Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Quo vadis, Radio Pretoria?  (Read 10143 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Quo vadis, Radio Pretoria?
« op: July 31, 2011, 07:42:56 AM »
Jan-Jan Joubert
Die voormalige parlementslid mnr. Willie Spies neem vir die volgende drie maande waar as tussentydse uitvoerende hoof van Radio Pretoria.

Hy het die VF+ van 2004 tot 2009 in die parlement verteenwoordig, maar uitgetree nadat dr. Pieter Mulder, VF+-leier, ingestem het om in die ANC-kabinet te dien.

Spies behoort nie nou tot geen politieke party nie en het sy prokureurspraktyk in Pretoria hervat.

Hy sal sy prokureurswerk voortsit terwyl hy sy nuwe taak by Radio Pretoria vervul.

“My belangrikste doelwit is om ’n groei- en ontwikkelingstrategie te vestig sodat Radio Pretoria die volhoubare vlagskip van onafhanklike Afrikaanse radiostasies sal wees,” sê Spies, wat ’n MBA-graad het.

Sy strategie is onder meer om met drie belangegroepe oorleg te pleeg: luisteraars en potensiële luisteraars van die stasie, die personeel van ­Radio Pretoria en die stasie se adverteerders.

Vir baie Suid-Afrikaners is die naam Radio Pretoria sinoniem met verregse protespolitiek.
Hoe voel Spies daaroor?

“Radio Pretoria is ’n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie. ’n Gemeenskap is ’n gemeenskap; dis nie links of regs nie. Om te slaag moet die stasie spreek tot die volle spektrum van die Afrikaanse gemeenskapslewe,” sê hy.

“Die tersaaklike uitsaaiwetgewing verhinder ’n radiostasie in elk geval om ’n politieke standpunt te dryf.”

Spies wil meer Afrikaanse musiek op Radio Pretoria laat speel.

“Die afgelope 15 jaar was daar ’n opbloei in goeie Afrikaanse musiek en Radio Pretoria is baie goed geplaas om as platform hiervoor te dien,” sê hy.

Hy sal die sukses van sy rol by die radiostasie meet aan sy vermoë om dit te vestig as ’n volhoubare stasie waarmee enige Afrikaner in die luistergebied kan identifiseer.


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Willie-Spies-nou-by-Radio-Pretoria-20110730

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #1 op: July 31, 2011, 04:35:23 PM »
Hoekom flikker daar so baie rooi ligte?  :-\
Moed Vryheid Eer

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #2 op: July 31, 2011, 06:52:05 PM »
Is dit dan net jy wat dit raaksien KB?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #3 op: July 31, 2011, 08:30:54 PM »
Die res van ons is nog in skok...

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #4 op: July 31, 2011, 10:07:56 PM »
Ek sal graag wil hoor wat sy definisie van die 'breë spektrum van die Afrikaanse gemeenskapslewe' is... Sluit dit die kleurlinge in? Die stelling is nie na my mening volksgebonde nie, dit maak my effens naar.
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #5 op: July 31, 2011, 10:42:05 PM »
Vraag: Is hierdie nie deel van Solidariteit se strategie om 'n openbare uitsaaivermoë te bekom nie?

Verder sien ek die berig lees onder andere: "Spies behoort nie nou tot geen politieke party nie ..."????? Kan iemand dit vir my verduidelik of is dit maar in politieke taal geskryf?

Afrikaanse vs Afrikaner?

Wat hy dalk nie verstaan nie is dat hy aan 'n direksie verslag moet doen. Die direksie word deur die lede verkies en doen op hul beurt verslag aan die lede.
 

 

Ons Sal!!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #6 op: August 01, 2011, 05:05:51 AM »
Direksie ?
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #7 op: August 01, 2011, 06:35:44 AM »
Ek is van plan om 'n afspraak te maak om die man te gaan sien. Ek sal graag julle vrae aan die man wil gaan vra en versoek dat julle daardie vrae hier plaas.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #8 op: August 01, 2011, 07:37:09 AM »
Is dit dan net jy wat dit raaksien KB?

Oom Sakkie? Ek verstaan nie wat Oom met die vraag bedoel nie.

Dankie, Ben.

Moed Vryheid Eer

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #9 op: August 01, 2011, 08:32:54 AM »
Volksmikrofoon is al vir 'n wyle Solidariteitmikrofoon. Dit lyk vir my of die res van die stasie ook hierdie pad gaan loop. Willie het nie verniet by die groep ingeskakel na hy by die VF weg is nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #10 op: August 01, 2011, 12:49:55 PM »
Hierdie was 'n ruk terug deur hom op die Orania gespreksgroep geplaas. Dit is 'n lang stuk maar let veral op na punte 2 en 3 amper onderaan wat sy toekomsvisie soos hy dit noem uitstippel. Stem dit met die visie en misie van Radio Pretoria ooreen? Indien wel, waneer het RPTA se visie en misie verander?


Beste Oom Willem en ander vriende,
 
Hierdie is ‘n interessante debat en ook een wat die afgelope twintig jaar (ek kan nie dink dat dit al so lank is nie) deurlopend gevoer is. Twintig jaar gelede (1990) was ek ‘n eerstejaar in Sonop-koshuis saam met Manie van Heerden (oom Willem se seun) en Johan Pretorius (Lets se seun). Wynand Boshoff (prof Carel se seun) en Frans de Klerk was tweedejaars. Maar voordat julle dink Sonop was enigsins volkstaatgesind of regs – die res van die ouens daar was meestal FW-manne.
 
Ons het aande om debatte gevoer oor presies dit waaroor Oom Willem hieronder skryf. Die interessante van daardie debatte was dat Manie en Johan (met dieselfde oortuiging as Oom nou) geargumenteer het dat die Noordkaap nooit ‘n volkstaat sou wees nie. Wynand en Frans (en so tussendeur ekself ook) het weer deurlopend geargumenteer waarom Pretoria en die Hoëveld nooit ‘n volkstaat sou word nie.
 
Ons is nou twintig jaar verder en, ironies genoeg moes ons leer dat albei kampe op manier ‘n reg was oor wat nie sou gebeur nie – die Noordkaap het nie ‘n volkstaat geword nie en so ook nie die Hoëveld nie.
 
Die probleem is net dat, alhoewel albei kampe op ‘n manier reg was in hulle argumente (teen die opponerende kamp), is albei kampe vandag verder weg van waar ons Afrikaners graag vandag sou wou sien. Voorts was albei kampe ook verkeerd in hulle vooruitskatting van die haalbaarheid van hulle onderskeie toekomsbeelde. Ek vermoed dit is waarteen Leendert van Oostrum probeer waarsku het in sy vroeëre reaksie waarin hy tereg noem dat ons onsself tot so ‘n mate by ‘n nul-posisie bevind dat enige opsie wat deur enige Afrikaner ondersoek word, potensieel die antwoord kan wees en dat ons eenvoudig nie nou in ‘n posisie is om al keuses tussen die opsies te maak of dit finaal af te skiet nie.
 
‘n Tweede werklikheid is ook dat die uurglas nou selfs vinniger uitloop as wat 20 jaar gelede die geval was.
 
Ek kom die afgelope tyd baie diep onder die indruk dat Afrikaners vorentoe slegs opsies oorhet waar die historiese aansprake op grond deur Swart Suid-Afrikaners minder sterk is en Afrikaans algemeen en wyer gepraat word as net in Afrikanerhuise (soos in die Noord- en die Weskaap) of waar Afrikaners reeds in ‘n stedelike verband gekonsentreerd bymekaar woon om polities relevant te kan wees (soos in die Moot, Pretoria-Oos en Centurion). Albei hierdie areas (al het dit 20 jaar gelede teenoorgestelde toekoms-visies van vryheidsgesindes verteenwoordig) gaan na my mening vorentoe ‘n rol speel indien Afrikaners ‘n staanplek in Suid-Afrika moet vind.
 
‘n Paar noodsaaklike bestanddele (myns insiens) wat ek as stuiwers in die beurs gooi is:
 
1.       Ons moet organiseer en burgerlike instellings oprig teen ‘n geweldige spoed, dit help nie dat mense net ‘n klomp vryswewende enkelinge bly (ongeag waar) nie. Ons moet laer trek in instellings soos AfriForum, Solidariteit, belastingbetalersverenigings en kultuuraksies;
2.       Ons moet in vennootskap met ander werk – veral in die Noord- en Weskaap waar Bruin Afrikaansprekendes logiese vennote is;
3.       Vir rasse-eksklusiwiteit is daar nie plek in enige toekomsplan wat ‘n kans op sukses wil hê nie;
4.       Ons moet rondom Afrikaanse kultuur, ‘n Christelike waardestelsel en republikeinse idealisme weer ‘n politieke rolspeler word;
5.       Totale onafhanklikheid of isolasie van ‘n aard is nie ‘n realistiese doelwit nie maar wel om ‘n sterk en selfstandige Afrikanergemeenskap in federale of konfederale verband met die res van Suid-Afrika te laat ontwikkel;
6.       Soos wat Afrikaners vandag anders lyk en optree as 100 jaar gelede, in 1910, kan ons aanvaar dat die Afrikaner van 2110 anders gaan lyk en optree as Afrikaners vandag.
 
Tot sovêr my toekomsdrome, dankie vir die interessante gesprek.
 
Willie Spies
Hurter Spies Ingelyf
Apartheid is Liefde

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #11 op: August 01, 2011, 01:08:39 PM »
Mmmm. Ek ruik lankal 'n rot ...

Soos hulle in slegte plat latyn sê: I knows troubles when I sees troubles!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #12 op: August 01, 2011, 01:30:16 PM »
3.       Vir rasse-eksklusiwiteit is daar nie plek in enige toekomsplan wat ‘n kans op sukses wil hê nie;


Wat is daardie bekende woord wat ou Zack altyd op Orkney Snork NIe geseg het:

"Ne?!"  ;)

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #13 op: August 01, 2011, 04:11:14 PM »
Vriende,

Ek ken Willie Spies al vir baie jare en kan eerlik waar nie in sy integriteit twyfel nie.

Verder moet sy skrywe, soos hierbo aangehaal, ook gesien word in die konteks van `n insetsel op `n gespreksforum wat veral fokus op die Selfbeskikkings- of Volkstaatgedagte.

Ek het Willie nog nooit as vyandig teenoor daardie gedagte beleef nie, maar wel as iemand wat realistiese probleme wat moontlik in die pad kan staan uitwys.

Wat sy tydelike pos by Radio Pretoria betref kan ek aan min mense dink wat sy administratiewe vermoëns het. Ek is baie jammer dat Oom Clem weg is. Ons het lekker saamgewerk en ek dink met `n glimlag terug aan al die Vasbyt-aande in die ateljee. Maar dit is nou sekerlik net billik om Willie `n kans te gee voor hy kruisig word met slegs een dag in die pos.

Willie is ook iemand wat oop is vir debat en gesprekvoering. As daar kommer ontstaan, of dalk reeds is, tree met hom gesprek.

En laastens, kom ons kyk eers wat gebeur en kritiseer dan - indien nodig.

Groete,

James Kemp

NS. Alwyn, ek kan jou dalk maar voorlopig gelukwens met jou verkiesing tot staatshoof. Ek vermoed die skrywe het my kanse heeltemal gesink.  ;)

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #14 op: August 01, 2011, 04:26:30 PM »

NS. Alwyn, ek kan jou dalk maar voorlopig gelukwens met jou verkiesing tot staatshoof. Ek vermoed die skrywe het my kanse heeltemal gesink.  ;)

James, ek moet nog my beskikbaarheid vir die pos oorweeg. Ek hoop die Bravolanders steun die jonger bloed.

Wat my bekommer van Willie, is nie noodwendig die persoon nie, maar die manier waarop hy in die pos te lande gekom het. Die Solidariteitsgroep dink dat vryheid nie haalbaar is nie. Hulle het hulle nog nooit duidelik ten gunste van vryheid uitgespreek nie. Ek en vele ander Radio Pretoria luisteraars is bekomerd dat hierdie 'n kapingspoging van Solidariteit en sy bende is.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #15 op: August 01, 2011, 05:07:29 PM »


Ek het Willie nog nooit as vyandig teenoor daardie gedagte beleef nie, maar wel as iemand wat realistiese probleme wat moontlik in die pad kan staan uitwys.


James,

Dit is vir my hartseer dog veelseggend dat jy sê Willie is nie vyandig teenoor die gedagte van vryheid nie. Talle mense is nie vyandig teenoor die gedagte nie, maar streef dit glad nie na nie. Nie almal wil vry wees nie en ons wat wel wil wees, moet diesulkes respekteer vir hul tevredenheid met gevangeskap. Kan Willie in dieselfde kategorie geplaas word?

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #16 op: August 01, 2011, 05:35:42 PM »
Alwyn, ek gaan jou wraggies nie toelaat om terug te staan nie. Ek sal `n amptelike versoek aan SP rig om dit te keer.  ;)

Dan wil ek graag `n staaltjie met jou deel. `n Tyd gelede het `n oom sy 'bekommernis' met my gedeel oor 'die HNP wat Radio Pretoria gekaap het.' Hy was vas oortuig dat die hele direksie en al die personeel deur die HNP beheer word.

`n Rukkie daarna het `n ander persoon weer by my gekla dat Volksmikrofoon deur die DA gekaap was en dat die joernaliste DA-gesindes was.

Ek kan bevestig dat beide die persone verkeerd was. Radio Pretoria het nog altyd, en staan steeds, onafhanklik van enige organisasie. Volksmikrofoon saai nuuswaardighede uit wat hul luisteraars raak en sal sekerlik aanhou om so te maak.

Ek is vas oortuig dat alle nuuswaardige aksies deur die Verkenners en Afrikanerfront net soveel nuusdekking sal geniet as bv. Solidariteit.

Bittereinder,

Ek kan nie namens Willie antwoord nie. Wat ek wel kan sê is dat hy nog altyd eerder teen as vir die regering geveg het.

Dit is dalk een van die punte wat tydens `n gesprek met hom aangeraak kan word.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #17 op: August 02, 2011, 05:15:16 PM »
Vanmore was daar 'n onderhoud gevoer met Mnr. Spies op Radio Pretoria. Mens sou verwag dat hierdie onderhoud sou handel oor Radio Pretoria en wat hy beplan om daar te doen. 'n Soort van bekenstelling van die nuwe "baas" van die draadloos aan die luisteraars.

Maar nee. Die onderhou gaan toe oor Afriforum en Mnr. Spies praat toe namens Afriforum. Mens kan dit seker verstaan, met die koue wat daar onlangs was het al die mense wat by Afriforum werk seker laringitis en was Mnr. Spies die enigste persoon wat oor hierdie belagrike onderwerp wat nie kan wag nie namens Afriforum kon praat.

Wat was die onderwerp nou weer?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #18 op: August 02, 2011, 05:34:02 PM »
Radio Pretoria was en is die mondstuk vir Boere-Afrikaners met 'n vryheidstrewe na soewereiniteit. Dit is hoe dit sal bly al moet ons weer loopgrawe grawe. Dit is beslis nie die mondstuk vir die "Afrikaanses" nie. Ons weet waar Solidariteit en Afriforum staan met betrekking tot soewereine vryheid. Vir die wat nie weet, gaan vra vir Flip Buys dat hy dit verduidelik. 
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #19 op: August 02, 2011, 07:20:55 PM »
KB, toe ek gevra het of dit net jy is wat die rooi ligte raaksien, moes jy dit eintlik as n kompliment bekou het.

Dit was ook deels uit frustrasie aangesien hierdie stryd baie wyer loop as wat dit op die oog af lyk, en aangesien mens soms baie alleen voel indien jy daardie selfde stryd op n ander front, en sonder ondersteuning moet aanpak.

Ons Vryheidsideale word gyselaar gehou deur diegene wat gewetenloos finansiele voordeel trek uit die benarde situasie waarin hierdie Volk hom bevind.

Daar is meer as een front, maar mens wil nie vuil wasgoed was op hierdie forum nie. Meer kan ek dus nie se nie, maar daar is ander Bravolanders wat presies weet wat ek bedoel.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal