Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Beraad oor kantonstelsel  (Read 1258 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Beraad oor kantonstelsel
« op: July 24, 2011, 11:08:40 PM »
Geagte vriende,

 

Soos u almal bewus is, is die inwoners van Suid Afrika sedert 1994  in ‘n konstante stryd met die owerhede gewikkel om hulle regte en bates te beskerm.

 

Soos u almal weet is waterregte al reeds genasionaliseer, minerale regte is genasionaliseer alhoewel die vorige eienaars nou vergoeding vir die ontneming van die regte kan eis.   Verder is die regering besig met ‘n proses van grond onteiening wat katastrofiese gevolge kan en gaan inhou.

 

In 2008 was daar ‘n Grond Onteienings wet op die tafel wat slegs deur ‘n gesamentlike poging van baie organisasies gestuit kon word. Tans is daar weer ‘n wet wat die regte van boere sterk aan bande kan lê.   Baie onlangs was daar die wet op die toegang tot inligting wat ook met sterk teenkanting tans beveg word.   Afgelope Vrydag was die amptelike sperdatum, alhoewel dit nou blykbaar vir twee weke uitgestel is,  om beswaar te maak teen die Wysigings wet op Eiendomsbelasting.

 

Die bostaande is ‘n bewys dat daar ‘n ewigdurende stryd teen die regering voorlê en met die publisering van die voorgestelde Wysisgingswet op Eiendoms belasting tesame met Malema se uitsptrake drie weke gelede, dat eiendomme net eenvoudig sonder vergoeding a la Zimbabwe styl beset gaan word,  het die NBU die inisiatief geneem om ‘n loods vergadering te belê om net die water te toets oor hoe verskillende organisasies voel oor die implementering van kantonne op die verskillende dorpe lanwyd.

 

Soos u almal weet propageer die NBU alreeds ‘n geruime tyd die vestiging van kantonne aangesien dit ‘n eeue oue beproefde manier is waarop verskillende groepe in een land in harmonie kan saam leef.  Verder sal dit eiendomsreg en regte van inwoners beter beskerm.

 

Art 31 (1)(b) van die  Grondwet spel die regte van kulturele, godsdiens en taalgemeenskappe baie duidelik uit.   Verder vereis art. 185 van die Grondwet die daarstelling van ‘n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgroepe.   Daar is ‘n wet in plek gestel om uitvoering aan art. 185 te gee maar is die Kommissie, sedert sy stigting,  ‘n totale en algehele mislukking.   Art.  235 van die Grondwet gaan egter verder en maak voorsiening vir die reg van selfbeskikking van enige gemeenskap, wat ‘n gemeenskaplike kulturele en taal band het, binne ‘n terretoriale gebied in die Republiek of op enige ander manier, soos bepaal deur nasionale wetgewing.

 

Om uitvoering aan die inisiatief te gee is daar drie weke gelede op ‘n vergadering besluit welke vergadering afgelope Saterdag, 23 Julie,  in Pretoria gehou is.

 

Die vergadering was onder die voorsitterskap van mnr. Ernie Fabel en is deur die volgende persone namens die onderskeie organisasie bygewoon:

-          Ernie Fabel                      -  Voormalige burgemeester van Johannesburg en lid van die Tussentydse Afrikaner Raad  - Voorsitter

-          Andries Breytenbach      -   Voorsitter van die Herstigte Nasionale Party en die Afrikaner Front

-          Botha Laubscher             -  Strategiese beplanner.  Voor aftrede werksaam by Clover

-          Dan (dr) en Karen Roodt-   Voorsitter van PRAAG

-          Elias Olivier                    -   Lid van die Burger Raad van Orania

-          Elke Kelder                      -   Lid van Aksie Vroue Krag  Ook waargeneem as sekretaresse   

-          Hercules Booysen (Prof)  -  Voormalige lektor  in Regte  Universiteit van Pretoria.  As gas.

-          Jaap Kelder                      -  Voorsitter -  NBU

-          Jan du Plessis (dr)            -  Politieke ontleder en uitgewer van die maandblad  “ Intersearch”

-          Johann Wingard (dr)       -  Voormalige voorsitter van die Volkstaat Raad

-          Lets Pretorius (dr)           -  Voorsitter  - Boere Vryheids Stigting

-          Pieter Vorster                  -  Voorsitter van die Afrikaner Bond

-          Werner Weber                -  Lid van die uitvoerende bestuur van die Vryheids Front+

 

Na uiters leersame, interessante maar tog ook skrikwekkende voorleggings soos geskets deur drs. Jan du Plessis en Johann Wingard is die vestiging van kantonne in dorpe bespreek.    Die voorleggings deur die twee persone het byna twee uur geduur waarna daar ‘n lewendige bespreking oor die implikasies was.   Alhoewel die vergadering tot 15.00h beplan was is dit uiteindelik eers om 17.00h verdaag.

 

By afloop van die vergadering is die volgende besluite aanvaar :

1.       Die vergadering gee erkenning aan die feit dat daar ‘n behoefte bestaan om derde vlak regering te verbeter en dat die bestaande strukture, soos die NBU, vir die doel oorweeg word.

2.       Die vergadering spreek hom uit ten gunste van die daarstelling van gemeenskaps gebaseerde belasting betalers verenigings vir die bevordering en beskerming van gemeenskaps belange op die derde vlak van regering.

 

Die doel van die aanvanklike beperkte aantal uitnodigings was om net die gevoel onder ‘n klein groepie mense te toets.   Die vergadering het besluit dat daar ‘n opvolg vergadering binne ‘n maand gehou moet word en dat soveel as moontlik organisasies en mense na die vergadering genooi moet  word om wyer konsensus te verkry en om oor ‘n pad vorentoe te besluit.   

 

Die datum vir die volgende vergadering is voorlopig vasgemaak vir die 26ste Augustus 2011.    Die vergader plek sal heelwaarskynlik weer in Pretoria wees  maar afhangende van waar die meeste belangstelling gaan wees kan die vergadering ook moontlik in Bloemontein gehou word om daarmee meer sentraal geleë te wees.

 

Ons wil derhalwe alle belangstellendes versoek om so gou moontlik aan te dui of u so ‘n vergadering wil bywoon sodat die regte keuse van ‘n plek vroegtydig gemaak kan word.

 

Indien u enige verdere inligting benodig is u welkom om ons te kontak.

 

Groete

 

Jaap Kelder

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #1 op: July 25, 2011, 09:34:16 PM »
Sou die staat (Bravoland) dit goed vind om enige bydraes in die verband te lewer ?
Miskien 'n afgevaardigde stuur om dit by te woon indien moontlik en nodig ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #2 op: July 26, 2011, 04:26:28 AM »
Saam met die Broederbond?

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #3 op: July 26, 2011, 10:49:50 PM »
Ek dink die vraag behoort te wees of Broederbond die organiseerder/s /byeenroeper/s van die beraad is of nie ; indien nie dink ek nie dit behoort 'n faktor te wees wat die besluit moet beinvloed om dit by te woon of nie .
Indien hulle wel die organiseerder is dink ek behoort ons dit nie by te woon nie .

Net my persoonlike mening . Dit blyk of die organiseerder NBU is ,

Ek gaan egter seker maak en Mnr. Kelder per epos kontak .

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #4 op: July 27, 2011, 11:24:11 AM »
Ek dink die vraag behoort te wees of Broederbond die organiseerder/s /byeenroeper/s van die beraad is of nie ; indien nie dink ek nie dit behoort 'n faktor te wees wat die besluit moet beinvloed om dit by te woon of nie .
Indien hulle wel die organiseerder is dink ek behoort ons dit nie by te woon nie .

Net my persoonlike mening . Dit blyk of die organiseerder NBU is ,

Ek gaan egter seker maak en Mnr. Kelder per epos kontak .

Kyk maar net wie die persone is wat betrokke is. Wat die NBU aanbetref, hulle kan nie volksvryheidsgesind wees nie want dit is 'n veelrassige organisasie.
 
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #5 op: July 27, 2011, 09:35:58 PM »
My skrywe aan Jaap Kelder en sy antwoorde in blou .

Naand Jaap , ek gaan dit kort hou vir eers . Kan u vir my uitklaar wie is die organiseerder/s van die beraad
Die NBU het die eerste beraad ge-inisieër . Die persone wat dit bygewoon het is volgens die lys op die e-pos.  Dr. Chris Landman van Afrial se naam was ongelukkig uitgelaat.
 en waar dit gehou gaan word in Pta
Heelwaarskynlik in die NG Kerksaal in Lynnwood
 (indien dit wel Pta is Dit lyk voorlopig so. ) en hoe laat begin dit ?  Heelwaarskynlik 9.00h

Dit sal ook intresant wees om te weet wie dit wel gaan bywoon .
Dit sal ons eers sien op die dag van die vergadering. Minstens seker die persone wat die eerste beraad bygewoon het.

Indien daar spesifieke besprekingspunte gaan wees sal ek dit ook waardeer as u my daarvan kan inlig .
Die bespreking sal wees oor die implementering van ‘n kantonstelsel in terme van art 235 van die Grondwet.


Dankie
Groetnis

Groete

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #6 op: August 13, 2011, 08:40:50 PM »
Geagte vriende,

 

Soos voorheen berig word die eerste openbare vergadering oor die kantonstelsel gehou op 3 September 2011.

 

Die Ou Raadzaal op Kerkplein is die vergader plek.   Die vergadering sal om 10.00h begin en sal om 17.00h eindig.

 

Parkering is beskikbaar in Schoeman straat aan die linkerkant 100m oos van Paul Kruger straat.  Dit is twee blokke van die Ou Raadzaal.

 

Vir diegene wat nie die vergadering persoonlik kan bywoon nie gaan daar gepoog word dat belangstellendes die vergadering op “ Skype “ kan volg.

 

Soos voorheen genoem kan diegene wat insette wil lewer maar nie die vergadering kan bywoon nie skriftelike voorleggings aan ons deurstuur welke voorleggings dan op die vergadering tertafel gelê sal word.

 

Diegene wat die vergadering wil bywoon moet asb. hulle name deurstuur sodat daar reëlings vir verversings en middag ete gemaak kan word.

 

Graag bevestig ons weereens die kostes:

-          Pretorianers        R 100

-          PWV inwoners    R  50

-          Alle ander          Gratis

 

Ons is van mening dat die vergadering ‘n geskiedkundige gebeurtenis kan wees en dalk die moeite werd sal wees om by te woon.

 

Groete

 

Jaap Kelder

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #7 op: August 14, 2011, 10:42:57 AM »
Ek dink die vraag behoort te wees of Broederbond die organiseerder/s /byeenroeper/s van die beraad is of nie ; indien nie dink ek nie dit behoort 'n faktor te wees wat die besluit moet beinvloed om dit by te woon of nie .
Indien hulle wel die organiseerder is dink ek behoort ons dit nie by te woon nie .

Net my persoonlike mening . Dit blyk of die organiseerder NBU is ,

Ek gaan egter seker maak en Mnr. Kelder per epos kontak .

Kyk maar net wie die persone is wat betrokke is. Wat die NBU aanbetref, hulle kan nie volksvryheidsgesind wees nie want dit is 'n veelrassige organisasie.

Pieter Vorster van die Afrikaner Bond en Lets Pretorius van die Boeremag het baie in gemeen. Vorster het deel gehad in die totstandkoming van die huidige SA en Pretorius loop vry buite rond na 'n mislukte gewapende opstand terwyl sy makkers al vir jare in die tronk sit. Net so 'n onnosel daad as die van Vorster. Maar kom ons vergeet die verlede die toekoms is nou die besprekingspunt. 

Ek dink nie daar moet 'n debat begin word rondom wie daar welkom is en wie nie. Van hierdie mense is volgens my uitstmuntend op hulle verskeie gebiede. Hierdie debat is van uiterste belang en ek gaan dit beslis met groot belangstelling dophou. 
« Laaste verandering : August 14, 2011, 10:45:29 AM deur Mike »

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #8 op: August 24, 2011, 02:38:03 PM »
Geagte vriende,

 

Die belangstelling in die vergadering neem by die dag toe.

 

Daar is slegs 150 sitplekke in die Ou Raadzaal beskikbaar.  Dit is dus die maksimum aantal mense wat daar teenwoordig sal kan wees.

 

Indien u van plan is om die vergadering by te woon moet ons asb. so gou moontlik in kennis stel.   Die name sal op ’n lys geplaas word op ‘n “ First come first serve “ basis.

 

Daar is geen plek vir addisionele stoele nie dus sal mense wat nie vroegtydig laat weet nie moontlik weggewys moet word.

 

Groete

 

Jaap Kelder

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #9 op: August 25, 2011, 09:01:18 PM »
En toe skuif hulle die vergadering na 'n saal in Verwoerdburg wat die persoon in die e-pos Centurion noem. Die verskoning wat aangebied word is dat die bespreking skielik gekanseleer is.

Op kantoor Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #10 op: August 26, 2011, 06:58:22 PM »
Waar is Centurion?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #11 op: August 26, 2011, 07:54:49 PM »
Bittereinder, ken jy nie jou landskaart nie? Dis daar naby Lepel-le^, nie ver van Moet-die-mol-nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #12 op: August 26, 2011, 09:09:03 PM »
Alwyn, jy bedoel seker PoePolekwane?

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #13 op: August 27, 2011, 09:10:52 AM »
Bittereinder, ken jy nie jou landskaart nie? Dis daar naby Lepel-le^, nie ver van Moet-die-mol-nie.

Landskaart moet eintlik "landkaart" sonder die "s" in die sin wees. ;D

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #14 op: September 05, 2011, 08:30:13 PM »
Ek het die volgende terugvoer oor die vergadering raak gelees:



Die vergadering wat Saterdag 3 September deur mnr. Jaap Kelder se NBU en PRAAG gereël is, het 'n kantonale oplossing vir Suid-Afrika bespreek, maar ook die gedagte van 'n strategiese toekomsplan vir die Afrikaner. Uiteindelik is twee komitees aangewys om albei prosesse voort te sit.
 
PRAAG het gesorg dat die vergadering direk op die internet uitgesaai word en ongeveer 55 mense het dit interaktief gevolg, benewens die 80 mense wat die fisieke vergadering in die Centurion- munisipale raadsaal gevolg het. PRAAG sal voortaan gereeld politieke en filosofiese webinare aanbied waaraan mense regoor die wêreld kan deelneem om sodoende 'n ideologiese en politieke basis aan die Afrikanervryheidstryd te verleen.
 
Organisasies en politieke partye waarvan verteenwoordigers die vergadering bygewoon het, is: Die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), PRAAG, die Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus, die African Christian Democratic Party en Boerevryheidstigting. Die voorsitter van die Afrikanerfront, mnr. Andries Breytenbach, wat 'n vorige vergadering bygewoon het, was afwesig.
 
Hoewel alle Afrikaanse organisasies nie teenwoordig was nie, het die vergadering op 'n sterk noot van onderlinge samewerking afgesluit. By die volgende geleentheid oor ongeveer 'n maand, sal daar gepoog word om elke moontlike Afrikaanse organisasie te betrek.
 
Die momentum na groter Afrikanereenheid wat Saterdag opgebou is, kom reeds vanaf die einde van die negentigerjare toe allerlei samesprekings tussen Afrikanerorganisasies plaasgevind het, onder andere in Mei 2000 te Hammanskraal toe die Groep van 63 gestig is. Vanaf 31 Mei 2003 het PRAAG deur middel van vergaderings in die Ou Raadzaal op Kerkplein verdere stimulus aan die proses verleen. Binne die FAK- en Solidariteitgroepering is die Afrikaanse Burgerlike Netwerk opgerig wat insgelyks gepoog het om Afrikaanse organisasies nouer saam te snoer.
 
Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op 'n Afrikanergrondslag uitsluit.
 
Intussen sal die verteenwoordigers op die strategiese toekomskomitee, waaronder mnr. Pierre Hough, dr. Dan Roodt en mnr. Werner Weber. Mnr. Botha Laubscher sal as die sameroeper optree.
 
Van die sprekers, soos mnr. Christo Kotze en dr. Johann Wingard, het die dringendheid van optrede om Afrikaners in een beweging saam te snoer, beklemtoon. Die vele bedreigings wat daar tans sigbaar en voelbaar is, soos radikale grondhervorming en nasionalisering, maak dit gebiedend noodsaaklik.
 
'n Volledige video-opname van die verdadering sal ook binnekort op YouTube beskikbaar wees.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #15 op: September 07, 2011, 08:57:44 AM »
"Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op 'n Afrikanergrondslag uitsluit."

So wat is nou eintlik die doel van die oefening? Net nog 'n inisiatief onder die Afrikaner vaandel om ons te weerhou van ons onafhanklikheid?

Die konsep = Broederbond = DA = Solidariteit = Naspers = NIE VIR MY NIE!

groetnis.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #16 op: September 07, 2011, 09:12:35 AM »
Volgens my is die kanton stelsel net daarop gemik dat elkeen tog sy ou aardse besittingtjies kan behou. Dit help niks as jy 'n kanton het wat omring word deur miljoene Afrikane wat jou nog steeds in jou huis kom vermoor nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 316
  • Verkenner
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #17 op: September 07, 2011, 09:47:05 AM »
"Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op 'n Afrikanergrondslag uitsluit."

So wat is nou eintlik die doel van die oefening? Net nog 'n inisiatief onder die Afrikaner vaandel om ons te weerhou van ons onafhanklikheid?

Die konsep = Broederbond = DA = Solidariteit = Naspers = NIE VIR MY NIE!

groetnis.

Nee kyk, laat daar nog mense in ons volk is wat so blind is, is absoluut skokkend. Nie een van bogemelde organisasies staan SLEGS vir die Afrikaner op nie. Inteendeel, van hulle se hoofdoelwit blyk te wees om die Afrikaner se ondergang finaal te bewerkstellig.

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #18 op: September 07, 2011, 12:04:29 PM »
Inteendeel, van hulle se hoofdoelwit blyk te wees om die Afrikaner se ondergang finaal te bewerkstellig.

Uiteindelik ! iemand met insig . Dit is ook dan hoekom ek gevra het of Bravoland dit d.m.v. 'n afgevaardigde gaan bywoon , dit is egter nou bietjie te laat aangesien die beraad die afgelope naweek plaasgevind het .

Strikvraag : sal hulle dit 
die Afrikaner se ondergang finaal te bewerkstellig.
    kan doen as ons weerstand bied ?
Beslis nie of altans nie so suksesvol soos hulle graag sou wou doen nie .
Dit is hoekom ek voorgestel het dat Bravoland dit deur 'n afgevaardigde moet bywoon , om weerstand te bied en om ons belange te beskerm teen enige besluite of mosies wat dit negatief mag beinvloed .
Watter belange mag dit nou wees ?
Ons belange na ons strewe vir soewereine onafhanklikheid en vryheid . Ons weet almal dat 'n kantonstelsel dít nie vir ons kan lewer nie en dat 'n kantonstelsel slegs skeinvryheid bied en nie eers onafhanklikheid nie . In 'n kantonstelsel is jy nog afhanklik van en onderhewig aan die NSA se wetgewing en regulering .

Ek het nie voorgestel om dit by te woon om tjommie-tjommie te wees met die Broederbond of om deel te wees van die NBU se multi-kulturele beleid nie . 

Die Afrikanerbond (destyds nog die Broederbond) was deur hulle invloed deels verantwoordelik vir ons politieke ondergang van 1994 en dit wat dit vooraf gegaan het ; m.a.w. hulle het twintig jaar terug die toekoms waarin ons vandag lewe beduiwel !
Wat verhoed hulle nou , twintig jaar later om weereens ons toekoms van môre te beduiwel ?!
Dit is vir my uiters vreemd dat hulle noú , net so voor die VVK verkiesing die weg van Art.235 wil ondersoek ; hulle het egter 15 jaar kans gehad om dit te doen , hoekom nou ?!
Toevallig ?
Nee , niks in die politiek is toevallig nie !
« Laaste verandering : September 07, 2011, 12:06:42 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Beraad oor kantonstelsel
« Antwoord #19 op: September 10, 2011, 04:32:08 PM »
Geagte vriende,

Soos u almal weet het die kantonstelsel beraad plaasgevind op 3 September in Centurion.

Die vergadering was deur ongeveer 50 mense bygewoon nadat meer as 80 skriftelik bevestig het dat hulle die beraad sou bywoon.   Aangesien ons voorsiening gemaak het vir mense wat dalk nie kennis gegee het van hulle voorneme om die beraad by te woon het dit natuurlik veroorsaak dat daar heeltemal te veel eetgerei gehuur was en ook dat daar heeltemal te veel kos voorberei was.

Die geleentheid was ook op rekenaar uitgesaai en ongeveer ‘n verdere 50 mense landwyd asook uit die buiteland het die verrigtinge gevolg.   Ongelukkig was die klank stelsel nie heeltemal na wense nie en het sommige mense moeite gehad om die verrigtinge te volg.   Dit was die eesrte keer dat so iets oor die internet aangebied was en was daar uiteraard ‘n paar tandekry probleme.   Ons hartlike dank egter aan Johan Rossouw wat die tegniese sy behartig het.

Die teenwoordiges het ‘n wye spektrum van die samelewing verteenwoordig en was daar verteenwoordigers van ‘n hele paar politieke partye, nie-politieke organisasies en ander indiwidue.

Die sprekers wat voorleggings gemaak het was drs. Christo Landman,  Johann Wingard en mnr. Christo Kotze.   Christo Kotze is tans in Amerika woonagtig en het sy voorlegging gegrond vanuit ‘n perspektief van ‘n buitelander.    Afskrifte van hulle voorleggings word aangeheg.   

Na die voorleggings is die saak deur verskeie aanwesiges bespreek en verskillende standpunte is deur verskillende persone ingeneem.    Die hele kwessie het egter ‘n lewendige debat ontlok. ‘n Afskrif van die amptelike notule sal binnekort aan almal versprei word.

Alhoewel die debat spesifiek gegaan het oor of ‘n kanton stelsel die antwoord is op selfbeskikking in terme van art 235 van die Grondwet was daar persone wat baie sterk gevoel het dat daar eers ‘n oorhoofse strategiese plan vir die huidige benadeeldes op die tafel moet wees voordat daar na ‘n kantonstelsel gekyk kan word.    Dit het sterk debat uitgelok soveel so dat gemoedere amper hoog begin loop het.   Beide die verdere ondersoeke na ‘n kanton stelsel asook ‘n oorhoofse strategie het sterk steun uit die gehoor gekry.   As kompromie is daar toe besluit dat daar twee voortsettings komitees gaan wees nl. een om spesifiek die kanton stelsel en die haalbaarheid daarvan verder te ondersoek en ‘n aparte komitee om ‘n  algehele oorhoofse strategie vir die toekoms te formuleer.

Die debat het so heftig geword dat die vergadering wat beplan was om 16.00h te eindig eers finaal om 17.30 tot ‘n einde gekom het.

 
Laastens is daar besluit dat daar ‘n onafhanklike ko-ordinerings komitee moet wees om die aksies vorentoe te neem.

Die persone wat bereid is om op die komitees te dien is die volgende :

 

          Strategie Komitee

- Dr. Pol Doussy

- Mnr. Pierre Hough

- Mnr. Botha Laubscher  -  Sameroeper

- Dr. Dan  Roodt

-  Mnr. Pieter Vorster

- Mnr. Werner Weber


Kanton stelsel komitee

-          Mnr. Johan Botha

-          Mnr. Abraham de Wet

-          Mnr. Jaap Kelder -  Sameroeper

-          Dr. Christo Landman

-          Mnr. Botha Laubscher

-          Mev. Elize Laubscher

-          Dr. Johann Wingard

 

Onafhanklike ko-ordinerings komitee
           
-          Mnr. Ernie Fabel

-          Mnr. Jaap Kelder

-          Mnr. Elias Olivier


Die sameroepers het nie gras onder hulle voete laat groei nie en is die eerste vergadering vir die Strategie komitee belê vir 22 September en 24 September vir die Kanton komitee.

Ons vertrou dat hierdie aksies miskien die begin van groter dinge kan word.

Ons onderneem om u almal deurlopend op hoogte te hou van verdere verwikkelinge.

Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal