Regtelike Sake > Departement van Grondsake
Beraad oor kantonstelsel
Sanderis:
Geagte vriende,
Soos u almal bewus is, is die inwoners van Suid Afrika sedert 1994 in ‘n konstante stryd met die owerhede gewikkel om hulle regte en bates te beskerm.
Soos u almal weet is waterregte al reeds genasionaliseer, minerale regte is genasionaliseer alhoewel die vorige eienaars nou vergoeding vir die ontneming van die regte kan eis. Verder is die regering besig met ‘n proses van grond onteiening wat katastrofiese gevolge kan en gaan inhou.
In 2008 was daar ‘n Grond Onteienings wet op die tafel wat slegs deur ‘n gesamentlike poging van baie organisasies gestuit kon word. Tans is daar weer ‘n wet wat die regte van boere sterk aan bande kan lê. Baie onlangs was daar die wet op die toegang tot inligting wat ook met sterk teenkanting tans beveg word. Afgelope Vrydag was die amptelike sperdatum, alhoewel dit nou blykbaar vir twee weke uitgestel is, om beswaar te maak teen die Wysigings wet op Eiendomsbelasting.
Die bostaande is ‘n bewys dat daar ‘n ewigdurende stryd teen die regering voorlê en met die publisering van die voorgestelde Wysisgingswet op Eiendoms belasting tesame met Malema se uitsptrake drie weke gelede, dat eiendomme net eenvoudig sonder vergoeding a la Zimbabwe styl beset gaan word, het die NBU die inisiatief geneem om ‘n loods vergadering te belê om net die water te toets oor hoe verskillende organisasies voel oor die implementering van kantonne op die verskillende dorpe lanwyd.
Soos u almal weet propageer die NBU alreeds ‘n geruime tyd die vestiging van kantonne aangesien dit ‘n eeue oue beproefde manier is waarop verskillende groepe in een land in harmonie kan saam leef. Verder sal dit eiendomsreg en regte van inwoners beter beskerm.
Art 31 (1)(b) van die Grondwet spel die regte van kulturele, godsdiens en taalgemeenskappe baie duidelik uit. Verder vereis art. 185 van die Grondwet die daarstelling van ‘n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgroepe. Daar is ‘n wet in plek gestel om uitvoering aan art. 185 te gee maar is die Kommissie, sedert sy stigting, ‘n totale en algehele mislukking. Art. 235 van die Grondwet gaan egter verder en maak voorsiening vir die reg van selfbeskikking van enige gemeenskap, wat ‘n gemeenskaplike kulturele en taal band het, binne ‘n terretoriale gebied in die Republiek of op enige ander manier, soos bepaal deur nasionale wetgewing.
Om uitvoering aan die inisiatief te gee is daar drie weke gelede op ‘n vergadering besluit welke vergadering afgelope Saterdag, 23 Julie, in Pretoria gehou is.
Die vergadering was onder die voorsitterskap van mnr. Ernie Fabel en is deur die volgende persone namens die onderskeie organisasie bygewoon:
- Ernie Fabel - Voormalige burgemeester van Johannesburg en lid van die Tussentydse Afrikaner Raad - Voorsitter
- Andries Breytenbach - Voorsitter van die Herstigte Nasionale Party en die Afrikaner Front
- Botha Laubscher - Strategiese beplanner. Voor aftrede werksaam by Clover
- Dan (dr) en Karen Roodt- Voorsitter van PRAAG
- Elias Olivier - Lid van die Burger Raad van Orania
- Elke Kelder - Lid van Aksie Vroue Krag Ook waargeneem as sekretaresse
- Hercules Booysen (Prof) - Voormalige lektor in Regte Universiteit van Pretoria. As gas.
- Jaap Kelder - Voorsitter - NBU
- Jan du Plessis (dr) - Politieke ontleder en uitgewer van die maandblad “ Intersearch”
- Johann Wingard (dr) - Voormalige voorsitter van die Volkstaat Raad
- Lets Pretorius (dr) - Voorsitter - Boere Vryheids Stigting
- Pieter Vorster - Voorsitter van die Afrikaner Bond
- Werner Weber - Lid van die uitvoerende bestuur van die Vryheids Front+
Na uiters leersame, interessante maar tog ook skrikwekkende voorleggings soos geskets deur drs. Jan du Plessis en Johann Wingard is die vestiging van kantonne in dorpe bespreek. Die voorleggings deur die twee persone het byna twee uur geduur waarna daar ‘n lewendige bespreking oor die implikasies was. Alhoewel die vergadering tot 15.00h beplan was is dit uiteindelik eers om 17.00h verdaag.
By afloop van die vergadering is die volgende besluite aanvaar :
1. Die vergadering gee erkenning aan die feit dat daar ‘n behoefte bestaan om derde vlak regering te verbeter en dat die bestaande strukture, soos die NBU, vir die doel oorweeg word.
2. Die vergadering spreek hom uit ten gunste van die daarstelling van gemeenskaps gebaseerde belasting betalers verenigings vir die bevordering en beskerming van gemeenskaps belange op die derde vlak van regering.
Die doel van die aanvanklike beperkte aantal uitnodigings was om net die gevoel onder ‘n klein groepie mense te toets. Die vergadering het besluit dat daar ‘n opvolg vergadering binne ‘n maand gehou moet word en dat soveel as moontlik organisasies en mense na die vergadering genooi moet word om wyer konsensus te verkry en om oor ‘n pad vorentoe te besluit.
Die datum vir die volgende vergadering is voorlopig vasgemaak vir die 26ste Augustus 2011. Die vergader plek sal heelwaarskynlik weer in Pretoria wees maar afhangende van waar die meeste belangstelling gaan wees kan die vergadering ook moontlik in Bloemontein gehou word om daarmee meer sentraal geleë te wees.
Ons wil derhalwe alle belangstellendes versoek om so gou moontlik aan te dui of u so ‘n vergadering wil bywoon sodat die regte keuse van ‘n plek vroegtydig gemaak kan word.
Indien u enige verdere inligting benodig is u welkom om ons te kontak.
Groete
Jaap Kelder
Sanderis:
Sou die staat (Bravoland) dit goed vind om enige bydraes in die verband te lewer ?
Miskien 'n afgevaardigde stuur om dit by te woon indien moontlik en nodig ?
Ben Geldenhuys:
Saam met die Broederbond?
Sanderis:
Ek dink die vraag behoort te wees of Broederbond die organiseerder/s /byeenroeper/s van die beraad is of nie ; indien nie dink ek nie dit behoort 'n faktor te wees wat die besluit moet beinvloed om dit by te woon of nie .
Indien hulle wel die organiseerder is dink ek behoort ons dit nie by te woon nie .
Net my persoonlike mening . Dit blyk of die organiseerder NBU is ,
Ek gaan egter seker maak en Mnr. Kelder per epos kontak .
André Strydom:
--- Aanhaling van: Sanderis op July 26, 2011, 10:49:50 PM ---Ek dink die vraag behoort te wees of Broederbond die organiseerder/s /byeenroeper/s van die beraad is of nie ; indien nie dink ek nie dit behoort 'n faktor te wees wat die besluit moet beinvloed om dit by te woon of nie .
Indien hulle wel die organiseerder is dink ek behoort ons dit nie by te woon nie .
Net my persoonlike mening . Dit blyk of die organiseerder NBU is ,
Ek gaan egter seker maak en Mnr. Kelder per epos kontak .
--- End quote ---
Kyk maar net wie die persone is wat betrokke is. Wat die NBU aanbetref, hulle kan nie volksvryheidsgesind wees nie want dit is 'n veelrassige organisasie.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version