Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Toestand van Gesondheidsdienste  (Read 372 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Toestand van Gesondheidsdienste
« op: August 19, 2011, 10:30:38 AM »
So rukkie terug, terwyl ek die VVK toer meegemaak het, wyk ek een aand af van my toespraak en vertel van ’n insident by die J.G. Strydom hospitaal. Die hospitaal het natuurlik nou ’n ander naam. Dis eintlik goed so, want dis alles behalwe ’n eer om ’n staatsman soos Advokaat Strydom se naam aan sulke gebeure te koppel. Ek wil nie die gebeure herhaal nie, maar dit kom basies daarop neer dat die meeste van die mediese personeel in die NSA, slegs daar is vir die salaris tjek.

 Weg is die dae wat dit ’n edele beroep was. Ek het myself altyd wysgemaak om ’n Dokter, Verpleegster, Brandweerman, Polisieman of Dominee te wees, moes jy geroepe wees. Almal het immers geweet as jy hierdie beroepe betree (miskien dokter uitgesluit), was die besoldiging maar karig. Dit was egter in die meeste gevalle bysaak. Dis nog iets wat grotendeels verander het in die Nuwe Suid-Afrika.
Dit bring my nou by die eintlike storie. Sondag môre lyk vroulief maar bra oes. Sy sê sy sien nie kans vir kerk nie. Ek en die kleinman woon alleen die diens by. Met die terugkom slag lyk sy nog erger en vra my om haar hospitaal toe te neem. Gelukkig behoort ons mos aan ’n mediese fonds en kan ’n privaat hospitaal besoek. Ongelukkig is ons op die dokter met die swart gevreet se genade oorgelaat. Sien, hy is die dokter aan diens in die ongevalle afdeling....

Die wat my ken sal weet dat ek op hierdie stadium hard op my tande kners. Die hospitaal se ongevalle afdeling is redelik besig. Ek staan by vroulief se bed en kyk wat aangaan. Swart gevreet besluit om ’n drup op te sit. Ek weet my vrou se are is nie van die beste nie, maar as ’n dokter twee keer probeer en nie reg kom nie, is my min geduld al lank reeds op. Vir vroulief se onthalwe hou ek myself in toom. Die verpleegster (ek weet nooit of dit suster, verpleegster of wat is nie) steek die aar die eerste keer raak. Toevallig het sy nie donker gelaatstrekke nie.

Die donker dokter besluit om te toets vir breinvliesontsteking. Vir die wat so bietjie van die mediese veld  weet, is ’n sogenaamde “lumber punch” nodig om dit te bepaal. Dis nou as ’n naald in jou rugstring ingesteek word om brein vloeistof te trek. Nie een van die lekkerste prosedure nie. Dis omtrent op hierdie tydstip wat die donker dokter my vra om buite te gaan wag. Iets moes hom seker vertel het dat my geduld op was.

Seker so vyf ure nadat ons by die hospitaal aangekom het, kom vertel een van die verpleegsters my dat vroulief opgeneem gaan word. Hulle wil net ’n breinskandering ook doen. Ek gaan dus maar solank huis toe om so paar goedjies vir ma in te pak, aangesien ek nog steed in die ontvangs moet wag.

Na so twee ure is ek eers weer terug by die hospitaal. Die verpleegster het my gesê in water saal die vrou opgeneem gaan word, dus sit ek reguit af soontoe. Daar aangekom weet die personeel van geen sout of water nie. Hulle verwys my na ’n ander saal. Hier pleit almal ook bewusteloos. Gelukkig is Randfontein ’n kleinerige dorpie met ’n kleinerige hospitaal. Een dame gebruik inisiatief en vertel en bel die ongevalle afdeling. Vroulief lê nog daar. Sal nou opgeneem word. My tande is stomp gekners...

Skaars in ongevalle en hulle is reg om haar saal toe te vat. Die verpleegster aan diens roep die d****r, ek bedoel dokter, om my te vertel wat aangaan. Hy sê toe dat hy nie genoeg vloeistof met die lumber punch kon trek om die toets te doen nie. Dit is dus hoekom sy vir die brein skandering moes gaan. Ek is nie baie vriendelik nie. Ek sit af na die saal waar vroulief uiteindelik heen gevat is.
Maandag lyk sy so bietjie beter. Dinsdag nog beter. Dit lyk of die behandeling help. Woensdag skrik ek toe ek by die hospitaal aankom. Vroulief lyk sleg. Sy praat skaars. Sy het ’n hoofpyn wat skrik vir niks. Na die spesialis se besoek (gelukkig ’n kundige persoon) word agtergekom dat die vervlakste dokter in ongevalle die lumber punch so opgeneuk het dat daar van die vloeistof uitlek. Waar sy dus amper gesond was van die eerste probleem, is sy nou slegter daaraan toe. Nou mag sy nie eers uit die kooi uit opstaan nie. Genadiglik was daar darem gister  weer ’n klein verbetering. Ook genadiglik het ek nie in die ongevalle dokter vasgeloop nie.....

Ons is nog van die gelukkiges. Hoeveel volksgenote is op staats hospitale aan gewese. Waar die dokter se flop begrawe moet word. Waar daar niemand kundig genoeg is om ’n ander se foute agter te kom nie. Waar jy gelukkig is om diens binne ses ure te kry.

Met hierdie lang relaas wil ek net die nodigheid van vryheid beklemtoon. Verbeel jou jy kan weer in ’n hospitaal behandel word deur jou eie mense. Volksgenote wat jou taal praat, wat jou kos bring en deernisvolle hande wat jou versorg. Ons het vryheid nodig. Ons mense is besig om vermoor te word op plase, in hulle huise, maar ook in hospitale. Die in die hospitale word daar egter nie oor berig nie.......
« Laaste verandering : August 22, 2011, 09:53:02 AM deur Kleinbekkie »
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Toestand van Gesondheidsdienste
« Antwoord #1 op: August 22, 2011, 08:11:32 AM »
Ek wil net rapporteer dat die vrou uit die hospitaal ontslaan is en nou by die huis aansterk. Dankie vir almal se ondersteuning gedurende die week.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Toestand van Gesondheidsdienste
« Antwoord #2 op: August 22, 2011, 10:00:03 AM »
Bly om te hoor! Sterkte en spoedige, volkome herstel toegebid!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Toestand van Gesondheidsdienste
« Antwoord #3 op: August 22, 2011, 10:14:29 AM »
« Laaste verandering: August 22, 2011, 09:53:02 AM deur Kleinbekkie »

Dankie ASP.

Dankie ds Adri. Die week het my humeur tot op die uiterste beproef!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Toestand van Gesondheidsdienste
« Antwoord #4 op: August 22, 2011, 12:22:36 PM »
Oom Alwyn.... weet nie wie ek die jammerste moet kry nie. Jy of die vrou. Bly om te hoor dit gaan beter darem. My broer se seun wil vir dokter leer maar is blykbaar te wit. Nou moet hy eers aptekerswese leer dan dokter en dan spesilaliseer. Daai is een van die kinders wat HARD leer Sy gemiddeld was baie hoog in matriek (anders as sy pa en oom)
Dan n vriendin wat in hospitaal werk(privaat en kraaminrigting) al hulle dokters is nou swart en blykbaar word min wittes opgelei. As n wit kind graad kry gaan werk hy in die groot stede waar hy kan geld maak dus ons hier op Elders soos KB se kry dit maar hotagter
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Toestand van Gesondheidsdienste
« Antwoord #5 op: August 22, 2011, 05:21:09 PM »
Dis altyd lekker om bietjie goeie tyding ook te ontvang. Al moet dit eers tande-kners vat om by die goeie uit te kom! Sterkte daar!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal