy kan sien hoe daar geen uitkoms in hierdie chaos is nie. Ag, asseblief dat hy tog nie eendag as ’n verraaier bekend staan nie! Is dit nie al te laat nie? Die Afrikaner is verseker nie meer bankvas agter Naspers en Nuus24 en so meer nie. “Klomp idiote!” roep hy in homself uit. “As hulle maar net wou luister en stilbly, hul belasting betaal en glo wat ons skryf, dan was hulle nou al lankal sosialisties-humanistiese liberale skepsels wat nie vir hulself wil dink nie.” Hy besef skielik dat hy eintlik geen idee meer oor het nie. Hul idees het opgedroog, dit is nou net herhalende propaganda van apartheid-is-sleg wat die Afrikaner nog slaaf hou.

“Kollegas, kom ons kom tot ’n punt.” Dit is nou die kollega van Beeld wat praat, almal luister. “Daar is netnou gesê dat ons in die verlede suksesvol was. Ja, ons is besig om veld te verloor en die Afrikaner is besig om uit die as op te staan. Maar ons moet aanhou stry, ons moet aanhou om die Afrikaner se trots en selfrespek af te breek. Daar is nog genoeg bruikbare idiote wat vir ons kan skryf en wie se briewe ons kan plaas. Kom ons kry ’n onderwerp, ons neem sommer weer Afrikaners se “skuldlas” soos kollega Piet in ’95 dit so mooi opgemaak het en begin daaroor skryf. Elkeen van ons moet skryf en ons kry ook sommer van hierdie bruikbare idiote wat as akademici en teoloë vir ons kan skryf. Ons hou ook aan om die Afrikaner se vrye denke te onderdruk en voer ons propaganda aanhoudend en indringend aan die massas. Iewers behoort ons iemand weer terug na ons kamp te swaai. Ons moet net aanhou. Oor so vier maande van nou afklim ons weer op die geloof-wa en kry teoloë om vir die Afrikaner te skryf dit is sonde om in selfbeskikking te glo. Die klomp swape val gewoonlik daarvoor. Ek ken ’n Anton van Niekerk, professor van Stellenbosch, sal hom sommer solank vra om vir ons te skryf hoe baie skuld Afrikaners het (Dit is nou nog voordat Anton van Niekerk tot “Blou-oog van Niekerk” herdoop is – skrywer). Kom kollegas, ons moet net hard genoeg probeer en ons sal die Afrikaner weer kan onderdruk en sorg dat hul soos slawe na ons luister. Kom ons spring aan die werk!”

Die kollegas van Beeld en Burger en Rapport en Volksblad staan stadig en met ’n swaar gemoed op. Die realis sit nog ewe so ’n oomblik en skud sy kop. Hy glo steeds alles is verlore, maar hy weet nie na watter kant toe nie. Die kollegas stap terug na hul kantore en motors, hopelik sal hierdie nuwe veldtog genoeg Afrikaners weer onder hul vlerk kry.   

_______________

Laat ek maar hierop voortgaan met my skrywe aan al hierdie linkse gedoentes. Julle is seker darem erg teleurgesteld in wat julle met jul slinkse planne vermag het. Julle het hierdie mooi land in die grootste gemors denkbaar gedompel en kan jul bloot nie die feite wat daartoe spreek miskyk nie.

Ek het al gewonder waarom mense links, liberaal, pateties en slapgat ingestel is, maar is die antwoorde gewoonlik veelvoudig. Dit kom na my mening daarop neer dat die klomp linkses bloot eie gewin vooropstel en nie ’n bloue duit vir hul gemeenskap omgee nie. Miskien is die meer logiese afleiding dat dit in wese ’n chemiese wanbalans in hul breine is wat hul verkrampte idees veroorsaak.

Ek het gister verneem dat Abel Malan, ’n beginselvaste en intellektuele reus, so moeg vir hierdie slap ruggraatlose kruipende Afrikaners was dat hy een van hulle gaan spreek het en in die proses sy hand teenoor ’n bak jellie gelig het. Die humaniste en linkses spring natuurlik op en af en braak gal. Duidelik volgens hulle is jy ’n “man” as jy vir jou eie gewin staan, maar durf jy nooit vir ’n beginsel op te staan nie. Nee, dit is verskriklik verkeerd. “Dit is sonde!” Genugtig, hoe het dit gebeur dat ons samelewing nou reeds so laag gedaal het dat ’n man wat vir sy beginsels opstaan verkeerd is, maar dat die bak jellie wat sy eie mense afbreek en slegsê reg is?

Julle sien, jul linkse handewerk het van ’n eens pragstuk van ’n land seker die grootste drein in mense heugenis geskep. O ja verskoning, jul Floyd oë is mos vir alle logika geslote, so laat ek verduidelik:

Die saak staan so: SA is vandag in wese een groot drein. Menslike afval dryf hierdie stinkende gemors vol en elkeen klou vir ’n vale aan sy drol. ’n Goeie klomp soos FW en sy maatjies weier om te erken dat ons onsself in ’n vrot drein bevind, maar gaan dit meestal daaroor dat hul nie wil erken dat hul verkeerd was nie. Hul goeie naam (sleg as jy my vra) beteken vir hulle baie, hulle volk duidelik niks. Almal is kwaad oor Zuma op ’n mooi groot drol sit en die ander se drolle kleiner is dalk erger nog vars is en lekker stink. Ja, Tim du Plessis, jy kan darem lekker kla oor jy nie so mooi drol het nie.

Maar wag, die linkses het ’n plan! Koop lekkerruik goed en begin hierdie drol bespuit van ’n kant af. En diegene wat nie wil help spuit aan die sy drol en die drein in die geheel nie word sommer as rassiste afgemaak. Pieter Mulder skrik so groot, hy begin sommer liters en liters Jik op sy drol uit te gooi en versoek almal om hom daarin mee te doen. Die klomp linkses wat gewoonlik in ’n boks dink en nie vêrder as hul neus uitkyk nie, word so omhul in die waas van lekkerruikgoed wat hul so lustig uitspuit dat hul nie eens wil besef en erken dat hulle nog steeds in ’n drein sit nie. Maar nee, kom die opdrag van Rapport en Beeld en die FW de Klerk-stigting: “Spuit, bliksems, spuit!”

Ja, wat ook al FW en al jou gespuis van verraaiers. Dink julle vir een oomblik mense met insig gaan net lustig meedoen aan ’n gespuitery terwyl ons almal nog steeds op drolle ronddryf? Is julle so verkramp in jul denke?

Wat my egter omkrap is julle linkses se stinkende houding waar Afrikaners met selfrespek wel vir hulself ’n toekoms wil skep. Julle trek elke Afrikaner wat vir vryheid veg af en verkleineer Afrikaners en hul beginsels op ’n daaglikse basis. Julle weier dat ons wat nie so verkramp in ons denke is nie uit die drein mag uitklim. Ja, FW, jy wil steeds hê dat Afrikaners saam met jou op jou drol moet sit. Niemand mag uit die drein uitklim nie, niemand mag van hierdie stank wegstap nie, niemand mag hulself skoonwas en op die moderne wyse van selfbeskikking in vryheid hulself regeer nie. Jul verkrampte jellie denke laat dit mos nie toe dat mense hulself van hierdie drein wat julle geskep het losmaak nie. 

Nee, ek weier om langer in hierdie drein te sit. Ons word op groot skaal uitgemoor. Die internasionale waghond “Genocide Watch” stel dat daar ’n besliste volksmoord teen Afrikaners gepleeg word. Maar nee, julle slap jellievisse draai mos net die ander wang en ontken dat ons uitgemoor word. My geslag jong blankes word werk geweier omrede hul voorvaders ’n pragtige land opgebou het, maar jul verstik in jul drolle van denke en doen niks. DIE LAND BRAND FW, TIM, BLOU-OOG VAN NIEKERK! Word wakker! Wat julle linkses wat niks vir jul medemens omgee nie nodig het, is ’n dag in Orania se motorwas waar jul oë vir ’n dag lank met elke denkbare suur uitgewas moet word. Of dalk Abel Malan se vuis.

Gepraat daarvan Blou-oog van Niekerk, ek hoor ’n Verkenner kan nogal ’n barshou slaan? Is dit waar? Het ’n paar van jou linkse breinselle op die regte plek gaan lê, of word jy steeds as bruikbare idioot ingespan om die geskiedenis te verdraai en die Afrikaner se ondergang te bewerkstellig?

Dit laat my dink aan Danie Theron. Julle linkses beskou hom mos as deel van ons trotse geskiedenis. Gert Opperman was so in sy skik met Danie Theron dat hy sommer die terroris Mandela gekry het om sy standbeeld daar by die Voortrekker monument te kom help onthul. Danie Theron het ook op sy dag hier kort voor die oorlog by ’n redakteur van ’n koerant wat ons volk slegsê ingestap en hom bietjie bygekom. Ja, daar was toe ook linkses wat net op die individu ingestel was en geen denke rondom ’n volk of beginsel toelaat nie wat hulself bevuil het. Arme Danie Theron wat ’n man was, het sonder om te skroom vir ons volk se beginsels en goeie naam opgestaan, maar die klomp slap liberaliste kon mos nie anders as om gal te braak nie. Basies dieselfde as wat vandag teenoor Abel Malan uitgevaar word. Maar nee nie twintig jaar later nie was Danie Theron geag een van ons grootste helde te wees en die klomp linkse joiners word vandag nog met minagting deur selfs julle linkses bejeën.

Elke tydvak in ons geskiedenis word later deur ’n ander geslag beoordeel. Interessant dat die linkse kruipende liberaliste tot vandag nog nooit erkenning vir hul pogings tot selfvernietiging gekry het nie. Dit is Genl. Christiaan de Wet wat selfs deur die ANC in hul “Vryheidspark” geëer word en nie sy verraaier Piet de Wet wat saam met die Rooinekke ons volk probeer vernietig het nie. Dink jy Blou-oog van Niekerk dat jy dalk eendag vir jou dom verkrampte denke geëer gaan word? Die geskiedenis bewys anders. Julle wat so op jul menseregte ingestel is en vere vir jul volk voel is gewoonlik die skuim wat in die verderf verlore gaan. Niemand onthou julle nie.

In elke tydvak is dit verstommend dat diegene wat by hul beginsels staan gewoonlik deur ander as “dom” afgemaak word. Was dit nie julle liberaliste wat so vrylik die woord verkramp teenoor ons volk gebruik het nie? Hoe voel dit om nou verkramp te wees? Julle idees het opgeraak, nè? O ja nooit sal jul mos so iets erken nie.

Wat is jul idee nou eintlik? Dat die Afrikaner as minderheid bloot verewig met sy kulturele- en taalregte vertrap soos slawe gebukkend Malema se voete moet soen? Of eerder, soos julle dit verkies, Malema se voete moet was en om verskoning vra vir my weet sowaar as wragtag nie waarvoor nie!

Ek verstaan so op ’n manier hoekom Flip Buys probeer om nou weer onder te begin en dan stap vir stap mense te neem op ’n proses na selfbeskikking. Ja, hy sien dalk die enigste oplossing is selfbeskikking vir die Afrikaner, maar hou nou eers homself besig en sekere akademici gelukkig met scenario-beplannings en dies meer. Ja, daar is dalk vlakke van vryheid en ons moet dalk begin by vlak een. Iewers sal mense egter moet besef dat geen “kulturele skikking” en scenario-beplanning ooit die finale oplossing sal wees nie. En vir hoe lank moet ek nou wag tot ons almal, die linkses wat hierdie gemors veroorsaak het ingesluit, by vlak hoeveel ook al uitkom voordat ons weer soos mense mag leef? Intussen verminder die volk met bykans 90 000 mense per jaar en die ANC lag lekker want binnekort is daar nie meer ’n Afrikaner nie.

En dit my liewe verkrampte linkses, is presies waar julle sit! Julle weet goed dat geen voetwassery of Malema hofsaak of Blou-oog van Niekerk artikels ooit ’n oplossing vir hierdie land se probleme sal wees nie. Jul weet goed dat ons eintlik in een groot gemors sit, letterlik ’n drein. Jul weet goed dat julle klomp patetiese denke ons by die rand van uitwissing te staan laat kom het. Maar weereens die ewige humanis: Dink net aan julself en jul geldjies en jul kamtige goeie naampies. Dis al wat saak maak in julle lewens. Stabiliteit en vrede, beginsels en ideale kom in jul verkrampte denke altyd tweede.

Maar wag, laat ek nou eintlik by die doel van hierdie skrywe uitkom. Sien ek het genoem dat julle natuurlik bang is die geskiedenis onthou julle vir wat julle werklik is: VERRAAIERS. Laat ek dit weer sê: VERRAAIERS. Hoe klink daardie beskrywing vir jou FW? Ja, jy is seker teen die tyd al gewoond daaraan. En jy Blou-oog van Niekerk?

Ek weet mos nou wat jul binnekort gaan doen. Julle gaan seker ’n paar verkrampte teoloë kry en hul begin laat skryf dat dit bars. Die artikels gaan daarop sinspeel dat apartheid sonde is en dat vryheidsdenke sonde is en dat geregtigheid vir volke sonde is en so meer. Of gaan jy weer probeer om kleurlinge as deel van die Afrikaner te forseer Tim? Dink julle regtig julle poging tot chaos en wanorde werp nog vrugte af? Was bietjie jul oë uit en kyk: Die Afrikaner staan op, die Afrikaner kry weer trots. Miskien weet julle dit al klaar en sit julle en bewe omrede julle nie meer antwoorde vir jul gemors het nie.

Weereens, wat is julle idee? Het julle nog ooit een? Ek moet sê die idees wat julle wel van tyd tot tyd soos ’n grammofoon wat vashaak inspan raak darem nou regtig afgesaag. Tim, voel jy en ou Jan-Jan Joubert nie ietwat sleg as jul besef die meeste mense lag agter julle rug vir jul verkrampte idees nie? Of pla dit julle nie? O ja, julle is mos verhewe bo die Afrikaner, so ’n tipe super-broeder-joernaliste wat vas glo dat hulle steeds die meerderheid se denke verteenwoordig terwyl julle lankal nie meer aanhang het nie.

Gaan iemand julle onthou? Nie regtig nie, nie as ons nie plan maak nie. Sien, anders as na die Tweede Vryheidsoorlog glo ek ons moet nie weer net van die linkses vergeet nie. Ons moet vir die nageslag kan wys hoe het ’n jellievis van ’n Blou-oog van Niekerk gelyk sodat daar uit die foute van die geskiedenis geleer kan word. Dink net ons het ’n saal iewers in ’n vullishoop gehad waarin ons die name en foto’s van al die verraaiers van die geskiedenis kon vertoon. Wie sou dan vir FW wou volg indien ons kon oplet dat hy dieselfde swak karaktertrekke as enige ander verraaier het?

Ek dink ons moet julle linkses onthou. Ek weet dit is maklik om ’n jellievis te wees, jy gaan maar net saam met die stroom. Maar raai wat, dit is nie julle ruggraatloses wat die stroom gaan rig nie. Dit is die Abel Malans van die lewe, mense soos Verkenners. Julle gaan maar net saam spoel na vryheid, of indien daar so baie van julle is dat die stroom in homself verstik, saam in hierdie drein wat julle geskep het versuip.

So wat sê jy Blou-oog van Niekerk? Wil jy graag onthou word? Glo my, jou tipe wil ek graag onthou. So laat ek nou vandag begin daarmee wat lankal begin moes word.

’n Swartlys.

’n Lys van Verraaiers.

Want genugtig my volk verdien nie om weer deur julle gespuis om die bos gelei te word nie. En glo vir my, daar sal sorg gedra word dat hierdie lys aan elke nageslag van die Afrikaner hierna voorgehou word. Dit sal van nou deel van ons geskiedenis wees en bron vir talle geskrifte oor jul swak karaktertrekke as voorbeeld van wat nie gevolg moet word nie.

Ek is egter modern en verlig, ek glo in elke volk se onvervreembare reg om homself te regeer. Ek glo daarom in billikheid en regverdigheid. Daarom sal ek nou nie vonnis by verstek teen jou neem nie Tim, ook nie teen jou nie Blou-oog van Niekerk. Ek sal vir julle die keuse gee. Sien ek glo steeds dat mense tog iewers in hulself iets goeds kan ronddra en daarom behoort elkeen soort van ’n kans te kry om die goeie in homself te bewys. Maar ook nou nie vir altyd nie.

Derhalwe dien hierdie skrywe as ’n aanmaning aan jou Blou-oog van Niekerk, jy wat jouself Anton van Niekerk noem. Ek gun jouself sewe dae om hierop te reageer, by versuim waarvan die geskiedenis vonnis by verstek teen jou sal neem en jou naam op die lys sal kom.

So ook al jou kruipende maatjies wat sukkel met hul selfbeeld en aan ’n minderwaardigheidskompleks ly. Almal van julle kry die kans om jul kant van die saak te stel en te keer dat die geskiedenis jul in ’n swak lig te stel. Daarom kan almal binne sewe dae na datum hiervan terugskryf en laat weet dat julle eintlik nie verraaiers is nie en dat die geskiedenis julle nie in ’n swak lig moet stel nie. Miskien kan sommige van julle selfs die geskiedenis oortuig dat julle ’n ommekeer in jul sondige wee gemaak het en weer in beginsel by jul volk staan. Jy ook Tim.

Jammer, FW, die geskiedenis het jou reeds gemerk wat jy is. Dit sluit vir jou ou Roelf en Pik Botha in. Ek is seker die lys sal aanhou groei soos diegene met insig nog name byvoeg waarteen vonnis by verstek reeds geneem is. Ek hou dit nou eerder nog kort en kragtig. FW, jy en jou mede kruipers sal maar ’n aansoek om tersydestelling van vonnis moet bring indien julle jul naam wil skoonkry. By versuim bly julle waar julle is. Op die swartlys van verraaiers.

Laat weet my gerus so gou doenlik om vir jouself en jou nageslag groot verleentheid te spaar.

Stuur jou verskoning of verduideliking aan ekisnverraaier@yahoo.com

Indien daar diegene van julle linkses is wat so oortuig van jul verkrampte idees is dat julle om een of ander perverse rede nogal trots daarop kan wees, daag ek julle sommer uit om te wys julle is ietwat meer as poefters en om sommer ook ’n vonkpos aan ekisnverraaier@yahoo.com te stuur en te versoek dat jul naam op die lys geplaas word.

Julle sal seker nou verstaan hoekom ek nie my naam naby hierdie skrywe wil bring nie.

SWARTLYS VAN VERRAAIERS:

1.   FW de Klerk
2.   Roelf Meyer
3.   Pik Botha
4.   Blou-oog van Niekerk?
5.   Laat weet my as jy die moed het…
Apartheid is Liefde

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #23 op: July 15, 2011, 03:47:20 PM »
Enige nuus rakende Abel?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #24 op: July 15, 2011, 03:54:05 PM »
Die borgaansoek is uitgestel tot Woensdag. Alhoewel daar 'n versoek ingestel is om vir Abel in 'n enkelsel te plaas, weet ons nie of dit toegestaan gaan word nie. U gebede vir Abel Malan asook sy gesin, sal werklik waardeer word.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #25 op: July 15, 2011, 04:31:43 PM »
Ongelooflik!

Nou moet Abel tot Woensdag in die tronk sit omdat hy opgestaan het vir wat hy glo! Die verrraaier lag seker al te lekker oor die storie! Hierdie land...

As iemand met Abel kontak maak wat hier lees, stuur asb my beste wense vir hom!

Ons moet vandag een ding leer: Maak nie saak hoe klein wet dit is nie, ons moet in ons spore bly. Hulle SOEK iets om ons mense op te sluit voor.

Dankie vir die linigting Alwyn.

Groetnis.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #26 op: July 15, 2011, 11:06:48 PM »
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het verneem dat Mnr. Abel Malan, wat daarvan verdink word dat hy Prof Anton van Niekerk te lyf gegaan het, nie vandag borg ontvang het nie. Na wat verneem word is die saak uitgestel tot Woensdag die 20ste Julie 2011, onder die voorwendsel dat daar eers vasgestel moet word of Mnr. Malan se adres wat hy gegee het korrek is.
 
Mnr. Malan is ‘n bekende sakeman en ook ‘n bekende inwoner van Nelspruit, gevolglik word hierdie optrede vreemd gevind. Dit blyk dat die besluit moontlik polities gemotiveerd mag wees, aangesien Mnr. Malan beslis geen vlug risiko inhou nie.
 
Mnr. Malan word geken as ‘n beredeneerde Christen man, wat indien hy ‘n probleem met ‘n persoon het, die weg van Mattheüs 18 vers 15 volg. Indien dit dus waar is dat hy handgemeen geraak het met van Niekerk, sou dit slegs plaas gevind het indien hy geprovokeer is.
 
‘n Beroep word gedoen op die regering om nie voete te sleep en verskonings te gebruik om Mnr. Malan se reg op borg, onnodig te vertraag nie.
 
‘n Verdere beroep word ook op die Afrikanervolk gedoen om Saterdag die VVK vergadering in Vereeniging by te woon, waar onder andere Mnr Malan se regsverteenwoordiger terugvoer sal gee oor sy saak.
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #27 op: July 15, 2011, 11:11:45 PM »
Prof ontvang traumaberading na slanery
Vrydag, 15 Julie 2011 08:04 praag

Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch Universiteit se onlangse rubriek oor die skuldlas van wittes het hom erge kopsorge besorg.

Van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch, is Donderdag deur Abel Malan (48) in sy kantoor in die Lettere-gebou in die gesig geslaan.
"Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie," het Malan gesê nadat hy deur kampussekuriteit weggelei is.

Prof. Russel Botman, US-rektor, het Donderdag tydens 'n nuuskonferensie gesê Van Niekerk se gesig is gekneus en sy bril gebreek. Hy het glo mediese en traumaberading ná die voorval ontvang.

Botman het aan die media gesê dit is "'n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om 'n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word".

Van Niekerk wou nie op navrae reageer nie. Hy het alle navrae die US se kommunikasie-departement verwys.

Malan, 'n landbou-ekonoom en 'n sakeman van Nelspruit, is 'n lid van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK), wat 'n kieserslys probeer opstel om 'n Afrikanervolksraad te verkies. Die doel van die lys is om dmv onderhandelinge met die ANC 'n eie grondgebied te bekom.

Van Niekerk se onversetlike houding teenoor die grensoorlog asook Afrikaners se beweerde volgehoue skuldlas, het Malan glo tot aksie oorgehaal.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan ook adjunk-president is, het begrip vir sy optrede uitgespreek en sy "onverskrokkenheid" geprys.

'n Klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is teen Malan gelê. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn.
http://praag.co.za/nuus-magazine-402...a-slanery.html


Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #29 op: July 15, 2011, 11:32:10 PM »
Stuur tog vir Anton 'n brief by :  aavn@maties.sun.ac.za

Miskien voel hy afgeskeep oor Abel al die aandag kry ...

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #30 op: July 16, 2011, 09:42:13 AM »
Bietjie kreatiewe joernalistiek.  ;D



Boer doen alles in sy vermoë om linkse te red van Volksverraad.

Stellenbosch.

’n Bekende sakeman van Nelspruit, Mnr Abel Malan se liefde vir sy volk het hom gedryf om met Prof. Van NieVolk ’n afspraak te reël na aanleiding van sy onlangse onsinnige skrywes.

Dit het alles begin toe Prof. Van NieVolk ook op die liberale soustrein gespring het en links en veral regs klappe uitgedeel het aan ’n volk wat tans ’n vlak volksmoord ervaar. In die skrywes word die skuld na twee dekades weereens voor die deur van die Afrikaner gegooi. Hierdie blatante denkfout was vir Mnr. Malan niks ander as ’n noodkreet van ’n verdwaalde siel nie en daarom het hy homself onderneem om dit op ’n vreedsame wyse aan die Professor te verduidelik.

Meneer Malan se doelwit was slegs om vir Prof. Van NieVolk attent te maak op hierdie foute van hom toe hy per ongeluk gly en in die proses die tafel omdop. Prof. Van NieVolk se diepliggende haat teenoor gesonde wit mans het onmiddellik opgevlam en hy het Mnr Malan se vuiste telkemale met sy gesig bygedam.

Mnr. Malan het in vrees vir sy lewe, soos wat alle boere op plase in vrees lewe as gevolg van die onsettende hoeveelheid plaasmoorde, en uit vrees vir Prof. Van NieVolk se lewe hom probeer waarsku dat die sekuriteitsdienste van die kampus hom nie sal kan beskerm teen die dreigende gevare daar buite nie.

Die aanval was van so aard dat Mnr. Malan onder beskerming van die polisie daar weg is. Die aanbeveling is dat hy ten minste tot Woensdag in polisie beskerming moet bly om te verseker dat die Professor hom nie weer aanval nie.

Die trauma was so erg dat Mnr Malan nie eers kan kos inneem nie en daar is groot kommer oor sy welstand.

Na al die moeite wat Mnr. Malan gedoen het met Prof. Van NieVolk is dit nog onseker of die man gered is van totale verraad op sy volk. Ons kan maar net hoop dat die gesprek hom tot beter insigte kon bring. 

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 132
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #31 op: July 18, 2011, 02:11:43 PM »
Jankejan, ek gee jou 12 uit 10 vir die stuk oor die linkse joernaliste se idees en dwaashede. Ek hoop jy stuur dit na 'n paar adresse sodat hulle kan lees!

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #32 op: July 19, 2011, 12:08:56 AM »

Breyten Breytenbach

Breyten: Praat eerder as slaan
2011-07-16 21:51


Jan-Jan Joubert

Die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk het vermoed hy kon vanweë sy oortuigings aangerand word deur mnr. Abel Malan, maar het nietemin ingewillig om hom te ontmoet in belang van die oop gesprek.

Van Niekerk praat nie tans met die media nie, maar uit Stellenbosse universiteitsgeledere is aan Rapport gesê Van Niekerk het dadelik onraad vermoed toe Malan hom wou “spreek”.

Hy het egter ingestem omdat hy in beginsel nie gesprek wou weier nie.

Omdat die filosofie-departement vanweë die universiteitsvakansie verlate sou wees buiten die sekretaresse, het Van Niekerk voorsorg getref en ’n veiligheidsbeampte is in die omtrek geplaas.

Die vonk vir die aanval op Van Niekerk was blykbaar toe Malan die reaksies en kommentaar op Van Niekerk se omstrede artikel oor witheid in Suid-Afrika gelees het.

Dit is tans onduidelik of Malan hoegenaamd self Van Niekerk se artikel gelees het voor hy hom gespreek het.

Die gesprek tussen Malan en Van Niekerk het emfaties eerder as empaties verloop, is aan Rapport gesê.

Die veiligheidswag-voorsorg is as geregverdig bewys toe Malan na bewering die lessenaar op Van Niekerk omgekeer en hom aangerand het.

Dié wag het tussenbeide getree, Malan is gearresteer, het in die hof verskyn en is tans in aanhouding.

Van Niekerk is hospitaal toe geneem.

Malan moet in aanhouding bly tot minstens Woensdag wanneer hy weer in die hof verskyn. In sy eerste hofverskyning is beweer hy moes hom reeds Donderdagaand in die aanhoudingselle “teen dreigende aanvalle verweer”.

Malan se regsverteenwoordiger en politieke geesgenoot, mnr. Paul Kruger, het gister aan Rapport gesê hy en Malan was deel van ’n landwye toer van sowat twee weke om hul politieke groep, die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK), se sienswyses te propageer.

Hy sê Malan het die dagblad Beeld gelees en met die idee vorendag gekom om Van Niekerk te gaan spreek.

Kruger het dit duidelik gestel dat die VVK nie geweld voorstaan nie, maar binne die Suid-Afrikaanse en interna­sionale reg – spesifiek art. 235 van die Grondwet – strewe na ’n eie grondgebied vir Afrikaners.

Hieroor het Kruger al verskeie gesprekke (volgens hom in goeie gees) met pres. Jacob Zuma gevoer. Hy voel egter driftig oor wat hy ervaar as ’n dekades lange etikettering deur wit liberale.

“As hulle net vir ons wil sê: ‘Julle is ’n klomp mal idiote, kom onder ons uit en gaan sit op Putsondergat’, sal ek geen probleem hê nie, maar nou word ’n mens geëtiketteer, al het jy hoeveel grade,” sê Kruger.

Luidens ’n e-pos wat die digter Breyten Breytenbach gister aan verskeie Afrikaanse filosowe gestuur het, is dit juis hierdie gevoel van uitsluiting wat in gesprek tussen filosowe en fasciste (sy term) uitgepraat moet word.

Breytenbach is self bereid om aan so ’n gesprek deel te neem.

Intussen het die akademikus prof. Willie Esterhuyse daarop gewys die gebeure is tekenend van groeiende fundamentalisme in die Suid-Afrikaanse politiek.

Hy sê die Afrikaner-fundamentalisme wat uit die aanval blyk en die swart fundamentalisme – of selfs Afro-rassisme – van iemand soos die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, polariseer Suid-Afrikaners. Dit laat boonop toe dat hulle hulself regverdig juis deur mekaar se fundamentalisme.

“Daar is ’n diskoers van woede wat maklik omsit in ’n kortpad na geweld. Dan word gesprek en dialoog uitgeskakel.

“Afrikaners sal hopelik, in beginsel en ter wille van oorlewing, kies teen alle geweld in Suid-Afrika en dus ook teen Afrikanergeweld.

“Die meeste Afrikaners is nie deel van die fundamentalistiese kliek nie en wil die vryheidsruimte bewaar om ’n mening onbevrees te kan uitdruk.

“Daarom is dit noodsaaklik om nie die skandalige aanranding van Anton van Niekerk op enige manier goed te praat nie, maar sterk daarteen standpunt in te neem,” sê Esterhuyse.

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #33 op: July 19, 2011, 12:29:58 AM »
Bewerings oor lokval in prof se kantoor ‘is onsin’
2011-07-17 21:50


Jan Gerber

Stellenbosch - Bewerings dat mnr. Abel Malan (48) in ’n lokval gelei is, is “onsin”, het die Universiteit Stellenbosch (US) gesê.

Malan, ’n Nelspruitse sakeman, word daarvan aangekla dat hy Donderdag die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk aangerand het tydens ’n ontmoeting in sy kantoor.

Malan, ’n kandidaat van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK), het die ontmoeting met Van Niekerk, direkteur van die US se Sentrum vir Toegepaste Etiek, gereël na aanleiding van sy artikel “Moenie apartheid vergoeilik nie”.

Dié ontmoeting het glo heftig geraak en Malan het na bewering ’n tafel op Van Niekerk omgekeer en hom toe bygedam.

Malan is ook visepresident van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, wat hom vroeër vir dié beweerde optrede geprys het.

Hulle het Saterdag ’n verklaring uitgereik waarin beweer word Malan is in ’n lokval gelei.

Dit bevat onder meer die volgende stellings:
“Tydens ’n media konferensie (sic) gehou deur die Stellenbosch universiteit (sic) het dit bekend geword dat Professor Anton van Niekerk sekuriteitswagte strategies geplaas het in die kantore rondom sy kantoor tydens mnr. Malan se besoek aan hom.”

Voorts bevraagteken hulle dit dat die gebou se deure gesluit was en vermoed hulle Van Niekerk het Malan uitgelok.

Mnr. Mohamed Shaikh, US-woordvoerder, het gister, soos by Donderdag se nuuskonferensie, gesê Van Niekerk het dreigoproepe ontvang wat hy aan die US gerapporteer het.

“Hy het uiteraard nie geweet wat die bona fides van Malan was toe hy die afspraak toegestaan het nie, maar gegewe die dreigoproepe het die US sy beskermingsdienste se personeel ontplooi om enige veiligheidsrisiko te hanteer. Dit was ook winter-reses en daarom was die gebou gesluit. Daar is geen sprake van ’n lokval nie. Dis onsin,” het Shaikh gesê.

Die Verkenners bevraagteken ook Malan se hofverskyning Vrydag.

“Die advokate se uitspraak, volgens die Burger koerant (sic), dat die staat se regte belangriker is as ’n burger se reg tot vryheid, laat rooi kommunistiese ligte flikker,” lui hul verklaring.

Die Burger het Saterdag vir landdros Alfrieda Lewis soos volg aangehaal: “Elke mens het die reg op ’n spoedige verhoor, maar die staat het ook regte.”

Malan verskyn Woensdag in die Stellenbosch-landdroshof vir ’n borgtogaansoek op aanklagte van intimidasie en aanranding. Hy bly intussen in die Stellenbosch-gevangenis.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #34 op: July 19, 2011, 07:42:04 AM »
Die klomp liberales gaan hierdie golf ry en misbruik solank hulle kan..... ???
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #35 op: July 20, 2011, 12:56:54 AM »
Kan ons Max du Preez en Rian van Heerden dalk ook op die swartlys plaas oor hulle jare lange haat  veldtog wat hulle onderneem teen Boere Afrikaners?
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #36 op: July 20, 2011, 03:07:16 AM »
Die klomp liberales gaan hierdie golf ry en misbruik solank hulle kan..... ???

Tien teen een ja ; of laat ek dit so stel : PROBEER !
'n  Golf volgens wetenskap is niks anders as verplasing van energie nie , vir enige golf om te kan voortbestaan moet dit oor dryfkrag / energie beskik . Sodra die energie kwyn , sterf die golf .
Dit is duidelik dat die golf wat hulle probeer ry nie oor veel energie beskik nie en is maar 'n klein golfie - al wat die golf dryfkrag gee is die VVK , Verkenners en Abel Malan . Dit is blykbaar nie genoeg nie want hulle herhaal alles wat reeds gesê is tot vervelens toe met verandering van 'n woord / sin hier of daar . Pateties om die minste te sê .

Dit is ook vir my opmerklik dat hulle verkies om sekere gedeeltes van die Verkenners se mediaverklaring buite konteks aan te haal maar hulle ignoreer liefs dit wat wel van belang is - 'n ou truuk van disinformasie .
In so geval moet mens dus nie konsentreer op dit wat hulle sê nie maar eerder dit wat hulle nie sê nie - hulle vermy doelbewus die warm water .

Of Van Niekerk wel Malan uitgelok het of nie swyg hulle oor wat vir my dui op of swak joernalisme of doelbewuste misleiding of beide . Ook swyg die Prof. soos die graf ! Het hy iets om weg te steek ? Wat moontlik sy loopbaan negatief kan beinvloed ?

Ter afsluiting ; die tyd vir praat is verby Mnr. Breytenbach . "Ons" praat al jare lank maar "julle" slaan nie ag op wat ons sê nie ! Julle kommunistiese liberalistiese gatkruipende verbale diaree wat julle as propoganda in ons kele wil afdruk vir jare ; ons slaan wel ag daarop . Die tyd vir praat is verby !
Woorde sonder aksie is net leë klanke ; ek dink in elk geval dit sal nie wys wees om langs jou soort om 'n tafel te sit nie - dit kan net 'n bloedbad uitlok .

Sanderis

  • Gas
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #37 op: July 20, 2011, 11:01:52 PM »
Beweerde aanrander dreig “volksverraaiers” met die dood


Die man wat prof Anton van Niekerk verlede week na bewering in sy kantoor op Stellenbosch aangerand het, is ’n voorstander van openbare teregstellings en ’n teenstaander van godsdiensvryheid. Hy waarsku ook sogenaamde volksverraaiers dat die doodstraf vir hulle ʼn genadige uitkoms sal wees.

Mnr Abel Malan, ’n Nelspruitse sakeman, word daarvan aangekla dat hy Donderdag die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk aangerand het tydens ’n ontmoeting in sy kantoor.

Malan se ver-regse politieke sienings word uiteengesit in ’n vraelys wat hy ingevul het toe hy hom as kandidaat beskikbaar gestel het vir die sogenaamde Volksraadverkiesingskommissie (VVK).

Geen ateïste sal in Malan se Volkstaat toegelaat word nie. Sondagsport sal taboe wees. ’n Sensuurraad sal die waghond wees oor dit wat in die pers, filmbedryf en vermaaklikheidswêreld plaasvind.

Hy was met ’n landwye toer besig om steun te werf vir die VVK toe hy prof Van Niekerk verlede week geskakel het vir ’n afspraak waarna hy hom na bewering in sy kantoor aangerand het.

Volgens kennisse van prof Van Niekerk met wie koerant.com gesels het, het Van Niekerk die kampuspolisie vooraf gevra om naby sy kantoor  ’n ogie te hou tydens die afspraak ingeval daar probleme sou ontstaan. 

Een van Malan se vriende, Alwyn De Klerk, het op Malan se Facebookblad geskryf: “Jy wag ook net om pret te maak as ek nie saam is nie. Sterkte ou maat. Ons bid vir jou.”

In die vraelys wat deur Malan ingevul is vir die Volkverkiesing sê hy enige kerk wat nie die “volk” se vryheidsideaal steun nie, behoort nie toegang te kry tot die grense van die Nuwe Republiek nie.

“Geen ateïste sal kwalifiseer as deel van die volk nie, en moet gevolglik nie eers probeer om oor die boeg van sy Wes-Europese etnisiteit in te sluip nie. Geen godsdiens buite die Christelike sfeer moet eers probeer om deel van die Republiek te word nie. Alle heidense kerke, tempels en strukture sal as eerste prioriteit verwyder of gesloop word.”

Inwoners van Malan se volkstaat sal ook nie meer hulle inkopies op ’n Sondag mag doen nie. Hy meen besigheid of sport op Sondag is ’n onaanvaarbare praktyk wat nie ’n plek in ’n streng Christen-samelewing het nie. Daar is glo genoeg ander dae in die week om al hierdie dinge te doen. Homoseksualiteit sal ook nie geduld word nie.

Oor die doodstraf sê Malan hy is ten gunste van beperkte openbare teregstellings. “Daar moet seker gemaak word dat teregstellings waarlik iets sal wees om te vrees.

Die man wat van aanranding aangekla word maak geen geheim daarvan nie dat mense wat in sy oë volksverraaiers is doodgemaak sal word. “Volksverraaiers en spioene vir volksvreemde magte moet weet hulle stel hulself bloot aan ’n volk wat smag na wraak. Hulle wat ons vryheidsideaal vertrap het, en dalk beplan om weer iets soortgelyks aan te vang, wees gewaarsku. Die doodstraf sal vir hulle ’n genadige uitkoms wees,” aldus Malan.

http://www.koerant.co.za/uncategorized/beweerde-aanrander-dreig-%E2%80%9Cvolksverraaiers%E2%80%9D-met-die-dood-4948

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #38 op: July 21, 2011, 08:18:50 AM »
Ek stem 100% saam met Abel se sienings.

Dit laat my dadelik dink aan "Lied van die Boland" van Gert van Tonder:

Dis my land, my land, die Boland (Volkstaat) net vir my
Dis my land, my land, hier wil ek bly


Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #39 op: July 21, 2011, 09:10:59 AM »
Sjarko, dink nou net hoe bly maak jy my hart dat Boland en volkstaat in dieselfde reel genoem word  :P

Ek kan my volkome vereenselwig met daardie siening. Dink net aan hoe baie het ons Volk verloor met ons sogenaamde vryheid. Al die respek, eerbaarheid, morele waardes, ens. is by die deur uit, want ons is mos nou verlig. Daar is redes hoekom wette streng is, dit is om mense teen hulself te beskerm.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal