Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Quo vadis, Radio Pretoria?  (Read 10143 times)

0 Lede en 5 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #220 op: February 05, 2012, 08:17:44 PM »
Alwyn, daar is mos nou meer as een regsgeleerde direkteur..... Die oud regter Smit is ook nog daar en hy het nogal sy smoel vol gehad oor die finansies  - en ek wonder wat die vent nou gorrel oor die geldsake......
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #221 op: February 06, 2012, 12:43:43 PM »
Dit was altyd die gebruik dat minstens twee persone die webblad se nuwe invoegings deur werk om seker te maak dat die insetsel taalkundig korrek is.

Nou sien ek die Woord en Klank Winkel se naam het verander na Klank en Woord - dit is ou Marnitz se uitdrukking want hy is duidelik nie opgewasse om die winkeltjie se naam te memoriseer nie.

Die groter blaps op die webblad is op die personeelfoto's waar Argivaris vir die spul nie goed genoeg is nie - toe spel hulle dit maar eerder 'ARGIFARUS"

Sies Spies !!
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #222 op: February 06, 2012, 02:44:13 PM »
Ek sien daar is 'n vryskudomroeper ook!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #223 op: February 08, 2012, 04:26:41 AM »
Ek sien daar is 'n vryskudomroeper ook!

SP daar is twee - Frans (Ingenieur van beroep) is etlike jare reeds betrokke en is nie omstrede nie, so ook Jan wat so twee jaar betrokke is - Jan is 'n predikant

Nuutste: Hulle het agter gekom hulle geldjies raak op, nou het hulle nie n keuse nie - gaan weer Vasbyt hou.
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #224 op: February 08, 2012, 11:23:04 AM »

Aanhaling
SP daar is twee
Oom Clem, volgens die webblad is een 'n vryskutomroeper en die ander 'n vryskudomroeper. Ek is te bang om te vra wat laasgenoemde se posbeskrywing is.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #225 op: February 08, 2012, 11:54:22 AM »

Aanhaling
SP daar is twee
Oom Clem, volgens die webblad is een 'n vryskutomroeper en die ander 'n vryskudomroeper. Ek is te bang om te vra wat laasgenoemde se posbeskrywing is.

:D  Seker maar vry om te skud , hy moet net wegbly van Bravoland se fondasies . ;)

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #226 op: February 08, 2012, 01:53:14 PM »
Nee, vir my klink dit of hy vry is om die luisteraars se sakke te skud! Iets soos 'n Vasbyt-omroeper of 'n ding.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #227 op: February 08, 2012, 11:51:12 PM »
Nou wonder ek...gaan ek nog terugvoer kry op my aansoek om lid van die radio te word? Spies het mos so stekie gegee in die rigting van dat daar in Januarie 2012 na die aansoeke gekyk sal word. Kan jy nou meer, dis reeds 8 Februarie! Nee kyk, sekere Radio PTA spioene kom loer beslis in hier by Bravoland...

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #228 op: February 09, 2012, 04:38:38 AM »
Hulle kyk gereeld wat gaande is, wetende dat Bravoland korrekte inligting verskaf, al is dit dikwels in die vorm van kritiek!

Ek dink dit is raak gevat: Iemand gaan die luisteraars se sakke skud - want hulle wil die herleistasies "opgradeer"

Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #229 op: February 09, 2012, 08:40:43 AM »
Bittereinder, ek het 'n e-pos aan Willie gestuur oor die aangeleentheid aan die einde van die maand. Die direksie is blykbaar nog besig om aan 'n nuwe struktuur vir die hantering van aansoeke te werk.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #230 op: February 09, 2012, 10:40:25 AM »
Ek het ook voor die vorige verkiesing van die direksie aansoek gedoen in 'n poging om die aanslag af te weer, maar soos al die regses se aansoeke is myne ook nie gehanteer nie. Wonder wat gaan nou gebeur. As hulle my nou laat weet my aansoek is goedgekeur, sal ek hulle saaklik inlig dat ek nie meer belang stel nie en verkies om nie met hulle geassosieer te word nie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #231 op: February 09, 2012, 10:58:18 AM »
Oom Adri, ek het al hard oor hierdie saak gedink. Miskien moet ons wel aanvaar om 'n stem op die jaarvergadering te he. As daar genoeg van ons is, kan ons darem behoudendes op die direksie verkies. Dis nou as daar iemand bereid is om sy siel te versondig.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #232 op: February 09, 2012, 12:25:52 PM »
Maar die groot grap is dat ek vir die Radio n e-pos stuur en hulle daarop wys dat hulle Argivaris verkeerd spel

Hulle het dit geskryf: argifarus

Nou het hulle dit kamtig reggestel met : argivarus

Miskien is hulle oppad om die draadloos te laat rus - of word dit Russies?
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #233 op: February 10, 2012, 06:53:17 AM »
Die belangrikste spreker oor Zuma se rede is Soli en die DA - aag Jaaa !!!
Kennis is mag

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #234 op: February 10, 2012, 07:14:26 AM »
En die VF Plus en TLU SA...

Is daar geen kommentaar oor Maandag se onderhoud met Paul Kruger nie?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #235 op: February 10, 2012, 08:22:23 AM »
Ek moet bieg, James. Ek het dit gemis. Het vanoggend net die stertkant van oom Bennie se onderhoud gehoor.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #236 op: February 10, 2012, 09:06:45 AM »
Dankie vir die onderhoud wat jy gereel het met Paul Maandagoggend.

Reel volgende keer net dat jy die onderhoud doen. Blou oog seun Marnitz het nie 'n idee gehad wat om te vra vir Paul nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #237 op: February 13, 2012, 07:48:34 PM »
Nouja, ek het gedink die Radio het opgradering gedoen te Kleinfontein, en nou is hulle sommer ure van die lug af.....

Nou gaan hulle Vasbyt hou om ander senders ook so te hanteer tot niemand meer iets kan hoor nie.....  of hoe nou?
Kennis is mag

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #238 op: February 14, 2012, 06:30:22 AM »
Oom Clem, dit lyk vir my die stasie oorheers omtrent jou lewe. Ek onthou `n vorige pos waar jy gesê het dat jy klaar geluister is. Tog plaas jy letterlik honderde kommentare oor die stasie. Jy kom eintlik obsessief oor. Ten minste dra jy mooi by tot Radio Pretoria se luistergetalle  :)

Op `n meer ernstige noot kan ek nie aktief by die forum betrokke wees terwyl daar `n berekende aanslag teen die stasie is nie. Ek sal steeds help met die reëlings van die komende fees maar onttrek op alle ander terreine.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Quo vadis, Radio Pretoria?
« Antwoord #239 op: February 14, 2012, 07:43:54 AM »
Oom Clem, dit lyk vir my die stasie oorheers omtrent jou lewe. Ek onthou `n vorige pos waar jy gesê het dat jy klaar geluister is. Tog plaas jy letterlik honderde kommentare oor die stasie. Jy kom eintlik obsessief oor. Ten minste dra jy mooi by tot Radio Pretoria se luistergetalle  :)

Op `n meer ernstige noot kan ek nie aktief by die forum betrokke wees terwyl daar `n berekende aanslag teen die stasie is nie. Ek sal steeds help met die reëlings van die komende fees maar onttrek op alle ander terreine.

James,

Ek stem gedeeltelik met jou saam. Ekself luister glad nie meer na Radio PTA nie, ek het vroëer in hierdie draad gesê dat ek nie meer gaan luister nie. Daarom dat ek nie enige kommentaar kan lewer oor wat uitgesaai, of nie uitgesaai word nie.

Jy weet, ek verkies om my woorde met dade op te volg. Dit maak nie veel aan my saak of almal dan kwaad is vir my nie, ek hoef net rustigheid in my hart te hê oor 'n saak. Of jy dit wil erken(en dis jou reg om te swyg)of nie, die stasie het beslis 'n rigting verandering gewys die afgelope paar maande. Ek het dit bitter vinnig agter gekom en toe my besluit geneem. En of jy nou met my saamstem of nie is nie vir my van belang nie. Maar dit voel tog of jou reaksie op hierdie hele aangeleentheid effens oordrewe is. Jy is 'n lid van Bravoland se Volksraad en solank jy daardie pos beklee het jy ook 'n plig teenoor die Republiek van Bravoland.

Oom Clem het 'n jarelange verbintenis met die stasie gehad, hy was immers op die direksie van die draadloos gewees. Ek dink dat dit vir enige persoon wat 'n lang pad gestap het met iets of iemand, moeilik moet wees om sommer net te laat gaan. Alles wat op Bravoland gesê word, is in elk geval elkeen se eie opinie en reg om te sê. Dus verstaan ek nie lekker as jy sê dat daar 'n berekende aanslag op die stasie is en vir daardie rede jouself van alles buiten die Kunstefees onttrek nie. Sekere dinge krap ook maar soms aan my, maar Bravoland se voortbestaan is belangrik, dit dien as 'n spreekbuis vir ware vryheidsgesinde mense. Jy is self seker ook 'n persoon wat vryheid nastreef?

Maar goed, elkeen is geregtig op sy mening, en as jy voel dat Bravoland nie vir dieselfde dinge staan as waarvoor jy staan nie, moet jy jou hart volg en doen wat vir jou reg voel. As ek kyk na kommentare wat jy gelewer het op ander drade, en dat jy dit nou nie meer gaan doen nie, is dit hartseer dat Bravoland jou insette gaan verloor. En vir my persoonlik meer hartseer dat ons nie in die toekoms konstruktiewe argumente sal voer op hierdie forum nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal