Afdeling van die Volksraad Verkiesing Kommissie > Algemene Besprekings

Gaan u stem in die VVK-verkiesing?

(1/2) > >>

Bittereinder:
Die tyd het nou aangebreek, jare se harde werk en beplanning ontmoet mekaar nou by die stembus.

Kyk 'n mens na die groot getalle Afrikaners wat in die laaste plaaslike verkiesing vir die DA gestem het, en nog 'n paar duisend wat vir die VF+ gestem het, word iets duidelik: Afrikaners hou van stem. Of al daardie stemmers altyd besef waaroor dit presies gaan is te betwyfel. Baie van hulle stem met dieselfde rympie(nou reeds vasgebrand in my geheue omdat ek dit tot vervelens toe gehoor het) naamlik: "'n Wegbly-stem is 'n stem vir die ANC, as jy nie stem nie mag jy nie kla nie, jy moet stem vir die DA want slegs hulle kan die ANC keer, jy moet stem vir die VF+ want hulle is die naaste party aan die Afrikaner, jy moet stem vir die ACDP want dis 'n Christelike party, jy moet stem want wat anders wil jy nou doen om die situasie in die land te verander."

Op die laaste reël van bogenoemde: Presies wat ons nou doen met die VVK as voertuig! Ek wil stem in 'n verkiesing deur my eie mense gereël, deur my eie mense in werking gestel, en vir my eie mense as kandidate. Geeneen van die partye wat tans deel uitmaak van die huidige stelsel mag namens my praat nie, gelukkig nie.

In die laaste tyd het daar nogal baie gebeur op die volks-akker, duisende mense het by die VVK geregistreer, nuwe organisasies het van nêrens ontstaan om die Afrikaner te laat twyfel oor sy deelname aan die verkiesing, ander organisasies het weer prontuit aanvalle geloods teen die VVK en elkeen wat dit steun. Hier staan ons nou, na al die ontberinge, die lang ure, die talle vergaderings, die ongevraagde aanvalle, 'n groepie Bittereinders. Ons staan nou gereed om na al die harde werk die voorreg te geniet om te kan stem in 'n verkiesing uit die volk en vir die volk.

Izak:

--- Aanhaling van: Bittereinder op September 16, 2011, 06:48:16 PM ---Die tyd het nou aangebreek, jare se harde werk en beplanning ontmoet mekaar nou by die stembus.

Kyk 'n mens na die groot getalle Afrikaners wat in die laaste plaaslike verkiesing vir die DA gestem het, en nog 'n paar duisend wat vir die VF+ gestem het, word iets duidelik: Afrikaners hou van stem. Of al daardie stemmers altyd besef waaroor dit presies gaan is te betwyfel. Baie van hulle stem met dieselfde rympie(nou reeds vasgebrand in my geheue omdat ek dit tot vervelens toe gehoor het) naamlik: "'n Wegbly-stem is 'n stem vir die ANC, as jy nie stem nie mag jy nie kla nie, jy moet stem vir die DA want slegs hulle kan die ANC keer, jy moet stem vir die VF+ want hulle is die naaste party aan die Afrikaner, jy moet stem vir die ACDP want dis 'n Christelike party, jy moet stem want wat anders wil jy nou doen om die situasie in die land te verander."

Op die laaste reël van bogenoemde: Presies wat ons nou doen met die VVK as voertuig! Ek wil stem in 'n verkiesing deur my eie mense gereël, deur my eie mense in werking gestel, en vir my eie mense as kandidate. Geeneen van die partye wat tans deel uitmaak van die huidige stelsel mag namens my praat nie, gelukkig nie.

In die laaste tyd het daar nogal baie gebeur op die volks-akker, duisende mense het by die VVK geregistreer, nuwe organisasies het van nêrens ontstaan om die Afrikaner te laat twyfel oor sy deelname aan die verkiesing, ander organisasies het weer prontuit aanvalle geloods teen die VVK en elkeen wat dit steun. Hier staan ons nou, na al die ontberinge, die lang ure, die talle vergaderings, die ongevraagde aanvalle, 'n groepie Bittereinders. Ons staan nou gereed om na al die harde werk die voorreg te geniet om te kan stem in 'n verkiesing uit die volk en vir die volk.

--- End quote ---

Bittereinder, ontvang my goed-bedoelde raad.

Vergeet van al hierdie dinge wat jy noem. Maak los van die verlede. Sit al die voorwerk se energie en sweet bymekaar vir hierdie laaste week. Sit alles in wat jy moontlik kan om nuwe mense se motiveer om te gaan registreer en stem oor 'n week. 7 dae met oorgawe.

Ou Ben, van my kant af 'n persoonlike wens dat hierdie verkiesing al jou verwagtinge oortref en dat jy nou die geleentheid gaan kry om vir jou volk 'n daadwerklike verkil te maak. Alle heil en voorspoed vir jou en jou familie.

VRYHEID IS IN SIG!

Alwyn:
Goed gestel, Bittereinder. Mag ons volk geseend wees in die komende week.

Johan Joubert:
Is daar 'n lys met name van plekke waar daar stembusse gaan wees? 

Ben Geldenhuys:
Dankie X

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version