Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: DA en AVP het iets in gemeen!  (Read 399 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
DA en AVP het iets in gemeen!
« op: October 04, 2011, 12:59:56 PM »
Uit nuuskierigheid gaan loer ek netnou in by die AVP se webblad. Dit was 'n fout, want die besoek het my gesondheid effens aangetas. Dis eintlik 'n baie dom fout! Aangesien elke besoek aan hul webblad my gesondheid aantas, ek leer net nie my les nie.

Terwyl hul leier (wat glad nie 'n hoë dunk van homself het nie aangesien sy foto seker per abuis langs ware volkshelde uit ons geskiedenis geplaas word op hul voorblad) kerm en kla oor die mislukking wat die verkiesing kamstig was, sit en wonder ek maar weer, wat doen jy vir ons volk se vryheid? Skielik tref dit my, die DA was mos so vyandig teenoor 'n VVK-registrasiepunt in die ooste van Pretoria in Februarie vanjaar. Amper net so vyandig soos die einste AVP dan is! Miskien kan die twee partye mekaar vind, veral met 'n gemeenskaplike vyand, die Boerevolk! Die hele idee van vryheid grief beide hierdie groepe, dis eintlik so klein bietjie pateties en slapperig.

Aan die ander kant van die muntstuk lees ek in die nuutste "Afrikaner" dat oom Manie Maritz ook sy deel op stemdag gedoen het. 'n Ware volksman, en miskien vreemd aan die AVP, 'n man wat vryheid nastreef! Miskien moet die selfverhewe heer van die AVP self gaan kyk in watter hoek hy staan, mits hy nie 'n draadsitter is nie.

Ons volk, of dit nou 2463 of 22826 mense is, is op pad na iets buite hierdie duiwelse bestel. 24 September 2011 het dit duidelik bewys. Ek glo met alles in my dat die God van Bloedrivier en Majuba, en steeds die God van vandag met ons is. Ek glo dat ons self skouer aan die wiel moet sit, en na afloop van die harde werk moet beken: "ALLE eer aan God!"

Sanderis

  • Gas
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #1 op: October 04, 2011, 01:07:40 PM »
Ek glo dat ons self skouer aan die wiel moet sit, en na afloop van die harde werk moet beken: "ALLE eer aan God!"

Hy alleen bied ons die krag wat ons nodig het om te doen wat gedoen moet word . Volhard in jou Geloof .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #2 op: October 04, 2011, 01:41:57 PM »
Dankie Leon. Ek wil jou laaste paragraaf met "eksklamasie" steun!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #3 op: October 08, 2011, 07:00:55 AM »
Jan Beyers, Ek sien jou AVP-leier vriend het jou briefie op hul webblad geplaas. Hy sê nou wel dat die trant van jou skrywe baie van jou karaktersamestelling verraai. Maar Jan, verraai eerder jou karaktersamestelling as jou Volk, die feit dat hierdie heer 'n volksverraaier is dui op sy karaktersamestelling. Ek dink jou skrywe was in die kol! Dis presies hoe 'n Boer met 'n verraaier moet praat!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4261
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #4 op: October 08, 2011, 06:04:05 PM »
Vriende, moet nou nie te veel aandag aan die paar verlooptes gee nie - hulle is werklik van geen belang nie en die begrip volksvryheid is vir hulle net so vreemd as wat dit is vir die DA.
Kennis is mag

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 317
  • Verkenner
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #5 op: October 09, 2011, 06:27:28 AM »
Oom Clem,

Hoewel u reg is, glo ek ook dat die tyd weer aangebreek het vir jong manne soos Jan Beyers om sonder takt, sonder goedgemanierde woordjies en met moed en durf iemand wat ons op elke geleentheid aanval op sy plek te sit.

Ons moet 'n baie belangrike feit onthou. Die AVP het voor die VVK-verkiesing gesê dat diegene wat gaan stem verraaiers is, ek is alles behalwe 'n verraaier, dit sal volwasse en wys wees om hulle te los sodat hul woorde ons nie pla nie. Maar iewers moet daar bietjie vuur gespoeg word, Boere is darem ook nie ruggraatloos nie.

Dus is die slotsom eenvoudig, laat vuurvreters soos Jan Beyers doen wat 'n jong Boer moet doen, met murg in sy pype 'n ware verraaier op sy plek sit. Die takt, rustigheid en vriendelikheid kan oorgelaat word aan ons ouer garde, elkeen het 'n rol om te speel.

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: DA en AVP het iets in gemeen!
« Antwoord #6 op: October 09, 2011, 10:50:30 PM »
Jan Beyers, Ek sien jou AVP-leier vriend het jou briefie op hul webblad geplaas. Hy sê nou wel dat die trant van jou skrywe baie van jou karaktersamestelling verraai. Maar Jan, verraai eerder jou karaktersamestelling as jou Volk, die feit dat hierdie heer 'n volksverraaier is dui op sy karaktersamestelling. Ek dink jou skrywe was in die kol! Dis presies hoe 'n Boer met 'n verraaier moet praat!
... Waar hy homself weggee is egter die volgende punt
Aanhaling
2. Steun die Huis van Oranje ook die volkstaat gedagte?
Probeer hy nou se dat hulle dit nie ondersteun nie (dus ondersteuners van 'n multikulturele eenheidsstaat is?)
Verder stem ek saam met Clem. 'n Mens moenie te veel aandag aan diegene gee, wat net modder vir "ander regses" gooi. Dis dan nou vir dekades bewys dat hierdie manier van dinge doen nie werk nie. Die volskaalse mislukking van die HNP is ondermeer hieraan te wyte. Die AVP gaan voort met hierdie "strategie" en 'n mens kan maar net hoop dat Gregan, Varkevisser en die handvol afgetrede poskantooramptenare wat die lede van hierdie "party" uitmaak ander Afrikaners met soortgelyke houdings soos 'n magneet aantrek. Dit hou hulle dan weg uit ander organisasies waar hulle net skade doen.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal