Opvoeding > Departement van Onderwys
Waarheen met my kinders?
Bittereinder:
Uit pure radeloosheid, besluit ek en vroulief om twee baie welvarende staatskole se opedae by te woon.
Dit gaan nog heel goed in hierdie skole, die Afrikaners is oorweldigend in die meerderheid. By die eerste skool, waar ek, sowel as my vrou skoolgegaan het, lyk dinge met die eerste oogopslag vir ons nie te sleg nie. Daar is sowat 150 gesinne wat die opedag bywoon, slegs een uit hierdie groep is volksvreemd, buiten nou die een Engelsman wat my Boere-oor gevang het.
Kort voor lank was krampies op ongemaklike plekkies my voorland. Ons stap 'n graad 1 klas binne, en word vriendelik en met trots genooi om deur die "leerders" se boekies te blaai. Dis 'n VOLKSMOORD-vlag hier en 'n ONS KEUR ABORSIE GOED-vlag daar, blaai mens verder tref dit jou tussen die oë, hulle smokkel met ons kinders se koppe.
Die hoof van hierdie skool, nog 'n splinternuwe besem, vertel ons dat Christenskap baie belangrik is in sy skool, dit en respek. Watter respek? Respek vir ander gelowe, ek hou nie van sy siening nie, dit strook glad nie met wat ek glo nie. In die kantoor, in die vierkant, in die klaskamers, oral wapper 'n vuil vlag in my gesigslyn. Hulle is tog te trots op hulle vlaggie, die een waaronder hulle eie mense daagliks koelbloedig vermoor word. Daarbuite loop 'n seun met sy Springboktrui, te fraai, maar wag! Daar op sy arm sit die duiwel alweer!
Die tweede skool het my sommer by die hek al afgeskrik. Meer volksvreemdes, blankes met vreemde kinders, blankes met vreemde metgeselle. Daar is hy ook nou, baie mooi uitgestal, dieselfde Seskleur-gedrog. Ons bly nie te lank nie, alles voel vir my verlore. Ons eie mense wat doodluiters alles aanvaar, en boonop die slegte met trots adverteer. Daar sien ek sommer ook 'n bekende gesig, 'n ene Afriforum-man, miskien is sy kinders in die skool?
Vanoggend luister ek na die laaste uitsending op Radio PTA oor Dr. Verwoerd se sluipmoord. Ek het hom natuurlik nooit geken nie, maar dit voel asof ek 'n broer verloor het, ek mis hom. Veral as ek sien waarheen alles al gevorder het, 'n volk op sy knieë, maar slegs vir die wat die insig het om te sien.
Nou vra ek, waarheen moet ek my kind stuur? Waarheen stuur jy jou kind? Is jou gewete skoon? Is jy tevrede, of moet ons maar buigbaar wees? En as ons buig, hoe ver buig mens voor jy jou kind se Boeretrots gebreek het? Dis immers die enigste opsie wanneer kinders in staatskole geprop word.
Daar was eens op 'n tyd 'n CVO-skool waar ek woon. Ongelukkig is dit ook nou verlore. Ons kinders het ander se pionne geword, dis Engelse aan die een kant en kommuniste aan die ander kant. My hart bloei vir ons volk se kleintjies.
Sanderis:
--- Aanhaling van: Bittereinder op August 24, 2011, 06:19:03 PM ---
Nou vra ek, waarheen moet ek my kind stuur? Waarheen stuur jy jou kind? Is jou gewete skoon? Is jy tevrede, of moet ons maar buigbaar wees? En as ons buig, hoe ver buig mens voor jy jou kind se Boeretrots gebreek het? Dis immers die enigste opsie wanneer kinders in staatskole geprop word.
Daar was eens op 'n tyd 'n CVO-skool waar ek woon. Ongelukkig is dit ook nou verlore. Ons kinders het ander se pionne geword, dis Engelse aan die een kant en kommuniste aan die ander kant. My hart bloei vir ons volk se kleintjies.
--- End quote ---
Jy hoef nie te buig en dit gelate te aanvaar nie , het jy al BCVO se webtuiste besoek vir 'n skool naby julle ?
Indien daar nie een is nie wat verhoed jou om in kontak te kom met ander mense soos wat julle voel en dan julle eie BCVO skool begin ?
Kleinbekkie:
As julle nie regkom met Impak tuisonderwys nie, kan julle altyd Telweb probeer. Hulle bring die 'onderwyser' na jou huis deur middel van digitale media. Ben kan dalk meer daaroor inligting he, want hulle het 'n hoërskool so op die been gebring. Daar is alternatiewe. Dit verg nou wel meer van jou as ouer, maar dit kan gedoen word. Waar daar 'n Boere-wil is, is daar altyd 'n weg.
Adri van Staden:
Ek het dieselfde krisis beleef toe ons Thabazimbi toe getrek het in 1994, toe maak ek so 'n paar geesgenote bymekaar en begin 'n CVO-skool, wat vandag nog 'n welvarende en suksesvolle skool is. Dit is nie so moeilik nie - kry hulp bydie BCVO (prof. Alkmaar Swart het ons nog destyds gaan help). Ek weet dat daar nog teleurgestelde ouers in jou omgewing is.
Alwyn:
Is daar nie genoeg ouers om die skool daar by julle wat eens CVO was weer op die regte pad te kry nie?
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version