Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Markte in chaos  (Read 405 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Markte in chaos
« op: August 08, 2011, 10:30:12 AM »
Wêreld se markte sidder
2011-08-07 22:53


Kaapstad. – Die waarde van pensioenfondse, effektetrusts en aandeleportefeuljes wêreldwyd is in gedrang nadat Amerika oor sy staatskuld afgegradeer is.

Die historiese besluit van die kredietgraderingsagentskap­ Stan­dard & Poor’s (S&P) om die eerste keer sedert 1941 Amerika oor sy staatskuld af te gradeer, het wêreldmarkte gister laat bewe.

Die afgradering wakker nuwe vrese oor nog ’n resessie in Amerika en kommer oor die skuldkrisis in Europa aan.

Dit kan die insinking op die aandelemarkte – wat verlede week reeds $2500 miljard se waarde verloor het – verdiep.

Die finansministers en hoofde van die sentrale banke van die groot sewe nywerheidslande sou vroeg vanoggend vergader het om die jongste krisis te bespreek.

Ontleders verwag daar sal vandag heelwat irrasionele depressie op die aandeelmarkte heers.

“Ons het ’n tekort aan politieke leierskap,” het mnr. Justin Stewart van Seven Investment Management in Londen gesê.

Die Europese Sentrale Bank sou gisteraand laat besluit het of hy Italiaanse staatseffekte gaan aankoop om die skuldprobleme in Europa in bedwang te probeer hou.

Saoedi-Arabië se beurs was die eerste wat deurgeloop het onder die onsekerheid en het Saterdag met meer as 5% geval.

Gister was die Israeliese aandelebeurs in Tel Aviv meer as 6% ­laer.

In Doebai het die mark gister met 4,5% geval, later effe herstel en steeds 3,7% laer gesluit.

S&P grond sy besluit Vrydagaand om Amerika se kredietgradering van AAA na AA+ af te gradeer op Amerikaanse leiers se onbeholpenheidomhulreuse-begrotingstekort en skuldlas behoorlik te hanteer.

Dit kom skaars ’n week nadat pres. Barack Obama van Amerika net betyds ’n ooreenkoms tussen die Demokrate en die Republikeine aangekondig het om die land se skuldplafon te verhoog en besteding te sny, ná weke se weerbarstigheid tussen die twee politieke partye.

Hoewel amptenare in Washington S&P se besluit as onregverdig beskryf het, sê S&P die gradering kan binne twee jaar verder verlaag word as die Amerikaners nie vorder met die verkleining van hul begrotingstekort nie.

’n Laer skuldgradering beteken groot leners sal eerder by ander lande geld leen as by Amerika, wat tot ’n swakker dollar en swakker opbrengste op Amerikaanse staatseffekte kan lei. – Sapa-AFP, Reuters



- Die Burger

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Markte in chaos
« Antwoord #1 op: August 08, 2011, 04:58:21 PM »
Hopenlik kring die situasie verder uit, met markte in chaos dwing dit dalk 'n dieper resesie af wat die situasie hier baie sal versleg aan gesien die reserwe bank baie van sy bates moes verkoop 2009/2010 om die ekonomie te kon red. Daar is nie veel oor om die Rand te red in so 'n situasie nie, so met chaos moet ons as volk net saam staan en ons kans afwag.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Sanderis

  • Gas
Re: Markte in chaos
« Antwoord #2 op: August 08, 2011, 09:33:33 PM »
so met chaos moet ons as volk net saam staan en ons kans afwag.

Hiermee kan ek nie stry nie maar of dit wel saamstaan teweeg sal bring is 'n ope vraag .

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Markte in chaos
« Antwoord #3 op: August 09, 2011, 10:17:58 AM »
Wel soos 'n nederige man met insig gese het, die volk sal saam staan en die wat nie saam met ons is nie sal vertrap word voor ons.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.

Sanderis

  • Gas
Re: Markte in chaos
« Antwoord #4 op: August 09, 2011, 10:09:28 PM »
Nou is die tyd meer as ooit vantevore dat ons ons geld/besigheid binne ons eie kringe moet hou so ver dit moontlik is .

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Markte in chaos
« Antwoord #5 op: August 09, 2011, 11:34:30 PM »
Vir so lank as wat die gewone Afrikaner aan sy aardse rykdom kan vasklou, sal hy. Dit is ongelukkig die realiteit, en terwyl hierdie vasklouery aan die gebeur is gee hy nie om oor ander binne dieselfde volk wat op elke liewe terrein vertrap word nie. Net solank hy kan klou aan daai goedjies van hom, miskien glo hy dat 'n stewige greep op sy besittings sal verseker dat dit saam met hom na die hiernamaals gaan.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal