Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Toekoms van informele blanke nedersettings  (Read 338 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Toekoms van informele blanke nedersettings
« op: September 03, 2011, 02:33:17 PM »
Vrou vrygespreek oor armes in houthutte
2011-09-02 23:06


Mev. Magda Stroebel


Gerhard Pretorius

Mev. Magda Stroebel, wat aan die stuur staan van die Angels ­at Work-liefdadigheidsorganisasie, het gister in trane uit die munisipale hof in Pretoria ge­stap nadat sy vrygespreek is in die sogenaamde Wendyhuise-saak.

Die staat het Stroebel aangekla dat sy houthutte onwettig opgerig en versuim het om dit af te breek toe sy so ’n opdrag gegee is.

Stroebel woon in Daspoort in die weste van Pretoria. Sy het destyds toestemming gekry om een houthut vir stoordoeleindes op te rig. Sy het vier sulke houthutte opgerig waarin hulpbehoewende mense woon.

Landdros Joseph Sethlabi het gister in sy uitspraak gesê die saak het gehandel oor algemene regsbeginsels en noodsaaklikheid.

Sethlabi het gesê Stroebel het haar verweer gegrond op die beginsels van noodsaaklikheid deurdat daar ’n tekort aan behuising vir behoeftige mense is.

Mnr. Mpho Maimela, staatsaanklaer, het in sy betoog gesê die Grondwet maak voorsiening dat iemand die reg het op voldoende behuising, “maar die feit is die houthutte is onwettig beset”.

Sethlabi het in sy uitspraak gesê die staat moes die verdediging se verweer van noodsaaklikheid in ag geneem en dit deeglik bespreek het.

Hy het gesê Stroebel het vergeefs probeer om planne in te dien om die houthutte wettig op te rig. “Dit is ’n situasie van noodsaaklikheid en die staat moes bewys dat dié noodsaaklikheid nie bestaan het nie en die staat het dit nie gedoen nie.

“Ek het myself bepaal by die algemene beginsels en die staat het nie aan dié beginsels aandag gegee nie,” het Sethlabi gesê.

Stroebel het steeds met trane in haar oë gesê sy het vmaande lank gebid “en ek kan net vir God dankie sê”.

Alles is egter nog nie verby nie.

Daar is in Maart ’n bevel deur die hooggeregshof in Pretoria toegestaan dat die houthutte gesloop moet word en mnr. Roelof van der Merwe, Stroebel se regsverteenwoordiger, het bevestig dat hulle nog nie appèl daarteen aangeteken het nie.

Sanderis

  • Gas
Re: Toekoms van informele blanke nedersettings
« Antwoord #1 op: September 03, 2011, 02:39:13 PM »
Aanhaling
Mnr. Mpho Maimela, staatsaanklaer, het in sy betoog gesê die Grondwet maak voorsiening dat iemand die reg het op voldoende behuising, “maar die feit is die houthutte is onwettig beset”.

???

Aanhaling
Stroebel het steeds met trane in haar oë gesê sy het vmaande lank gebid “en ek kan net vir God dankie sê”.


Tikfout van Beeld ?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal