Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Waarheen met my kinders?  (Read 1214 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig James Kemp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 263
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #20 op: August 29, 2011, 08:41:30 PM »
Dankie vir die reghelp Ben. Laat ek die vraag weer probeer:

Weet iemand dalk hoeveel leerders leerlinge daar in BCVO skole oor die land is? Hoër- en Laerskool.

Dit gaan oor `n projek wat ek oorweeg. Ben, as jy tyd het vir `n koffie sal ek graag `n draai by jou wil maak om te hoor wat jy van die projek dink.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #21 op: August 29, 2011, 09:01:46 PM »
Jy is welkom James, ek sal in tussen probeer uitvind van die getalle, as daar nie dalk iemand hier is wat weet nie.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #22 op: August 30, 2011, 08:02:48 AM »

Weet iemand dalk hoeveel leerders leerlinge daar in BCVO skole oor die land is? Hoër- en Laerskool.


Hopeloos te min!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #23 op: August 30, 2011, 08:40:29 AM »
As ons gaan kyk na die skrywe van Jan Beyers, getiteld: "Waar is ons volk se kinders", sien ons dat hy die getal plaas op ongeveer 4000 landwyd. Met talle CVO skole wat van beleid verander en dan wegbreek van die BCVO, kan hierdie getal selfs kleiner wees. Dit is my gevoel dat sekere mense die BCVO misbruik om bietjie makliker 'n skool gestig te kry. Na die skool op die been is, breek hulle weg en speel hul eie speletjies met ons volk se kinders. Ek wil so ver gaan as om te sê dat van hierdie mense ons kinders erger benadeel as wat die regering ooit sou kon regkry.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7645
  • Christa Burger
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #24 op: August 30, 2011, 09:21:24 AM »
As 'n mens na Impak Tuisonderwys gaan kyk, wat ook die BCVO beginsel het, is daar so 5000 leerlinge ingeskryf.
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #25 op: August 30, 2011, 12:52:53 PM »
Hier is 'n lys van die skole wat tans deel is van die BCVO.

http://www.bcvo.co.za/pages/skole.php
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #26 op: February 23, 2012, 08:46:28 PM »
Bittereinder, wat was jou oplossing toe gewees?

Ek sit met dieselfde probleem as jy, ons naaste CVO-skool is 165km ver. Moet ek my kind vir twee jaar tuisonderrig en dan koshuis toe stuur? Moet ek my kind 2 jaar in 'n staatskool in ons dorp sit en dan koshuis toe stuur? (Buite die kwessie!) Moet ek my ses-jarige kind dadelik koshuis toe stuur?

Ek het gelukkig nog 5 en 'n half jaar oor voordat ons by daardie stadium is, maar tyd vlieg.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #27 op: February 24, 2012, 07:01:59 AM »
Stig 'n CVO-skool op jou dorp! Ek is seker daar is genoeg potensiële CVO-ouers daar!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #28 op: February 24, 2012, 08:29:18 AM »
Karina, my kinders is nog op hierdie stadium in 'n skool wat weggebreek het van die BCVO. Vir nou is dit 'n beter opsie as 'n staatskool. Ek het die BCVO gekontak en is meegedeel dat ons tenminste 20 kinders moet hê voordat ons 'n skool kan stig. Hulle het voorgestel dat ek praat met ander Verwoerdburgers wie se kinders in CVO PTA is om dalk 'n saamrygeleentheid te reël. Ek is egter ook gemaan om nie hierdie ouers te betrek by die stigting van 'n CVO skool in Verwoerdburg nie. Talle CVO skool stigters het al aan my vertel dat ek 'n skool moet begin met twee of drie kinders, maar nou met 20 en die heersende liberalisme onder die oorgrote meerderheid Verwoerdburgers, staan dit soos 'n berg voor my. Selfs mense wat as behoudend voorkom het geen probleem met of verengelsing of staatskole nie. Kom ek wees eerlik, ek is tot die dood toe moeg vir skynheilige mense!

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #29 op: February 24, 2012, 10:01:28 AM »
Dit is vir my hartseer, ek is sommer ook moedeloos nog voor ek begin het, want ek weet ek gaan met dieselfde storie hier sit.

Almal kla en kerm, maar die oomblik as jy 'n klein bietjie "regse" geraas maak, dan hardloop almal so vinnig as wat hulle kan, want hulle is tog so bang die liberale bankbestuurder vind daarvan uit en weier hulle 'n lening op sy volgende nuwe Hilux en Fortuner/Prado.

Ek gaan 'n advertensie in ons plaaslike koerant sit (álmal lees dit) en ek gaan die ouers vra of hulle tevrede is met hul kind se skool, die omstandighede in die skool en die leerplan. En ek gaan my telefoonnommer daar bysit. Ek weet nie eens of ek die woord CVO moet noem nie, want dan hol die helfte seker klaar weg, maar dis dalk goed so, want daardie tipe is in elk geval nie welkom nie. Ek sal maar kyk of dit aftrek kry.

Sterkte met jou stryd, ek kan dink dat jy al effens moedeloos is.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: Wys jou pad maniere jou ware karakter?
« Antwoord #30 op: February 24, 2012, 10:19:11 AM »
Dankie Karina. Dis net soos jy sê, mense kla en kerm oor die stand van sake. Maar wanneer hulle self moue moet oprol is hulle skielik tevrede met alles. Dit wil voorkom of ons vyande ons volk se oë uitgeblind het. Jy moenie nou al moedeloos raak nie, spaar jou moedeloosheid vir later. My hart bloei vir my kindertjies, maar net so bloei my hart vir al die Afrikanerkinders. Dis per slot van rekening hulle ouers se slapgattigheid en in baie gevalle liefdeloosheid wat hierdie situasie vererger. Ek is eerder 'n eervolle verloorder as 'n eerlose wenner.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #31 op: February 24, 2012, 12:05:26 PM »
Karina, baie sterkte met jou inisiatief. My beskeie mening is dat jy nie van die begin af van BCVO moet praat nie, want dit is ongelukkig so dat mense weens wanpersepsies soms negatief is oor die CVO-gedagte. Begin met die idee van 'n privaatskool en as julle 'n ouergroep gevorm het wat positief voel, besluit dan of julle 'n CVO-skool gaan stig. Dan kan 'n mens ook geleentheid kry om moontlike wanpersepsies uit die weg te ruim. As dit 'n meerderheidsbesluit is wat die ouergroep neem, kan jy waarskynlik beter samewerking en ondersteuning verwag. My ervaring was nog altyd dat die platteland se mense minder geneig is om met die liberale stroom saam te loop. Of is Upington  al 'n stad? Hou ons op hoogte en skreeu maar as jy hulp nodig het. Ek is seker kollega Martin sal ook bereid wees om raad te gee en hy is darem so halfpad nader.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Waarheen met my kinders?
« Antwoord #32 op: February 24, 2012, 12:30:28 PM »
Oom Adri, ek wens dit was so, hierdie is seker die liberaalste plek in die land! Dit was verstommend dat die VVK 160 stemme hier gekry het. Ek sê mos die mense hier is net gepla met Hilux'e, Prado's en Fortuners en 'n goeie verhouding met ENB se bankbestuurder.

As ek die woord privaatskool gebruik, gaan die Toyota-ryers dalk opdaag, want dit kan hul status verhoog as hul kind in 'n "privaatskool" is, die ongeluk is net, hulle is almal lede van die EN GEE kerk.

Ek sal dit maar probeer en kyk wat/wie spring uit.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal