Algemene Sake > Volksmoord

Protesdag teen Plaasaanvalle

(1/1)

Sanderis:
Protesdag teen plaasaanvalle beoog
 
Deur ALANI JANEKE

’n Protesdag teen plaasaanvalle, waartydens belangstellendes rooi strikkies sal dra, word deur Solidariteit beoog.

Dié vakbond-groep het ná die bekendstelling van die boek Treurgrond, deur dr. Dirk Hermann en maj. Chris van Zyl, besluit om September te oormerk as sy protesmaand teen plaasaanvalle.

Luidens ’n nuusbrief versoek die groep Suid-Afrikaners om op 30 September 2011 ’n rooi lint op hul skouers of om hul arms te dra, om hul meegevoel te toon aan almal wat reeds deur plaasaanvalle geraak is.

Die boek, wat deur Kraal Uitgewers uitgegee word, is verlede maand in Pretoria bekend gestel. Dit fokus op die voorvalle en moorde wat in die TLU SA se databasis aangeteken is.

TLU SA verheug
Intussen sê die TLU SA hy is verheug oor enige poging om die erns van plaasaanvalle onder die aandag van die publiek te bring. Die organisasie meen dat dié misdaad nie net hul lede raak nie, maar die hele land se kosvoorsiening ook.

“Daarom ondersteun ons hierdie aksie, maar sou terselfdertyd wil sien dat bewusmaking van dié aard op ’n deurlopende basis geskied totdat plaasmoorde nie meer in die land se woordeskat voorkom nie,” aldus die organisasie.

Hy doen ook ’n beroep op die media om die publiek deurlopend op hoogte te hou van voorvalle en die gevolge van plaasmoorde en -aanvalle vir die land.

16 September 2011

Clem de Klerk:
Vrou veg halfnaak toe vuishoue reën

2012-03-27 22:10
 
Kaalbolyf het ’n vrou om haar lewe geveg terwyl ’n aanvaller haar met sy vuiste in die gesig geslaan het, op haar kop getrap en haar gewurg het.

Mev. Ingrid Kleingeld (65) het gister ’n neusoperasie in ’n Pretoriase hospitaal ondergaan nadat haar neus tydens dié aanval gebreek is.

Sy moet ook vir ses maande antiretrovirale behandeling ontvang nadat sy haar aanvaller se vinger gebyt het.

Dié nagmerrie-ondervinding het Vrydagoggend op Kleingeld en haar man, Chris, se wildplaas in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, gebeur.

Om by dié wildplaas se eerste hek in te kom, het ’n mens ’n kode nodig. Die tweede hek kan net met ’n afstandbeheer deur iemand in die huis oopgemaak word.

Kleingeld en haar huiswerker was alleen tuis. Kleingeld het, net in haar kamerjas, op haar bed gelê en koerant lees.

Net ná 09:00 het die huiswerker die stofsuier aangeskakel “wat sy nooit daardie tyd van die oggend doen nie”, het Kleingeld gesê.

Kleingeld het toe ’n motordeur gehoor. Sy het by die badkamervenster en balkon gaan kyk of sy iets sien. Sy het vir die huiswerker, wat buitentoe gehardloop het, geskree om in die huis in te kom, maar dié wou nie.

Kleingeld het ’n broek aangetrek. Sy wou net ’n hemp aantrek, toe sy die eerste hou kry. “Ons het in die badkamer baklei waar hy geslaan, geskop en te kere gegaan het.

“Hy het my vyf, ses, sewe, agt keer met die vuis in die gesig geslaan, een keer op my kop getrap en my gewurg.

“Hy het my neus toegedruk. “Dit het gevoel of ek doodgaan. Toe byt ek hom.”

Ná die bakleiery het dié aanvaller en nog ’n man vir Kleingeld opgetel, op die bed neergesit en haar hande en voete vasgebind. Só, sonder ’n bloes aan, het sy op die bed gesit en kyk hoe hulle die kaste deursoek terwyl hulle vir vuurwapens en geld vra.

Die twee mans het ná sowat ’n uur gery. Die huiswerker was in ’n kamer op die onderste verdieping toegesluit.

Kleingeld kon haar voete loswikkel en het na die huiswerker gegaan wat haar gehelp het om haar hande los te kry. Sy het die noodknoppie gedruk en by die bure gaan hulp vra.

Intussen was mnr. Kleingeld op ’n visvanguitstappie in Mosambiek. Natuurbewaringsowerhede kon hom eers Saterdagoggend, ná ’n soektog van sowat ses uur, opspoor. Hy het dié aand teruggevlieg Suid-Afrika toe.

“Dit was vir my baie erg,” het Kleingeld gesê.

“Ek het gedink hier gaan ek vandag dood. Dit is my einde.

“Ek het hard baklei dat hy my nie doodmaak nie.”

Sers. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van huisroof word ondersoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

-Beeld-

Navigation

[0] Message Index

Go to full version