Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Waarheen met my kinders?  (Read 1214 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Waarheen met my kinders?
« op: August 24, 2011, 06:19:03 PM »
Uit pure radeloosheid, besluit ek en vroulief om twee baie welvarende staatskole se opedae by te woon.

Dit gaan nog heel goed in hierdie skole, die Afrikaners is oorweldigend in die meerderheid. By die eerste skool, waar ek, sowel as my vrou skoolgegaan het, lyk dinge met die eerste oogopslag vir ons nie te sleg nie. Daar is sowat 150 gesinne wat die opedag bywoon, slegs een uit hierdie groep is volksvreemd, buiten nou die een Engelsman wat my Boere-oor gevang het.

Kort voor lank was krampies op ongemaklike plekkies my voorland. Ons stap 'n graad 1 klas binne, en word vriendelik en met trots genooi om deur die "leerders" se boekies te blaai. Dis 'n VOLKSMOORD-vlag hier en 'n ONS KEUR ABORSIE GOED-vlag daar, blaai mens verder tref dit jou tussen die oë, hulle smokkel met ons kinders se koppe.

Die hoof van hierdie skool, nog 'n splinternuwe besem, vertel ons dat Christenskap baie belangrik is in sy skool, dit en respek. Watter respek? Respek vir ander gelowe, ek hou nie van sy siening nie, dit strook glad nie met wat ek glo nie. In die kantoor, in die vierkant, in die klaskamers, oral wapper 'n vuil vlag in my gesigslyn. Hulle is tog te trots op hulle vlaggie, die een waaronder hulle eie mense daagliks koelbloedig vermoor word. Daarbuite loop 'n seun met sy Springboktrui, te fraai, maar wag! Daar op sy arm sit die duiwel alweer!

Die tweede skool het my sommer by die hek al afgeskrik. Meer volksvreemdes, blankes met vreemde kinders, blankes met vreemde metgeselle. Daar is hy ook nou, baie mooi uitgestal, dieselfde Seskleur-gedrog. Ons bly nie te lank nie, alles voel vir my verlore. Ons eie mense wat doodluiters alles aanvaar, en boonop die slegte met trots adverteer. Daar sien ek sommer ook 'n bekende gesig, 'n ene Afriforum-man, miskien is sy kinders in die skool?

Vanoggend luister ek na die laaste uitsending op Radio PTA oor Dr. Verwoerd se sluipmoord. Ek het hom natuurlik nooit geken nie, maar dit voel asof ek 'n broer verloor het, ek mis hom. Veral as ek sien waarheen alles al gevorder het, 'n volk op sy knieë, maar slegs vir die wat die insig het om te sien.

Nou vra ek, waarheen moet ek my kind stuur? Waarheen stuur jy jou kind? Is jou gewete skoon? Is jy tevrede, of moet ons maar buigbaar wees? En as ons buig, hoe ver buig mens voor jy jou kind se Boeretrots gebreek het? Dis immers die enigste opsie wanneer kinders in staatskole geprop word.

Daar was eens op 'n tyd 'n CVO-skool waar ek woon. Ongelukkig is dit ook nou verlore. Ons kinders het ander se pionne geword, dis Engelse aan die een kant en kommuniste aan die ander kant. My hart bloei vir ons volk se kleintjies.
« Laaste verandering : August 24, 2011, 06:22:26 PM deur Bittereinder »

Sanderis

  • Gas
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #1 op: August 24, 2011, 07:21:22 PM »

Nou vra ek, waarheen moet ek my kind stuur? Waarheen stuur jy jou kind? Is jou gewete skoon? Is jy tevrede, of moet ons maar buigbaar wees? En as ons buig, hoe ver buig mens voor jy jou kind se Boeretrots gebreek het? Dis immers die enigste opsie wanneer kinders in staatskole geprop word.

Daar was eens op 'n tyd 'n CVO-skool waar ek woon. Ongelukkig is dit ook nou verlore. Ons kinders het ander se pionne geword, dis Engelse aan die een kant en kommuniste aan die ander kant. My hart bloei vir ons volk se kleintjies.


Jy hoef nie te buig en dit gelate te aanvaar nie , het jy al BCVO se webtuiste besoek vir 'n skool naby julle ?

Indien daar nie een is nie wat verhoed jou om in kontak te kom met ander mense soos wat julle voel en dan julle eie BCVO skool begin ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #2 op: August 24, 2011, 08:29:06 PM »
As julle nie regkom met Impak tuisonderwys nie, kan julle altyd Telweb probeer. Hulle bring die 'onderwyser' na jou huis deur middel van digitale media. Ben kan dalk meer daaroor inligting he, want hulle het 'n hoërskool so op die been gebring. Daar is alternatiewe. Dit verg nou wel meer van jou as ouer, maar dit kan gedoen word. Waar daar 'n Boere-wil is, is daar altyd 'n weg.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #3 op: August 25, 2011, 07:11:55 AM »
Ek het dieselfde krisis beleef toe ons Thabazimbi toe getrek het in 1994, toe maak ek so 'n paar geesgenote bymekaar en begin 'n CVO-skool, wat vandag nog 'n welvarende en suksesvolle skool is. Dit is nie so moeilik nie - kry hulp bydie BCVO (prof. Alkmaar Swart het ons nog destyds gaan help). Ek weet dat daar nog teleurgestelde ouers in jou omgewing is.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #4 op: August 25, 2011, 08:10:19 AM »
Is daar nie genoeg ouers om die skool daar by julle wat eens CVO was weer op die regte pad te kry nie?
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 372
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #5 op: August 25, 2011, 11:42:01 AM »
Voel saam net jou Bittereinder. Ek is besig om die opsie van tuisonderrig ernstig te ondersoek. Maar die lot van n ouer wat laaaang ure moet werk en nog kind alleen grootmaak is nie maklik. En ek weet daar nie n CVO in my omgewing en in elk geval ken ek maar min mense in my omgewing.
Gelukkig is my kind darem self gedisiplineerd , dit help baie
Ek en my huis ons sal die Here dien

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #6 op: August 25, 2011, 01:20:41 PM »
Voel saam net jou Bittereinder. Ek is besig om die opsie van tuisonderrig ernstig te ondersoek. Maar die lot van n ouer wat laaaang ure moet werk en nog kind alleen grootmaak is nie maklik. En ek weet daar nie n CVO in my omgewing en in elk geval ken ek maar min mense in my omgewing.
Gelukkig is my kind darem self gedisiplineerd , dit help baie

Henk, as jou kind standerd vyf en ouer is, kan ek beslis Telweb aanbeveel. Hulle stuur cd's van elke vak, waar die onderwyser fisies klas gee en dit help die kind weer met verduideliking van die werk wat hulle moet doen. Sterkte!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #7 op: August 25, 2011, 04:54:03 PM »
Sanderis: Jy het geen idee teen hoeveel mure ek al vasgeloop het nie. Dis 'n komplekse probleem waarmee ons hier in Verwoerdburg sit. Lees verder waar ek vir Alwyn antwoord.
KB: Ek hoor wat jy sê, persoonlik voel ek dat klein kinders soveel as moontlik blootgestel moet word aan ander kleintjies. (Uit ons volk). Daarom dat 'n skool-opset so belangrik is, hulle leer baie meer as wat ons besef, deur met maatjies te "kommunikeer". Dit is maar 'n persoonlike mening en geensins 'n klap in enige tuis-onderwys rigting nie. Inteendeel, op hoërskool-vlak dink ek dat dit 'n beter opsie is mits jou kind die regte opvoeding ontvang het tot daar.
Oom Adri: Ja kyk, dit is so, waar 'n wil is is 'n weg. Ek dra kennis van 'n hele paar ontnugterde ouers in my omgewing.
Alwyn: Dis nou hier waar my probleem ingewikkeld raak, ek het verlede jaar hard gewerk aan mense wat ongelukkig was met die feit dat ons CVO skool nie meer deel van die BCVO is nie. Hulle was ontnugter, hulle het lang trane gehuil. Ek het vir Lucia van Wyk genooi om 'n vergadering van die Verwoerdburg Verkenners toe te spreek. Die plan was na afloop van hierdie vergadering om 'n CVO skool in Verwoerdburg te herstig. Mense was traag om hul gewig in te gooi, een vir een het ouers hul kinders uit die gewese CVO skool uitgehaal, en waarheen oorgeplaas? Staatskole toe! Ek het hulle aangevat oor die feit dat hulle dit aan hul kinders doen, die antwoord wat ek van hulle ontvang het was regdeur dieselfde. "Daar is darem nog meer Afrikaners in daardie skole." Hulle het gebuig, sonder om eens 'n poging aan te wend. Dit is dus maklik om te praat van teleurgestelde ouers, maar om teleurgestelde ouers te kry om iets soos 'n CVO skool te begin, is 'n ander storie. Ons volk beskik oor baie saampraters, maar bitter min saamdoeners.
Henk: Jy is 'n gewone perd wat onder(van wat ek kan aflei)bitter moeilike omstandighede die beste vir jou kind probeer doen. Ek salueer mense soos jy, mense soos jy is my mense.

My gevolgtrekking? Ek moet seker maak my kinders word tuis reg opgevoed, en dan plaas ek hulle saam met die buigers in 'n staatskool. OF Ek moet iemand soek wat in VWB woon wie se kinders in CVO PTA is, en dan poog om 'n saamry geleentheid met hulle te beding. OF Ek moet my kleintjie los waar sy nou is, en vasklou aan die hoop dat dinge sal regkom. Dit sal egter onvanpas wees van my om hier dieper in die "regkom" aangeleentheid in te gaan. Hoe dit ookal sy, ons moet die belange van ons kinders op die hart dra, maak nie saak hoe duister dinge om ons raak nie. Ek bedank elkeen van julle vir die waardevolle insette!

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #8 op: August 25, 2011, 05:40:59 PM »
Bittereinder,

Ek dink amper daar is ouers in Verwoerdburg wat deurry na CVO Pta.  Miskien moet jy die skool bel en uitvind.

Anders moet jy maar die stukkie grond oorkant my koop op Kleinfontein en daar woon in vrede.  Dan kan jou kinders saam met my en Ben se kinders skool toe ry!

Sterkte met jou probleem.  Ons probleme raak in die land net alhoe groter!

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #9 op: August 25, 2011, 07:21:16 PM »
Dankie Jan,

Ek glo egter nie dat ek gou ryk genoeg sal wees om eiendom te besit nie. Ek troos myself daaraan dat ek darem makliker sal kan op pak en Volkstaat toe trek!

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #10 op: August 25, 2011, 08:20:55 PM »
Leon, ek sien die lig. Dis een van my grootste probleme met ons volk. Ek het nie besef jy het al so baie gedoen nie. Sterkte vir jou. Ons hier in Randfontein maak ook maar van saamry geleenthede gebruik vir ons kinders skool toe en terug. Dieselfde vir die Roodepoort ouers.
Gelukkig hou die omstandighede ons op ons kniee.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #11 op: August 26, 2011, 07:04:25 AM »
Leon, toe ons kinders hoërskool toe moes gaan, het my vrou 'n pos by CVO Pta gekry en sy en die kinders het elke Maandag van Thaba af gery, hier in Pta 'n plekkie gehuur en Vrydae weer teruggery. Toe ons Brits toe trek, het hulle elke dag van Brits af Pta-Oos CVO toe gery. As ek reg onthou, was dit 80 km van ons huis af tot by die skool. So, dink maar aan die moontlikheid om CVO Pta toe te ry. Daar is nie 'n manier dat my kinders in 'n staatskool sou wees nie. En sover ek kan keer, ook nie my kleinkinders nie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #12 op: August 26, 2011, 07:42:39 AM »
Leon, toe ons kinders hoërskool toe moes gaan, het my vrou 'n pos by CVO Pta gekry en sy en die kinders het elke Maandag van Thaba af gery, hier in Pta 'n plekkie gehuur en Vrydae weer teruggery. Toe ons Brits toe trek, het hulle elke dag van Brits af Pta-Oos CVO toe gery. As ek reg onthou, was dit 80 km van ons huis af tot by die skool. So, dink maar aan die moontlikheid om CVO Pta toe te ry. Daar is nie 'n manier dat my kinders in 'n staatskool sou wees nie. En sover ek kan keer, ook nie my kleinkinders nie.

Adri, dit is soos die spreekwoord sê: "Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg"!
Ons Sal!!!

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #13 op: August 26, 2011, 08:39:45 AM »
"Moenie wik en weeg, mik en pleeg."
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #14 op: August 26, 2011, 11:37:43 AM »
Linker of Regter ?

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #15 op: August 26, 2011, 06:54:14 PM »
Leon, toe ons kinders hoërskool toe moes gaan, het my vrou 'n pos by CVO Pta gekry en sy en die kinders het elke Maandag van Thaba af gery, hier in Pta 'n plekkie gehuur en Vrydae weer teruggery. Toe ons Brits toe trek, het hulle elke dag van Brits af Pta-Oos CVO toe gery. As ek reg onthou, was dit 80 km van ons huis af tot by die skool. So, dink maar aan die moontlikheid om CVO Pta toe te ry. Daar is nie 'n manier dat my kinders in 'n staatskool sou wees nie. En sover ek kan keer, ook nie my kleinkinders nie.

Dit is inderdaad prysenswaardig. Ons moet ook besef dat elkeen se situasie mag verskil van 'n ander sin. Ek soek beslis nie verskonings nie, maar omstandighede maak sekere opsies doodeenvoudig onmoontlik. Ons stryd duur voort.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #16 op: August 26, 2011, 09:16:12 PM »
Leon

As jy nie regkom nie kan jy altyd oorweeg om jou kinders in 'n koshhuis te plaas.  Hier in die kalaharie gaan die kinders al van GR1 af koshuis toe omdat dit te ver van die plase af is om hulle skool toe te ry.  Gaan kyk gerus na die BCVO skole met koshuisfasiliteite.  Andersins is dit dalk tyd om te oorweeg om werk en behuising te soek nader aan 'n CVO skool.       
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #17 op: August 28, 2011, 01:43:45 PM »
Martin,

Dankie vir jou idees. Ek persoonlik sal dit moeilik vind om my kinders in 'n koshuis te sit, veral terwyl hul nog so klein is. Dit sal slegs as heel laaste uitweg enigsins 'n opsie word.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #18 op: August 29, 2011, 06:28:28 PM »
Weet iemand dalk hoeveel leerders daar in BCVO skole oor die land is? Hoër- en Laerskool.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #19 op: August 29, 2011, 07:33:57 PM »
Hehe, James, daar is geen leerders in CVO skole nie, slegs leerlinge. ('n Leerder is iemand wat onder UGO gemartel word).



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal