Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: VVK kandidaat Abel Malan in lokval gelei.  (Read 517 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
VVK kandidaat Abel Malan in lokval gelei.
« op: July 17, 2011, 09:53:59 AM »

MEDIAVERKLARING
 
16 Julie 2011
 
VVK kandidaat Abel Malan in lokval gelei.
 
Tydens ‘n media konferensie gehou deur die Stellenbosch universiteit het dit bekend geword dat Professor Anton van Niekerk sekuriteitswagte strategies geplaas het in die kantore rondom sy kantoor tydens mnr. Malan se besoek aan hom.
 
Dit het ook aan die lig gekom dat die deure na die gebou waar die ontmoeting plaasgevind het, gesluit is nadat Malan die gebou betree het.  Dit blyk dat van Niekerk ‘n sensasie soeker is, wat moontlik die motivering was vir sy Afrikaner haat artikel wat in onder andere Beeld verskyn het.
 
Daar bestaan ‘n sterk vermoede dat van Niekerk, Malan uitgelok het tydens hulle gesprek.  Na afloop van die insident is daar deur die regspan van mnr. Malan versoek om foto’s te neem van die toneel en van professor van Niekerk, om as bewysstukke te dien.  Die versoek is geweier wat groot vraagtekens laat.
 
Dit is voorts uiters vreemd dat twee advokate ingespan is om mnr. Malan se borgaansoek teen te staan.  Veral in die lig gesien dat by plaasmoord sake daar soms nie eers een advokaat teenwoordig is nie.  Die advokate se uitspraak, volgens die Burger koerant, dat die staat se regte belangriker is as ‘n burger se reg tot vryheid, laat rooi kommunistiese ligte flikker. 
 
Uit die bostaande inligting blyk dit daar ‘n ge-orkestreer poging is om die Boere-Afrikaner se vryheidseis te diskrediteer.  Hierdie laakbare optrede is ‘n laaste lafhartige poging om ‘n internasionale, wettige proses te stuit en sal beslis nie slaag nie.  Die misleiding wat hier plaasvind herinner sterk aan die de Klerk regering se “wigte en teenwigte” beloftes wat duidelik leuens was. 
 
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid Afrika



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal