Algemene Sake > Rekenaars en Internet
Gevare van die Internet
(1/1)
Sanderis:
SA top-teiken vir e-pos-misdaad
Jul 12 2011 13:29 Ferdi Greyling
Johannesburg. - Gemorspos is wêreldwyd minder nadat daar opgetree is teen verspreiders daarvan, maar dit is steeds 72% van alle e-posse in die wêreld.
Intussen is Suid-Afrika die top-teiken vir vals e-posse wat vertroulike inligting uit gebruikers probeer kry.
Die rekenaar-sekuriteitsgroep Symantec het vandeesweek vir die eerste keer ’n gekombineerde sekuriteitsverslag oor die internet uitgereik waarin gesê word die gemorspos-situasie het al begin verbeter nadat daar in 2008 onder meer in Kalifornië teen ’n internetgroep opgetree is.
Dit was die diensverskaffer McColo wat ’n beheer-kanaal vir ’n aantal botnette was..
’n Botnet is ’n wêreldwye netwerk van rekenaars wat - sonder dat die eienaars weet - met virusse wat instruksies plant saamgevoeg in ’n netwerk.
Dit word onder meer gebruik om gemorspos te verprei.
Die situasie het verder verbeter toe Rustock, ’n Russiese botnet wat gemorspos versprei, in Maart 2011 toegemaak is.
Botnette word ook gebruik om bedieners tot stilstand te bring in DDos-aanvalle. Dit is in wese wanneer ’n klomp rekenaars aanhoudend inligting van ’n bediener vra tot hy nie meer kan werk nie.
Dit word ook gebruik om e-pos-boodskappe uit te stuur wat na betroubare boodskappe lyk - byvoorbeeld van ’n bank - maar die reaksie op die boodskap word dan deur ’n botnet herlei na ’n misdaad-webblad waar die details van die kliënt afgeskep word. Dit is phishing-aanvalle.
Symantec sê in 'n verklaring nadat Rustock toegemaak is, was daar steeds 36,9 miljard gemorsposse elke dag in April in sirkulasie op die internet.
In Mei was dit 41,7 miljard, maar in Junie weer terug na 39,2 miljard.
In dieselfde tydperk in 2010 was daar 121,5 miljard gemorsposse per dag in omloop - 89,3% val alle e-posse.
Die jongste ontledings toon dat 40% van alle gemorsposse was in Junie 2011 oor farmaseutiese produkte - af van die 60% teen die einde van 2010.
Die soort gemorsposse se nuutste verskysels is ’n aanlyn-videodiens en ’n kastige aanlyn-apteek wat die term ‘wiki” gebruik.
Terwyl sg. phishing-aanvalle afgeneem het in Junie, was aanvalle in e-posse een in elke 300 e-posse.
In Junie was daar gemiddeld 5 415 webblaaie elke dag waarop skadelike programme en virusse geskuil het - 70% meer as in Mei.
In Junie was Saoedi-Arabië die gebied wat die ergste onder gemorspos deurgeloop het - 82% van alle e-posse- met Rusland in die tweede plek.
In die VSA was 73% van e-posse gemorspos en in Kanada en Brittanje 72%.
Suid-Afrika was die top-teiken vir phishing-aanvalle in e-posse - 1 uit elke 111 e-posse - teenoor 1 uit 130 in Brittanje en 1 uit 1 270 in die VSA.
Die volle verslag kan op die internet by
www.symanteccloud.com/globalthreats/overview/r_mli_reports gelees word.
Navigation
[0] Message Index
Go to full version